VAT Apportionment: The Good, the Bad and the Not so Ugly

VAT Apportionment: The Good, the Bad and the Not so Ugly

Author: Des Kruger & Joon Chong

ISSN: 2219-1585
Affiliations: Consultant, Webber Wentzel; Partner, Webber Wentzel
Source: Business Tax & Company Law Quarterly, Volume 17 Issue 2, 2025, p. 25 – 37

Abstract

This article examines the scope and operation of VAT apportionment under the Value-Added Tax Act, with particular focus on selected topics, namely the treatment of capital gains, interest, dividends and distributions from trusts. BGR (binding general ruling) 16 prescribes the apportionment formula that is required to be applied where goods or services are acquired only partly for the purpose of making taxable supplies, namely the turnover-based method of apportionment. The apportionment ratio is essentially the ratio of the value of all taxable supplies to the aggregate value of (i) taxable supplies, plus (ii) exempt supplies, plus (iii) the sum of any other amounts of income derived by the vendor, whether in respect of a supply or not, in the tax period. BGR 16 nevertheless recognises that to include all amounts without taking into account their uniqueness would not result in a fair and reasonable apportionment, and the ruling accordingly provides for certain exclusions and adjustments. Specifically excluded from the apportionment formula are amounts derived in respect of the supply of capital assets because, as accepted in BGR 16, including such income would distort the apportionment ratio. BGR 16 provides useful guidelines for determining the nature of a receipt of a capital nature, with some reliance on the ‘tests’ developed by our courts in deciding whether a receipt is of a capital or revenue nature for income tax purposes. As regards interest income, BGR 16 provides for certain adjustments. Where the vendor carries on lending activities, that is, borrows money to on-lend, the ruling permits vendors to adopt the net interest approach. This approach allows the vendor to deduct interest paid from interest received prior to inclusion of the net amount of exempt income in the denominator. (The use of gross interest instead of net interest in the denominator would have reduced the vendor’s apportionment percentage.) Importantly, provision is made for situations where no interest is charged or paid, such as where moneys are lent from own resources and where loans are made between connected persons. These required adjustments are often overlooked in practice. As regards vendors who derive interest in consequence of their investment activities (whether investing in equities, cash or other financial instruments), the exempt interest need only be included on the basis of: interest received for the year x (Prime Rate — JIBAR). The rationale for this differential (Prime Rate — JIBAR), which recurs throughout BGR 16, is that it serves as a proxy for the value of the vendor’s own intermediation activity rather than the gross return on the underlying funds: JIBAR broadly approximates the cost of funding and the prime rate the rate at which funds are on-lent or invested, so the spread isolates the margin attributable to the activity that consumes the mixed-purpose resources, while excluding the underlying capital return that would otherwise overstate exempt turnover in the denominator and distort the apportionment ratio. Whilst dividends are generally not included in apportionment methods in other VAT jurisdictions, BGR 16 specifically includes dividends in the denominator (thereby reducing the apportionment percentage). BGR 16 notes that the investment activity associated with the holding of investments (whether in subsidiaries or associated companies, for example) must be fairly reflected in the apportionment formula. BGR 16 requires that dividends must be included on the basis of: a 3-year moving average of dividends received x (Prime Rate — JIBAR). Provision is also made for proxies where, for example, dividends are not received in the relevant periods, and where adjustments are required to be made to interest receipts. These proxies and their attendant effect on the apportionment are also often overlooked in practice. It is doubtful if this situation is mandated in the legislation. BGR 16 does not deal with distributions from trusts. However, in interactions with the authors of the article, SARS has indicated that it does not accept that the conduit principle applies and argues that the distributions must be dealt with on the same basis as dividend receipts, that is, ignoring the nature of the individual components of the distribution (interest, dividends or capital gains). The article motivates the position that it is strongly arguable that the conduit principle does apply and that the components of the distribution, such as capital gains, interest and dividends should fall to be dealt with on the same basis as those amounts that are individually dealt with in BGR 16.

The Travel Allowance Deduction and the Electric Vehicle: A Drafting Gap in Section 8(1)(b)

The Travel Allowance Deduction and the Electric Vehicle: A Drafting Gap in Section 8(1)(b)

Author: Karel Jacobus Burger Engelbrecht

ISSN: 2219-1585
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Business Tax & Company Law Quarterly, Volume 17 Issue 2, 2025, p. 38 – 44

Abstract

The travel allowance deduction under section 8(1)(b) of the Income Tax Act 58 of 1962 is technology-neutral on its face, and an electric vehicle (EV) is a ‘motor vehicle’ for purposes of the section. The right to claim the deduction therefore exists. The harder question is how the deduction is calculated, given that both the actual-cost method under section 8(1)(b)(ii) and the deemed-cost method under section 8(1)(b)(iii) were drafted with the internal combustion engine in mind. The deemed-cost Schedule published annually under the section embeds petrol pump prices in its fuel-cost component, and Interpretation Note 14 (Issue 5) makes no reference to EVs. This article argues that the deemed-cost method, applied to an EV, produces a material over-recovery of the taxpayer’s actual energy cost, and that the actual-cost method leaves EV taxpayers in an evidentiary vacuum. The article proposes targeted amendments to the Schedule and to SARS guidance to align the regime with the policy direction set by the Just Energy Transition Partnership and by section 12V.

