Regspraak: Aanspraak op opbrengs van lewensversekering van versekerde lewe getroud in gemeenskap van goed

Regspraak: Aanspraak op opbrengs van lewensversekering van versekerde lewe getroud in gemeenskap van goed

Authors: MFB Reinecke en JC Sonnekus

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Universiteit van Johannesburg; Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2023, p. 349 – 358
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i2a10

Abstract

In the case under discussion the insured two weeks before his death took out a large life policy on his own life. At the time of his death he was married in community of property to his wife. The Gauteng local division was called upon to decide whether or not the proceeds of the life policy fell into the joint estate of the spouses. The decision of the court was that the proceeds did not fall into the joint estate because it was paid after the joint estate was dissolved by the death of the spouse. The court relied on a few prior decisions to the same effect.

After an analysis of the principles involved we suggest that the proceeds should in principle form part of the spouses’ former joint estate. The life insurance policy was concluded during the subsistence of the marriage in community of property. The policy conferred on the insured the right to the sum insured on

his death. This right vested on conclusion of the contract, although it was subject to a time clause and it became enforceable only upon the death of the life insured. It is not a fictitious but an existing right which is capable of being ceded. This right falls into the joint estate: it was created by the policy prior to the death of the spouse and consequently prior to the dissolution of the marriage in community of property. There was indeed no other estate into which this right could have fallen. This means that the spouses were equally entitled to and liable under the contract of insurance. It was, so to speak, a debt due to the former joint estate. Hence each spouse must in principle receive one half of the death benefit.

The issue involved has not yet been finally laid to rest, although the supreme court of appeal approvingly referred to the decisions on which the court in the Maqubela case relied. The widow of the late insured also claimed that since the deceased left no will, she was entitled to inherit from her late husband’s estate as an intestate heir. The question arose whether she was entitled to benefit from the death of her husband. This aspect is not dealt with in the present discussion but in a separate article (Sonnekus “Gierigheid is die wortel van alle kwaad” 2023 TSAR 175).

Regspraak: An improper application of the proper purpose of directors’ powers to authorise and issue shares?

Regspraak: An improper application of the proper purpose of directors’ powers to authorise and issue shares?

Authors: Kathleen Van der Linde and Darren Stevens

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg; Student, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2023, p. 358 – 371
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i2a11

Abstract

Direkteure se uitoefening van hul nuutgevonde bevoegdhede om ’n maatskappy se aantal gemagtigde aandele te verhoog, is in CDH Invest NV v Petrotank South Africa (Pty) Ltd (2019 4 SA 436 (HHA)) deur die hoogste hof van appèl in oënskou geneem. Die appèlhof het die uitspraak van die hof a quo bekragtig en beslis dat direkteure hierdie magte te goeder trou, in die beste belang van die maatskappy en vir ’n behoorlike doel moet uitoefen, soos hul vertrouenspligte vereis. Die betrokke maatskappy het meer aandele “uitgereik” as die aantal aandele wat deur sy akte gemagtig is en die direksie het die probleem probeer oplos deur die aantal gemagtigde aandele agterna te vermeerder.

Die skrywers voer aan dat die howe onvoldoende aandag gegee het aan die beginsel dat fidusiêre pligte aan die maatskappy verskuldig is eerder as aan individuele aandeelhouers. Die hof het ook nie die magtiging van verdere aandele en die potensiële toekomstige uitreiking daarvan, wat afsonderlike magte met afsonderlike doeleindes en gevolge is, behoorlik onderskei nie. ’n Verdere probleem is dat die

direkteure se werklike doel vergelyk is met hul bedrieglik verklaarde oogmerk in plaas daarvan om dit te vergelyk met die objektiewe behoorlike doel waarvoor die bevoegdheid verleen is.

