Harmonization of commercial law in the region of the Common Market for Eastern and Southern Africa

Authors Sieg Eiselen

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of South Africa
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2018, p. 771 – 788

Abstract

DIE HARMONI\xc3\x8bRING VAN INTERNASIONALE HANDELSREG IN DIE COMESA-STREEK Met die globalisering van feitlik elke aspek van die moderne w\xc3\xaareld, is daar groter druk om ook op die terrein van die internasionale handelsreg groter eenvormigheid te bewerkstellig om oorgrenshandel te vergemaklik en groter regsekerheid te verskaf. In hierdie proses is daar verskeie moontlikhede om groter harmoni\xc3\xabring van die handelsreg te ontwikkel. Enersyds word die effektiefste moontlikhede met verwysing na streeksharmoni\xc3\xabring, soos in die Europese Unie en in die Organisasie vir die Harmoni\xc3\xabring van Handelsreg in Afrika, ondersoek en andersyds die internasionale harmoni\xc3\xabringspogings onder leiding van die Verenigde Volke se Kommissie vir Internasionale Handelsreg beoordeel. Met die groei van die internet word elektroniese oorgrenshandel toenemend belangrik. Daar word aangetoon dat die Modelwet vir Elektroniese Handel van die Verenigde Volke se Kommissie vir Internasionale Handelsreg ook al reeds wyd benut word om die harmoni\xc3\xabring van nasionale wetgewing te bewerkstellig en dat daar reeds lande in die streek is wat hulle wetgewing op die Modelwet geskoei het. Die New York Konvensie oor die Erkenning en Afdwinging van Arbitrale Toekennings van 1958 bied ‘n verdere voorbeeld van ‘n stuk wetgewing wat wyd inslag gevind het. Hierdie konvensie het regstreeks gesorg daarvoor dat internasionale arbitrasie vandag algemeen gebruik word omdat die afdwinging van toekennings met arbitrasie eenvoudiger is as met hofbevele. Meerdere lande in die streek is lede van hierdie konvensie. Die Weense Koopverdrag van 1980 bied ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n kommissie instrument wat w\xc3\xaareldwyd inslag gevind het en wat tans in beginsel die heersende wetgewing vir meer as 80% van w\xc3\xaareldkoophandel vorm. Streeksorganisasies soos die Organisasie vir die Harmoni\xc3\xabring van Handelsreg in Afrika, die Gemeenskaplike Mark vir Oos- en Suidelike Afrika en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeen-skap (SADC) bied die beste moontlikhede om harmoni\xc3\xabringspogings te bevorder. Daar word aangetoon dat die benutting van die verskillende instrumente wat die Verenigde Volke se Kommissie vir Internasionale Handelsreg reeds ontwikkel het die geskikste benadering tot die probleem van oorgrenshandel in hierdie streek bied omdat dit aansluit by bestaande en erkende internasionale praktyke, terwyl daar geen besondere goeie rede bestaan om nuwe streekswetgewing te ontwikkel nie. Die regstelsels in die streek is ook te uiteenlopend om ‘n eiesoortige oplossing te probeer ontwikkel soos wat in Franssprekende Wes-Afrika gedoen is.