Regspraak: Agterstallige onderhoud, uitwissende verjaring en behoeftedekking

Regspraak: Agterstallige onderhoud, uitwissende verjaring en behoeftedekking

Author: JC Sonnekus

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2022, p. 391-405

Abstract

Notwithstanding the court order incorporating the deed of settlement underlying the parties’ divorce in 1993, the debtor neglected to perform for more than 25 years. In all those years the claimant never approached the maintenance court to compel the defaulter to pay the maintenance due. Only after more than 27 years of silence did she claim maintenance and simultaneously lay claim to the sum of all the unpaid maintenance (R3,5 million). The respondent’s defence of extinctive prescription was unsuccessful. The debt is a judgment debt as defined in section 11(a) of the Prescription Act 68 of 1969 and the period of prescription in this respect is 30 years. In the judgment the question whether the underlying principles governing the exceptional claim for maintenance of an erstwhile spouse after their divorce were continuously met during the past more than 25 years was not touched on. For all those years the claimant managed to maintain herself and the children from the marriage without the allotted maintenance from the debtor. She never felt the compelling need to approach the maintenance court for the statutory help contained in the act to compel the defaulter to provide the alleged much-needed maintenance. It is submitted that the first requirement for a maintenance claim is objective need of the claimant, who alleged that she would not be able to maintain herself and be self-sufficient. She consequently needed the maintenance claimed. If she happened to be self-sufficient for more than 25 years, this primary requirement may not be met. In that case it would not even be necessary for the respondent to plead and prove that he was not in a position to provide the claimed maintenance – the second requirement for a maintenance claim. The claim is unfounded whenever either one of the two fundamental requirements is not met. The respondent may plead that the reasonable person in his position would also have been misled by the continuous conduct of the claimant, leaving the impression that the allotted maintenance was not really needed and the claim practically waived. Estoppel as defence is founded on a representation contained in either a commissio or an omissio of the claimant. Where a person (the representor) by his/ her words or conduct makes a representation to another person (the representee) and the latter, believing in the truth of the representation, acts thereon and would suffer prejudice if the representor were permitted to deny the truth of the representation made by him/her, the representor may be estopped – that is, precluded – from denying the truth of his representation. Blind reliance on estoppel as the equitable panacea for all unfair consequences of the estoppel assertor’s own naivety, without any regard for the requirements of this defence, is ill-advised. In the case at hand it is submitted that the debtor acted to his detriment, because relying on the representation, he was lured into the belief that it was not necessary to approach the maintenance court for a review of the original maintenance order, although the apparent self-sufficiency of the claimant points to the fact that the first requirement for a maintenance claim may not be met. In comparable Continental jurisdictions, it is accepted that it would be unfair to compel the debtor in these circumstances to perform and pay the sum of the maintenance of R3,5 million as a lump sum. Not only will it most probably drive the debtor into insolvency, but also, maintenance payable for an erstwhile spouse is by definition not meant to enhance the recipient’s savings or estate but to lighten the periodic maintenance needs of the claimant. If the claimant, for example, misappropriated any amount paid towards maintenance and utilised it as down payment on a luxury vehicle, she should not succeed in court with another maintenance claim.

 

Regspraak: No title to prosecute: Grasping at straws or tactical move?

Regspraak: No title to prosecute: Grasping at straws or tactical move?

