Regspraak: Precarium to the rescue as deus ex machina in a hard case

Regspraak: Precarium to the rescue as deus ex machina in a hard case

Author: Johan Scott

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of South Africa
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2022, p. 171-191
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i1a10

Abstract

Die Khumalo-saak handel oor n bejaarde man (K) se aansoek om n spoliasiebevel teen L (die eienaar van n plaas waaroor K jare lank vir hom n pad na sy woning toegeëien het) wat eensklaps sy grond toegespan het en geweier het om die heksleutels aan K – ’n okkupeerder ingevolge artikel 1 van die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg 62 van 1997, woonagtig op n buurplaas te oorhandig ten einde hom in staat te stel om steeds die pad te gebruik. Ofskoon daar n ander pad na K se woning was, was dit uiters swak en slegs geskik vir gebruik deur 4×4 voertuie. Aangesien K net n ou bakkie besit het, het hy geweldig ongerief verduur as gevolg van L se optrede. L het aangevoer dat hy goeie redes gehad het vir sy optrede, onder andere bodembewaring en om wilddiewe hok te slaan, asook dat K boonop nie ingevolge n serwituut van via toegang oor sy plaas gehad het nie. Die grondeisehof het op grond van n bedenklike toepassing van artikel 22(2)(c) van die Wet op Herstel van Grondregte 22 van 1994 vir hom jurisdiksie toegeëien. Verder het die hof, strydig met die robuuste en spoedeisende aard van die mandament van spolie, die beswaar dat die applikant sy aansoek eers na twee jaar en agt maande geloods het, summier verwerp en daarnaas, ook strydig met bestaande beginsel en praktyk, in besonderhede op die meriete van K se saak ingegaan om tot die beslissing te geraak het dat daar n stilswyende precarium tussen K en L gesluit is, omdat L se werknemers wat sienderoë toegelaat het dat K die pad oor L se grond gebruik, as L se verteenwoordigers vir doeleindes van sluiting van die precarium-ooreenkoms bevind is. Ingevolge die normale reëls moes die prekaris, K, dus volgens die hof redelike kennis van die precarium dans, L, ontvang het voordat laasgenoemde sy plaas kon afsper. Die hof het in wese geregtelik kennis geneem van hierdie precarium en hom geensins gesteur aan die bestaande reëls van die kontraktereg en, in die besonder, die verteenwoordigingsreg nie. Veral oppervlakkig was die hof se behandeling van die vereiste van skending van quasi-besit vir die mandament van spolie in gevalle waar die applikant nie in daadwerklike beheer van n onroerende saak was nie. Die hof het hier in werklikheid deur middel van die toepassing van spoliasiebeginsels spesifieke nakoming van die precarium-kontrak gelas. Daar word betoog dat die hof uit sy pad gegaan het om K uit sy verknorsing te help, ofskoon daar in die lig van geldende regsreëls geen regverdiging vir sodanige regshulp was nie. Hoogstens het die feit dat L jarelank vir K toegelaat het om sy pad te gebruik op toestemming – ’n eensydige regshandeling wat te eniger tyd herroep kan word neergekom en L was dus ten volle daarop geregtig om sy plaas af te sper. Daar kan verder geensins betoog word dat daar n grondwetlike verpligting op L gerus het om K se gebruik van die pad oor sy plaas te gedoog nie. Deur hierdie uitspraak het die hof n gevaarlike presedent geskep.

 

Regspraak: When Caesar must pay, Caesar must pay – the withholding of tax refunds by the South African Revenue Service

Regspraak: When Caesar must pay, Caesar must pay – the withholding of tax refunds by the South African Revenue Service

Author: Thabo Legwaila

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2022, p. 191-204
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i1a11

