The role of reputation in trade mark infringement

The role of reputation in trade mark infringement

Authors S Karjiker

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2018, p. 726 – 738

Abstract

DIE ROL VAN REPUTASIE IN AANTASTING VAN ‘N HANDELSMERK Hierdie artikel oorweeg die toepaslike rol wat die reputasie van ‘n handelsmerk moet speel by die beoordeling van ‘n beweerde inbreukmaking op ‘n handelsmerk in die Suid-Afrikaanse reg. Ons howe het daarin misluk om die kwessie behoorlik aan te spreek ten opsigte van die reputasie van ‘n handelsmerk in die vasstelling van die waarskynlikheid of daar wel misleiding of verwarring kan wees. Dit wil voorkom of daar geen konsekwentheid is in hoe ons howe die reputasie van ‘n handelsmerk oorweeg nie, wat lei tot ‘n skeiding tussen die verwarring-gebaseerde vorme van inbreukmaking op ‘n handelsmerk wat deur artikels 34(1)(a) en (b) van die Wet op Handelsmerke 194 van 1993 gere\xc3\xabl word, sowel as die uitgebreide beskerming gere\xc3\xabl deur artikel 34(1)(c) van die wet. In hierdie bydrae beweer die outeur dat die rede vir die inkonsekwentheid rakende die rol van die reputasie van ‘n handelsmerk gesoek moet word in die nalate om te herken dat die vasstelling van ‘n waarskynlikheid van verwarring vir doeleindes van artikels 34(1)(a) of (b) ‘n aparte vereiste is. Die vereiste om vas te stel of daar ‘n waarskynlikheid van misleiding of verwarring kan wees, moet nie saamgesmelt word met die toets of die relevante merke soortgelyk is nie (in die geval van artikel 34(1)(a)), of die toets of die relevante goedere of dienste soortgelyk is nie (in die geval van artikel 34(1)(b)), soos dit voorkom dit tans die geval is. Dit is in die vasstelling van die aparte vereiste of daar ‘n waarskynlikheid van misleiding of verwarring kan bestaan, wat die reputasie van ‘n handelsmerk ‘n relevante faktor is. Verder, wanneer die howe die reputasie van ‘n handelsmerk oorweeg, moet die howe nie die effek van die reputasie van ‘n handelsmerk op die waarskynlikheid van misleiding of verwarring vooraf beoordeel nie. Daar is geen logiese rede waarom die reputasie van ‘n handelsmerk noodwendig moet lei tot die gevolgtrekking dat daar ‘n waarskynlikheid van misleiding of verwarring bestaan waar ‘n soortgelyke merk op mededingende produkte gebruik word nie. Hierdie behoort ‘n feitelike aangeleentheid te wees, afhangend, onder andere, van die spesifieke goedere of dienste en die relevante marksektor. UFGABE DES RECHTS — RICHTIG ZU SEIN "Es geh\xc3\xb6rt ebenso sehr zum Begriff des richtigen Rechts positive zu sein, wie es Aufgabe des positiven Rechts ist, inhaltlich richtig zu sein" — Gustav Radbruch Grundz\xc3\xbcge des Rechtsphilosophie (1914) 172.

An assessment of the emergent functions of virtual currencies

An assessment of the emergent functions of virtual currencies

Authors Wynand Spruyt

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2018, p. 707 – 725

Abstract

DIE FUNKSIES VAN VIRTUELE GELD Die ontstaan van virtuele geldstelsels was ‘n unieke gebeurtenis in terme van die ontwikkeling van geld en betaling. Dit is nou vir die eerste keer moontlik om waarde op ‘n digitale wyse oor te dra aan enigiemand regoor die w\xc3\xaareld, sonder dat iemand sentrale gesag oor hierdie stelsel uitoefen of as tussenganger optree. Op hierdie basis word virtuele geld gereeld voorgehou as die begin van ‘n nuwe era van betaling — wat moontlik selfs ‘n nuwe konseptualisering verg van wat geld en betaling werklik is. In hierdie artikel word die funksies van virtuele geld ondersoek, ten einde bogenoemde veronderstelling te toets. Sulke funksies verteenwoordig dit waaraan hierdie stelsels werklik gevolg gee en dit waaraan hulle werklik gekenmerk kan word — in stede van blote aannames rakende die aard van die funksies daarvan. Die ontleding in hierdie artikel dui daarop dat virtuele geld nie tans werklik as geld funksioneer nie. Daar word aangevoer dat virtuele geld eerder as ‘n digitale kommoditeit dien — inderwaarheid meer vergelykbaar met ‘n digitale goudmunt, soos die Krugerrand. Vanuit hierdie perspektief verteenwoordig virtuele geld wel ‘n nuwe en unieke ontwikkeling, maar behoort die konsep daarvan nie totaal vreemd te wees vir die Suid-Afrikaanse reg en die algemene konsepte van wat geld en betaling is nie. Tweedens word daar aangevoer dat die identifisering van die funksies van virtuele geld spesifiek belangrik is in terme van die ontwikkeling van ‘n gepaste en effektiewe regulatoriese raamwerk. Die unieke en innoverende aard van virtuele geld skep wel nuwe geleenthede vir innovasie en ontwikkeling — maar bring ook talle nuwe risiko’s daarmee saam. ‘n Ontleding van die funksies van virtuele geld maak dit egter moontlik om die aspekte van hierdie stelsels te identifiseer wat die meeste risiko verteenwoordig. Dit maak dit verder moontlik om geleenthede te identifiseer om bestaande regulatoriese raamwerke ook in die konteks van virtuele geld aan te wend, deur ooreenkomste met bestaande finansi\xc3\xable stelsels uit te wys. Daar word in die laaste plek aangevoer dat dit op hierdie basis moontlik is om regulering te ontwikkel wat die werklike risiko’s wat virtuele geld verteenwoordig aanspreek, sonder om die innovasie en ontwikkeling wat met virtuele geld gepaard gaan onredelik te beperk. THEY ARE OBVIOUSLY DESTROYING THE STATE — A WARNING WORTH HEEDING AFTER 2300 YEARS "[S]uppose we say the people is the supreme authority, then if they use their numerical superiority to make a distribution of the property of the rich, is not that unjust? It has been done by a valid decision of the sovereign power, yet what can we call it save the very height of injustice? Again, if the majority, having laid their hands on everything, distribute the possessions of the few, they are obviously destroying the state. But that cannot be goodness which destroys its possessor and justice cannot be destructive of the state" — Aristotle — The Politics 3 10 (384-322 BC — transl Sinclair 1962 121-122).

Book Discussion: Brown v Leyds: Who has the king’s voice? A president scorned, a chief justice dismissed and a prospector’s accursed thirst for gold

Book Discussion: Brown v Leyds: Who has the king’s voice? A president scorned, a chief justice dismissed and a prospector’s accursed thirst for gold

Authors FR Malan

ISSN: 1996-2207
Affiliations: None
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2019, p. 206 – 209

Abstract

None