Regspraak: Regsontdaning kragtens ’n akte van dading, soos ’n huweliksvoorwaardekontrak, beliggaam ’n ooreenkoms gebaseer op wilsooreenstemming en dít word beheers deur die beginsel pacta sunt servanda – mits die afstanddoener dan handelingsbevoeg is

Regspraak: Regsontdaning kragtens ’n akte van dading, soos ’n huweliksvoorwaardekontrak, beliggaam ’n ooreenkoms gebaseer op wilsooreenstemming en dít word beheers deur die beginsel pacta sunt servanda – mits die afstanddoener dan handelingsbevoeg is

Author: JC Sonnekus

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2022, p. 809-828
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i4a11

Abstract

 “At the dissolution of a marriage subject to the accrual system, … the spouse whose estate shows no accrual or a smaller accrual than the estate of the other spouse, … acquires a claim against the other spouse or his estate for an amount equal to half of the difference between the accrual of the respective estates of the spouses” (s 3(1) of the Matrimonial Property Act 88 of 1984 – emphasis added). This indicates that, but for explicit exceptions, before the dissolution of the marriage no patrimonial right regarding accrual sharing vests. The vesting of the patrimonial right follows by operation of law and does not depend on the subjective animus accipiendi of the benefitting spouse. For that reason the act provides that the same applies even where the benefitting spouse’s demise caused the dissolution of the marriage – dead people cannot form an intention to accept to which a court should adhere. In the JAN matter the wife in 2019 desperately wanted a speedy divorce and on numerous occasions explicitly declared that she wanted nothing out of the marriage and accordingly stated in the deed of settlement, after consultation with the applicable divorce attorney who explained that her marriage was governed by accrual sharing, that she would waive her claim to accrual sharing. The matrimonial property regime in the marriage that had broken down irretrievably was governed by a valid ante-nuptial contract that provided for accrual sharing to which the parties agreed after consultation with the notary before their marriage 23 years earlier. Three years after the divorce she approached the court in the current matter for the rescission of the divorce order in so far as it incorporated the deed of settlement in the court order. The court correctly held that no justification existed for such a rescission. Pacta sunt servanda governs not only the ante-nuptial contract but also the deed of settlement, especially since both documents resulted from consensus reached between the spouses after receiving guidance and advice from independent attorneys and notaries. The deed of settlement is also the subject of the order of the high court – leaving little room to claim that the alleged agreement was only the result of an unintended misrepresentation. In a society governed by the rule of law, all legal subjects should adhere to the binding principle that an agreement reached may not lightly be negated just because one of the parties in hindsight is no longer satisfied with the outcome of the agreement he/she misrepresented to the other party to agree to. These agreements cannot be interpreted similar to a tombola ticket at a church fete or some insurance cover where every participant always gets something out. The court correctly held that the “inherent jurisdiction of the High Court does not include the right to tamper with the principle of finality of judgments” (par 22). “There are two basic requirements to be met when a court considers a request to grant a judgment in accordance with the terms of a settlement agreement. The first, relevant for present purposes, is that the court must be satisfied that the parties to the agreement have freely and voluntarily concluded the agreement and that they are ad idem as to its terms. Once a court has made a consent judgment, it is functus officio and the matter becomes res judicata” (par 23). The same requirements apply to the ante-nuptial agreement. It is submitted that the addition by the applicant of her signature to the deed of settlement to which she agreed three months before the divorce order in the presence of the attorney, could not have had the legal effect of an immediate waiver of the patrimonial right because at that stage no patrimonial right to accrual sharing had yet vested in her estate. It would only vest if applicable, that is, if at the dissolution  of the marriage her estate shows the smaller accrual. Had her estate become insolvent after signing the deed of settlement but before the granting of the divorce order, the right to share in the accrual would be an asset in her estate after vesting at the dissolution of the marriage and it would be to the benefit of her creditors notwithstanding the previously signed deed of settlement. It is only during the subsistence of the marriage that the potential right/spes to accrual sharing is not transferable or liable to attachment, and it does not form part of the insolvent estate of a spouse (s 3(2) of Act 88 of 1984). The deed of settlement at most indicated her intention, unless retracted before the court order, to then waive her claim and the intention of her erstwhile husband to accept the benefit that her act of waiver offers him. As such it was conditional that at dissolution of the marriage the entitled party still has the power and intention to legally waive the acquired right. In this case nothing hampered with the condition and the court order finalised the matter. It may be that the resulting benefit for the husband carry some tax consequences since as erstwhile debtor he is acquitted of his debt and released of accrual sharing. This aspect was not considered.

