Establishing a test for social media misconduct in the workplace
Establishing a test for social media misconduct in the workplace
Authors Sershiv Reddy
ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2018, p. 789 – 819
Abstract
‘N DEFINISIE VIR SOSIALE MEDIA-MISBRUIKE IN DIE WERKPLEK Daar bestaan geen spesifieke wetgewing wat sosiale media-misbruike en misdrywe reguleer nie. Die skrywer poog om deur hierdie bydrae ‘n definisie daar te stel vir sosiale media-misbruike in die werkplek. Die bedkikbaarheid van so ‘n definisie of toets is nodig aangesien daar in arbeidsregregspraak geen eenvormigheid bestaan in die benadering wat gevolg word om te bepaal of sosiale media-misbruike inderdaad plaasgevind het nie. In die regspraak word die spanning tussen verskeie grondwetlike regte waaronder vryheid van spraak, die reg op menswaardigheid en die reg op privaatheid dikwels aangetoon. Nie alle gevalle wat verband hou met sosiale media-misbruike het egter die inbreukmaking op menswaardigheid as teenkant nie en die toets behoort bygevolg eerder te fokus op nadeel veroorsaak vir die werkgewer of mede-werknemers. Die skrywer toon aan dat sosiale media-misbruik ‘n wye misdaad daarstel waarby laster inbegrepe is. Daarby kan ingesluit word aanlynspraak wat nadeel aan ‘n ander veroorsaak en waarvoor geen regverdiging bestaan nie. Die skrywer is nie ten gunste van enige beperking op aanlynspraak nie, maar poog eerder om ‘n toets daar te stel wat arbeidsliggame en werkgewers kan aanwend om te bepaal of sosiale media-misbruike in die werkplek teenwoordig is. Die skrywer onderneem ‘n regsvergelykende studie met verwysing na die posisie in Australi\xc3\xab, Duitsland en die Verenigde Koninkryk. Alhoewel geen spesifieke sosiale media-wetgewing die posisie in enige van daardie jurisdiksies beheers nie, toon regspraak aldaar aan dat bestaande wetgewing sodanig ge\xc3\xafnterpreteer kan word om toepassing te vind op sosiale media-gevalle. Verskeie faktore word gestipuleer ten einde ‘n toets daar te stel vir sosiale media-misbruik. Hierdie faktore sluit in of daar regverdiging bestaan vir die publikasie, die effek op die werkgewer, of die publikasie in werksverband is, of daar ‘n verbreking in vertroue of verbreking in die werksverhouding ontstaan het en laastens word die potensi\xc3\xable reikwydte van die lesers in ag geneem. In Duitsland word ‘n bereidwilligheid geopenbaar om instede van die aanpassing van bestaande wetgewing eerder nuwe sosiale media-wetgewing te aanvaar ten einde die uitdagings aan te spreek. Die skrywer argumenteer ten slotte dat ‘n toepaslike toets vir sosiale media-misbruik in die werkplek behoort te fokus op die nadeel veroorsaak aan ‘n ander waarvoor geen regverdiging bestaan nie en deur ‘n bepaling van die redelikheid van die optrede van die persoon wat die materiaal gepubliseer het. Die toets behoort dus bygevolg ‘n afweging te behels van die kompeterende grondwetlike regte in die werkplek ten einde ‘n regverdige beoordeling van die optrede daar te stel. ‘N OPMERKLIKE GEBREK AAN ENIGE SINVOLLE REGSVERGELYKING DEUR JURISTE VANUIT DIE COMMON LAW-OMGEWING WORD TOENEMEND WAARGENEEM — IS DIT SLEGS WEENS ‘N BELEEFDE TAALBEHINDERING? "Ein rechtsvergleichender Blick hin\xc3\xbcber zum civil law wird leider nicht gewagt, sodass die Gefahr besteht, dass manche R\xc3\xa4der mehrfach erfunden werden" — Sonja Meier na aanleiding van haar bespreking van Lodder Enrichment in the Law of Unjust Enrichment and Restitution (2012) in 2017 Rabels Zeitschrift 921 924.