Aantekeninge: Some rights are more equal than others – the constitution will perish, unless all of it is taken seriously

Author: J Van der Westhuizen

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2024, p. 96-104
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i1a7

Abstract

Weens Suid-Afrika se geskiedenis van kolonialisme en apartheid, asook ernstige ongelykheid, was dit noodsaaklik om sosio-ekonomiese regte naas burgerlike en politieke regte in die menseregtehandves van die grondwet te beskerm. Alle regte is egter nie ewe afdwingbaar nie. Indien sosio-ekonomiese regte leë beloftes blyk te wees, mag wantroue ontstaan in die verwesenliking van alle regte in die grondwet.

Artikel 184(3) van die grondwet skep ’n meganisme vir verslagdoening oor stappe ter verwesenliking van die regte rakende behuising, voedsel, water, mediese sorg, maatskaplike bystand, onderwys en omgewingsbewaring; asook die monitering van menseregte deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie. Die stelsel het egter grootliks in duie gestort. Dit mag neerkom op die verontagsaming van ’n direk opgelegde grondwetlike verpligting. Indien ander grondwetlike verpligtinge – byvoorbeeld dat die president ’n verkiesing moet afkondig – dieselfde pad loop, is ons grondwetlike demokrasie in gevaar.

Litigasie, byvoorbeeld ’n aansoek om ’n hofbevel dat een of meer respondente verklaar word om ’n grondwetlike plig te verontagsaam, mag nodig wees om die lot van armes te verbeter en die oorlewing van die grondwet te verseker.