Regspraak: The unilateral termination by a bank of the bank–client agreement between it and its client

Regspraak: The unilateral termination by a bank of the bank–client agreement between it and its client

Authors: WG Schulze and SIEG Eiselen

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of South Africa
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2022, p. 828-838
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i4a12

Abstract

Die reg van ’n bank om die bank-kliënt ooreenkoms eensydig te beëindig, is tans een van die brandpunte in die Suid-Afrikaanse bankreg. Die vernaamste gesag in hierdie verband is die beslissing in Bredenkamp v Standard Bank of South Africa Ltd (2010 4 SA 468 (HHA)). In ’n onlangse beslissing van die Wes-Kaapse hooggeregshof in Survé v Nedbank Limited ((698/2022) 2022 ZAWCHC 19 (14 Febr 2022)), het die hof in ’n aantal obiter-opmerkings moontlik onsekerheid gesaai oor die algemene geldigheid van die beginsels soos uiteengesit in die Bredenkamp-saak. Hierdie bespreking ondersoek die geldigheid van hierdie obiter-opmerkings. In die loop van die bespreking word eerstens die algemene beginsels van die kontraktereg ten opsigte van die beëindiging van langtermynkontrakte bespreek. Daar word verduidelik dat ’n party ’n langtermynkontrak op drie moontlike wyses kan beëindig, naamlik (a) ooreenkomstig die bepalings van die kontrak, (b) op grond van wesenlike kontrakbreuk, en (c) laastens, by gebrek aan ’n kontraktuele bepaling, met redelike kennisgewing. Dit is slegs by hoogste uitsondering dat ’n kontrak geag sal word om vir ewig voort te duur. Daarna volg ’n bespreking van die toepassing van hierdie beginsels in die sfeer van die bankreg. ’n Aantal toonaangewende Suid-Afrikaanse beslissings word krities ondersoek ten einde die korrektheid van die obiter-opmerkings in die Survé-saak te beoordeel. Daar word in diepte ingegaan op die Bredenkamp-saak asook die beslissing in Barkhuizen v Napier (2007 5 SA 323 (KH)). Daarin het die  howe bevestig dat redelikheid of billikheid nie losstaande vereistes van die kontraktereg is nie, maar dat dit slegs as aspekte van openbare belang in ag geneem moet word. Daar word ook verwys na die bepalings van die Suid-Afrikaanse Gedragskode vir Banke wat uitdruklik vereis dat ’n bank redelike kennis moet gee van die beëindiging van die bank-kliënt ooreenkoms. Die hof het in die Bredenkamp-saak bevestig dat redelike kennis in alle gevalle vereis word waar kontrakbreuk nie ter sprake is nie. Daar word ook regsvergelykend gekyk na die posisie in die Duitse reg. Uit die regsvergelykende ondersoek is dit duidelik dat die beginsels wat in die Duitse en Europese reg toegepas word in ooreenstemming is met die benadering van die hof in die Bredenkamp-saak. Laastens word aangetoon dat die opmerkings in die Survé-saak ongegronde twyfel op die Bredenkamp-saak werp omdat daar te veel klem gelê is op die kwessie van redelikheid en billikheid.

Boekbespreking: JC Sonnekus and EC Schlemmer: Principles of Rights of Real and Personal Security in South African Law

Boekbespreking: JC Sonnekus and EC Schlemmer: Principles of Rights of Real and Personal Security in South African Law

Author: J Scott

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of South Africa
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2022, p. 839-846
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i4a13

Abstract

None

Enhancing the environmental rule of law and the interplay between the disclosure of incriminating information and enforcement

Enhancing the environmental rule of law and the interplay between the disclosure of incriminating information and enforcement

Author: J Hall

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Lecturer, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2021, p. 631-655
https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i4a1

