Re-assessing the African Principles on the Law Applicable to International Commercial Contracts through the prism of African traditional values

Author: TE Coleman

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Postdoctoral Research Fellow, Centre for International and Comparative Labour and Social Security Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2024, p. 75-95
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i1a6

Abstract

Die ontwikkeling van die African Principles on the Law Applicable to International Commercial Contracts is geïnspireer deur die noodsaak van ’n betroubare en stabiele transnasionale regsraamwerk in ooreenstemming met die verbintenis van die Afrika-Unie tot die bevordering van ekonomiese groei by wyse van die daarstelling van ’n vryehandelsone in Afrika. Die African Principles is ontwerp as pan-Afrikaanse instrument en dien as ’n modelwet vir nasionale en, in die toekoms, regionale en supranasionale wetgewing in Afrika. Dit poog om reëls oor die internasionale handelsreg op die Afrika-kontinent te harmoniseer. Die African Principles is beïnvloed deur internasionale instrumente soos die Hague Principles on Choice of Law in International Commercial Contracts en die UNIDROIT Principles of International Commercial Contracts, asook ander internasionale instrumente.

Met die pan-Afrika aspirasies van die African Principles, verwag ’n mens dat dit die gedeelde waardes en etiek van Afrika-samelewings weerspieël en absorbeer. Hierdie verwagting is geanker in die toenemende hoeveelheid uitsprake van sommige howe in Afrika om tradisionele Afrika-waardes en -etiek te demarginaliseer en in die Afrika-handels- en kontraktereg op te neem. Ongelukkig gee die huidige konsep van die African Principles nie uitvoering aan die groeiende oproep om tradisionele Afrika-waardes en -etiek op eiesoortige en unieke wyse te inkorporeer nie, ten spyte van die pan-Afrika omvang en toepassing daarvan. Kenmerkend van die African Principles is die verbintenis tot Westerse beginsels van individualisme en party-outonomie as ’n middel om oorgrens-kommersiële aktiwiteite op die Afrika-vasteland te bevorder.

Met hierdie artikel poog die outeur om die African Principles deur die lens van tradisionele Afrika-waardes en -filosofie te heroorweeg. Daar word besin oor die debatte en implikasies van die invoeging van tradisionele Afrika-waardes in die handels- en kontraktereg. Dit stel voor dat die bepalings in die African Principles gemodelleer word in ooreenstemming met daardie waardes.