The Consolidated Practice Directives of 2025 on the lodgement of rules substituted, added to, amended or repealed for approval by the community scheme ombud service in sectional title and other community schemes

ARTIKEL

The Consolidated Practice Directives of 2025 on the lodgement of rules substituted, added to, amended or repealed for approval by the community scheme ombud service in sectional title and other community schemes

Author: CG Van der Merwe

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Research Fellow, Department of Private Law, University of Stellenbosch, Emeritus Professor in Civil Law, University of Aberdeen, and the Department of Private Law, Law Faculty, University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 643-661
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a1

Abstract

Hierdie bydrae handel oor die wysiging van reëls vir goedkeuring deur die gemeenskapskema ombuddiens (community scheme ombud service) ingevolge die Consolidated Practice Directives 1 van 2025 wat al die vorige practice directives hersien en saamgevoeg het. Dit handel oor die indiening van reëls wat vervang, bygevoeg, gewysig of herroep is vir goedkeuring deur die community scheme ombud service en ongewensde bestuurs- en gedragsreëls in deeltitel- en ander gemeenskapskemas. Wat deeltitelskemas betref, word die goedkeuring aansoekprosedure en -vereistes, kwaliteitversekering van die reëls en die finale goedkeuring van die reëls, behandel. Daarna word ’n wye spektrum van ongewensde bestuurs- en gedragsreëls bespreek. Voorbeelde van ongewensde bestuursreëls handel onder andere oor reëlgebaseerde uitsluitlike gebruiksareas, geysers, taalbeleid, besigheidsaktiwiteite, rente en heffings. Voorbeelde van ongewensde gedragsreëls gaan oor die verbruik van voedsel op die gemeenskaplike eiendom, die behandeling van huishoudelike werknemers, huurderuitsettings, die parkering van voertuie in die skema, die slag van diere vir godsdienstige doeleindes, die aanhou van troeteldiere, eiendomspraktisyns, korttermyn-verhuringsplatforms en die gebruik van dagga ofte wel cannabis in deeltitelskemas. Hierop volg ’n bespreking van die vrywillige indiening van skemareëls en bestuursdokumente vir alle gemeenskapskemas, behalwe deeltitelskemas. Die gemeenskapskema moet vorm B1, die aansoek vir wysiging van reëls voltooi, vergesel van sekere dokumente, onder andere ’n ondertekende besluit wat die wysiging van bestuursdokumentasie bevestig. Die skema-bestuursbeampte (scheme governance officer) moet kwaliteitversekering uitvoer op die skema-bestuursdokumentasie wat ontvang is en moet uiteindelik ’n kwaliteitversekeringsertifikaat gestempel deur die hoof-ombud aan die gemeenskapskema stuur. Soos in die geval van deeltitelskemas, kan die Consolidated Practice Directives sekere reëls as aanvaarbaar erken. Voorbeelde daarvan is ’n reël wat nie toelaat dat ’n huishoudelike werker rondloop op die gemeenskaplike eiendom sonder ’n naamplaatjie nie, ’n reël wat ’n lid dwing om sy/haar huurder uit te sit, ’n reël wat die slag van diere vir godsdiensdoeleindes binne die skema verbied, en gemeenskapskemas wat geklassifiseer is as natuur- en/of wildbewaringsgrondstukke wat fauna en flora bewaar. ’n Reël mag aangeneem word wat die slag van fauna en beskadiging van flora binne die gemeenskaplike landgoed verbied. Die Consolidated Practice Directives is ’n groot verbetering op die onsamehangende wyse waarop vorige praktykriglyne die wysiging ens van bestuurs- en gedragsreëls reguleer het. Die byvoeging van verduidelikende wetgewende bepalings het die gehalte van die Consolidated Practice Directives aansienlik verbeter. Belangrik, die insluiting van duidelike en praktiese voorbeelde van wat die community scheme ombud service as onwenslike bestuurs- of gedragsreëls beskou, sal rigtinggewend wees wanneer skemas die wysiging van hul reëls oorweeg. Ons wag gretig op die uitsprake van die hoërhowe wat oor die geldigheid van reëls wat aan hulle voorgelê word, moet besluit.