Abstract

Om gevolg te gee aan die oppergesag van die reg met betrekking tot omgewingswetgewing, wat noodsaaklik is om die talle wêreldwye omgewingskrisisse die hoof te bied, moet regerings nakoming monitor en handhawing verseker. Voor 1994 het Suid-Afrika dit nie gedoen nie. Plaaslike wetgewing het nie tred gehou met internasionale tendense nie, en selfs waar daar regulering was, het die regering om ’n aantal redes min belangstelling daarin getoon om afdwinging ernstig op te neem. Die huidige Suid-Afrikaanse regsraamwerk verteenwoordig dus ’n drastiese verandering van ’n historiese benadering tot omgewingsmonitering en –handhawing wat veel te wense oorgelaat het. Hierdie nuwe regsraamwerk bied ’n goeie basis vir die uitvoering van die nakomings- en handhawingsfunksies. Bekendmaking van inligting vorm ’n integrale deel van die nakomings- en handhawingstelsel. Dit is ’n waardevolle hulpmiddel, aangesien dit die potensiaal het om nie net die nakomings- en handhawingspogings van die regering meer doeltreffend te maak nie, maar ook om die onvermydelike beperkings op die regering se vermoëns te bekamp. Dit is veral belangrik in die konteks van omgewingsoortredings, aangesien inligting van besondere belang is in die konteks van omgewingsbestuur. In teenstelling met baie ander misdade kan omgewingsoortredings potensieel ’n negatiewe impak hê op ’n wye verskeidenheid mense, soos werknemers en gemeenskappe, ver verby die fabrieksheining. Bekendmakings wat inkriminerend is, kan egter potensieel teenstrydig wees met die grondwetlike regte van beskuldigdes, veral die reg teen self-inkriminasie. Met hierdie bydrae ontleed die outeur die dryfvere agter die hervormde benadering van die regering ten opsigte van die afdwinging van omgewingswetgewing. Die outeur ondersoek ook die rol wat die bekendmaking van inkriminerende of potensieel inkriminerende inligting kan speel in verbeterde en geoptimaliseerde handhawing van omgewingswetgewing ten opsigte van besoedeling asook afvalbestuur-verwante oortredings deur maatskappye. Sommige van die vrae wat ontstaan uit die wisselwerking tussen die omgewingsreg, die reg op inligting en die regte van beskuldigdes, word ook oorweeg en bespreek veral ten opsigte van die reg teen selfinkriminering. Suid Afrikaanse howe het tot dusver nog nie die geleentheid gehad om uitspraak te lewer op verskeie van hierdie vrae nie. Die artikel sluit af met die opmerking dat die benadering tot die bekendmaking van inligting waarde het, maar dat daar ook struikelblokke is wanneer omgewingsregte en strafprosesregtelike waarborge almal ter sprake is, wat die mate waartoe daarop staatgemaak kan word effens beperk. Daar word voorgestel om met die daarstelling van ’n administratiewe boetestelsel sommige van hierdie knelpunte aan te spreek.

The corporate tax structure in South Africa: an overview of alternative design options

The corporate tax structure in South Africa: an overview of alternative design options

Authors: L Tredoux and K Van der Linde

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior lecturer, University of South Africa; Professor of Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2021, p. 656-687
https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i4a2

Abstract

Belastingwetgewing kan verskillende modelle volg ten opsigte van die verband tussen die heffing van belasting op maatskappy-inkomste en die belastingpligtigheid van aandeelhouers ten opsigte van uitkerings wat hul vanaf ’n maatskappy ontvang. Ten spyte van die afsonderlike bestaan van maatskappy en aandeelhouer, word die twee vlakke van belasting op dieselfde stroom geld algemeen beskou as ekonomiese dubbele belasting wat op een of ander wyse uitgeskakel of verlig moet word. Die interaksie tussen belasting op korporatiewe en aandeelhouersvlak kan met verwysing na drie kernmodelle geklassifiseer word: ’n klassieke stelsel sonder integrasie; volle integrasie; of gedeeltelike integrasie. Daar is ook hibriede stelsels wat nie in hierdie spesifieke kategorieë geplaas kan word nie. Integrasie behels die kombinasie van korporatiewe en aandeelhouersbelasting ten einde een van die twee vlakke van belasting uit te skakel of te verminder. Ekonomiese dubbele belasting kan ook verlig word deur ander meganismes, soos om dividende vry te stel van belasting, aftrekkings of belastingkrediete toe te staan, of deur die verlaging van belastingkoerse op een of albei vlakke. Die keuse van korporatiewe belastingstruktuur beïnvloed die na-belasting opbrengs van aandeelhouers, die belastingaanspreeklikheid van sowel die aandeelhouer as die maatskappy, asook die belastingopbrengs vir die fiskus. Die outeurs demonstreer op vergelykende grondslag die potensiële impak van elke stelsel terwyl as uitgangspunt aangeneem word dat dieselfde bedrag onder elke stelsel aan die aandeelhouer uitgekeer word en dat dieselfde belastingkoerse in elke stelsel geld. Suid-Afrika het deur die jare met verskeie van hierdie modelle en meganismes geëksperimenteer en pas tans ’n hibriede dubbele-koers stelsel met ’n terughoubelasting op dividende toe. Hoewel dit dubbele belasting nie heeltemal uitskakel nie, bied dit ’n mate van verligting aan aandeelhouers. Interessant genoeg het verskeie ander lande ook tussen verskillende modelle beweeg en is daar weinig konvergensie te bespeur. Die ontwerp van ’n geskikte korporatiewe belastingstruktuur vir Suid- Afrika hang af van die regering se beleidsdoelstellings. Terselfdertyd moet daar by die oplegging van belasting gestreef word na deursigtigheid en voldoening aan die normatiewe vereistes van billikheid, doeltreffendheid en eenvoud. Wat betref die praktiese voorbeelde wat in hierdie artikel uiteengesit word, word die maksimum na-belaste inkomste vir aandeelhouers gerealiseer deur die implementering van ’n imputasiestelsel, dividendvrystelling of ’n kredietstelsel vir aandeelhouers. Daarenteen is die gunstigste stelsel vanuit die oogpunt van ’n maatskappy ’n dividendaftrekkingsmodel, terwyl die hoogste inkomste vir die fiskus ingevorder word volgens die klassieke stelsel. In hierdie voorbeelde bewerkstellig ’n terughoubelasting op dividende ’n gesonde balans aangesien die toepassing daarvan ’n bogemiddelde opbrengs vir aandeelhouers en ’n na-belaste inkomste vir die maatskappy laat wat goed vergelyk met aandeelhouervlak-verligtingstelsels. Dit waarborg ook ’n billike inkomste-vordering vir die fiskus. Aangesien Suid-Afrika bykomende belastinginkomste nodig het om sy uitgawes te dek, armoede te verlig en gelykheid in die belastingstelsel te verbeter, blyk dit dat sy dubbele-koers stelsel tesame met die heffing van ’n terughoubelasting op dividende goed opweeg teen onlangse hervormingsvoorstelle van vooraanstaande geleerdes op die internasionale front.

