Regspraak: Afskaffing van voorkoms en persoonlikheid as faktore by skadebepaling van ‘n weduwee se vordering weens die dood van haar broodwinner

Regspraak: Afskaffing van voorkoms en persoonlikheid as faktore by skadebepaling van ‘n weduwee se vordering weens die dood van haar broodwinner

Authors Johan Scott

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of South Africa
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2018, p. 428 – 443

Abstract

None

Land claims by indigenous peoples – litigation versus settlement?

Land claims by indigenous peoples – litigation versus settlement?

Authors GN Barrie

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2018, p. 344 – 366

Abstract

GRONDEISE DEUR INHEEMSE VOLKE — LITIGASIE OF SKIKKING? OPMERKINGS OOR DIE WEG VAN DIE RICHTERSVELD-LITIGASIE GEVOLG IN SUID-AFRIKA TEENOOR DIE VAN SKIKKING GEVOLG DEUR DIE NOONGARS VAN WES-AUSTRALI\xc3\x8b Alle sogenaamd "voorheen verowerde inheemse volke" deel steeds ‘n gemeenskaplike grief voortspruitende uit hul verhouding met die "veroweraar". ‘n Gemeenskaplike siening heers steeds dat die "veroweraar" die "verowerdes" van hul grond ontneem het en derhalwe verarm het. Die gemeenskaplike pleidooi bly steeds dat soos die verowerde gebied tot ‘n staat ontwikkel het, die verowerde inheemse volke nie alleen geen spesiale konstitusionele status toegeken is nie, maar ook "hul grond" kwyt is. Dit lei tot herhaaldelike aansprake op grondhervorming wat in die praktyk op grondeise neerkom. Hierdie aansprake kom in die vorige koloniale gebiede voor waarvan Suid-Afrika en Australi\xc3\xab voorbeelde is. In albei hierdie lande word ‘n beleid van grondhervorming gevolg. In Suid-Afrika is die grondhervormingsproses gebaseer op die Wet op die Herstel van Grondregte 22 van 1994 wat gepromulgeer is op grond van artikels 121-123 van die 1993-tussentydse grondwet (wat later vervang is met artikel 25(7) van 1996-grondwet). Die grondhervormingsproses in Suid-Afrika is die produk van die proses van demokratisering. In Australi\xc3\xab is die grondhervormingsproses op die federale regering afgedwing deur Mabo v Queensland (no 2) 1992 175 CLR 1 — ‘n beslissing wat allerwe\xc3\xab beskou word as die belangrikste en mees rewolusion\xc3\xaare hofbeslissing in Australi\xc3\xab se geskiedenis. Die bekendste beslissings wat in Suid-Afrika uit die grondhervormingsproses gespruit het is Richtersveld Community v Alexkor Ltd\xc2\xa02001 (3) SA 1293 (GEH); 2003 (6) SA 104 (HHA) en Alexkor Ltd v The Richtersveld Community\xc2\xa02004 (5) SA 460 (KH). Al hierdie beslissings en die litigasie wat dit voorafgegaan het, was geweldig tydsaam en het ontsaglike kostes tot gevolg gehad. Die vraag word in die artikel gestel of die Richtersveld gemeenskap — indien hulle aan die begin van die litigasie deur ‘n ooreenkoms met die regering naastenby aangebied is wat hul uiteindelik bereik het — nie ‘n skikkingsaanbod sou aanvaar het nie. Die eindresultaat van die litigasieproses was besonder voordelig vir die eisers gewees. In die geval van die massiewe grondeis van die Noongars — ‘n inheemse groep van Wes-Australi\xc3\xab met ‘n eis wat baie groter was as die eis van die Richtersveld gemeenskap, wat die stad Perth ingesluit het — is aanvanklik ook besluit om die eis in die howe te hanteer. In die loop van die litigasie, na baie kostes en uitgerekte regsargumente gelewer is in Bennell v State of Western Australia (2006) FCA 1243 en in Bodney v Bennell (2008) FCAFC 63 is besluit om eerder met die Wes-Australiese regering ‘n skikking aan te gaan. Die vraag word ook gestel of die Noongars, as hulle naastenby aanvanklik in ‘n skikking aangebied is wat hul op die einde bereik het, nie eerder ‘n skikking sou aanvaar het nie. Die Noongar-skikking is ‘n navolgingswaardige modus operandi wat as voorbeeld in Suid-Afrika — en elders — gevolg kan word by ingewikkelde grondeise. So ‘n skikking vermy ho\xc3\xab kostes, verspilling van tyd en veral politieke bitterheid. Die Makuleke-grondeisskikking is die eerste noemenswaardige grondeisskikking in Suid-Afrika en sal hopelik as ‘n voorbeeld vir soortgelyke toekomstige grondeisskikkings dien. Die grootste grondeis tot dusver in Suid-Afrika wat teen die eienaars van die Malamala wildreservaat aanhangig gemaak is in Mhlanganisweni Community v Minister of Rural Development and Land Reform (2012 ZALCC 7 (19 Apr 2012) is in 2014 met ‘n skikking afgehandel. Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming het spesifiek aangevoer dat die skikking voorkom het dat die saak voor die konstitusionele hof beland. In Kanada, wat die meeste ervaring van grondeise van inheemse volke het, huldig die howe die mening dat skikking eerder as litigasie die aangewese modus operandi is om te volg. Hierdie mening blyk sterk uit Delgamuukw v British Columbia 1997 3 SCR 1010 en Tsilhqot’in Nation v British Columbia (2014) 374 DLR (4th). Laasgenoemde geding was die langste siviele geding in die Kanadese geskiedenis. Dit het oor 339 dae gestrek teen enorme kostes. Regter Vickers voor wie die saak gedien het, het die opmerking gemaak (par 1373) dat in ‘n ideale w\xc3\xaareld die aangeleentheid buite die hof geskik moes gewees het. Die artikel dui aan dat as dit kom by grondeise deur sogenaamde inheemse volke, in Suid-Afrika of Australi\xc3\xab of elders, is dit vir alle praktiese doeleindes verkiesliker om die skikkingsroete eerder as die litigasieroete te volg. REGTERLIKE HARDHORENDHEID "Die vorm van ‘rechterlijke hardhorendheid’ is zowel een methode van verzet als van rechtsbescherming" — Uzman "Enemies of the people — directe democratie en de rechter" 2017 RMThemis 199 205.

