Belgium’s inheritance law reform of 2017 and 2018

Belgium’s inheritance law reform of 2017 and 2018

Authors: R Barbaix and D Leire

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Professor in Family Property Law at the University of Antwerp and member of the Antwerp Bar; PhD researcher at the University of Antwerp
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2022, p. 421-437
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i3a1

Abstract

Het Belgische erfrecht is door de Erfwet 2017 en de Wet Huwelijksvermogensrecht 2018 voor het eerst in twee eeuwen grondig aangepakt. Een alomvattende hervorming moest het erfrecht terug in overeenstemming brengen met de maatschappelijke realiteit. De gehele hervorming wordt in dit artikel systematisch besproken, met focus op de verschillende hedendaagse tendensen die aan de basis liggen ervan. Ten eerste is er de toename van het aantal nieuw samengestelde gezinnen, waardoor de wetgever onder andere voor inbreng en inkorting door de langstlevende echtgenote het huwelijk voortaan als startpunt neemt en een nieuwe omzettingsmodaliteit voor het erfrechtelijk vruchtgebruik van de langstlevende echtgenote heeft ingevoerd. Ten tweede is er de toenemende nood aan mechanismen om vermogen van grootouders naar kinderen te laten overgaan (de zogenaamde “generatiesprong”). De wetgever heeft in drie nieuwe mechanismen voorzien om dit te bewerkstelligen: de inbreng ten behoeve van een derde, de globale erfovereenkomst en in het algemeen een vergroting van het beschikbaar deel. Ten derde blijkt er vanuit de bevolking in het algemeen de vraag naar een vergroting van de beschikkingsvrijheid. Om dat te bewerkstelligen, werd de reserve van de ascendenten afgeschaft, de reserve van de afstammelingen vastgesteld op de helft van de nalatenschap onafhankelijk van het aantal afstammelingen en het verbod op erfovereenkomsten versoepeld. Ten slotte is er steeds meer focus op het kerngezin (bestaande uit de erflater, zijn echtgenote en de kinderen) in de plaats van op verdere bloedverwanten. Om die reden werd onder andere het intestaat erfrecht van de langstlevende echtgenote bij samenloop met verre bloedverwanten uitgebreid. Het artikel biedt een overzicht van alle wijzigingen in vijf verschillende delen: (1) de regels over de inkorting, (2) de regels over de inbreng, (3) de regels over de verdeling van de nalatenschap, (4) de regels over de erfovereenkomsten en (5) de regels met betrekking tot de erfrechtelijke positie van de langstlevende echtgenote. De wijzigingen worden waar nodig kritisch onderzocht en ruimer gekaderd in het Belgische erfrecht.

The proper test for appealability

The proper test for appealability

Author: Q Du Plessis

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Member of the Johannesburg Bar
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2022, p. 438-456
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i3a2

Abstract

In die Suid-Afrikaanse reg is nie elke hofbevel appelleerbaar nie. Sedert Zweni v Minister of Law and Order was die toets dat ’n bevel finale effek moet hê, dat dit finaal moet wees ten opsigte van die regte van die partye en dat dit minstens ’n aansienlike gedeelte van die geëiste regshulp moet afhandel. Boonop moet verlof tot appèl toegestaan word. Onlangs is die Zweni- dictum wel afgewater en vervang deur ’n samevattende toets met ’n oënskynlik grondwetlike herkoms, naamlik of dit in die belang van geregtigheid is om die appèl aan te hoor al dan nie. In hierdie artikel analiseer ek die belang van die geregtigheidstoets. In die eerste plek kritiseer ek die onderskeid wat getref word tussen enersyds appelleerbaarheid en andersyds verlof tot appèl. Aangesien verlof tot appèl net toegestaan mag word as die bevel appelleerbaar is, en ’n bevel nie appelleerbaar kan wees as verlof tot appèl nie toegestaan moes word nie, volg dit dat geen onderskeid getref behoort te word tussen die twee toetse nie. In die tweede plek argumenteer ek dat die belang van geregtigheid slegs die toets vir appelleerbaarheid na die konstitusionele hof behoort te wees en nie ook vir ’n beroep op enige ander hoër hof nie. Eerstens is dit omdat die toets verkry is uit artikel 167(6) van die grondwet, wat die standaard vir appelleerbaarheid na die konstitusionele hof definieer, maar nie na beroep na enige ander hoër howe verwys nie. ’n Bevinding dat die belang van geregtigheid die regte toets vir appelleerbaarheid vir ander howe ook is, is dus in stryd met die spreuk expressio unius est exclusio alterius. Tweedens volg dit omdat die dicta tot die teendeel wat die hoogste hof van appèl in S v Western Areas en Philani-Ma- Afrika v Mailula geopper het, obiter is. Steun op daardie sake as gesag vir die beginsel dat die belang van geregtigheid die toets vir appelleerbaarheid na ander howe as die konstitusionele hof is, is dus per incuriam. In die derde plek argumenteer ek dat artikel 17(1) van die Wet op Hoër Howe, 2013 die regte toets vir appelleerbaarheid na alle howe anders as die konstitusionele hof uiteensit. Dit is so omdat artikel 17(1) die minimum vereistes vir verlof tot appèl definieer. Enige hofbevel wat nie appelleerbaar is onder artikel 17(1) nie, kan dus nie appelleerbaar gemaak word deur die toets van die “belang van geregtigheid” nie. Verder is enige hofbevel wat appelleerbaar is onder artikel 17(1) óók appelleerbaar onder die toets van die belang van geregtigheid. In alle gevalle is die toets van die belang van geregtigheid dus nie wesenlik tot die toets vir appelleerbaarheid nie en behoort daarmee weggedoen te word by ’n beroep op enige ander hoër hof as die konstitusionele hof. “[T]he tale I have to tell is unflattering of the higher judiciary. It is an account of how the judges invented a rule based upon conceptual misunderstanding … ; of their invincible ignorance of the mess they had made of the law; and of their immobility on the subject, carried to the extent of subverting an Act of Parliament designed to put them straight.”