Author: M Watney

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2022, p. 405-417

Abstract

’n Beskuldigde persoon se reg op ’n billike verhoor geniet beskerming in artikel 35 van die handves van regte soos vervat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Die grondwet self omskryf die handves van regte as die hoeksteen van demokrasie in die land waarin die demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid bevestig word (a 7(1)). Omvattende werking word aan die handves verleen aangesien artikel 8(1) toepassing vind op die totale reg en bindend is op die wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag en alle staatsorgane. Die konstitusionele hof het in dié verband beklemtoon dat die reg op ’n billike verhoor fokus op die belang van prosedurele billikheid. Overgesetsynde plaas dit die kollig op die optrede van die polisiediens en nasionale vervolgingsgesag asook die toepaslike magtigende wetgewing aan die hand waarvan strafregtelike vervolgings ingestel word. In die twee onlangse beslissings van S v Moussa (2021 2 SASV 378 (GJ)) en S v Zuma (2022 1 All SA 533 (KZP), (CCD 30/2018) 2021 ZAKZPHC 89 (26 Oktober 2021)), het die onderskeie beskuldigdes in ’n poging om hul reg op ’n billike verhoor te beskerm, ’n pleit ingevolge artikel 106(1)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977 opgewerp dat die aanklaer nie bevoeg was om te vervolg nie. Die betrokke pleit vorm reeds jare deel van die strafprosesregbedeling in Suid-Afrika en verskyn basies woordeliks dieselfde in opvolgende wetgewing sedert 1903. Desnieteenstaande het dié pleit weinig aandag in gerapporteerde beslissings en bykans geen aftrek in akademiese diskoers gekry nie. Dié gebrek het ruimte gelaat vir die pleit om in die vermelde beslissings enersyds onagsaam aangewend te word, en andersyds as skuiwergat te dien in die ewige spel van klaarblyklike verhoorontduiking. In die Moussa-saak beslis die hof tereg, na ontleding van presies wie oor verhoorbevoegdheid beskik en die rol van die aanklaer as verteenwoordiger van die direkteur van openbare vervolgings, dat die vervolgingsbevoegdheid van ’n aanklaer nie nadelig geraak word deur ’n vorige aanklaer wat haar bevoegdhede oorskry het nie en die pleit word van die hand gewys. In hierdie geval is die verkeerde remedie aangewend en word daar aan die hand gedoen dat die beskuldigde suksesvol sou wees indien die hof genader was met ’n aansoek om die vervolgingsgesag te verplig om die ooreenkoms wat met die beskuldigde gesluit was, gestand te doen asook ’n bevel wat die vervolgingsgesag verbied om die vervolging voort te sit. Die bevoegdheid van ’n aanklaer om te vervolg word in wese bepaal aan die hand daarvan of hy korrek as sodanig aangestel is, ’n delegasie om vervolgings waar te neem aan hom uitgereik is en of die vereiste eed afgelê is. In uitsonderlike gevalle vereis wetgewing dat die nasionale direkteur ’n spesifieke vervolging skriftelik moet magtig. In die Zuma-saak is nie een van hierdie vereistes bevraagteken nie. Die hof is egter versoek om ’n uitgebreide betekenis te heg aan artikel 106(1)(h) ten einde daarby ook in te sluit ’n beweerde gebrek aan objektiwiteit en onafhanklikheid van die aanklaer, kortom dat hy tesame met ander beamptes in die vervolgingsgesag die vervolging van die beskuldigde op ’n bevooroordeelde manier bedryf het. Die hof weier om aan die vertolking van “aanklaer” enige iets anders toe te dig as wat juis beslis is in Ndluli v Wilken NO (1991 1 SA 297 (A)) naamlik dat dié term verwys na die persoon wat as aanklaer in die hof optree en nie na die staat of vervolgingsgesag in die breë nie. Steunend op uitsprake van die hoogste hof van appèl beklemtoon die hof verder dat die adversatiewe strafprosesregsisteem van die aanklaer vereis om doelgerig en met ywer ’n vervolging op billike wyse waar te neem en dat volkome regterlike objektiwiteit en ’n algehele gebrek aan vooroordeel nie van aanklaers vereis word nie. Die hof beslis dat daar geen meriete bestaan om die toepassingsgebied van die pleit uit te brei in die lig van bestaande effektiewe remedies waarmee die reg op ’n billike verhoor beskerm kan word nie en wys ook in hierdie geval die pleit van die hand.

 

South Africa’s latest medically assisted reproduction draft regulations: close, but no cigar

South Africa’s latest medically assisted reproduction draft regulations: close, but no cigar

South Africa’s latest medically assisted reproduction draft regulations: close, but no cigar

Authors: Donrich Thaldar and Bonginkosi Shozi

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Associate Professor, School of Law, University of KwaZulu-Natal; Postdoctoral Research Scholar, Institute for Practical Ethics, UC San Diego
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2022, p. 1-24
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i1a1

Share

Cite this article

Thaldar, D and Shozi, B
South Africa’s latest medically assisted reproduction draft regulations: close, but no cigar
Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2022, p. 1-24
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i1a1

