Institutional design in deeply divided societies: South Africa and Kosovo and lessons for constitution drafting in emerging democracies – coalition and self-government

Authors Bertus de Villiers

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Visiting Professor, Faculty of Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2019, p. 467 – 483

Abstract

INSTITUSIONELE ONTWERP IN VERDEELDE GEMEENSKAPPE: SUID-AFRIKA EN KOSOVO EN LESSE VIR GRONDWETLIKE ONTWIKKELING IN ONTLUIKENDE DEMOKRASIE\xc3\x8b — KOALISIE- EN SELFREGERING Die outeur fokus op koalisieregering en selfregering. In beide Kosovo en Suid-Afrika moes ‘n besluit geneem word of die etniese samestelling van die bevolking relevant is vir institusionele ontwerp en indien wel, wat daarmee gemaak moet word. In Suid-Afrika is daar ingevolge die interim grondwet slegs tydelik voorsiening gemaak vir ‘n verpligte koalisie in die regering van nasionale eenheid. Die model onder die 1996-grondwet is egter uitsluitlik op meerderheidsregering gebaseer. In Kosovo daarenteen, is etnisiteit ‘n bousteen van die grondwet met verpligte koalisieregering vir ‘n onbepaalde tyd. Albei die benaderings bevat risiko’s. Vir doeleindes van ‘n o\xc3\xabnskynlike waarborg van selfregering vir minderheidsgroeperings het Suid-Afrika etnisiteit indirek geakkommodeer by wyse van die afbakening van provinsies wat op ‘n streeksbasis breedweg erkenning aan verskillende taalgemeenskappe verleen hoewel meerderheidsbewind steeds geld. Daar is voorsiening in die grondwet vir moontlike kultuurrade vir gemeenskappe, maar geen wetgewing is ooit aanvaar om inhoud aan daardie beginsel te gee nie. In Kosovo het ‘n minderheidsgemeenskap soos die Serwi\xc3\xabrs uitgebreide magte in munisipale gebiede waar hulle ‘n meerderheid is. Daar is ook voorsiening gemaak dat in alle plaaslike regerings waar 10% of meer van die bevolking van ‘n minderheidsgroep is, dat daardie gemeenskap gewaarborgde verteenwoordiging verkry. Minderheidsgemeenskappe is in Kosovo ook geregtig om op plaaslike vlak hul eie plek en straatname te beskerm, asook op staatsonderrig in die skole in hul huistaal. In Suid-Afrika geld die beginsel van meerderheidsbewind op plaaslike vlak hoewel diversiteit indirek deur territoriale oorwegings geakkommodeer word. Die gevolgtrekking word gemaak: (a) dat ‘n interim periode vir ‘n substantiewe tyd moet geld ten einde demokratiese tradisies en gebruike te help vestig; (b) dat belonings in die stelsel ingebou moet word ten einde kruissnydende lojaliteite te help ontwikkel; (c) dat koalisieregering belangrik is om te verseker dat minderhede nie permanent gemarginaliseer word nie; (d) dat territoriale en nie-territoriale selfregering essensieel is ten einde gemeenskappe in staat te stel om besluite te neem en selfbestuur toe te pas oor aangeleenthede wat vir hul identiteit belangrik is; en (e) dat daar geen formule is wat vooraf kan bepaal welke benadering van konsosiasie of integrasie suksesvol sal wees vir ‘n bepaalde staat nie, maar dat ‘n verpligte koalisie wel die basis kan bied vir latere ontwikkeling na ‘n integrasie-model.