Back to the office? Legal risk and realities for employers: an analysis of two labour court cases regarding a return-to-office directive

ARTIKEL

Back to the office? Legal risk and realities for employers: an analysis of two labour court cases regarding a return-to-office directive

Authors: Werner Gresse and Estie Gresse

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Lecturer in Labour Relations, North-West University; Senior Lecturer in Private Law, North-West University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 675-693
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a3

Abstract

As gevolg van die Covid-19-pandemie is die meeste Suid-Afrikaanse maatskappye gedwing om ’n tuiswerk-benadering te volg om ekonomiese ineenstorting tydens die hoogtepunt van die pandemie te voorkom. Hierdie tendens het in hierdie periode in gewildheid toegeneem en selfs nadat die pandemie-verwante inperkings beëindig is, het ondernemings steeds die “hibriede werkplek”-model aanvaar. Dit is aangevuur deur die toenemende digitalisering van die werkplek, asook deur navorsing wat verskeie voordele vir beide die organisasie en sy werknemers beklemtoon het. Daar is ’n styging in gevalle waar maatskappye hul hibriede werkreëlings beëindig en werknemers opdrag gee om weer voltyds na die werkplek terug te keer. Dit het aanleiding gegee tot talle arbeidsgeskille oor die billikheid van so ’n versoek, veral ten opsigte van werknemers wat langtermynbesluite geneem het gebaseer op hul voordeel van hibriede werk. Hierdie kwessie is in 2025 beklemtoon deur uitsprake in twee sake in die Suid-Afrikaanse arbeidshof, naamlik een oor onbillike ontslag (Medici Energy SA Bpk v Bennet NO) en een oor konstruktiewe ontslag (Adele Lewis v Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie; Gert van der Berg NO; Van de Venter Mojapelo (Edms) Bpk), wat albei verband hou met vraagstukke rondom ’n versoek om terug te keer na die werkplek. In albei hierdie sake het die arbeidshof ten gunste van die werknemer beslis, maar slegs in een van die twee uitsprake is die versoek om terug te keer na die werkplek as onbillik geag. Hierdie artikel konsentreer op die ontleding van hierdie twee hofsake, met die oog daarop om riglyne aan werkgewers te bied oor hoe om te verseker dat hulle werknemers billik behandel word wanneer hulle versoek word om na die werkplek terug te keer. Op grond van die ontleding, blyk dit duidelik dat die versoek eerstens wettig moet wees, en tweedens redelik moet wees gegewe die konteks van beide die werknemer asook die werkgewer.

The significance of public participation in the naming of geographical features in South Africa

ARTIKEL

The significance of public participation in the naming of geographical features in South Africa

Author: Sipho Nkosi

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Lecturer, Department of Practical Business Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 694-711
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a4