Sustainability in space law development

ARTIKEL

Sustainability in space law development

Author: Theunis Kotzé

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Research Associate, University of Johannesburg Research Centre for Private International Law in Emerging Countries
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 662-674
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a2

Abstract

Die vorige artikel (2026 TSAR 471) sit die ontwikkeling uiteen van die konsep van volhoubare ontwikkeling deur die Verenigde Nasies en meer spesifiek die Komitee vir Vreedsame Gebruike van die Buitenste Ruimte (United Nations Committee for the Peaceful Uses of Outer Space of UNCOPUOS) wat in Wenen gesetel is en konsentreer op die regulering van siviele buitenste ruimte-aspekte en -aktiwiteite. Hierdie bydrae ontleed hoe die begrip volhoubare ontwikkeling toegepas word op die ruimtereg en -reëls. Alhoewel volhoubare ontwikkeling nou ’n prioriteit op die sakelys is, het dit eers in moderne tye tot ’n belangrike kwessie ontwikkel en die Verenigde Nasies se verdrae op ruimte-aktiwiteite bied min direkte bewys van die beskerming van die buitenste ruimte. Dit was geen prioriteit tydens die aanvanklike ontwikkelingsfase van ruimtereg en -beleid nie aangesien volhoubare ontwikkeling as ’n regskonsep nog nie ontwikkel het nie. Gelukkig is ruimtereg deur middel van internasionale reg self aan die konsep van langtermyn volhoubaarheid verbind sodat geargumenteer kan word dat selfs sonder direkte verwysing sommige ruimteverdrae hierdie konsep meer of minder insluit. Alhoewel ruimtereg deur sommige as van min nut beskou word in die omgewingsbestuur van buitenste ruimte-aktiwiteite, kan algemene internasionale reg via onder andere die beginsels van internasionale omgewingsreg onreëlmatige leemtes vul indien ruimtereg self nie oplossings kan bied nie. Hierdie artikel ontleed hoe die konsep van volhoubaarheid in die buitenste ruimte nie net in die vyf buitenste ruimteverdrae geïdentifiseer is nie, maar ook in die beginsels wat deur die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering aangeneem is (direkte televisie-satelliet uitsendings, toepaslike regsbeginsels op ruimtereg, observasie vanaf die buitenste ruimte, gebruik van kernkragbronne in die buitenste ruimte, en voordele van buitenste ruimte aktiwiteite), die werk van die Internasionale Telekommunikasie Unie (omgewingsbeskerming van wentelbane, en voordele vir ontwikkelende lande), en in ander UNCOPUOS standaard-skeppende riglyne (vermindering van ruimterommel en die langtermyn volhoubaarheid van buitenste ruimte-aktiwiteite). Duidelik is die konsep van volhoubaarheid in die buitenste ruim nou hier om te bly. Die ruimtereg en regulasies wat in hierdie artikel bespreek word, sal toenemend relevant raak vir enige regsgeleerde wat belangstel in hierdie nis maar fassinerende spesialisveld.

Back to the office? Legal risk and realities for employers: an analysis of two labour court cases regarding a return-to-office directive

ARTIKEL

Back to the office? Legal risk and realities for employers: an analysis of two labour court cases regarding a return-to-office directive

Authors: Werner Gresse and Estie Gresse

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Lecturer in Labour Relations, North-West University; Senior Lecturer in Private Law, North-West University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 675-693
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a3