The role of freedom of expression in a democratic system (part 2)

The role of freedom of expression in a democratic system (part 2)

Authors Roxan Venter

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2018, p. 308 – 343

Abstract

DIE ROL VAN VRYHEID VAN UITDRUKKING IN ‘N DEMOKRATIESE STELSEL Die belangrikheid van die begrippe "demokrasie" en "vryheid van uitdrukking" vir moderne state kan nie maklik oorbeklemtoon word nie. Daar word egter nie gewoonlik veel aandag aan die verband tussen hierdie begrippe geskenk nie. In die Suid-Afrikaanse konteks is die apartheidsregime in stand gehou deur vryheid van uitdrukking te onderdruk deur middel van ‘n ingewikkelde stel onderdrukkende wette wat die ontwikkeling van demokrasie in Suid-Afrika tot die laat 1990’s uitgestel het. Daar word aangevoer dat die verband tussen die twee begrippe veel wyer en dieper is as wat algemeen aanvaar word. Die bydrae voer dus aan dat die begrippe van demokrasie en van vryheid van uitdrukking in so ‘n mate verweef is dat geen demokrasie sonder vryheid van uitdrukking effektief kan funksioneer nie. Hierdie artikel poog om die teoretiese grondslae van die demokrasie te ondersoek deur verskeie elemente van demokrasie te identifiseer. Hierdie elemente van demokrasie word dan gebruik om te illustreer welke rol vryheid van uitdrukking ten aansien van elk van hierdie elemente van demokrasie binne die onderskeie owerheidsvertakkinge in enkele jurisdiksies speel. Die ondersoek na die rol en toepassing van vryheid van uitdrukking ten aansien van die elemente van demokrasie binne die wetgewende, uitvoerende en regsprekende organe van die tersake jurisdiksies bewys dat die demokrasie van hierdie besondere reg afhanklik is vir sy volgehoue effektiwiteit en bestaan — ‘n feit wat dikwels oor die hoof gesien word. Deel 1 van hierdie bydrae bespreek die elemente van demokrasie, naamlik die grondwetlike element, die substantiewe element, prosedurele element, proses-geor\xc3\xafenteerde element en die etiese en waarde-gebaseerde element. Die rol van hierdie elemente binne die wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag in Suid-Afrika, Duitsland, die Verenigde State van Amerika en die Verenigde Koninkryk word hierna ondersoek in die res van deel 1 en in deel 2 om sodoende aan te dui hoe vryheid van uitdrukking die demokratiese elemente in hierdie state bevorder. Die ondersoek lei tot verskeie belangrike gevolgtrekkings aangaande die rol van vryheid van uitdrukking in ‘n demokratiese stelsel, onder andere, dat vryheid van uitdrukking ‘n rol speel binne elke owerheidsvlak van elkeen van die tersake jurisdiksies dat daar ‘n besondere verband tussen die grondwetlike en die etiese en waarde-gebaseerde elemente van demokrasie bestaan, dat daar drie oorkoepelende temas te bespeur is in die drie oorblywende elemente van die demokrasie, naamlik deursigtigheid, samewerking en kommunikasie en openbare deelname, en laastens dat hierdie oorkoepelende temas die skakel tussen die onderskeie demokratiese aktiwiteite binne die onderskeie owerheidsvertakkinge vorm en die manier waarop vryheid van uitdrukking in die praktyk binne elke jurisdiksie toegepas word beklemtoon. Indien samelewings beter begrip vir die verband tussen die demokrasie en vryheid van uitdrukking het, kan dit tot beter beskerming en erkenning van vryheid van uitdrukking (en ander fundamentele regte) lei en sodoende kan die lewenskragtigheid van die demokrasie verbeter word. Daar word dus aangevoer dat dit elke samelewing se plig en verantwoordelikheid is om ag te slaan op die belangrike verband tussen demokrasie en vryheid van uitdrukking en die interafhanklike verhouding te erken en ontwikkel om sodoende nie net stabiliteit binne state te verseker nie, maar ook stabiliteit in die internasionale gemeenskap te bevorder.