Abstract

Die skrywer ondersoek die interessante onderwerp van die benoeming en herbenoeming van stede, dorpe, riviere, berge en ander geografiese kenmerke. Hy begin deur ’n Bybelse oorsprong van hierdie verskynsel te beskryf en verduidelik die rol van internasionale liggame en kundiges. Daarna sit hy die grondwetlike en statutêre raamwerk uiteen waarbinne die proses van die verandering van betrokke name in Suid-Afrika behoort plaas te vind, asook die waardes waarop hierdie proses gegrond moet wees. Die skrywer bespreek die belang daarvan dat grondwetlike waardes en statutêre bepalings nagekom moet word, veral deur regeringsamptenare. Hy wys daarop dat openbare deelname bedoel is om te dien as: (a) ’n verwerping van die uitsluitende benadering tot sake van hierdie aard wat voor 1994 bestaan het; (b) ’n bevestiging van die feit dat deelnemende demokrasie nog altyd ’n integrale deel van Afrika-lewe, -filosofie en -regsleer was; (c) ’n herinnering aan wetgewers dat hulle na die onderskeie wetgewende liggame gestuur is om die belange van hul onderskeie kiesafdelings te verteenwoordig; (d) ’n geleentheid vir lede van die betrokke gemeenskappe om hul bekommernisse aan die relevante amptenare oor te dra, en sodoende vir hulself ’n werklike gevoel van behoort aan die gemeenskap waaraan die betrokke naam gekoppel is, te verseker. Die skrywer dui verder aan dat daar leemtes in die wet bestaan en dat die Wet op die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name 118 van 1998 nie duidelik is oor die magte en funksies van provinsiale wetgewers nie. Hy wys daarop dat daar ’n moontlikheid van aanspreeklikheid aan die kant van regeringsamptenare kan wees wat in hierdie sfeer werk, indien litigasie teen hulle ingestel word. Hy spreek egter optimisme uit weens die beoogde veranderinge wat aan die wet aangebring gaan word. Nietemin is hy bekommerd oor die gehalte van die formulering van die Wysigingswetsontwerp op die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name, soos dit tans daar uitsien. Hy maak ’n paar voorstelle oor hoe sommige van die bepalings daarin beter geformuleer kan word. Hy bespreek ook sommige van die belangrike regterlike uitsprake oor hoe openbare deelname in hierdie verband verseker behoort te word.

From decentralisation to central control? School language policy, the Basic Education Laws Amendment Act 32 of 2024 and the meaning of “reasonably practicable”

ARTIKEL

From decentralisation to central control? School language policy, the Basic Education Laws Amendment Act 32 of 2024 and the meaning of “reasonably practicable”

Authors: Warren Johannes and Roxan Laubscher

ISSN: 1996-2207
Affiliations: CPostgraduate student UJ; Associate Professor of Public Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 712-727
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a5

Abstract

In hierdie artikel ondersoek die outeurs die debat oor taalregte in Suid-Afrika deur die interpretasie en toepassing van die maatstaf van “redelikerwys doenlik” in artikel 29(2) van die grondwet krities te ontleed. Artikel 29(2) waarborg die reg op onderwys in ’n amptelike taal van keuse by openbare onderwysinstellings waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is. Die inhoud en omvang van hierdie maatstaf het deur regspraak en wetgewende ontwikkeling ’n transformerende en soms omstrede betekenis aangeneem. Die artikel fokus in die besonder op die beheer van taalbeleid in openbare skole, met verwysing na Afrikaansmediumskole, wat dikwels die fokus is van regterlike inmenging en beleidsdebat. Teen hierdie agtergrond bevraagteken die outeurs die grondwetlike implikasies van uitgebreide staatsbeheer ingevolge die Wysigingswet op Basiese Onderwys van 2024, wat die outoriteit van provinsiale onderwysowerhede versterk ten opsigte van taal en toelatingsbeleid. Deur onlangse regspraak en wetgewende ontwikkelinge binne die normatiewe raamwerke van multikulturalisme en transformerende konstitusionalisme te plaas, ondersoek die outeurs die verskuiwende balans tussen gedesentraliseerde skoolbeheer en verhoogde sentrale staatsbeheer. Die outeurs bevraagteken of hierdie verskuiwing inderdaad ’n noodsaaklike meganisme van historiese regstelling en die bevordering van gelyke toegang verteenwoordig, en of dit nie eerder neerkom op ’n beperking van die outonomie van taalgemeenskappe en hul reg op kulturele selfbeskikking nie. Die outeurs voer aan dat die ontwikkelende konsep van “redelikerwys doenlik” nie net ’n tegnies administratiewe toets is nie, maar ’n normatief gelaaide standaard. Die toepassing van hierdie standaard weerspieël ’n voortdurende grondwetlike poging om die beskerming van taal en kultuurgemeenskappe te versoen met die noodsaaklikheid van rasse integrasie en die staat se positiewe verpligting om billike toegang tot basiese onderwys te verseker. Die outeurs stel voor dat die interpretasie van “redelikerwys doenlik” sentraal staan tot die toekomstige formaat van taalbeleid in Suid-Afrikaanse openbare skole en tot die breër projek van transformerende konstitusionalisme. Die grondwetlike vraag is nie of abstrakte desentralisasie of sentralisasie normatief verkieslik is nie. Die kernvraag is eerder of sentrale staatsbeheer wat deur hierdie wet teweeggebring is, die grondwetlike balans bevorder wat artikel 29(2) van die grondwet vereis, naamlik die versoening van taalkundige diversiteit, multikulturele erkenning en billike toegang tot kwaliteit basiese onderwys. Toekomstige regspraak sal waarskynlik verdere duidelikheid bring oor die inhoud van “redelikerwyse doenlikheid” binne die gewysigde wetgewende raamwerk. Spesifieke aandag behoort geskenk te word aan die wisselwerking tussen artikel 29(2) en ander grondwetlike taal- en kultuurregte; die omvang van provinsiale diskresie en die toepaslike standaard van geregtelike hersiening; die voortgesette marginalisering van inheemse Afrikatale; en die toepassing van hierdie standaard op Suid-Afrikaanse gebaretaal ná die grondwetlike erkenning daarvan as nóg ’n amptelike taal.

