Unlawful and illegal mining and the draft Mineral Resources Development Bill, 2025

ARTIKEL

Unlawful and illegal mining and the draft Mineral Resources Development Bill, 2025

Author: PJ Badenhorst

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Honorary Professor of Law, NMU
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2026, p. 291-306
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i2a5

Abstract

Die probleme rondom onregmatige en onwettige mynbou binne die raamwerk van die Mineral and Petroleum Resources Development Act, 28 van 2002 (die hoofwet) is al vantevore bespreek. Die Mineral and Resources Development Bill, 2025 poog om sommige van hierdie probleme aan te spreek. Die vraag rondom eiendomsreg van minerale wat voorkom in die grond of afgeskeide minerale word steeds nie beantwoord nie en beginsels van die gemenereg moet steeds diens doen om die leemtes in die hoofwet aan te vul. Daar word in oorweging gegee dat die volgende beginsels in die hoofwet vervat behoort te word: (a) Eiendomsreg van minerale, wat voorkom in die grond, word gehou deur die eienaar van die grond (of die staat); (b) Die houer van ’n prospekteerreg, mynreg of mynpermit verkry eiendomsreg van minerale tydens die myn of skeiding van die minerale van die grond; (c) ’n Persoon wat minerale, wat voorkom in die grond, in stryd met artikel 5A van die hoofwet myn of skei, verkry nie eiendomsreg van sulke minerale nie; (d) Indien minerale in stryd met artikel 5A van die hoofwet van die grond gemyn of geskei word, verkry die staat eiendomsreg van afgeskeide minerale.
Die beoogde nuwe mynpermit (“artisanal mining permit”) word van naderby bekyk in die dampkring van pogings om onwettige myners te betrek in die raamwerk van die hoofwet. ’n Meer eenvoudige mynpermit, wat byvoorbeeld in Australië voorkom, word voorgehou as ’n beter oplossing om onwettige myners deel van die sisteem te maak. Daar word toegegee dat die omgewing, gesondheid en veiligheid van myners steeds beskerm moet word.
Die bepalings wat daarop gemik is om historiese mynhope (wat nie onderhewig is aan die bepalings van die hoofwet nie) onder beheer daarvan te bring, word krities beoordeel. Daar word daarop gewys dat die blote herhaling van die bepalings van ’n vorige wysigingswet, wat nooit inwerking gestel is nie, steeds problematies is. Daar word oorweging gegee dat, ingevolge die beslissing in Agri SA v Minister of Minerals and Energy (2013 4 SA 1 (KH)), die maatreëls wat daarop gemik is om historiese mynhope te betrek nie onteiening sonder vergoeding uitmaak nie. Dit is daaraan te wyte dat min of meer dieselfde werkswyse wat van toepassing was op ou orde regte in skedule II van die hoofwet, gevolg is. ’n Beter konstruksie sou egter gewees het indien eiendomsreg van historiese mynhope behou is en die eienaars die geleentheid gebied is om binne twee jaar die omvang van bestaande mynregte te vergroot of nuwe mynregte ten aansien van die historiese mynhope te verkry, indien die mynhope binne of buite ’n myngebied val. Slegs by versuim om aansoek te doen behoort die staat bewaarhouerskap (“custodianship”) oor sodanige historiese mynhope te vestig – maar steeds sonder beëindiging van eiendomsreg van sulke mynhope. Sodanige konstruksie vermy die moontlike juridiese verkryging van heerlose mynhope deur onwettige myners. Die korrekte omskrywing en uitbreiding van misdade in die hoofwet word verwelkom.

Informed consent or institutionalised harm? The legal neglect of women’s pain in reproductive “minor” surgery in South Africa

ARTIKEL

Informed consent or institutionalised harm? The legal neglect of women’s pain in reproductive “minor” surgery in South Africa

Authors: Shadi Maganoe and Charles Maimela

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Lecturer, School of Law, University of the Witwatersrand; Professor and Executive Dean, Faculty of Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2026, p. 307-324
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i2a6