Die uitsprake ignoreer die uitdruklike statutêre gevolge van ’n uitreiking wat die aantal gemagtigde aandele oorskry, insluitend dat die uitreiking ’n nietigheid is en die aandelesertifikate en inskrywings in die aandeleregister nietig is. Sodra die tydsensitiewe geleentheid tot terugwerkende magtiging ingevolge artikel 36(2) van die Maatskappywet afgeloop is, kan nóg die direksie nóg ’n hof die ongeldigheid van die uitreiking regstel. Dit is waarom die wysiging wat in die konsep maatskappywysigingswetsontwerp van 2021 beoog word om ’n hof in staat te stel om ’n onreëlmatige uitreiking en toewysing van aandele te bekragtig, ’n welkome toevoeging tot die wet sal wees. Totdat daardie oplossing egter ingevoer is, kan enige poging om ’n ongeldige uitreiking deur die agterdeur reg te stel egter nie ’n behoorlike doel daarstel nie.

Ander maatskappyregtelike kwessies wat deur die feite van hierdie saak geopper word, word kortliks oorweeg. Die skrywers stel voor dat die onderdrukkingsremedie in artikel 163 ’n beter oplossing vir die minderheidsaandeelhouer se besware kon bied omdat dit ’n oorweging behels van die belange van ’n aandeelhouer eerder as die maatskappy se beste belange. Ten slotte word aan die hand gedoen dat die bevoegdhede wat aan die direksie verleen is om aandele te magtig en uit te reik, behou moet word omdat dit eerstens onderhewig is aan direkteure se vertrouensverpligting en tweedens omdat beide hierdie magte deur die aandeelhouers beperk kan word by wyse van gepaste bepalings van die akte van die maatskappy.

Regspraak: Image rights in Kenya

Regspraak: Image rights in Kenya

Authors: Legodi Thutse and Steve Cornelius

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of KwaZulu-Natal; University of Pretoria
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2023, p. 372 – 379
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i2a12

Abstract

Kenia is ’n land wat al op verskeie terreine vele bekendes opgelewer het. Hulle is veral welbekend vir die wêreldklas middel- en langafstandatlete wat hulle oplewer. Dit sou daarom nie vreemd wees nie, indien bemarkers sou poog om die gelykenisse van bekende persone te gebruik in hulle bemarkingsveldtogte. Dit sou egter nie ’n Olimpiese atleet of ander beroemde persoon wees wat sou poog om die reg op identiteit in hierdie verband te beskerm nie. Inteendeel, dit sou ’n nederige motorfietsafleweringsbestuurder wees wat ’n finansiële instelling tot orde sou roep omdat hulle sonder toestemming sy foto in hulle bemarkingsmateriaal gebruik het.

Alhoewel die Keniaanse deliktereg gegrond is op die Engelse law of torts, vermy die hof in die Rafiki– saak die enge benadering van die Engelse howe, waarvolgens die ongemagtigde gebruik van iemand se beeld vir bemarking slegs ’n eisoorsaak daarstel indien dit sou neerkom op aanklamping. Die Keniaanse hof wend hom veel eerder tot die Suid-Afrikaanse reg en steun vir gesag op die uitsprake van die Suid-Afrikaanse howe in Grütter v Lombard (2007 4 SA 89 (HHA)) en W v Atoll Media (Pty) Ltd (2010 4 All SA 548 (WKK)).

Die hof in die Rafiki-saak beslis dat die ongemagtigde gebruik van sy foto ’n skending is van sy reg op privaatheid, soos vervat in artikel 31 van die Grondwet van die Republiek van Kenia. Voorts bevind die hof, met verwysing na die uitspraak van die Suid-Afrikaanse konstitusionele hof in MM v MN (2013 4 SA 415 (KH)), dat die ongemagtigde gebruik van sy foto ook ’n skending is van sy reg op menswaardigheid soos vervat in artikel 28 van die Keniaanse grondwet.

Op hierdie wyse ontwikkel howe in Afrika-lande pragmatiese oplossings wat die individu teen uitbuiting beskerm. Die beginsels wat aldus neergelê word, vergelyk goed met die omvattende beskerming wat in verskeie Amerikaanse deelstate teen ongemagtigde gebruik van iemand se beeld in bemarkingsmateriaal verleen word.