Abstract

As gevolg van die Covid-19-pandemie is die meeste Suid-Afrikaanse maatskappye gedwing om ’n tuiswerk-benadering te volg om ekonomiese ineenstorting tydens die hoogtepunt van die pandemie te voorkom. Hierdie tendens het in hierdie periode in gewildheid toegeneem en selfs nadat die pandemie-verwante inperkings beëindig is, het ondernemings steeds die “hibriede werkplek”-model aanvaar. Dit is aangevuur deur die toenemende digitalisering van die werkplek, asook deur navorsing wat verskeie voordele vir beide die organisasie en sy werknemers beklemtoon het. Daar is ’n styging in gevalle waar maatskappye hul hibriede werkreëlings beëindig en werknemers opdrag gee om weer voltyds na die werkplek terug te keer. Dit het aanleiding gegee tot talle arbeidsgeskille oor die billikheid van so ’n versoek, veral ten opsigte van werknemers wat langtermynbesluite geneem het gebaseer op hul voordeel van hibriede werk. Hierdie kwessie is in 2025 beklemtoon deur uitsprake in twee sake in die Suid-Afrikaanse arbeidshof, naamlik een oor onbillike ontslag (Medici Energy SA Bpk v Bennet NO) en een oor konstruktiewe ontslag (Adele Lewis v Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie; Gert van der Berg NO; Van de Venter Mojapelo (Edms) Bpk), wat albei verband hou met vraagstukke rondom ’n versoek om terug te keer na die werkplek. In albei hierdie sake het die arbeidshof ten gunste van die werknemer beslis, maar slegs in een van die twee uitsprake is die versoek om terug te keer na die werkplek as onbillik geag. Hierdie artikel konsentreer op die ontleding van hierdie twee hofsake, met die oog daarop om riglyne aan werkgewers te bied oor hoe om te verseker dat hulle werknemers billik behandel word wanneer hulle versoek word om na die werkplek terug te keer. Op grond van die ontleding, blyk dit duidelik dat die versoek eerstens wettig moet wees, en tweedens redelik moet wees gegewe die konteks van beide die werknemer asook die werkgewer.

The significance of public participation in the naming of geographical features in South Africa

ARTIKEL

The significance of public participation in the naming of geographical features in South Africa

Author: Sipho Nkosi

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Lecturer, Department of Practical Business Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 694-711
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a4

Abstract

Die skrywer ondersoek die interessante onderwerp van die benoeming en herbenoeming van stede, dorpe, riviere, berge en ander geografiese kenmerke. Hy begin deur ’n Bybelse oorsprong van hierdie verskynsel te beskryf en verduidelik die rol van internasionale liggame en kundiges. Daarna sit hy die grondwetlike en statutêre raamwerk uiteen waarbinne die proses van die verandering van betrokke name in Suid-Afrika behoort plaas te vind, asook die waardes waarop hierdie proses gegrond moet wees. Die skrywer bespreek die belang daarvan dat grondwetlike waardes en statutêre bepalings nagekom moet word, veral deur regeringsamptenare. Hy wys daarop dat openbare deelname bedoel is om te dien as: (a) ’n verwerping van die uitsluitende benadering tot sake van hierdie aard wat voor 1994 bestaan het; (b) ’n bevestiging van die feit dat deelnemende demokrasie nog altyd ’n integrale deel van Afrika-lewe, -filosofie en -regsleer was; (c) ’n herinnering aan wetgewers dat hulle na die onderskeie wetgewende liggame gestuur is om die belange van hul onderskeie kiesafdelings te verteenwoordig; (d) ’n geleentheid vir lede van die betrokke gemeenskappe om hul bekommernisse aan die relevante amptenare oor te dra, en sodoende vir hulself ’n werklike gevoel van behoort aan die gemeenskap waaraan die betrokke naam gekoppel is, te verseker. Die skrywer dui verder aan dat daar leemtes in die wet bestaan en dat die Wet op die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name 118 van 1998 nie duidelik is oor die magte en funksies van provinsiale wetgewers nie. Hy wys daarop dat daar ’n moontlikheid van aanspreeklikheid aan die kant van regeringsamptenare kan wees wat in hierdie sfeer werk, indien litigasie teen hulle ingestel word. Hy spreek egter optimisme uit weens die beoogde veranderinge wat aan die wet aangebring gaan word. Nietemin is hy bekommerd oor die gehalte van die formulering van die Wysigingswetsontwerp op die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name, soos dit tans daar uitsien. Hy maak ’n paar voorstelle oor hoe sommige van die bepalings daarin beter geformuleer kan word. Hy bespreek ook sommige van die belangrike regterlike uitsprake oor hoe openbare deelname in hierdie verband verseker behoort te word.

