Locus standi in subrogation – once again
ARTIKEL
Locus standi in subrogation – once again
Author: Susan Scott
ISSN: 1996-2207
Affiliations: Professor Emeritus and Extraordinarius, Department of Private Law, UNISA
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2026, p. 431-451
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i3a1
Abstract
’n Aantal onlangse uitsprake oor locus standi in die versekeringsreg regverdig ’n herwaardering van die aangeleentheid. Die kwessie wat aangespreek word, is die beginsel dat ’n versekeraar na skadeloosstelling van die versekerde in naam van die versekerde ’n eis kan instel teen die dader wat vir die skade verantwoordelik is. Die vroeëre uitsprake wat as gesag vir hierdie moontlikheid aangehaal word, word weer deeglik ondersoek. Die klem val op die feite van elke saak, die bindende krag van elkeen, die rol wat Engelse regsbeginsels in die verwarrende uitsprake speel, billikheid en die belangrikheid daarvan om regsbeginsels in ’n gees van helder denke onderskraag deur diepgaande kennis te benader. Die rol wat Engelse regsbeginsels speel in die aanvaarding van hierdie beginsel word ondersoek en die oorsprong van die beginsel word aangedui ten einde verdere verwarring te probeer voorkom. Uitsprake voor en na 2008 word ondersoek. Die skeiding word gemaak as gevolg van die belangrike uitspraak in Rand Mutual Assurance Co Ltd v Road Accident Fund (2008 6 SA 511 (HHA)). Laasgenoemde saak word as uitgangspunt geneem vir moontlike regshervorming, terwyl die uitspraak in Le Bonheur Wine Estate (Pty) Ltd v Stellenbosch Vineyards (Pty) Ltd (2025 5 SA 458 (WKK)) sterk gekritiseer word. Regshervorming word voorgestel in ooreenstemming met die posisie in Europese regstelsels. As uitgangspunt word die beslissing in die Rand Mutual-uitspraak gebruik waar die regter beslis het dat die versekeraar in eie naam aksie teen die derde mag instel, sonder om die basis vir hierdie reg aan te dui. Daar word voorgestel dat die knoop deurgehak moet word deur aan te dui dat ons by subrogasie met ’n ex lege oorgang van die versekerde se reg aan die versekeraar te doen het en nie met ’n oordrag soos by sessie nie. Die gevolge van die oorgang van die reg is soortgelyk aan die gevolge van sessie met sekere kontraktuele beperkings. Die versuim om die feite van sake behoorlik in ag te neem, verwaarlosing van die presedenteleer en die gebrek aan helder denke word uitgelig. Die neiging om erkende regsinstellings met verwysing na die grondwet sonder meer om ver te werp, word afgekeur.