Institutional design in deeply divided societies

Institutional design in deeply divided societies

Authors Bertus de Villiers

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2019, p. 285 – 302

Abstract

INSTITUSIONELE ONTWIKKELING IN DIEP-VERDEELDE GEMEENSKAPPE: SUID-AFRIKA EN KOSOVO EN LESSE VIR GRONDWETLIKE ONTWIKKELING IN ONTLUIKENDE DEMOKRASIE\xc3\x8b — DIE KIESSTELSEL Die ontwikkeling van grondwetlike instellings vir ontluikende demokratiese stelsels word telkens gekonfronteer met die vraag of die grondwetlike instellings uitdruklik die diversiteit van die bevolking moet reflekteer? Daar is, algemeen gesproke, twee benaderings onderskeibaar. Die benadering van Lijphart staan bekend as "konsosiasie" en berus op die veronderstelling dat etniese gemeenskappe geneig is om binne hulle eie "silo" hul politieke opinie uit te spreek, mee te ding vir steun, en aspirasies uit te leef. Die gevolg is dat die grondwet ontwerp moet word sodat gemeenskappe hul eie politieke partye kan steun, maar na die verkiesing moet daar verpligte magsdeling en koalisie-vorming tussen die leiers van partye wees — sogenaamde elite-samewerking. Die benadering van Horowitz staan bekend as "integrasie" en berus op die veronderstelling dat gemeenskappe aangemoedig moet word om van meet af tydens verkiesings saam te werk. Die politieke stelsels moet dus belonings inbou vir partye wat kruis-steun vanuit verskeie gemeenskappe ontvang. Koalisie word dus nie verplig nie, maar vloei vanuit eie-belang. Die kiesstelsels van Suid-Afrika en Kosovo reflekteer hierdie twee denkskole. In Suid-Afrika berus die kiesstelsel op proporsionele verteenwoordiging. Dit stel klein partye in staat om tot die parlement verkies te word. Die politieke kultuur en dominansie van die ANC is egter sodanig dat die uitslag van verkiesings steeds grootliks deur ras bepaal word, met ongeveer 90% swart kiesers wat ANC stem, en ongeveer 90% wit kiesers wat teen die ANC stem. Die integrasie-model van Horowitz het dus nog nie in Suid-Afrika tot effektiewe koalisie-regering aanleiding gegee nie. In Kosovo bestaan die kiesstelsel uit verskanste setels vir minderhede asook ‘n algemene proporsionele stelsel. Die konsosiasie-model van Lijphart lei egter daartoe dat die etniese partye poog om etniese verdeeldheid aan te wakker ten einde hul eie steun binne die verskanste setels te maksimaliseer. Die ervaring van die twee lande toon dat die benadering van Lijphart waarskynlik geskik is vir ‘n transisie (wat lank kan duur) alvorens die demokrasie en die politieke kultuur voldoende ontwikkel is om na die model van Horowitz oor te skakel.

Justifying the limitations on the landowner’s right to exclude

Justifying the limitations on the landowner’s right to exclude

Authors P Dhliwayo

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Limpopo
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2019, p. 252 – 284

Abstract

REGVERDIGING VAN DIE BEPERKINGS OP DIE GRONDEIENAAR SE UITSLUITINGSREG Die grondeienaar se uitsluitingsbevoegdheid word beperk deur wesenlike beperkings om nie-eienaars se nie-eiendomsregtelike regte wat beliggaam is in die grondwet te beskerm. Hierdie beperkings spruit direk voort uit nie-eiendomsregtelike grondwetlike regte, sonder tussentredende wetgewing, wetgewing wat effek gee aan nie-eiendomsregtelike grondwetlike regte, wetgewing wat nie effek gee aan nie-eiendomsregtelike grondwetlike regte nie en gemeenregtelike beginsels wat van toepassing is op nie-konsensuele toegangsregte. In alle gevalle waar die uitsluitingsreg beperk word, is dit belangrik om die regverdiging vir sodanige beperkings te oorweeg. In hierdie artikel word bepaal of die beperkings op die uitsluitingsreg geregverdig is. Die regverdigingsanalise mag twee tipes regverdiging behels. Die eerste tipe regverdigingsanalise oorweeg die regverdiging van ‘n spesifieke beperking op die grondeienaar se uitsluitingsreg. Met verwysing na die eerste tipe regverdigingsanalise word ondersoek wat die redes (statut\xc3\xaar of beleidsmatig) en gesag is vir die oplegging van ‘n spesifieke beperking op die uitsluitingsreg. Gewoonlik sluit die regverdigingsgronde in hierdie sin direkte verpligtings in wat spruit uit nie-eiendomsregtelike grondwetlike regte asook wetgewing en gemeenregtelike beginsels wat van toepassing is op nie-konsensuele toegangsregte. Dit is belangrik om te oorweeg hoe goed die regverdiging vir die beperking ‘n spesifieke doel dien. Die tweede tipe regverdiging is gebaseer op artikel 25(1) van die grondwet as uitgangspunt. Hierdie artikel bepaal of die effek wat die beperking het op ‘n individuele grondeienaar geregverdig is. Dit is dus noodsaaklik om te oorweeg of die uitkoms wat volg wanneer toegangsregte toegeken word aan nie-eienaars deur regswerking neerkom op ‘n arbitr\xc3\xaare ontneming van die uitsluitingsreg ingevolge artikel 25(1) van die grondwet. Indien die ontneming nie arbitr\xc3\xaar is nie, vereis dit nie artikel 25(1)-regverdiging nie. Indien die uitkoms wel geld as ‘n arbitr\xc3\xaare ontneming, is die vraag of die ontneming in ‘n bepaalde geval geregverdig kan word. Die outeur oorweeg ook of die ontneming neerkom op ‘n onteiening wat moet voldoen aan artikel 25(2) van die grondwet. Gevolglik onderneem hierdie artikel ‘n grondwetlike analise van die regverdigings vir die beperking van die grondeienaar se reg om nie-eienaars uit te sluit van die grond, met ‘n fokus op die gesag vir en die effekte van die beperking van die grondeienaar se uitsluitingsreg.