From decentralisation to central control? School language policy, the Basic Education Laws Amendment Act 32 of 2024 and the meaning of “reasonably practicable”

ARTIKEL

From decentralisation to central control? School language policy, the Basic Education Laws Amendment Act 32 of 2024 and the meaning of “reasonably practicable”

Authors: Warren Johannes and Roxan Laubscher

ISSN: 1996-2207
Affiliations: CPostgraduate student UJ; Associate Professor of Public Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 712-727
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a5

Abstract

In hierdie artikel ondersoek die outeurs die debat oor taalregte in Suid-Afrika deur die interpretasie en toepassing van die maatstaf van “redelikerwys doenlik” in artikel 29(2) van die grondwet krities te ontleed. Artikel 29(2) waarborg die reg op onderwys in ’n amptelike taal van keuse by openbare onderwysinstellings waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is. Die inhoud en omvang van hierdie maatstaf het deur regspraak en wetgewende ontwikkeling ’n transformerende en soms omstrede betekenis aangeneem. Die artikel fokus in die besonder op die beheer van taalbeleid in openbare skole, met verwysing na Afrikaansmediumskole, wat dikwels die fokus is van regterlike inmenging en beleidsdebat. Teen hierdie agtergrond bevraagteken die outeurs die grondwetlike implikasies van uitgebreide staatsbeheer ingevolge die Wysigingswet op Basiese Onderwys van 2024, wat die outoriteit van provinsiale onderwysowerhede versterk ten opsigte van taal en toelatingsbeleid. Deur onlangse regspraak en wetgewende ontwikkelinge binne die normatiewe raamwerke van multikulturalisme en transformerende konstitusionalisme te plaas, ondersoek die outeurs die verskuiwende balans tussen gedesentraliseerde skoolbeheer en verhoogde sentrale staatsbeheer. Die outeurs bevraagteken of hierdie verskuiwing inderdaad ’n noodsaaklike meganisme van historiese regstelling en die bevordering van gelyke toegang verteenwoordig, en of dit nie eerder neerkom op ’n beperking van die outonomie van taalgemeenskappe en hul reg op kulturele selfbeskikking nie. Die outeurs voer aan dat die ontwikkelende konsep van “redelikerwys doenlik” nie net ’n tegnies administratiewe toets is nie, maar ’n normatief gelaaide standaard. Die toepassing van hierdie standaard weerspieël ’n voortdurende grondwetlike poging om die beskerming van taal en kultuurgemeenskappe te versoen met die noodsaaklikheid van rasse integrasie en die staat se positiewe verpligting om billike toegang tot basiese onderwys te verseker. Die outeurs stel voor dat die interpretasie van “redelikerwys doenlik” sentraal staan tot die toekomstige formaat van taalbeleid in Suid-Afrikaanse openbare skole en tot die breër projek van transformerende konstitusionalisme. Die grondwetlike vraag is nie of abstrakte desentralisasie of sentralisasie normatief verkieslik is nie. Die kernvraag is eerder of sentrale staatsbeheer wat deur hierdie wet teweeggebring is, die grondwetlike balans bevorder wat artikel 29(2) van die grondwet vereis, naamlik die versoening van taalkundige diversiteit, multikulturele erkenning en billike toegang tot kwaliteit basiese onderwys. Toekomstige regspraak sal waarskynlik verdere duidelikheid bring oor die inhoud van “redelikerwyse doenlikheid” binne die gewysigde wetgewende raamwerk. Spesifieke aandag behoort geskenk te word aan die wisselwerking tussen artikel 29(2) en ander grondwetlike taal- en kultuurregte; die omvang van provinsiale diskresie en die toepaslike standaard van geregtelike hersiening; die voortgesette marginalisering van inheemse Afrikatale; en die toepassing van hierdie standaard op Suid-Afrikaanse gebaretaal ná die grondwetlike erkenning daarvan as nóg ’n amptelike taal.