Locus standi in subrogation – once again

ARTIKEL

Locus standi in subrogation – once again

Author: Susan Scott

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Professor Emeritus and Extraordinarius, Department of Private Law, UNISA
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2026, p. 431-451
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i3a1

Abstract

’n Aantal onlangse uitsprake oor locus standi in die versekeringsreg regverdig ’n herwaardering van die aangeleentheid. Die kwessie wat aangespreek word, is die beginsel dat ’n versekeraar na skadeloosstelling van die versekerde in naam van die versekerde ’n eis kan instel teen die dader wat vir die skade verantwoordelik is. Die vroeëre uitsprake wat as gesag vir hierdie moontlikheid aangehaal word, word weer deeglik ondersoek. Die klem val op die feite van elke saak, die bindende krag van elkeen, die rol wat Engelse regsbeginsels in die verwarrende uitsprake speel, billikheid en die belangrikheid daarvan om regsbeginsels in ’n gees van helder denke onderskraag deur diepgaande kennis te benader. Die rol wat Engelse regsbeginsels speel in die aanvaarding van hierdie beginsel word ondersoek en die oorsprong van die beginsel word aangedui ten einde verdere verwarring te probeer voorkom. Uitsprake voor en na 2008 word ondersoek. Die skeiding word gemaak as gevolg van die belangrike uitspraak in Rand Mutual Assurance Co Ltd v Road Accident Fund (2008 6 SA 511 (HHA)). Laasgenoemde saak word as uitgangspunt geneem vir moontlike regshervorming, terwyl die uitspraak in Le Bonheur Wine Estate (Pty) Ltd v Stellenbosch Vineyards (Pty) Ltd (2025 5 SA 458 (WKK)) sterk gekritiseer word. Regshervorming word voorgestel in ooreenstemming met die posisie in Europese regstelsels. As uitgangspunt word die beslissing in die Rand Mutual-uitspraak gebruik waar die regter beslis het dat die versekeraar in eie naam aksie teen die derde mag instel, sonder om die basis vir hierdie reg aan te dui. Daar word voorgestel dat die knoop deurgehak moet word deur aan te dui dat ons by subrogasie met ’n ex lege oorgang van die versekerde se reg aan die versekeraar te doen het en nie met ’n oordrag soos by sessie nie. Die gevolge van die oorgang van die reg is soortgelyk aan die gevolge van sessie met sekere kontraktuele beperkings. Die versuim om die feite van sake behoorlik in ag te neem, verwaarlosing van die presedenteleer en die gebrek aan helder denke word uitgelig. Die neiging om erkende regsinstellings met verwysing na die grondwet sonder meer om ver te werp, word afgekeur.

Implied hearsay: a comparative view of Australian and South African law on the subject

ARTIKEL

Implied hearsay: a comparative view of Australian and South African law on the subject

Author: Wouter Le R De Vos

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Visiting Professor, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2026, p. 452-470
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i3a2

Abstract

Die fokus van die artikel is die regsposisie onderskeidelik in Australië en Suid-Afrika met betrekking tot die konsep geïmpliseerde hoorsê. Die kernvraag is of geïmpliseerde uitlatings buite die hof gedoen binne die omvang van die hoorsê omskrywing val en dus as ontoelaatbaar in die onderskeie jurisdiksies beskou word. Geïmpliseerde hoorsê behels getuienis omtrent ’n uitlating buite die hof gedoen wat aangebied word nie om te bewys wat uitdruklik gesê is nie, maar wel wat daaruit geïmpliseer kan word. Volgens die Engelse gemene bewysreg (“common law”), wat in beide Australië en Suid-Afrika ingevoer is, val geïmpliseerde hoorsê binne bestek van die hoorsê omskrywing en is dit dus ontoelaatbaar, behalwe as dit onder een van die uitsonderings op die hoorsêreël toegelaat kan word. Die gesag ter ondersteuning van die posisie is die welbekende beslissing van die privy council in Teper v R. Die rasionaal onderliggend aan die reël is dat beide uitdruklike en geïmpliseerde uitlatings buite die hof gedoen dieselfde risiko van onbetroubaarheid inhou. In Australië moet onderskei word tussen die state waar die Engelse “common law” nog geld en die jurisdiksies wat die Uniform Evidence Act aanvaar het. In die “common law”-stelsels word geïmpliseerde hoorsê ingesluit onder die hoorsê omskrywing en is dit in beginsel ontoelaatbaar. Die hoë hof (“high court”) beslissings in Walton v R, R v Benz en Pollitt v R dien as gesag in dié verband. In die jurisdiksies wat die Uniform Evidence Act aanvaar het, word geïmpliseerde hoorsê in beginsel uitgesluit van die hoorsê definisie maar die bewoording van die wetgewing is kompleks. In Suid-Afrika moet onderskei word tussen die voormalige gemenereg (“common law”) stelsel, wat tot 1988 gegeld het, en die statutêre skema wat in daardie jaar by wyse van wetgewing ingevoer is. Volgens die gemenereg was geïmpliseerde hoorsê ingesluit onder die hoorsê omskrywing en dit was in beginsel ontoelaatbaar. Die saak van S v Van Niekerk dien as gesag in die verband. Die wetgewing van 1988 het ’n drastiese breuk met die verlede meegebring. Dit het ’n nuwe definisie van hoorsê en ’n buigsamer skema vir die toelating van sodanige getuienis geskep. Die ou definisie, wat verklaringsgeoriënteerd was en gerig was op die vraag of die getuienis aangebied is om die waarheid van die verklaring te bewys, is vervang met ’n verklaarder-georiënteerde definisie wat die klem plaas op die vraag of die bewyswaarde van die getuienis afhang van die geloofwaardigheid van die verklaarder. Volgens die nuwe stelsel word geïmpliseerde hoorsê ook ingesluit onder die hoorsê omskrywing maar dit kan toegelaat word indien die hof dit in belang van geregtigheid ag. Ten slotte word in oorweging gegee dat die nuwe statutêre stelsel in Suid-Afrika groter voordele inhou as die “common law” bedeling wat voorheen in Suid-Afrika gegeld het en steeds in die “common law” jurisdiksies in Australië gehandhaaf word. Daar is weggedoen met die moeilike vraag of die nie-getuie se uitlating as die waarheid aangebied word en in die plek daarvan word gefokus op die geloofwaardigheid van die verklaarder, wat ’n makliker toets is. Verder is ’n soepeler skema vir die toelating van hoorsê, insluitende geïmpliseerde hoorsê, geskep.

