A change to the United Kingdom’s approach to computer-implemented inventions

REGSPRAAK

A change to the United Kingdom’s approach to computer-implemented inventions

Author: S Karjiker

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 858 – 869
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a13

Abstract

Die onlangse beslissing van die Britse hooggeregshof in Emotional Perception AI Limited v Comptroller General of Patents, Designs and Trade Marks (2026 UKSC 3) is om verskeie redes belangrik. Eerstens het die saak kwessies van fundamentele belang geopper rakende die Verenigde Koninkryk se benadering tot rekenaar-geïmplementeerde uitvindings, met spesifieke verwysing na kunsmatige intelligensie . Dit het ’n potensieel belangrike aspek van die Verenigde Koninkryk se vorige benadering tot die beoordeling van die patenteerbaarheid van rekenaar-geïmplementeerde uitvindings gewysig. In die proses is daardie benadering in ooreenstemming gebring met dié van die Europese Patentekantoor (die “European Patent Office”) met betrekking tot die interpretasie van artikel 52(2) en (3) van die Europese Patentkonvensie. Die hof het bevind dat in die geval van rekenaar-geïmplementeerde uitvindings, ’n bykomstige stap tussen die beoordeling van die eerste vereiste vir patenteerbaarheid (dat daar ’n geskikte uitvinding is) en die tweede vereiste (die beoordeling van die vindingryke stap (“inventive step”)) moet plaasvind. Daar is ’n implisiete vereiste dat ’n uitvinding tegnies van aard moet wees. Die doel van hierdie tussenstap is om die kenmerke te identifiseer wat in ag geneem moet word by die bepaling of die uitvinding ten aansien waarvan op patenteerbaarheid aanspraak gemaak word, werklik vindingryk is. Verder, in die konteks van gebiede wat “as sodanig” van patenteerbaarheid uitgesluit is, het die hof duidelikheid verskaf oor wat ’n “rekenaar” en ’n “rekenaarprogram” vir hierdie doeleindes behels. In ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Wet op Patente 57 van 1978, definieer die Britse Wet op Patente 1977 ook nie hierdie begrippe nie. Die hof het bevind dat ’n rekenaar ’n toestel is wat inligting ontvang, verwerk en berekeninge uitvoer om ’n uitkoms te lewer. Dit kan ’n konvensionele digitale rekenaar wees (dws een met ’n sentrale verwerkingseenheid ofte wel “CPU”) of enige ander toestel wat daardie funksies kan verrig. Daarbenewens is ’n rekenaarprogram enige stel instruksies wat deur ’n rekenaar (ongeag die aard daarvan) uitgevoer kan word om data op ’n verlangde en voorafbepaalde wyse te verwerk. Tweedens, gegewe die ooreenkomste tussen artikel 52 van die Europese Patentkonvensie en artikel 25 van die Suid-Afrikaanse Wet op Patente, bied die uitspraak ruimte as ’n moontlike benadering tot die beoordeling van rekenaar-geïmplementeerde uitvindings wat kunsmatige intelligensie behels. Hierdie benadering is veral relevant omdat die owerheid aangedui het dat dit van voornemens is om Suid-Afrika ’n ondersoekende jurisdiksie vir patentaansoeke te maak en nog geen erkende benadering in hierdie verband het nie. Derdens word patente selde in slegs een jurisdiksie vir registrasie ingedien. Gevolglik word daar van Suid-Afrikaanse patentpraktisyns verwag om op die hoogte te bly van die patentvereistes in sleuteljurisdiksies waarin hul kliënte waarskynlik ook beskerming sal soek.

Admissibility of unconstitutionally obtained evidence in South African criminal trials

REGSPRAAK

Admissibility of unconstitutionally obtained evidence in South African criminal trials

Author: Murdoch Watney

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 869 – 880
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a14