The bewind trust as structural device: under-theorised domestic implications and comparative application

ARTIKEL

The bewind trust as structural device: under-theorised domestic implications and comparative application

Author: Petrus Christiaan Biermann

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Chartered Accountant, corporate lawyer and PhD candidate, University of Southern Queensland Law School
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 728-747
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a6

Abstract

Die bewindstrust word in die Suid-Afrikaanse literatuur hoofsaaklik binne die konteks van familie-, testamentêre en beleggingstrusts behandel. Die outeur voer in hierdie artikel aan dat die bewindstrust as strukturele instrument ondergewaardeer is, en dat die beginsel van strukturele skeiding wat in die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van 1988 gevestig is en deur die Braun-, Badenhorst-, Bafokeng-, Conze- en Parker-sake bevestig is, gevolge het wat veel verder strek as die Suid-Afrikaanse belastingreg. Die artikel lokaliseer hierdie beginsel eers in die Romeins-Hollandse reg self: De Groot se behandeling van voogdij en curatele in die Inleidinge en Voet se behandeling van tutela, cura en fideicommissum in die Commentarius ad Pandectas veranker die strukturele onderskeiding van administratiewe bevoegdheid teenoor voordelige eienaarskap as ’n gevestigde kenmerk van die ius commune, lank voor die statutêre kodifikasie van 1988. Die artikel ondersoek daarna twee moderne sivielregtelike stelsels. In Nederland gee Boek 4 van die Burgerlijk Wetboek, in artikels 4:153 tot 4:181 en artikel 4:75, gedetailleerde uitdrukking aan dieselfde beginsel. Die rechthebbende behou eienaarskap terwyl die bewindvoerder uitsluitlike bestuursbevoegdheid onder artikel 4:166 uitoefen sonder om enige vermoënsregtelike belang te verkry. In België het die Wet van 17 Maart 2013 die drieledige Franse stelsel van sauvegarde de justice, curatelle en tutelle, wat steeds in die Franse Code Civil voortbestaan, verwerp. Dit is in die Belgiese reg vervang met ’n enkele, geregtelik aanpasbare bewind onder artikels 488/1 tot 502 van die ou Burgerlijk Wetboek. Dit word beheers deur die beginsels van noodsaaklikheid, subsidiariteit en proporsionaliteit. Hierdie Belgiese afwyking van die Franse opset bevestig dat die beginsel van strukturele skeiding oordraagbaar is tussen statutêre instrumente binne die sivielregtelike tradisie self. Teen hierdie agtergrond identifiseer die outeur in dié bydrae die Australiese handelstrust se strukturele mislukking: titelfragmentering, bestuursongelykheid en onsamehangende toepassing van insolvensieregtelike norme. Dit is bevestig in die Carter Holt Harvey- en Naaman-sake as die negatiewe demonstrasie van dieselfde beginsel. Die outeur argumenteer dat die beneficiary title administrative structure ’n handelstrust-hervormingsmodel is wat deur die outeur ontwikkel is om die strukturele spanning in die huidige Australiese trustbedryf aan te spreek. Die model kan as ’n wetshervormingsvoorstel voorgestaan word, maar dit is nog nie aanvaar nie. Die outeur toon dat die beginsel ook deur gemeenregtelike instrumente uitgedruk kan word. Die artikel sluit met ’n bespreking van die implikasies vir die Suid-Afrikaanse reg rakende die klassifikasie van trusts, die grens tussen bewinds- en eienaarstrusts en die onvanpaste toepassing van die reël gemik daarop om ontduiking teen te gaan op strukture wat strukturele skeiding reeds deur hul vermoënsregtelike toedeling bereik.