Boekbesprekings: Ewoud Hondius, Marta Santos Silva, Andrea Nicolussi, Pablo Salvador Coderch, Christiane Wendehorst and Fryderyk Zoll (eds): Coronavirus and the Law in Europe

Boekbesprekings: Ewoud Hondius, Marta Santos Silva, Andrea Nicolussi, Pablo Salvador Coderch, Christiane Wendehorst and Fryderyk Zoll (eds): Coronavirus and the Law in Europe

Author: Eric Dirix

ISSN: 1996-2207
Affiliations: KU Leuven
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2023, p. 380 – 383
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i2a13

Abstract

None

Boekbesprekings: Mtendeweka Owen Mhango, Ntombizozuko Dyani-Mhango and Mothepa Ndumo: Pensions Law & Death Benefits – Law, Practice and Policy Harmonisation in the Southern African Development Community (SADC)

Boekbesprekings: Mtendeweka Owen Mhango, Ntombizozuko Dyani-Mhango and Mothepa Ndumo: Pensions Law & Death Benefits – Law, Practice and Policy Harmonisation in the Southern African Development Community (SADC)

Author: Evette Vanrenen-Linford

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2023, p. 383 – 385
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i2a14

Abstract

None

The right to data portability: a ghost in the protection of personal information

The right to data portability: a ghost in the protection of personal information

Author: M Malahleka

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Communications and Change Management Support (Massmart/Walmart)
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2023, p. 1-19
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i1a1

Abstract

Data-oordraagbaarheid is die vermoë om data tussen toepassings, programme, rekenaaromgewings of wolkrekenaardiensteplatforms te skuif. In ’n wolkrekenaarkonteks is data-oordraagbaarheid een deel van “wolkoordraagbaarheid”, wat dit vir datasubjekte moontlik maak om hul persoonlike inligting tussen wolkrekenaardiensverskaffers te skuif. Sonder data-oordraagbaarheid is ’n persoon se data slegs toeganklik deur die wolkrekenaarbediener waar dit gestoor word. Data-oordraagbaarheid vergemaklik ook die hergebruik van persoonlike inligting wat verantwoordelike partye verwerk deur ’n algemene doelbeheermeganisme van horisontale toepassing daar te stel.  Terwyl data-oordraagbaarheid die verwesenliking van innovasie en datasekuriteit bevorder, hou dit ook die risiko in dat persoonlike inligting in die verkeerde hande beland. Die oordrag van persoonlike inligting tussen diensverskaffers val binne die definisie van “verwerking” kragtens artikel 1 van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 en lei tot die toepassing daarvan. Met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting poog die wetgewer om die persoonlike inligting te beskerm wat deel vorm van die reg op privaatheid wat ingevolge artikel 14 van die grondwet verskans is. Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting verskaf egter nie uitdruklik ’n data-oordraagbaarheidsreg nie. Dié anomalie is vreemd, aangesien die wet ’n nabootsing van die algemene Europese Unie se databeskermingsregulasie is en wat datasubjekte in die Europese Unie data-oordraagbaarheidsregte bied as een van die noodsaaklike nuwighede vir databeskerming aldaar. Artikel 20 van die Europese Unie se algemene databeskermingsregulasie verskaf die reg op data-oordraagbaarheid ten einde die datasubjekte te bemagtig, data-interoperabiliteit te bevorder, insluitingseffekte op geslote platforms te voorkom en datasubjekte se bevoegdheid oor hul persoonlike inligting te versterk. Op versoek word daar van databeheerders vereis om persoonlike inligting aan die datasubjek te verskaf in ’n gestruktureerde, algemeen gebruikte en masjienleesbare formaat. Dit maak die gereguleerde oordrag van persoonlike inligting tussen wolkrekenaardienste moontlik.  Daar mag moontlik geargumenteer word dat die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting wel impliseer dat aan datasubjekte beskerming oor data-oordraagbaarheid verleen word. Die vraag is of dit voldoende is en werklik databeskerming waarborg. In hierdie bydrae word die aspekte ondersoek. Dit toon ook dat die huidige toestand waarin hierdie reg verskaf word, nie uitdruklik aan datasubjekte voldoende databeskerming ooreenkomstig die grondwet verleen nie.