The role of reputation in trade mark infringement

Authors S Karjiker

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2018, p. 726 – 738

Abstract

DIE ROL VAN REPUTASIE IN AANTASTING VAN ‘N HANDELSMERK Hierdie artikel oorweeg die toepaslike rol wat die reputasie van ‘n handelsmerk moet speel by die beoordeling van ‘n beweerde inbreukmaking op ‘n handelsmerk in die Suid-Afrikaanse reg. Ons howe het daarin misluk om die kwessie behoorlik aan te spreek ten opsigte van die reputasie van ‘n handelsmerk in die vasstelling van die waarskynlikheid of daar wel misleiding of verwarring kan wees. Dit wil voorkom of daar geen konsekwentheid is in hoe ons howe die reputasie van ‘n handelsmerk oorweeg nie, wat lei tot ‘n skeiding tussen die verwarring-gebaseerde vorme van inbreukmaking op ‘n handelsmerk wat deur artikels 34(1)(a) en (b) van die Wet op Handelsmerke 194 van 1993 gere\xc3\xabl word, sowel as die uitgebreide beskerming gere\xc3\xabl deur artikel 34(1)(c) van die wet. In hierdie bydrae beweer die outeur dat die rede vir die inkonsekwentheid rakende die rol van die reputasie van ‘n handelsmerk gesoek moet word in die nalate om te herken dat die vasstelling van ‘n waarskynlikheid van verwarring vir doeleindes van artikels 34(1)(a) of (b) ‘n aparte vereiste is. Die vereiste om vas te stel of daar ‘n waarskynlikheid van misleiding of verwarring kan wees, moet nie saamgesmelt word met die toets of die relevante merke soortgelyk is nie (in die geval van artikel 34(1)(a)), of die toets of die relevante goedere of dienste soortgelyk is nie (in die geval van artikel 34(1)(b)), soos dit voorkom dit tans die geval is. Dit is in die vasstelling van die aparte vereiste of daar ‘n waarskynlikheid van misleiding of verwarring kan bestaan, wat die reputasie van ‘n handelsmerk ‘n relevante faktor is. Verder, wanneer die howe die reputasie van ‘n handelsmerk oorweeg, moet die howe nie die effek van die reputasie van ‘n handelsmerk op die waarskynlikheid van misleiding of verwarring vooraf beoordeel nie. Daar is geen logiese rede waarom die reputasie van ‘n handelsmerk noodwendig moet lei tot die gevolgtrekking dat daar ‘n waarskynlikheid van misleiding of verwarring bestaan waar ‘n soortgelyke merk op mededingende produkte gebruik word nie. Hierdie behoort ‘n feitelike aangeleentheid te wees, afhangend, onder andere, van die spesifieke goedere of dienste en die relevante marksektor. UFGABE DES RECHTS — RICHTIG ZU SEIN "Es geh\xc3\xb6rt ebenso sehr zum Begriff des richtigen Rechts positive zu sein, wie es Aufgabe des positiven Rechts ist, inhaltlich richtig zu sein" — Gustav Radbruch Grundz\xc3\xbcge des Rechtsphilosophie (1914) 172.