The role of the lex loci contractus in determining contractual capacity

Authors Eesa A Fredericks

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Leiden
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2018, p. 754 – 770

Abstract

DIE ROL VAN DIE LEX LOCI CONTRACTUS IN DIE BEPALING VAN HANDELINGSBEVOEGDHEID Hierdie bydrae ondersoek die gepastheid van die lex loci contractus (die reg van die land waar die kontrak gesluit is) om die kontraktuele bevoegdheid van ‘n natuurlike persoon te beheers, hetsy eksklusief, hetsy saam met ander regstelsels (soos die reg van domisilie of plek waar die persoon gewoonlik woonagtig is en die objektiewe lex causae van die kontrak) onder ‘n alternatiewe verwysingsre\xc3\xabl. Die standpunte van outeurs, hofuitsprake en statut\xc3\xaare bepalings uit ‘n wye verskeidenheid van regstelsels word krities oorweeg. Dit blyk dat die lex loci contractus globaal ‘n besonder belangrike rol in die verband speel, selfs as prim\xc3\xaar toepaslike regstelsel. Kritiek teen die aanwending van die lex loci contractus is egter ook wydverspreid. Gevolglik handhaaf die meeste regstelsels sekere vereistes vir die toepassing van die lex loci contractus. Die belangrikste voorbeelde is moontlik artikel 12 van die Rome Convention on the Law Applicable to Contractual Obligations en artikel 13 van die Rome I Regulation on the Law Applicable to Contractual Obligations. Vier tipes moontlike voorwaardes vir die addisionele gelding van die lex loci contractus word afgelei uit die bepalings van veral kontinentaal-geori\xc3\xabnteerde regstelsels en instrumente: (a) die kontrak moes gesluit wees in die forumstaat; (b) die partye was in dieselfde land teenwoordig ten tyde van sluiting van die kontrak; (c) die forumstaat is die plek van prestasie ingevolge die kontrak en (d) geen skuld tref die party wat die kontrak wil afdwing nie. Wat betref vereiste (d) word daar onderskeid gemaak tussen die twee- en drie-stapmodel. Daar word vervolgens aandag geskenk aan die nie-toepassing van die lex loci contractus in verskeie regstelsels waar dit kontrakte betref wat verband hou met die erfreg, die familiereg of met onroerende goedere. Na ‘n opweging van al die argumente en gesag, stel die outeur voor dat ‘n natuurlike persoon geag moet word kontraktuele bevoegdheid te besit indien hy of sy ten tyde van die sluiting van die kontrak sodanige bevoegdheid gehad het ingevolge die lex loci contractus op voorwaarde dat (a) die partye in mekaar se fisiese teenwoordigheid was ten tyde van die sluiting van die kontrak of (b) die kontrak van ‘n terugkerende aard was met betrekking tot redelikerwys noodsaaklike goedere. Slegs die party wat nie die bevoegdheid ingevolge die lex loci contractus het nie, mag sodanige onbevoegdheid inroep. As ‘n uitsondering moet die sogenaamde Lizardi-re\xc3\xabl geld, soos ge\xc3\xafnspireer deur die Franse internasionale privaatreg. Indien die bevoegde kontraktant bewus was van die teenparty se onbevoegdheid ingevolge die reg van domisilie of van die plek waar die persoon gewoonlik woonagtig was ten tyde van die sluiting van die kontrak, of onbewus daarvan was as gevolg van nalatigheid, is die lex loci contractus nie van toepassing nie. Die onbevoegde party dra die bewyslas in hierdie verband. Die uitsondering behoort nie te geld met betrekking tot kontrakte van ‘n terugkerende aard insake redelikerwys noodsaaklike goedere nie. Die lex loci contractus behoort nie toegepas te word ten aansien van kontraktuele bevoegdheid met betrekking tot kontrakte wat verband hou met die familiereg, die erfreg of onroerende goedere nie.