The apportionment of legal costs in South Africa: a comparative analysis

The apportionment of legal costs in South Africa: a comparative analysis

Author: T Bekker

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Associate Professor in Procedural Law, University of Pretoria
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2022, p. 457-476
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i3a3

Abstract

Een van die grootste hindernisse wat toegang tot die reg in siviele sake, soos gewaarborg in artikel 34 van die Suid-Afrikaanse grondwet, belemmer, is die toekenning van astronomiese regskoste aan die einde van ’n regsgeding. Daar is twee fundamentele reëls wat van toepassing is wanneer ’n hof ’n kostebevel toestaan aan die einde van regsverrigtinge in Suid-Afrika. Die eerste basiese reël bepaal dat die toekenning van regskoste in die diskresie van die hof is. Die tweede algemene reël bepaal dat koste die uitkoms volg, met ander woorde, koste word toegeken aan die suksesvolle party (die sogenaamde Engelse model). Daar kan slegs van hierdie algemene reël afgewyk word waar daar goeie gronde of spesiale omstandighede teenwoordig is wat die toekenning van ’n alternatiewe kostebevel regverdig. Hierdie wye diskresie gee egter aanleiding tot sekere problematiese aspekte in gevalle waar beide partye ’n sekere mate van sukses behaal. In hierdie artikel word die reël dat koste in die algemeen die uitkoms volg in die afwesigheid van spesiale omstandighede, krities bespreek. Daar word aangevoer dat, alhoewel die toekenning van koste in die algehele diskresie van die voorsittende beampte is, die algemene reël dat koste die uitkoms volg, in die meeste gevalle slaafs nagevolg word, selfs waar daar ’n werklike dispuut tussen die partye bestaan. Daar word aangetoon dat daar verskillende benaderings deur ons howe gevolg word by die toekenning van kostebevele wat regsonsekerheid tot gevolg het en wat dit moeilik maak vir ’n party om te besluit of dit die moeite werd is om regsverrigtinge in te stel of te verdedig. Daar word derhalwe aanbeveel dat die algemene reël behou moet word, maar dat die howe se diskresie vernou moet word en dat sekere voorafbepaalde faktore in aanmerking geneem moet word by die toekenning van ’n kostebevel, wat billik is teenoor al die partye. Die algemene reël behoort ook gewysig te word om voorsiening te maak vir die verdeling van regskoste waar beide partye ’n mate van sukses behaal het tydens die verhoor. Die regsposisie in België, Duitsland, Nederland en Engeland en Wallis word krities bespreek en daar word aanbeveel dat sekere bepalings van hierdie buitelandse regstelsels met vrug in Suid-Afrika geïmplementeer kan word.

Copyright owners, performers and streaming: a South African perspective on addressing the value gap

Copyright owners, performers and streaming: a South African perspective on addressing the value gap

Author: G Jansen

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Lecturer, Department of Mercantile Law, Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2022, p. 477-495
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i3a4

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die bedryf van aanlyn musiekstroomdienste, en in die besonder tot watter mate outeursreghebbendes en kunstenaars vergoed word vir die gebruik van hul beskermde werk deur musiekstroomdienste. Soos tegnologie ontwikkel, het die gebruik van musiekstroomdienste die oorwegende manier geword waarop luisteraars omgaan met musiek. Hoewel die aantal musiekstroomdiensgebruikers beduidend toeneem, is daar nie ’n ooreenstemmende toename in die tantieme wat outeursreghebbendes en kunstenaars ontvang vir die gebruik van hul werke deur musiekstroomdienste nie. Daar is ’n wêreldwye poging om hierdie waardeverskil aan te spreek. Die artikel ontleed die Suid-Afrikaanse wetgewing rakende die verhouding tussen outeursreghebbendes en kunstenaars, en die tantieme waarop hul geregtig is. Daar word ondersoek of hierdie partye effektief beskerm word in die lig van hoe aanlyn musiekstroomdienste bedryf word. Die outeur voer aan dat daar ’n duidelike verskil is in die mate waartoe outeursreghebbendes en kunstenaars beskerm word in terme van die Wet op Outeursreg en die Wet op die Beskerming van Kunstenaars. Kunstenaars het slegs ’n reg op vergoeding vir die gebruik van hul optredes, waar outeursreghebbendes eksklusiewe regte het tot die gebruik en uitbuiting van hul werk. Gebaseer op die voorstelle en wysigings van die Wêreld Intellektuele Goedere Organisasie en die Europese Unie, voer die outeur aan dat ʼn addisionele reg tot vergoeding vir die gebruik van hul werk in die geval van die interaktiewe manier waarop musiekstroomdienste bedryf word, ingesluit moet word in die raamwerk van outeursregwetgewing. Hierdie voorgestelde wysiging verseker dat Suid- Afrikaanse musikante billike vergoeding ontvang vir die gebruik van hul werk in die bedryf van aanlyn musiekstroomdienste en verseker ook datdie Suid-Afrikaanse wetgewende raamwerk op gelyke voet met internasionale standaarde kan wees.