Regspraak: Claims for restitution arising from the non-fulfilment of suspensive conditions in contracts

Regspraak: Claims for restitution arising from the non-fulfilment of suspensive conditions in contracts

Author: PH O’Brien

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2021, p. 823-843
https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i4a8

Abstract

Die verbintenisregtelike aspek wat in hierdie saak ter sprake gekom het, kon volgens geykte regsbeginsels opgelos word. Die terugbetaling van ’n deposito en die oorbetaling van opgeloopte rente by die nievervulling van opskortende voorwaardes in ’n kontrak was ter sprake. Die voornemende koper (Afrimat) het die deposito in ’n spesiale beleggingsrekening van die voornemende verkoper (Timasani) by ’n bank inbetaal met die ooreenkoms dat die geld namens Afrimat gehou sou word en dat die opgeloopte rente Afrimat sou toekom. By die nievervulling van die voorwaardes het die sakereddingspraktisyn van Timasani geweier om die deposito terug te betaal aan Afrimat. Die gronde vir die weiering het gespruit uit ’n dispuut oor die kwantum van die afslaerskommissie waarvoor Afrimat aanspreeklikheid aanvaar het. Die hof van eerste instansie het Timasani gelas om eerstens die deposito terug te betaal aan Afrimat en tweedens die opgeloopte rente aan dit oor te betaal. Die hoogste hof van appèl het ’n appèl van die hand gewys en die hof van eerste instansie se bevinding gesteun dat die regsgeding nie deur die statutêre moratorium op regsgedinge teen maatskappye in sakeredding gestuit word nie. Laasgenoemde kwessie met gepaardgaande prosedurele kwessies val buite die bestek van hierdie bespreking. Wat die verbintenisregtelike aspek betref, is daar ’n groot waarskynlikheid dat die ware grondslag van die uitspraak eenvoudig ’n eis was vir nakoming van die kontrak dat die deposito en opgeloopte rente by die nievervulling van die voorwaardes terug- en oorbetaal moes word aan Afrimat. Die hoogste hof van appèl het egter skynbaar die eis op ’n verrykingsgrondslag toegestaan. In hierdie verband word die stelling onder andere in die uitspraak gemaak dat die kontrak terugwerkend nietig geword het by die nie-vervulling van die opskortende voorwaardes. Daar word aan die hand gedoen dat dit ’n obiter dictum was wat heeltemal onnodig was vir ’n bevinding dat ’n verrykingsvordering beskikbaar was. Ten spyte van gemeenregtelike gesag vir so ’n verstekreël, word daardie reël vandag in regstelsels gebaseer op die Romeinse reg verwerp op die basis dat dit ’n fiksie is en ’n foutiewe en onlogiese vertolking van Romeinse tekste verteenwoordig. So ’n fiksie het onverwagte en ongewenste gevolge vir derde partye wat hangende vervulling van opskortende voorwaardes regte verkry wat op die kontrak berus. Dit is derhalwe nie meer die verstekgevolg van die nievervulling van opskortende voorwaardes in verwante regstelsels nie. Dit is ook moeilik om in te sien hoe in die afwesigheid van ’n kontrak en sonder oorweging van afwykende uitsprake, die hof die eis vir oorbetaling van opgeloopte rente op ’n verrykingsgrondslag kon toestaan.

Regspraak: A compensation framework for (procedurally) unfair dismissals in employment contracts

Regspraak: A compensation framework for (procedurally) unfair dismissals in employment contracts

Authors: MJ Van Staden and M Van Eck

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2021, p. 843-858
https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i4a9

Abstract

Die konstitusionele hof het onlangs die vergoeding verminder aan ’n oortreder van seksuele teistering wat buitensporige vergoeding vir klein prosedurele gebreke toegeken is. Die saak illustreer die wyse waarop vergoeding toegeken en aangepas kan word in die geval van prosedureel onbillike ontslag. Tog bly die konstitusionele hof se redenasie om die toekenning van ses maande na twee maande aan te pas vaag. Artikel 194 van die Wet op Arbeidsverhoudinge vereis slegs dat vergoeding “regverdig en billik” moet wees. Hierdie begrip word egter nie in die Wet op Arbeidsverhoudinge omskryf nie en daar word aangevoer dat die konsep teenstrydig deur ons howe gebruik is. In die bespreking oorweeg die outeurs die regsbeginsels van Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk en Australië in die hantering van vergoeding vir ’n onbillike ontslag, waar die ontslag slegs prosedureel onbillik is en waar die werknemer aan ernstige wangedrag skuldig is. In die bespreking word besin of sodanige vergoeding objektief bepaalbaar is en die faktore word oorweeg wat die waarde van so ’n toekenning sou beïnvloed. Die kern van die diensverhouding is die dienskontrak. Die bespreking ondersoek ook die vergoedingstoekenning teen diegene wat normaalweg ingevolge die kontrak toegeken sou word. Faktore wat in die Verenigde Koninkryk en Australië gevind word, vervat in terminologie soos “fout” en “ekonomiese verlies”, is soortgelyk aan deliktuele eise en is nie noodwendig toepaslik in die Suid- Afrikaanse konteks nie, veral omdat die Wet op Arbeidsverhoudinge die benadering tot vergoeding vir prosedureel onbillike ontslag verander het. Desnieteenstaande kan ekonomiese verlies in die Suid- Afrikaanse konteks steeds ’n faktor wees wat die vergoeding wat toegeken word as gevolg van ’n prosedureel onbillike ontslag kan beïnvloed. Die outeurs kom tot die gevolgtrekking dat die afskuwelike aard van die wangedrag van ’n werknemer, in ’n bepaalde geval die werknemer op geen vergoeding hoegenaamd geregtig behoort te maak nie, of slegs aanspraak op ’n aansienlik verminderde vergoeding kan gee. Die outeurs vind ook dat, in navolging van die reg van die Verenigde Koninkryk en Australië, en as ’n logiese uitvloeisel van die konstitusionele hof se uitspraak, die beginsel van bydraende skuld uitgebrei moet word na gevalle van wesenlik onbillike ontslag. Hieruit kom ’n raamwerk na vore in die bespreking vir die bepaling van vergoeding in gevalle van prosedureel onbillike ontslag.

