Regspraak: Slicing the baloney pretty thin: Lessons in fair use from the Warhol case

Regspraak: Slicing the baloney pretty thin: Lessons in fair use from the Warhol case

Author: S Karjiker

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2025, p. 187-202
https://doi.org/10.47348/TSAR/2025/i1a11

Abstract

Wanneer dit kom by inbreukmaking op kopiereg is die belangrikste wysiging van die Wet op Outeursreg 98 van 1978 wat deur die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg voorgestel is (Wysigingswetsontwerp op Kopiereg B 13D – 2017, 9 Junie 2022), in alle waarskynlikheid die bekendstelling van die Amerikaanse konsep van billike gebruik (“fair use”), om ons huidige stelsel van billike handeling (“fair dealing”) te vervang. Dit is dus insiggewend om die mees onlangse billike gebruik-uitspraak van die Amerikaanse hooggeregshof in Andy Warhol Foundation for the Visual Arts, Inc v Goldsmith (2023) 143 SCt 1258 te bespreek gegewe die feit dat hierdie hof nie gereeld kopieregsake aanhoor nie.

Die Warhol-saak het gehandel oor ’n bewering van kopieregskending van ’n foto wat deur die fotograaf Lynn Goldsmith geneem is en waarvan ’n syskerm afdruk deur die popkunstenaar Andy Warhol gemaak is. In 1981 het Goldsmith ’n swart en wit ateljeeportretfoto van die musikant Prince (“die foto”) geneem. Die foto is in 1984 aan die tydskrif Vanity Fair gelisensieer as ’n “kunstenaarsverwysing vir ’n illustrasie”, wat in die tydskrif sou verskyn saam met ’n artikel oor Prince later daardie jaar. Vanity Fair het Warhol opdrag gegee om die illustrasie te skep. Hy het verskeie syskermafdrukke vervaardig, gebaseer op die foto. Een van hierdie syskermafdrukke is in die 1984-tydskrif gebruik. Na die dood van Warhol is die kopiereg van die syskermafdrukke aan die Andy Warhol Foundation for the Visual Arts, Inc (“AWF”) oorgedra.

Ná Prince se dood, in 2016, het Condé Nast (Vanity Fair se houermaatskappy) nog een van die syskermafdrukke gebruik vir ’n gedenkartikel oor die musikant, nadat die AWF toestemming daarvoor gegee het. Goldsmith het egter nie toestemming vir die verdere gebruik van die syskermafdruk gegee nie. Goldsmith het ook geen betaling ontvang nie, en is ook nie as die bron van die illustrasie erken nie. Dit was ten opsigte van hierdie verdere gebruik dat Goldsmith beweer het dat haar kopiereg in die foto geskend is. Die AWF het beweer dat hierdie gebruik van die syskermafdruk nie Goldsmith se kopiereg in die foto geskend het nie, aangesien Warhol se syskermafdruk op billike gebruik van die foto neerkom, en dat dit transformerend was.

Die appèl na die Amerikaanse hooggeregshof was beperk tot net een kwessie: of die eerste faktor vir billike gebruik – die doel en karakter van die gebruik – die AWF of Goldsmith bevoordeel. Die hooggeregshof het bevind dat hierdie faktor Goldsmith bevoordeel het, en dat haar kopiereg in die foto geskend is. Die beslissing van die Amerikaanse hooggeregshof was egter nie eenparig nie. Daar was teenstrydige meerderheids- en minderheidsuitsprake, wat wys dat billike gebruik nie dieselfde sekerheid as billike hantering gee nie. Dit lei tot vermorste en duur litigasie (of ’n groter moontlikheid daarvan). Daar word voorgehou dat hierdie saak, of soortgelyke sake, ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing as direkte kopieregskending beskou sal word. Die Warhol-saak dien as nog ’n bewys van die problematiese aard van billike gebruik, en daar word sterk aangeraai om die implementering daarvan te vermy.

Regspraak: Exposing the bureaucratic red tape of adoptions and the department’s underlying prejudices

Regspraak: Exposing the bureaucratic red tape of adoptions and the department’s underlying prejudices

Author: W Rosenberg

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2025, p. 202-217
https://doi.org/10.47348/TSAR/2025/i1a12

Abstract

Hierdie saak behels twee byna identiese stelle feite oor die eerste en tweede applikant en hul keuses om hulle babas B and L vir aanneming af te gee en die departement van maatskaplike ontwikkeling se verontagsaming eerstens van die eerste en tweede applikant se reg om aanneming te kies en tweedens vir die beste belange van B en L. Volgens die feite in beide gevalle is die applikante “geviktimiseer en gestraf” vir hul keuse van aanneming as opsie uit hul verknorsings.