Abstract

Medies-geassisteerde voortplanting in Suid-Afrika word tans gereguleer deur regulasies wat in 2012 gepromulgeer is ingevolge die Nasionale Gesondheidswet 61 van 2003. In Maart 2021 het die minister van Gesondheid nuwe konsepregulasies gepubliseer vir kommentaar. Hierdie artikel ontleed die nuwe konsepregulasies teen die agtergrond van groeiende regspraak in die gebied van medies-geassisteerde voortplanting, asook teen die agtergrond van nuwe tegnologiese ontwikkeling in hierdie gebied oor die afgelope dekade. In die eerste deel van die artikel word aspekte waarin die konsepregulasies verbeter het op die huidige regulasies uitgewys en ontleed, te wete (i) die nuwe, meer akkurate definisie van gameetskenker; (ii) die verhoogde perk op die hoeveelheid kinders wat verwek mag word met die gamete van n enkele skenker; (iii) die betrokkenheid van die direkteur-generaal in die vasstelling van vergoeding vir verskaffing van gamete; en (iv) die terugkeer na gemeenregtelike regulering van eienaarskap van gamete en in vitro embrios. Die tweede deel van die artikel word toegespits op aspekte waarin die konsepregulasies verbeter behoort te word, naamlik (i) inkonsekwentheid en onsamehangendheid van verskeie definisies; (ii) die beperking dat spermselle slegs deur self-stimulasie bekom mag word vir medies-geassisteerde voortplanting; en (iii) die gebrek aan regulering van menslike oorerflike genoom-redigering. Die derde deel van die artikel verskaf n oorsig van die drie bepalings van die 2012 regulasies wat tans die onderwerp is van n grondwetlike hofsaak en wys hoe die 2021 konsepregulasies poog om die knelpunte in die hofsaak aan te spreek. Hierdie drie bepalings is (i) die vereiste dat n paartjie (hetsy getroud of in n permanente verhouding) hulself moet onderwerp aan sielkundige evaluasie indien hulle mekaar se gamete wil gebruik vir medies-geassisteerde voortplanting; (ii) die verbod op voor-inplantingstoetsing van in vitro embrios vir nie-terapeutiese geslagseleksie; en (iii) die verbod op bekendmaking deur énigiemand van inligting oor mense wat gebruik gemaak het van medies-geassisteerde voortplanting, óf wat verwek is deur medies-geassisteerde voortplanting, óf wat gamete geskenk het vir medies-geassisteerde voortplanting. Die gevolgtrekking word gemaak dat die konsepregulasies n prysenswaardige poging is om op die bestaande regulasies te verbeter, maar dat dit nog in talle opsigte wesenlik tekort skiet. Ten einde hierdie tekortkominge aan te spreek, word omvattende aanbevelings gemaak oor hoe om die konsepregulasies aan te pas.

 

Considerations that inform the view of whether there is a reasonable prospect of rescuing a company: a decade of legal precedent

Considerations that inform the view of whether there is a reasonable prospect of rescuing a company: a decade of legal precedent

Authors: Patrick O’brien and Juanitta Calitz

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Professor of Mercantile Law, University of Johannesburg; Associate Professor of Mercantile Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2022, p. 25-49
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i1a2

Abstract

Suid-Afrikaanse howe het oor die afgelope dekade rigting gegee oor die algemene beginsels wat ter sprake kom wanneer die deurlopende vereiste van n redelike vooruitsig vir sakeredding van n maatskappy oorweeg word. Volgens die hoogste hof van appèl is daar geen algemene minimum voorskrifte om te bepaal of daar n redelike vooruitsig vir sakeredding is nie. Dit is dus nie moontlik om n afmerklys of templaat te ontwerp van oorwegings wat in hierdie opsig ter sprake kom nie. Daar moet van geval tot geval bepaal word watter oorwegings relevant is om te bepaal of daar n redelike vooruitsig vir sakeredding is. Daar moet bepaal word watter gewig aan elke oorweging gegee moet word. Die oorwegings (wat uiteenlopend en selfs teenstrydig mag wees), moet teen mekaar opgeweeg word. Volgens die hoogste hof van appèl is daar twee selfstandige oogmerke vir sakeredding: sakeredding en sakemoord (laasgenoemde wanneer sakeredding wat uitloop op sakemoord, n beter opbrengs kan bewerkstellig as onmiddellike likwidasie). In hierdie bydrae word aandag geskenk aan die oorwegings wat in die regspraak oor die afgelope jare ter sprake gekom het om te bepaal of daar n redelike vooruitsig vir sakeredding is. Eerstens word die oorwegings bespreek wat by albei oogmerke vir sakeredding ter sprake mag kom, maar moontlik meer relevant is wanneer die oogmerk inderdaad sakeredding is. Daarna word die oorwegings bespreek wat veral ter sprake kom wanneer die oogmerk is dat n beter opbrengs bewerkstellig word deur sakeredding as by wyse van likwidasie. Alhoewel hierdie oorwegings geen afmerklys of templaat verteenwoordig nie, word vertrou dat hierdie ontleding van die regspraak, tesame met die algemene beginsels wat volgens die regspraak by die vereiste van n redelike vooruitsig vir sakeredding ter sprake kom, van hulp kan wees vir diegene wat met die beantwoording van vrae in verband met hierdie vereiste gekonfronteer word.