Abstract

Ingeligte toestemming vorm ’n grondbeginsel van mediese etiek en is ’n wetlike vereiste van Suid-Afrikaanse gesondheidsorg, maar praktyke in reproduktiewe gesondheidsorg toon dat vroue steeds aan betekenisvolle pyn, emosionele ontreddering en onvoldoende kommunikasie blootgestel word tydens sogenaamde “klein” ginekologiese prosedures. Prosedures soos servikale biopsies, endometriale skrapings en diagnostiese intra-uteriene intervensies word dikwels uitgevoer sonder voldoende pynverligting, sonder omvattende voorligting oor risiko’s, en sonder die ondersteuning wat pasiënte behoort te ontvang wanneer hulle aan intieme, liggaamlik ingrypende behandeling onderwerp word. Hierdie nalatigheid weerspieël nie bloot individuele tekortkominge in kliniese praktyke nie, maar dui op ’n dieper, geïnstitusionaliseerde blindheid vir vroue se liggaamlike ervaring wat as sistemiese nadeel geklassifiseer kan word. Sodanige praktyke bots direk met die grondwet se waarborge van menswaardigheid, liggaamlike en psigiese integriteit, gelykheid en substantiewe toegang tot gesondheidsorg, en wek vrae oor die werklike beskerming wat die regstelsel aan vroue verleen.
Hierdie studie plaas die probleem binne Suid-Afrika se historiese en strukturele ongelykhede, waar geslagsgebaseerde aannames oor vroue se sogenaamde verdraagsaamheid vir pyn, asook die normalisering van vroue se reproduktiewe rolle, steeds die wyse beïnvloed waarop mediese besluitneming, toestemming en pynbestuur benader word. Hierdie aannames word verder versterk deur kliniese gewoontes wat pyn as voorspelbare, maar onbenullige newe-effek raam, eerder as ’n wesenlike risiko wat deeglike verduideliking en proaktiewe bestuur vereis. Wanneer voorsienbare pyn verswyg, geminimaliseer of nie behoorlik verduidelik word nie, word toestemming ’n formaliteit sonder werklike inhoud, wat die substansie van selfbeskikking en menslike waardigheid ondermyn en die verhouding tussen staat, mediese instellings en vroue verder onder druk plaas.
Internasionale menseregte-instrumente soos CEDAW en die Maputo-protokol word gebruik om die staat se positiewe verpligtinge tot billike, gelyke en pynbewuste gesondheidsorg te beklemtoon. Die studie bespreek verder die Nasionale Gesondheidswet en die Wet op Verbruikersbeskerming as belangrike binnelandse meganismes om aanspreeklikheid, deursigtigheid en institusionele hervorming te bevorder. Daar word uiteindelik aangevoer dat toestemming in reproduktiewe sorg nie as geldig beskou kan word waar wesenlike pyn nie volledig geopenbaar, verduidelik en behoorlik bestuur word nie. ’n Regsgebaseerde, mensgerigte benadering verg empatie, deursigtigheid en institusionele verantwoordbaarheid om die grondwet se belofte van substansiewe gelykheid en waardigheid vir alle vroue te verwesenlik.

The Community Schemes Ombud shows its teeth in enforcing compliance of its functions in sectional title and other community schemes in the Consolidated Practice Directives of 2025

ARTIKEL

The Community Schemes Ombud shows its teeth in enforcing compliance of its functions in sectional title and other community schemes in the Consolidated Practice Directives of 2025

Author: CJ Van der Merwe

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Research Fellow, Department of Private Law, University of Stellenbosch; Emeritus Professor in Civil Law, University of Aberdeen and the Law Faculty, University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2026, p. 325-343
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i2a7

Abstract

Die Ombuddiens Prestasie Jaarplan 2025/2026 meld dat die ombuddiens diensleweringsmodel gegrond is op die suksesvolle registrasie van gemeenskapskemas en dat hulle onderneem om registrasie binne sewe dae na ontvangs van ’n aansoek te voltooi. Die jaarplan vermeld dat 13 141 gemeenskapskemas gedurende die boekjaar geregistreer is en dat die getalle steeds groei. Die jaarplan vermeld verder dat ombuddiensheffings die belangrikste inkomstebron is om dienslewering te befonds en dat ongeveer R425 miljoen in die 2023/24 finansiële jaar daarvoor ingesamel is. Verder word aanvaar dat die verpligting van gemeenskapskemas om jaarlikse inkomste opgawes, jaarlikse finansiële state en enige ander voorgeskrewe dokumentasie of inligting, aan die ombuddiens te verskaf, noodsaaklik is vir die behoorlike finansiële bestuur van gemeenskapskemas.
Om hierdie doelwitte te bereik, ontbloot die Gekonsolideerde Praktyksriglyne vir Gemeenskapskemas die tande van die Wet op die Ombuddiens vir Gemeenskapskemas vir die volgende drie gevalle:

(1) Wat die registrasie van gemeenskapskemas by die ombuddiens betref, bepaal die Gekonsolideerde Praktyksriglyne dat skemas by die ombuddiens deur middel van die CSOS connect-platform moet registreer as deeltitelskema, eiendomsontwikkeling onder beheer van ’n eienaarsvereniging (HOA), behuisingkoöperasie, behuisingskema vir afgetrede persone of aandeleblokskema. Die ombuddiens sal met die betrokke skema in gesprek tree om die registrasie te bewerkstellig. Ombuddiensveldwerkers sal skema-tot-skema besoeke organiseer om vas te stel of die betrokke skema geregistreer is en skemas identifiseer wat toegang tot inspeksie weier of nie geregistreer is nie. Indien dit nie slaag nie, sal die ombuddiens die saak na die nasionale vervolgingsgesag verwys om registrasie te bewerkstellig wat boetes of gevangenisstraf tot gevolg kan hê.

(2) Ingevolge die Wet en Regulasies op die Ombuddiens vir Gemeenskapskemas moet elke lid van ’n gemeenskapskema kwartaalliks ’n heffing aan die ombuddiens betaal. Die Gekonsolideerde Praktyksriglyne bepaal dat gemeenskapskemas moet verseker dat lede hul ombuddiensheffing gereeld betaal en dat die betaling aan die ombuddiens oorgedra word. Betaling word gemaak deur die korrekte CSOS-registrasienommer as verwysingsnommer te gebruik om te verseker dat betalings korrek aan die betrokke skema-rekening toegeken word. By die betaling van die ombuddiensheffing moet die skema ’n e-pos aanstuur met bewys van betalings wat sowel die lid se administratiewe heffing en die CSOS-heffing uiteensit om die bedrag wat elke eenheid betaal, te rekonsilieer by levypayments@csos.org.za. Gemeenskapskemas is dus verplig om maandeliks ’n bedrag van hul lede te verhaal en om dit aan die Ombuddiens oor te dra. Die Ombuddiensheffing is gelyk aan 2% van die bedrag waarmee die maandelikse administratiewe heffing R500 oorskry, maar nie meer as R40 per eenheid per maand nie. Wanbetaling van CSOS-heffings op die vervaldatum veroorsaak dat rente ingevolge die Nasionale Kredietwet verhaal word. Die Gekonsolideerde Praktykriglyne bepaal verder dat wanbetaling van ombuddiensheffings ’n misdryf ingevolge artikel 34(1)(b) van die Wet op die Ombuddiens vir Gemeenskapskemas daarstel wat die oortreder aanspreeklik maak vir ’n boete en/of gevangenisstraf vir ’n tydperk van nie meer as tien jaar nie.

(3) Artikel 59(b) van die Wet op die Ombuddiens vir Gemeenskapskemas bepaal dat elke gemeenskapskema jaarlikse inkomste-opgawes met ondersteunende dokumente binne vier maande na die einde van die finansiële jaar by die ombuddiens moet indien. Aanhangsel F bevat byvoorbeeld die volgende lys van ondersteunende dokumente wat vir deeltitelskemas ingedien moet word: ’n voltooide ondertekende CS 2 vorm; verplig geouditeerde finansiële state; ondertekende notules van die mees onlangse algemene jaarvergadering; die mees resente heffing; die name, ID-nommers en kontakbesonderhede van trustees; alle relevante dokumentasie wat verband hou met die reëls en besluite van die deeltitelskema en ’n afskrif van die registrasiesertifikaat.
By nienakoming sal ’n gemeenskapskema ’n nienakomingsertifikaat ontvang en aangesê word om binne ’n bepaalde tyd die nodige dokumente te verskaf. Indien nie, sal ’n rekeningbeampte aangestel word om te bepaal of ’n boete opgelê moet word. Klousule 14.9 bepaal uitdruklik dat die ombuddiens alle redelike stappe sal neem om, indien nodig, sanksies ingevolge subklousule 2.9 van die Gekonsolideerde Praktyksriglyne te kan instel wat ingevolge artikel 34 van die Wet op die Ombuddiens ’n boete en/of gevangenisstraf van nie meer as vyf jaar nie insluit.
Benewens die bogenoemde drie gevalle, bepaal die Gekonsolideerde Praktyksriglyne dat enige persoon of skema wat versuim om ingevolge artikel 34 van die Wet op die Ombuddiens vir Gemeenskapskemas toegang tot enige boeke, rekeninge, dokumente of bates te verskaf of nalaat om data of inligting te verskaf, of vals of misleidende inligting verskaf, of opsetlik weier of ’n persoon verhinder om ’n wetsverpligting na te kom, blootgestel is aan dieselfde bogenoemde sanksies.