Die optrede van die departement en maatskaplike werkers het ’n reeks gebeure tot gevolg gehad wat daartoe gelei het dat die beste belange van die kinders geskend is en die regte van die aansoekers op menswaardigheid, privaatheid en liggaamlike en sielkundige integriteit ook geskend is. Die departement het praktykriglyne vir aanneming opgestel en deur middel van hierdie riglyne gepoog om die aanneming van B en L te ontspoor en kultuur as ’n rede aan te voer, asook daarop aan te dring dat ’n bykomende ondersoek gedoen moet word of die kinders sorg en beskerming benodig voordat B en L aanneembaar verklaar kan word. Die departement het ook beweer dat die kinderhof nie ’n aannemingsbevel kan uitreik alvorens’n aanbevelingsbrief wat sodanige aanneming goedkeur, van die departement ontvang is nie. Dít het die hof bevind is in stryd met die skeiding van magte-leerstellings. Regter Dippenaar het die optrede van die departement en maatskaplike werkers krities onder die loep geneem en ook die praktykriglyne wat nie deur die minister opgestel en afgekondig is nie krities ontleed.

Hierdie uitspraak dien as ’n wekroep aan die departement én maatskaplike werkers om te besef dat die grondwet en kinderwet geen ruimte laat vir onderliggende vooroordele nie en dat ons nuwe grondwetlike bedeling die erkenning, beskerming en afdwinging van sowel die regte van kinders as dié van die betrokke volwassenes beskerm. Hierdie beslissing is veral belangrik aangesien aannemingsgetalle in Suid-Afrika afneem en die aantal kinderlose gesinne wat begerig is om ’n kind aan te neem, afneem terwyl die getal weerlose kinders wat gesinne benodig as gevolg van die stygende koers van kinderverlating in Suid-Afrika toeneem. As gevolg van die stygende koers van kinderverlating is dit belangrik dat aannemings vaartbelyn word en alle onnodige rompslomp verwyder word.

Regspraak: Geregistreerde eienaar verloor eiendomsreg met koste teen onregmatige besetters wat klaarblyklik wesenlik ongegrond verryk word danksy die hofuitspraak

Regspraak: Geregistreerde eienaar verloor eiendomsreg met koste teen onregmatige besetters wat klaarblyklik wesenlik ongegrond verryk word danksy die hofuitspraak

Author: JC Sonnekus

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2025, p. 217-227
https://doi.org/10.47348/TSAR/2025/i1a13

Abstract

The applicant, as the registered owner of immovable property in Newlands East, Durban, applied for the eviction of the first and second respondents from the residence on the premises held by the applicant bought from the respondents in 2016. The repondents, on the face of it, as erstwhile tenants who had defaulted on the tenancy agreement have no ius possidendi to justify their continued occupation of the residence and premises.

The respondents, as former tenants, allegedly committed a material breach of contract by failing over a long period of time to pay either the agreed rent due or the municipal services bill as was agreed. The latter obligations, such as for the used electricity, water, sewerage and refuse removal, had allegedly not been paid by them since their occupation of the erf as tenants in December 2016, and the fact that the services have not been cut off is due simply to the fact that they had been paid for regularly by the applicant as registered owner. Notwithstanding demand and later the rightful termination of the tenancy agreement on account of that non-performance and consequent notice that the premises had to be vacated in view of the breach of contract, the respondents simply persisted in their unlawful occupation after nearly seven years. Moreover, their reliance on their supposed lien to bolster their alleged enrichment claim for unspecified so-called improvements made on the premises is most unconvincing.

On the face of it, this should be a clear case where the applicant is entitled to the requested legal aid. The court, however, decided to dismiss the application for the eviction of the respondents with costs, and to set aside the sale agreement entered into between the applicant and the respondents on 22 December 2016 in respect of the erf; since held under title deed number 8647/2017. The court also set aside the subsequent transfer of the above property from the respondents to the applicant, and authorised the registrar of deeds, Pietermaritzburg, to re-register the transfer of the abovementioned property in the names of the respondents.

The judgment not only punishes the registered owner with expropriation without compensation, but also punishes her with an outrageous cost order. Moreover, not a single word in the decision refers to the fact that the consequence of this judgment is to leave the respondents materially unjustly enriched. Not only do they benefit from the recovery of their unburdened right of ownership over an asset that, adjusted for inflation, is now worth more than half a million rand after more than seven years, but not a word is said about the outstanding debt plus interest over several years towards the applicant as a then friendly credit provider that is now likely to remain unsettled. Most of that debt had probably become prescribed by now.

Is a jurisdictional decision in international investment law res judicata?

Is a jurisdictional decision in international investment law res judicata?