Regspraak: Does a developer still play a role in the administration of a sectional title scheme after he or she has ceased to be the registered owner of land on which the scheme was developed? And is it correct that the voting percentage of the developer is suspended in calculating the voting percentage required for making a general meeting quorate?

Regspraak: Does a developer still play a role in the administration of a sectional title scheme after he or she has ceased to be the registered owner of land on which the scheme was developed? And is it correct that the voting percentage of the developer is suspended in calculating the voting percentage required for making a general meeting quorate?

Author: CG Van Der Merwe

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2021, p. 859-870
https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i4a10

Abstract

In Die Royal Palm-saak nader die regspersoon die KwaZulu Natal hooggeregshof om ’n bevel van ’n beregter van die KwaZulu Natal Ombuddiens op ’n regsgrond ter syde te stel. Die kernvraag is hoe die hof die verskille betreffende die kworumvereiste in reël 57(2)(c) van Aanhangsel 8 van die Deeltitelregulasies van 1988 wat op die betrokke deeltitelskema van toepassing was, kon versoen met die teenstrydige bepaling in reël 19(2)(b) van Aanhangsel 1 van die Regulasies op die Bestuur van Deeltitelskemas van 2016. Die hof aanvaar die bevinding van die beregter dat die kworumvereiste van 20 persent van die waarde van die gesamentlike kwotas in die 1988-Regulasies vervang is deur die vereiste van een derde van sodanige waarde in die 2016-Regulasies omdat nuwe wetsbepalings vroeëre algemene wetsbepalings vervang. Die hof verskil egter van die bevinding van die beregter dat die voorbehoud in die 2016-Regulasies, naamlik dat die waarde van die kwotas van die ontwikkelaar nie in aanmerking geneem moet word by die berekening van die kwotavereiste nie. Die hof beslis dat die voorbehoud nie van toepassing was nie en dat die waarde van die kwotas van die ontwikkelaar wel by die berekening van die kworumvereiste in aanmerking geneem kan word en dat die bevinding van die beregter dus verkeerd is, en die vergadering aan die kworumvereiste voldoen en dus wel geldig is. Die regter redeneer dat omdat die woordomskrywing van “ontwikkelaar” in die Wet op die Bestuur van Deeltitelskemas verwys na iemand wat die geregistreerde eienaar van grond is, die uitdrukking “ontwikkelaar” nie betrekking het op iemand wat nie meer die geregistreerde eienaar van die ontwikkelde grond is nie omdat hy of sy nou ’n deeleienaar en ’n lid van die regspersoon is. Die wet bevat egter verskeie bepalings ingevolge waarvan die ontwikkelaar nog steeds as ontwikkelaar funksioneer gedurende die tydperk nadat die deelplan geregistreer en die deeltitelregister geopen is en die ontwikkelaar dus nie meer die geregistreerde eienaar van grond is nie. Hierdie bepalings betrek ook die onderhawige geval waar die ontwikkelaar se stempersentasie nie in aanmerking geneem word by die berekening van die kworumvereiste nie. Dit beteken nie dat die ontwikkelaar nie algemene vergaderings mag bywoon of aan besluite van die vergadering mag deelneem nie, as aan die kworumvereiste voldoen is nie. Ek kom dus tot die slotsom dat die hof fouteer het deur die bevinding van die beregter te verwerp en die vergadering wel ongeldig was omdat nie aan die kworumvereiste voldoen is nie. In die laaste gedeelte van die bespreking wend ek ’n poging aan om die gevolge van die beoogde besluit op die nietige algemene vergadering te ontrafel.

Boekbesprekings: Beate Gsell and Thomas MJ Möllers: Enforcing Consumer Markets and Capital Markets Law: A Diesel Emissions Scandal

Boekbesprekings: Beate Gsell and Thomas MJ Möllers: Enforcing Consumer Markets and Capital Markets Law: A Diesel Emissions Scandal

Author: FR Malan

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Retired Justice of Supreme Court of Appeal
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2021, p. 871-872
https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i4a11

Abstract

None