The State Liability Amendment Bill – further evaluation and commentary

Authors AB Wessels, J Wewege

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Lecturer in Private Law, Stellenbosch University; LLB Student, Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2019, p. 484 – 503

Abstract

DIE WYSIGINGSWET OP STAATSAANSPREEKLIKHEID — EVALUERING EN KRITIESE OPMERKINGS Staatsaanspreeklikheid vir skade voortspruitend uit mediese wanpraktyke in die openbare gesondheidsorgsektor het in die laaste dekade teen ‘n drastiese tempo toegeneem. Die hoeveelheid eise, asook die skadevergoeding wat betaal word aan suksesvolle litigante, het op aansienlike wyse vermeerder. As hierdie stand van sake aanhou voortbestaan, sal dit die staat se vermo\xc3\xab, en grondwetlike plig, om openbare gesondheidsdienste te lewer, ondermyn. Teen hierdie agtergrond is die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie aangewys om hervormingsmoontlikhede te ondersoek. Gedagtig aan die finansi\xc3\xable druk waaronder die departement van gesondheid tans verkeer, het die kommissie, as tussentydse voorstel, die wetgewer aangemoedig om die Wet op Staatsaanspreeklikheid te wysig. Die wetgewer het gehoor gegee en ‘n wetsontwerp is in Mei 2018 ter tafel gel\xc3\xaa. Dit is hoofsaaklik daarop gemik om gestruktureerde skikkings moontlik te maak asook om dit vir die staat moontlik te maak om, in plaas daarvan om slagoffers finansieel te vergoed, openbare gesondheidsdienste te verskaf aan die slagoffer. Indien dit bekragtig sou word, sal dit verreikende gevolge inhou vir die publiek, diegene werksaam in die openbare gesondheidsorgsektor asook regpraktisyns. Verskeie belanghebbendes het gevolglik skriftelik kommentaar op die wetsontwerp ingedien. Hierdie artikel bevat ‘n kritiese evaluering van verskeie kwessies wat die moontlike statut\xc3\xaare hervorming vergesel en deur die voorleggings uitgelig word. Dit sluit onder meer die volgende onderwerpe in: die algemene doel en nut van die voorgestelde wetsontwerp, die moontlike voor- en nadele van gestruktureerde skikkings, die moontlike effek wat die wetsontwerp op gebeurlikheidsfooie en die staat se toerekeningsvatbaarheid kan h\xc3\xaa asook grondwetlike aspekte van die wetsontwerp en ander moontlike alternatiewe wat die staat kan oorweeg in hierdie konteks. Verder word daar ook gekyk na die voorgestelde gebruik van die verbruikersprysindeks asook die gevolge wat die voorgestelde wysiging mag inhou vanuit ‘n inkomstebelastingperspektief. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat, alhoewel die wetsontwerp heelwat verfyn moet word, dit ‘n stap in die regte rigting is.