The bewind trust as structural device: under-theorised domestic implications and comparative application

ARTIKEL

The bewind trust as structural device: under-theorised domestic implications and comparative application

Author: Petrus Christiaan Biermann

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Chartered Accountant, corporate lawyer and PhD candidate, University of Southern Queensland Law School
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 728-747
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a6

Abstract

Die bewindstrust word in die Suid-Afrikaanse literatuur hoofsaaklik binne die konteks van familie-, testamentêre en beleggingstrusts behandel. Die outeur voer in hierdie artikel aan dat die bewindstrust as strukturele instrument ondergewaardeer is, en dat die beginsel van strukturele skeiding wat in die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van 1988 gevestig is en deur die Braun-, Badenhorst-, Bafokeng-, Conze- en Parker-sake bevestig is, gevolge het wat veel verder strek as die Suid-Afrikaanse belastingreg. Die artikel lokaliseer hierdie beginsel eers in die Romeins-Hollandse reg self: De Groot se behandeling van voogdij en curatele in die Inleidinge en Voet se behandeling van tutela, cura en fideicommissum in die Commentarius ad Pandectas veranker die strukturele onderskeiding van administratiewe bevoegdheid teenoor voordelige eienaarskap as ’n gevestigde kenmerk van die ius commune, lank voor die statutêre kodifikasie van 1988. Die artikel ondersoek daarna twee moderne sivielregtelike stelsels. In Nederland gee Boek 4 van die Burgerlijk Wetboek, in artikels 4:153 tot 4:181 en artikel 4:75, gedetailleerde uitdrukking aan dieselfde beginsel. Die rechthebbende behou eienaarskap terwyl die bewindvoerder uitsluitlike bestuursbevoegdheid onder artikel 4:166 uitoefen sonder om enige vermoënsregtelike belang te verkry. In België het die Wet van 17 Maart 2013 die drieledige Franse stelsel van sauvegarde de justice, curatelle en tutelle, wat steeds in die Franse Code Civil voortbestaan, verwerp. Dit is in die Belgiese reg vervang met ’n enkele, geregtelik aanpasbare bewind onder artikels 488/1 tot 502 van die ou Burgerlijk Wetboek. Dit word beheers deur die beginsels van noodsaaklikheid, subsidiariteit en proporsionaliteit. Hierdie Belgiese afwyking van die Franse opset bevestig dat die beginsel van strukturele skeiding oordraagbaar is tussen statutêre instrumente binne die sivielregtelike tradisie self. Teen hierdie agtergrond identifiseer die outeur in dié bydrae die Australiese handelstrust se strukturele mislukking: titelfragmentering, bestuursongelykheid en onsamehangende toepassing van insolvensieregtelike norme. Dit is bevestig in die Carter Holt Harvey- en Naaman-sake as die negatiewe demonstrasie van dieselfde beginsel. Die outeur argumenteer dat die beneficiary title administrative structure ’n handelstrust-hervormingsmodel is wat deur die outeur ontwikkel is om die strukturele spanning in die huidige Australiese trustbedryf aan te spreek. Die model kan as ’n wetshervormingsvoorstel voorgestaan word, maar dit is nog nie aanvaar nie. Die outeur toon dat die beginsel ook deur gemeenregtelike instrumente uitgedruk kan word. Die artikel sluit met ’n bespreking van die implikasies vir die Suid-Afrikaanse reg rakende die klassifikasie van trusts, die grens tussen bewinds- en eienaarstrusts en die onvanpaste toepassing van die reël gemik daarop om ontduiking teen te gaan op strukture wat strukturele skeiding reeds deur hul vermoënsregtelike toedeling bereik.