Author: L Koen

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Lecturer, Public Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2024, p. 617-628
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i4a1

Abstract

Die internasionale beleggingsregstelsel word toenemend gekritiseer as gevolg van ’n persepsie dat daar wanbalanse in die stelsel is wat in beleggers se guns werk, wat aanleiding gee tot omstrede debatte oor die regte en verpligtinge van partye. Een terugkerende kwessie draai om gevalle van parallelle prosesse, geïllustreer deur sake soos CME Czech Republic BV v The Czech Republic en Lauder v Czech Republic, waar beleggers en meerderheidsaandeelhouers afsonderlik identiese eise voor beleggingstribunale ingestel het. Die beginsel van res judicata, gewortel in die versekering van finaliteit en prosedurele doeltreffendheid, het na vore gekom as ’n potensiële oplossing om parallelle litigasie te voorkom. Nietemin bly die toepassing daarvan in beleggingsarbitrasie omstrede, veral ten opsigte van besluite oor jurisdiksie. In hierdie bydrae word die kompleksiteite rondom res judicata in beleggingsarbitrasie krities ondersoek, met die fokus op die toepassing daarvan op jurisdiksionele besluite. Die artikel ontleed debatte oor die vraag of sodanige besluite binne die tribunaal die effek van res judicata moet hê en ondersoek scenario’s waar tribunale ongunstige toekennings oor jurisdiksie uitreik. Deur analise van relevante sake en regsbeginsels word met hierdie artikel daarna gestreef om prosedurele doeltreffendheid met regverdigheid te versoen, sonder om die afdwingbaarheid van tribunale se beslissing te ondermyn of om ’n party van die reg te ontneem om beswaar aan te teken waar nuwe feite ’n tribunaal van jurisdiksie ontneem. Die beginsel van res judicata, alhoewel bekend in nasionale reg, neem unieke dimensies aan in beleggingsarbitrasie. Die toepassing van res judicata verskil tussen ICSID- en nie-ICSID-prosedures, met implikasies vir jurisdiksionele uitdagings en die finaliteit van besluite. Tribunale het geworstel met die vraag of besluite orr jurisdiksie as finaal en bindend beskou moet word, wat tot teenstrydige interpretasies en prosedurele onsekerhede gelei het. In hierdie artikel word die rigiede toepassing van res judicata op jurisdiksionele besluite gekritiseer en word geargumenteer ten gunste van ’n meer genuanseerde benadering wat prosedurele doeltreffendheid met partye se regte sal balanseer. Dit beklemtoon die praktiese uitdagings van die toepassing van res judicata op aanhoudende prosesse en stel alternatiewe meganismes voor om prosedurele regverdigheid te beskerm. Deur die praktiese implikasies van res judicata te ondersoek, dra hierdie artikel by tot verdere debat binne beleggingsarbitrasie en bied insigte in die versoening van teenstrydige belange in die nastrewing van billike geskilbeslegting.

Innovations by the German Modernising Apartment Ownership Act of 2020 (WEModG 2020) to the management of apartment ownership (sectional title) schemes compared with the South African management legislation and regulations

Innovations by the German Modernising Apartment Ownership Act of 2020 (WEModG 2020) to the management of apartment ownership (sectional title) schemes compared with the South African management legislation and regulations

Author: CG Van der Merwe

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Research Fellow, Department of Private Law, University of Stellenbosch; Emeritus Professor in Civil Law, University of Aberdeen and the Law Faculty, University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2024, p. 629-653
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i4a2

Abstract

Die Duitse Moderniserende Deeltitelwet (Wohnungseigentumsmodernisierungsgesetz – WEModG) van 2020 bevat die volgende innoverende bestuursbepalings:
Woonsteleienaarsverenigings

  1. Die woonsteleienaarsvereniging word erken as ’n regspersoon met die bevoegdheid om regte en verpligtinge te verwerf en om as eiser of verweerder voor die hof te verskyn.
  2. Die woonsteleienaarsvereniging kom tot stand wanneer die onderverdeling van die grond en gebou in die registrasiekantoor geregistreer word.
  3. Die bestuur van die gemeenskaplike eiendom is nie meer die gesamentlike verpligting van die professionele bestuurder en die deeleienaars nie, maar die uitsluitlike verpligting van die deeleienaarsvereniging.
  4. Die deeleienaars is aanspreeklik vir die skuld van die woonsteleienaarsvereniging in verhouding tot hulle deelnemingskwota.
  5. Die woonsteleienaarsvereniging kan slegs ontbind word indien die gebou totaal vernietig word of die eienaars eenparig besluit om die skema te ontbind of indien die gebou gedeeltelik vernietig word sonder ’n verpligting om te herbou. Verder word die reg van ’n verbandskuldeiser om tenuitvoerlegging van ’n skuldvonnis die woonstel in eksekusie te verkoop of die huiseienaarsvereniging insolvent te verklaar slegs toegelaat indien die woonsteleienaarsvereniging gelyktydig ontbind word.
  6. Die woonsteleienaarsvereniging word verteenwoordig deur die professionele bestuurder in hofaangeleenthede en aangeleenthede buite die hof. Wanneer grond aangekoop of ’n leningsooreenkoms aangegaan word moet die transaksie egter gesteun word deur ’n meerderheidsbesluit van die woonsteleienaarsvereniging.