The origins of the sustainability concept in space law

ARTIKEL

The origins of the sustainability concept in space law

Author: Theunis Kotzé

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Research Associate, University of Johannesburg Research Centre for Private International Law in
Emerging Countries
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2026, p. 484-498
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i3a3

Abstract

Enigeen wat gebeure in die Verenigde Nasies volg, sou opgemerk het dat die onderwerp van volhoubaarheid in die buitenste ruimte deesdae groot nuus is. Maar hoekom het volhoubaarheid dan so ’n drywer in ruimte-ontwikkeling geword? Tydens die Koue Oorlog was breë internasionale ooreenkoms oor globale ruimtebestuur makliker om te bereik en die Verenigde Nasies se Committee for the Peaceful Uses of Outer Space se vyf verdrae oor die buitenste ruim in ’n tydperk van net meer as ’n dekade het ruimtereg as ’n heeltemal nuwe vertakking van internasionale reg geskep. Alhoewel die Verenigde Nasies die konsep van volhoubare ontwikkeling op aarde al vir meer as vier dekades tydens ’n aantal wêreldwye topberade en fora aangespreek het, is die uitbreiding van die konsep van volhoubaarheid na die buitenste ruimte ’n meer onlangse ontwikkeling. Dit is genoodsaak deur die besef dat die aarde se wentelbaan-omgewing ’n beperkte hulpbron is wat deur ’n toenemende aantal akteurs gebruik word, insluitend state, internasionale organisasies, nie-regeringsorganisasies en privaat maatskappye. Navorsing dui aan dat die internasionale ruimtegemeenskap wel vroeg reeds bekommerd was oor probleme met die ruimte-omgewing tydens verkenning en van die behoefte om die ruimte-omgewing te beskerm. Alhoewel verskeie aspekte van die werk van hierdie Verenigde Nasies se komitee relevant was, soos die beskikking oor ruimtetuigrommel en monitering van ruimteweer, is hierdie onderwerpe in isolasie en in afsonderlike agendapunte aangespreek. Twee ernstige voorvalle in die ruimte na 2006, naamlik twee stelle toetse van anti-satelliet wapens en ’n botsing tussen die Iridium 33 en Cosmos 2251 satelliete, het toenemend bewustheid onder die multilaterale delegasies geskep. Tesame daarmee het beter navorsing oor die kwessies wat verband hou met langtermyn volhoubaarheid die bespreking oor hierdie konsep binne die komitee na 2007 bevorder. Dit het egter geblyk moeilik te wees om weer die roete van ’n internasionale verdrag te volg wat ’n fokus op sagte(r) regsriglyne en -standaarde genoodsaak het. Dit lei tot die 2007 Space Debris Mitigation Guidelines. Langtermyn volhoubaarheid van ruimte aktiwiteite is uiteindelik bevestig as ’n agendapunt onder ruimtevarende lande in multilaterale fora vanaf 2010. Dit is gedryf deur ’n besef dat indien almal net korttermyn belange oorweeg, die toekoms van ruimteverkenning en -gebruik ernstig benadeel sal word. In onlangse jare sou die werkgroep ooreenkom oor langtermyn volhoubaarheid van die ruimte ten aansien van 21 tendens-vernuwende riglyne en ’n polities betekenisvolle en konteksbepalende teks in die Long-term Sustainability of Outer Space Guidelines. Regsgeleerdes wat aktief in die vakgebied werksaam is, moet derhalwe in ag neem dat die onderwerp van volhoubare ontwikkeling in die buitenste ruimte toenemend die belangrikste gesprekspunt raak.