 

The calling of witnesses viva voce during the extradition procedure: is it a legal requirement?

The calling of witnesses viva voce during the extradition procedure: is it a legal requirement?

Authors: JJ Du Toit and Marko Svicevic

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Retired Deputy Director of Public Prosecutions, Office of the Director of Public Prosecutions, Johannesburg; Lecturer, Centre for International Humanitarian and Operational Law, Faculty of Law, Palacký University, Czech Republic
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2022, p. 50-75
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i1a3

Abstract

Die ondervraging en kruisondervraging van getuies, viva voce, in n uitleweringsaansoek bly n onderwerp wat nie noodwendig baie aandag geniet in die regspraak nie. Is dit regtens noodsaaklik dat getuies inderdaad viva voce geroep moet word om te getuig in n uitleweringsaansoek? Moet n persoon wat voor die hof verskyn in n uitleweringsaansoek toegelaat word om getuies te roep om die getuienis wat die staat aangebied het, viva voce te weerlê vir die uiteindelike beoordeling deur die voorsittende beampte en die minister van justisie en korrektiewe dienste? In hierdie artikel bespreek die outeurs die Suid-Afrikaanse en sommige buitelandse regsposisies en wys op die relevante en soms uiteenlopende regsgesag op dié punt. Hulle werp verder lig op die omstandighede waaronder viva voce-getuienis aangebied behoort te word in n uitleweringsaansoek. In besonder word die aard van uitleweringsaansoeke in ag geneem. Sodanige uitleweringsondersoeke is sui generis van aard en gevolglik verskil dit van die prosedure wat gevolg word in kriminele verhore. In die eerste deel van die artikel ondersoek die outeurs in detail hoe uitleweringsondersoeke gewoonlik onder die vaandel van die Wet op Uitlewering 67 van 1962 gehou word. Daarna ondersoek hulle die regspraak om vas te stel hoe die Suid-Afrikaanse howe oor jare die bepalings van die Uitleweringswet geïnterpreteer het. In die lig daarvan word vervolgens ondersoek hoe verskeie ander jurisdiksies hul eie prosedures vasgestel het ten opsigte van die roep van getuies om viva voce te getuig. Die volgende jurisdiksies word ondersoek: Malawi, die Bahamas, die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koninkryk en Kanada. Na evaluering van die regspraak van Suid-Afrikaanse howe en die howe van ander lande, word verskeie slotopmerkings gemaak wat in ag geneem behoort te word voordat viva voce-getuienis tydens n uitleweringsaansoek in Suid-Afrika aangebied behoort te word. Hierdie oorwegings sluit onder andere in dat die sui generis aard van uitleweringsverrigtinge nooit uit die oog verloor behoort te word nie en dat beide partye tot die aansoek die geleentheid gebied behoort te word om getuienis aan te bied, insluitend viva voce-getuienis. Die oogmerk van die outeurs is om vir die leser n gebalanseerde oorsig van die regspraak te voorsien wat oorweeg kan word wanneer besluit moet word om viva voce getuienis aan te bied tydens n uitleweringsaansoek al dan nie. Die outeurs beveel ten slotte aan dat die huidige Uitleweringswet gewysig behoort te word om meer duidelikheid te verskaf hoe uitleweringsaansoeke in die praktyk behoort plaas te vind veral weens die feit dat voorlopige ondersoeke, wat tot n mate die normale prosedure in die verlede was, al vir n geruime tyd in die verband in onbruik verval het.