Die professionele bestuurder

  1.  Die professionele bestuurder word aangestel deur die woonsteleienaarsvereniging en kan enige tyd afgedank word. Die bestuursooreenkoms kom egter tot ’n einde ten laaste ses maande na sy of haar afdanking.
  2. Die professionele bestuurder moet ’n eksamen deur die Duitse kamer van nywerheid en handel slaag om as gesertifiseerde professionele bestuurder dienste te lewer.
  3. Die professionele bestuurder word toegelaat om besluite te neem oor minder belangrike aangeleenthede soos geringe herstelwerk aan die gemeenskaplike eiendom en die betaling van skulde van die huiseienaarsvereniging en om reëlings te tref betreffende die afhandeling van dringende kwessies om verliese te voorkom. Die algemene vergadering mag egter besluit om beperkings te stel op die afhandeling van bogenoemde kwessies byvoorbeeld om beperkings te plaas op betalings aan diensverskaffers.
  4. Die professionele bestuurders ontvang gewoonlik betaling ooreenkomstig die getal eenhede en die deelnemingskwota van die eenhede in die skema.

Die administratiewe adviesraad

  1. Die Duitse administratiewe adviesraad bestaande uit lede van die woonsteleienaarsvereniging word deur meerderheidsbesluit verkies om toesig oor die finaniele en ander bedrywighede van die professionele bestuurder te hou en hom of haar te ondersteun. Dit stem tot ’n groot mate ooreen met die toesig wat die lede van die regspersoon oor die professionele Suid-Afrikaanse bestuursagent moet uitoefen.
  2. Indien die professionele bestuurder ontbreek, mag die voorsitter van die adviesraad ’n algemene vergadering byeenroep of ander addisionele funksies vervul volgens meerderheidsbesluit van die woonsteleienaarsvereniging.
  3. Die adviesraad ontvang geen vergoeding vir hulle dienste nie maar word vergoed vir hulle uitgawes in die uitvoering van hulle funksies aangegaan. Hulle word slegs aanspreeklik gehou vir skade wat deur hulle opset of growwe nalatigheid veroorsaak word.

Die algemene vergadering

  1. Die algemene vergadering word bevestig as die plek waar beleidsbestuursbesluite geneem word.
  2. Die kennisgewingstydperk vir die agenda van die algemene vergadering word verleng van twee na drie weke.
  3. Die kworum vereiste vir algemene vergaderings word afgeskaf omrede die vereiste selde nagekom word in groter skemas en omdat uitgestelde vergaderings gewoonlik nie ’n voorgeskrewe kworum het nie en voortgegaan word met slegs twee of drie lede. Daar word gewys op die koste verbonde aan die huur van ’n saal vir die uitgestelde vergadering en die man-ure wat verlore gaan deur die bywoning van die vergadering.
  4. Alle besluite op die algemene vergadering is meerderheidsbesluite. Gevolglik word alle verwysings na eenparige besluite, spesiale besluite en ander bykomende meerderheidsbesluite afgeskaf.
  5. Besluite deur die rondomtalie-manier geneem, hoef nie meer deur lede onderteken te word nie. Dit kan per e-pos of selfone gekommunikeer en aangeneem of verwerp word.
  6. Hoofsaaklik omdat virtuele vergaderings gedurende die COVID-19 tydperk persoon-tot-persoon vergaderings vervang het, bekragtig die Moderniseringwet virtuele vergaderings mits daar terselfdertyd voorsiening gemaak word vir persoonlike bywoning van persone sonder selfone of toegang tot die internet in ’n saal onder beheer van die professionele bestuurder.
  7. Ten slotte bevat die bespreking waardevolle inligting deur Duitse regspraktisyns betreffende riglyne en voorwaardes oor tegnologie keuses; kommunikasiemetodes; toegang tot en vertroulikheid in deelname aan virtuele vergaderings; die gebruik van toepaslike harde- en sagteware en die indiensneming van opgeleide personeel om daarmee te werk; die voordele van en uitdagings wat aanlynvergaderings in die gesig staar; databeskermingskwessies en tegniese probleme in aanlyndeelname.

Die bogenoemde nuwighede word breedvoerig ontleed en vergelyk met ooreenstemmende bepalings in die Suid-Afrikaanse wetgewing en regulasies.