Abstract

Die toelaatbaarheid van getuienis wat verkry was deur middel van ’n gebrekkige visenteringslasbrief wat ingevolge artikel 21 van die Strafproseswet 51 van 1977 uitgereik was aan alle polisiebeamptes instede van aan die spesifiek by naam vermelde polisiebeamptes daarby betrokke én waarin die verkeerde deursoekingsadres vermeld was, het in Director of Public Prosecutions, Gauteng Division v Molefe (2026 1 SASV 557 (HHA)) te berde gekom. Hierdie bydrae bespreek die betrokke uitspraak en skenk kortliks aandag aan die historiese daarstelling van die Engelse bewysreg as bewysregsisteem hier te lande. ’n Regsvergelykende ondersoek word gedoen na die regsposisie in jurisdiksies verbonde aan die Anglo-Amerikaanse bewysregtelike familie, te wete die Verenigde State van Amerika, Engeland en Wallis, Australiё en Kanada. Die Amerikaanse uitsluitingsreёl word aangeraak en die insluitingsbenadering met variasies daarop soos aangetref in Engeland, Australiё en Kanada word bespreek. Klem word geplaas op die Kanadese benadering in die lig daarvan dat artikel 24(2) van die Kanadese handves van regte en vryhede as grondslag gebruik is vir artikel 35(5) van die Suid-Afrikaanse grondwet. Van belang in hierdie verband is twee uitsprake van die Kanadese hooggeregshof waarin gesaghebbend gestalte gegee is aan die toelaatbaarheidsvereistes vir ongrondwetlik verkreё getuienis ingevolge die Kanadese grondwet. In die Molefe-saak het die ondersoekbeampte ’n landdros genader vir die uitreiking van ’n visenteringslasbrief na aanleiding van inligting wat ontvang was dat dwelmmiddels vervaardig en versprei word vanaf ’n spesifieke perseel. Die besonderhede van die straatadres was deur die polisiebeampte deur middel van sy globale posisioneringstelsel (GPS) bepaal nadat hy die perseel persoonlik besoek het. Die verhoorhof beslis dat die dwelmvervaardigingsmateriaal sowel as die dwelms waarop beslag gelȇ is ingevolge daardie visenteringslasbrief, ontoelaatbaar was vanweё die gebrekkige lasbrief. Die hooggeregshof wys die staat se opvolgende appѐl van die hand. Die hoogste hof van appѐl beslis egter met verwysing na artikel 35(5) van die grondwet, dat die korrekte benadering behels dat bepaal moet word of die beskuldigdes gedwing was om die getuienis te verskaf. Getuienis verkry deur dwang of aanranding sal altyd ontoelaatbaar wees. Die hof wys verder daarop dat gekyk moet word na die erns van die inbreukmaking op die regte vervat in die handves van regte. ’n Flagrante en opsetlike minagting van daardie regte sal in ’n meer ernstige lig beskou word as ’n mindere of tegniese inbreukmaking. Die hoogste hof van appѐl bevind dat aangesien sowel die ondersoekbeampte as die landdros bona fide onbewus was van die vereiste gestel deur die konstitusionele hof dat ’n bepaalde lasbrief aan spesifieke polisiebeamptes uitgereik moet word en aangesien die korrekte adres steeds deursoek is ten spyte van die verkeerde GPS-gegewens, toelating van die getuienis nie die verhoor onbillik sou maak nie en ook nie nadelig sou wees vir die regspleging nie. Daar word kortliks verwys na die regspraak waarna in die Molefe-saak verwys is en die grondslag waarop die onderskeie howe beslissings oor die toelaatbaarheid al dan nie van ongrondwetlik verkreё getuienis bereik het. Kommer word laastens uitgespreek oor die herhaalde nalatige wyse waarop die polisiediens veral met die aansoek vir visenteringslasbriewe in ernstige kriminele sake omgaan.

Artificial intelligence: a tool or an inhibitor for access to justice?

REGSPRAAK

Artificial intelligence: a tool or an inhibitor for access to justice?

Author: MM Van Eck

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of the Witwatersrand
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 881 – 890
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a15