A reasonable prospect for rescuing a company as a requirement for business rescue: a decade later

A reasonable prospect for rescuing a company as a requirement for business rescue: a decade later

Authors: P O’Brien and J Calitz

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Professor of Mercantile Law, University of Johannesburg; Associate Professor of Mercantile Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2021, p. 688-717
https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i4a3

Abstract

Voor inwerkingtreding van sakeredding as instelling op 1 Mei 2011 was doemprofete bevrees dat die sentrale en deurlopende vereiste van ’n redelike vooruitsig vir sakeredding die instelling so oneffektief as geregtelike bestuur onder die 1973-wet sou maak. Die vereiste word op twee verskillende maniere in die wet geformuleer. Daar word aan die hand gedoen dat die twee formulerings op dieselfde neerkom, alhoewel konsekwente taalgebruik deur die wetgewer verkieslik sou wees. Volgens die hoogste hof van appèl is daar geen algemene minimum voorgeskrewe voorskrifte om te bepaal of daar ’n redelike vooruitsig vir sakeredding is nie. Elke saak word op eie meriete beoordeel. Om daardie rede val die klem in hierdie bydrae op die algemene kwessies wat die vereiste na vore bring. Die vereiste verg dat die statutêre oogmerk van sakeredding bepaal moet word. Dit het die hoogste hof van appèl gedoen met die vreemde vertolking van die wet dat sakeredding se doel ook die alleenstaande oogmerk van sakemoord kan wees. Daar word aan die hand gedoen dat die vereiste heel verstaanbaar is indien die tradisionele redelike voorsienbaarheidstoets wat in verskeie regskontekste geld, in gedagte gehou word. Uiteraard is die objektiewe maatstaf aan die hand waarvan redelike voorsienbaarheid bepaal word, die redelike besigheidspersoon by sakeredding en nie die redelike persoon nie. Die beskrywing van die howe se funksie in hierdie opsig as die uitoefening van ’n diskresie in die los sin van die woord of die vel van ’n waardeoordeel, kan verwarrend wees en dra min by tot die debat. Die howe het nog nie die werklikheid prontuit gekonfronteer dat die las om die aanwesigheid of afwesigheid van die vereiste te bewys, op persone kan rus met wyd uiteenlopende vlakke van toegang tot kennis van die maatskappy se sake nie. Alhoewel lippediens bewys word aan die stelling dat dieselfde toets vir almal geld, is die howe skynbaar meer toegeeflik jeens persone met beperkte toegang tot kennis en meer hardvogtig jeens diegene met vollediger toegang tot kennis, in besonder jeens diegene met uitsluitlike kennis oor die sake van die maatskappy. Dispute oor die deurlopende teenwoordigheid van die vereiste kan op enige tydstip ontstaan. Een van die onbeantwoorde vrae is of die howe dispute daaroor kan bereg in gevalle waarvoor daar nie in die wet uitdruklik voorsiening gemaak word vir toegang tot die howe nie. Aansluitend daarby is of aksieverrigtinge vir beregtiging in sulke gevalle gebruik kan word waar daar feitedispute is of verwag word. Daar word aan die hand gedoen dat onder andere die grondwetlike reg tot toegang tot howe beteken dat die howe wel daardie dispute mag bereg. Weens die algemene moratorium teen die instel van regsgedinge tydens sakeredding, mag dit egter moontlik nodig wees om die toestemming daarvoor van die sakereddingspraktisyn of hof te bekom. Die argument dat aksieverrigtinge dalk beskikbaar is het min praktiese waarde weens die uitermate lang tyd wat dit neem om aksieverrigtinge af te handel. Alhoewel die vrese van doemprofete oor die uitwerking van die vereiste op sakeredding as instelling grootliks besweer is, bly daar na ’n dekade nietemin talle onbeantwoorde vrae daaroor.