Onvervulde verwagting uit vermeend gesamentlik wederkerige testament – moontlike vorderinge vir die ontgogelde?

AANTEKENINGE

Onvervulde verwagting uit vermeend gesamentlik wederkerige testament – moontlike vorderinge vir die ontgogelde?

Author: JC Sonnekus

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2026, p. 344-354
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i2a8

Abstract

After the statutory abolition in South African law of succession of claims to a legitimate portion, no person has any legal claim to a hereditary benefit from another’s estate after the latter’s death. Freedom of testation means, among other things, that every person competent to execute a valid will may do so and in the process amend or revoke any previously executed documents, provided that the requirements of execution of a will have been complied with. The fact that the testator once executed a supposedly joint and mutual will with his spouse under which the surviving spouse would be the exclusive beneficiary of the “joint estate” does not deprive any of the testators concerned of the capacity to subsequently even secretly execute a new will and, by revoking the previous will, also dispose of his assets quite differently from the erstwhile disposition indicated in the joint will. The disillusioned surviving spouse will not hold any claim against the appointed executor of the deceased’s estate founded on the law of succession.
Under the Maintenance of Surviving Spouses Act 27 of 1990 the surviving spouse may have a claim against the estate of the first dying spouse for future maintenance if all the requirements of the act can be met. Such a claim should be timeously lodged with the executor after the latter’s advertisement calling upon all persons having claims against the estate to lodge such claims with the executor within the advertised period for lodging (usually 30 days). However, the intention of the legislature is not that, under the guise of this claim for future maintenance, a redistribution of the testator’s assets may take place despite the latter’s express disposition. Any claim for future maintenance ranks after all other existing claims against the estate and just before the application of the norms of the law of succession that determine the distribution of the remaining assets in the estate. Section 31(b) of the Administration of Estates Act 66 of 1965 determines that if any person fails to lodge his claim against any deceased estate before the expiry of the period specified under section 29(1), he shall not be entitled in respect of his claim to demand restitution from any other claimant of any moneys paid to such other claimant at any time or before he lodged his claim, as the case may be, in pursuance of a valid claim against the estate.
In Bellingan v Bellingan ((CA110/2024) 2025 ZAECMKHC 101 (4 Dec 2025)) the court upheld the appeal against a blatantly wrong decision of the district court in Humansdorp that honoured the presumed claim of the applicant against the stepson as beneficiary in his late father’s will notwithstanding the fact that the alleged claim was not founded on any valid agreement reached between the parties. The applicant alleged that she agreed not to contest the will of the late Mr JVH Bellingan or to lodge a claim against the said estate of her late husband in exchange for certain benefits she claimed the appellant should provide for her maintenance for a limited period of five years.
Because no agreement was reached, there is no valid pactum de non petendo and in principle the respondent may be enticed to consider lodging a claim against the estate in the light of this judgment. It is submitted, however, that the chances of her succeeding with any claim for maintenance against the estate are very slim if the executor had in the meantime finalised the administration of that estate to the satisfaction of the master. Nothing in the judgment points to any timeously lodged claim founded on Act 27 of 1990 that meets the requirements of sections 29 and 31 of the Administration of Estates Act. The widow may justly be disillusioned – she trusted both that her late husband would not secretly amend his will contained in the joint document and that his son would be a gentleman – but a contested gentlemen’s agreement is seldom enforceable on its own. Although she may have had a claim for future maintenance against the estate, she waited too long to lodge that claim. The law helps the vigilant, not the slumbering or gullible.