Abstract

Daar bestaan ’n oortuiging dat tegnologie en spesifiek kunsmatige intelligensie die sleutel kan wees tot sinvolle toegang tot geregtigheid vir onverteenwoordigde litigante. Toegang tot regsverteenwoordiging is duur en kan selfs ’n belemmering vir geregtigheid wees. Dit is met hierdie besorgdheid voor oë dat die Keniaanse saak Commission on Administrative Justice v Savla 2026 KEHC 4891 (KLR) kritiese aandag verdien. Regter Chigiti het ’n litigant wat homself verteenwoordig, verbied om kunsmatige intelligensie te gebruik in die opstel van hofstukke. Dit ondanks die feit dat die hof geen fout in die stukke gevind het nie en ook geen beslissing gevel het oor gehallusineerde gesag of valse verwysings nie. Alhoewel die hof die diensleweringsmeriete ondersoek het, is dit lighartig gedoen. Die litigant is gestraf nie vir wat sy stukke bevat het nie, maar vir hoe dit opgestel was. In hierdie bespreking word daardie uitspraak ondersoek teen ander regterlike reaksies in Suid-Afrika oor gehallusineerde gesag. In Makunga v Barlequins Beleggings (Pty) Ltd h/a Indigo Spur ((19733/2017) 2023 ZAWCHC 332 (1 Des 2023)), het die hof die kwaliteit van ’n litigant wat homself verteenwoordig se tegnologies-gesteunde hoofde van argument geloof en opgemerk dat dit beter was as wat sommige lede van die balie produseer en aan die hof voorlê. In Roux v Van Greunen ((2025/081170) 2026 ZAGPJHC 55 (29 Jan 2026)), is die hof gekonfronteer met die resultaat van gehallusineerde kunsmatige intelligensie en gefabriseerde uitsprake wat as vermeende gesag aangebied is. Desnieteenstaande het die hof geweier om die gebruik van kunsmatige intelligensie sonder meer te verbied of as ’n misbruik van die regsproses te klassifiseer. Die outeur betoog dat die redenasie in die Salva-saak problematies is. Dit het die grondwetlike gelykheidsargument omgekeer deur ’n instrument wat ’n individu sonder regsverteenwoordiging nader aan ’n institusioneel-gesteunde teenstander kon bring, as ’n prosedurele fout te beskou. Dit skep ’n profilaktiese reël op grond van geen bewese skade nie. ’n Vergelyking van die Roux- en Savla-sake dui op die afwesigheid van samehang van die verbodsbenadering wat in die Savla-saak gevolg is. Waar werklike skade teenwoordig was, het die Suid-Afrikaanse hof geen verbod opgelê nie. Waar geen skade bewys is nie, het die Keniaanse hof die swaarste beskikbare remedie opgelê. In die bespreking word geargumenteer dat kunsmatige intelligensie toegang kan verleen tot geregtigheid wat voordelig is vir ’n litigant sonder regsverteenwoordiging. Die beslissing in die Savla-saak het die toegang tot geregtigheid onderdruk.

Parry v Dunn-Blatch & others: Some fundamental aspects of the oppression remedy under the Companies Act 71 of 2008

Parry v Dunn-Blatch & others: Some fundamental aspects of the oppression remedy under the Companies Act 71 of 2008

Author: Maleka Femida Cassim

ISSN: 1996-2185
Affiliations: MBBCh (cum laude) LLB (cum laude) LLM (cum laude) (Wits) Phd (UCT). Attorney and Notary Public of the High Court of South Africa
Source: South African Mercantile Law Journal, Volume 38 Issue 1, 2026, p. 1 – 29
https://doi.org/10.47348/SAMLJ/v38/i1a1

Abstract

The oppression remedy is a flexible mechanism for the protection of non-controlling shareholders and directors. It is a popular remedy invoked by minority shareholders, particularly in smaller companies or quasi-partnership type companies. In Parry v Dunn-Blatch & others (394/2022) [2024] ZASCA 19 (28 February 2024), the Supreme Court of Appeal was confronted with the issue of whether a director and co-shareholder of a quasi-partnership company could rely on the oppression remedy contained in s 163 of the South African Companies Act 71 of 2008 to have the terms of an agreement varied, despite having willingly signed it. This article critically analyses some important aspects of the judgment of the Supreme Court of Appeal in Parry. Relevant legal principles in comparative foreign jurisdictions are also considered, including the United Kingdom, Canada, Australia and New Zealand. First, the concept of ‘unfair prejudice’, which is central to the oppression remedy, is critically analysed. Secondly, the contours of the judicial power to make an order varying or setting aside an agreement in terms of s 163(2)(h) are critically evaluated. Thirdly, aspects of legal standing to invoke the oppression remedy are discussed, including the pertinence of the proper plaintiff rule laid down in Foss v Harbottle and the fundamental, though convoluted, issue of the overlap between the oppression remedy and the derivative action in terms of s 165 of the Companies Act 71 of 2008.