Konflikterende regsnorme oor onderhoud vir die langslewende gade – die hoogste hof van appèl beslis eenparig én negeer die geykte regsnorme

ARTIKEL

Konflikterende regsnorme oor onderhoud vir die langslewende gade – die hoogste hof van appèl beslis eenparig én negeer die geykte regsnorme

Author: JC Sonnekus

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Professor in Privaatreg, Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2026, p. 748-779
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i4a7

Abstract

South African common law obliges all children to contribute to the reasonable maintenance needs of their parents if the latter are in need of maintenance in for example their old age. The foundation of this legal obligation ex lege is not a benevolent gesture of love or a voluntary gift towards the needy parent and does not depend on the subjective will of the children to contribute towards the maintenance of their parents in need. The flip side of an obligation to perform has been a claim since Roman law and the obligation of children towards their parents in need has never been abolished by legislation, nor in any of the comparable Continental legal systems that share the applicable common principles with South African law. The claim of the parent in need of maintenance is well established. All claims as rights to performance (dare, facere or non facere) are part of the assets of the holder of the rights. All assets form part of the sum of the estate of the holder as legal subject. Before it can be determined that a surviving spouse is dependent for her maintenance in terms of the Maintenance of Surviving Spouses Act 27 of 1990, all assets of the claimant must be considered and weighed – including the claims against the children of the claimant. The impression is left that this was not considered in this case – at the expense of the beneficiaries of the testator as the first-dying spouse against whose estate the claim was brought by the claimant as surviving spouse and maintained in terms of Act 27 of 1990 by the supreme court of appeal. Should the successful claimant die two days later, that recognised claim against the estate of the first dying spouse will constitute an asset in her estate – for the benefit of her heirs or creditors. It is doubtful whether this was the intention of the legislature with the act, for nowhere in the act is the common-law obligation of the children of the claimant extinguished or exchanged for the claim against the estate of the first dying spouse and at the expense of the latter’s beneficiaries as identified according to the applicable principles of the law of succession, be it the valid will of the testator or the norms of intestacy. The legislature merely intended to establish an ancillary source for the surviving spouse who is indeed in need of maintenance after exhaustion of all her assets. The legislature did not justify in this act any exclusion or ring fencing of any of the claimant’s assets when calculating her maintenance needs. Because no new ranking is set in the act, this ancillary source comes into consideration only after exhaustion of all other legally recognised assets and not before it. No court can ignore the fact that the claimant keeps R20 million in investments “ring fenced” for his eventual heirs and still maintains the claim against the estate of the first dying spouse under the guise of this act. If the legislature had intended that the common-law dependents should be excused from their obligation to maintain their parent in need, this could easily have been spelled out in the act. It is not. A great deal has already been published on this subject, which, however, has not been mastered nor mentioned in De Bruyn v Master of the High Court, Pretoria ((1388/2024) 2026 ZASCA 92 (26 Jun 2026)) – and it shows.