Abstract

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is verantwoordelik vir die administrasie en invordering van belasting. Ten einde hierdie mandaat effektief te verwesenlik, het die SAID verreikende magte kragtens Deel 1 van die Wet op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens 34 van 1997. Dit gebeur dikwels dat belastingbetalers meer aan die SAID betaal as die verskuldigde belasting of dat terughoudingsagente, soos werkgewers of die betalers van rente, dividende ensovoorts, meer as die verskuldigde belasting invorder en oorbetaal aan die SAID. Dit veroorsaak n situasie waar die SAID die oortollige bedrag aan die belastingbetaler moet terugbetaal. Artikel 190 van die Wet op Belastingadministrasie 28 van 2011, wat gemoeid is met die terugbetalings van oorbetalings, bepaal dat die SAID n terugbetaling, wat rente insluit, moet maak indien n persoon geregtig is op die terugbetaling omdat die bedrag behoorlik terugbetaalbaar is kragtens n belastingwet en dit so aangetoon word in n aanslag of die bedrag wat betaal is meer is as die bedrag betaalbaar volgens die aanslag. Die SAID hoef egter nie n terugbetaling te magtig totdat n verifikasie, inspeksie, oudit of strafregtelike ondersoek van die terugbetaling afgehandel is nie. In die Rappa Resources-saak het die hof die situasie oorweeg waar n belastingbetaler geregtig was op n terugbetaling vanaf die SAID, maar die SAID nie die terugbetaling tydig gemaak het nie omrede die belastingbetaler aan n oudit onderworpe was. Die hof het bevind dat die SAID die oudit onnodig vertraag het, wat daartoe gelei het dat die terugbetaling weerhou is. As sulks het die hof bevind dat die SAID die terugbetaling moet maak en die oudit binne n redelike tyd moet afhandel. Die hof het egter onbehoorlike klem op die besigheidsmodel van die belastingbetaler geplaas toe dit bevind het dat wanneer die SAID n terugbetaling weerhou in gevalle waar dit noodsaaklik is vir die besigheidsmodel van n belastingbetaler, soos in hierdie geval, die oudit nie n onbepaalde tyd kan neem om gefinaliseer te word nie. In n ander saak, Top Watch (Pty) Ltd v The Commissioner of the South African Revenue Service (2018 JDR 1311 (GJ)) het die hof bevind dat die SAID nie kon bewys dat daar n uitstaande skuld was nie en daarom kon die SAID nie die terugbetaling weerhou nie. Hierdie vonnisbespreking wys op die SAID se versuim om die behoorlike proses ten opsigte van terugbetalings te volg, die onregverdigheid wat so n weerhouding vir belastingbetalers inhou en die rol wat die belastingombudkantoor gespeel het om belastingbetalers by te staan om verskuldigde terugbetalings vanaf die SAID te verkry. Dit dui verder op die SAID se inbreukmaking op belastingbetalers se reg tot finaliteit; die nadelige gevolge wat die weerhouding van terugbetalings op belastingbetalers het; en illustreer, met behulp van n vergelykende analise, dat die SAID se verontagsaming van die reg, wat blyk praktyk te wees vir dié belasting invorderaar, heeltemal onregverdigbaar is. Die kort vergelykende analise dui daarop dat die statutêre bepalings nie té beperkend of té problematies vir die SAID is nie.

 

Boekbesprekings: Bhauna Hansjee, Fahreen Kader and Clement Marumoagae: The Survivor’s Guide for Candidate Attorneys

Boekbesprekings: Bhauna Hansjee, Fahreen Kader and Clement Marumoagae: The Survivor’s Guide for Candidate Attorneys

Author: NR Naidoo

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2022, p. 205-206
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i1a12

Abstract

None

 

Boekbesprekings: DJ Mcquoid-Mason (ed): Street Law and Public Legal Education: A Collection of Best Practices from around the World in Honour of Ed O’Brien

Boekbesprekings: DJ Mcquoid-Mason (ed): Street Law and Public Legal Education: A Collection of Best Practices from around the World in Honour of Ed O’Brien

Author: Nazreen Ismail

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2022, p. 208-212
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i1a14

Abstract

None

 

Setting aside the (result of a) vote to reject a business rescue plan: mind the gaps when biting at the cherry!

Setting aside the (result of a) vote to reject a business rescue plan: mind the gaps when biting at the cherry!

Authors: P O’Brien and J Calitz

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Professor of Mercantile Law, University of Johannesburg; Associate Professor of Mercantile Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2021, p. 409-435
https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i3a1

Abstract

Die Maatskappywet 71 van 2008 skep ’n regsmiddel van laaste hulp wanneer daar nie genoeg steun van skuldeisers is om ’n sakereddingsplan te aanvaar nie. Dit verg ’n hofaansoek om (die uitslag van) ’n stemming waartydens die sakereddingsplan verwerp is, ter syde te stel. Daar is verskeie gapings in die wet wat die afdwinging van hierdie regsmiddel bemoeilik. Die vertolkingsprobleme wat vernaamlik in hierdie bydrae aangespreek word, is: Wat is die sneller vir die regsmiddel binne die konteks van die wet? Behels die regsmiddel dat die hof ’n diskresie uitoefen? Wat beteken die vereiste vir tersydestelling dat die stemming onvanpas was? Hoeveel faktore moet die hof volgens die wet in ag neem wanneer dit hierdie regsmiddel oorweeg? Wat is die vertolking van die drie faktore wat spesifiek in die wet genoem word wat oorweeg moet word, en in besonder sluit die eerste faktor die oorweging van goeie trou in? Met verwysing na watter tydstip moet oorweeg word of die stemming paslik was? Wat is die gevolge van die tersydestelling van (die uitslag van) die stemming? Wie moet as respondente gevoeg word tot ’n aansoek vir tersydestelling? Wat is die gevolg van die oënskynlike teenstrydigheid tussen die tersydestelling van die uitslag van ’n stemming, en die tersydestelling van ’n stemming, aangesien die wet beide uitdrukkings gebruik? Maak die regsmiddel dit moontlik dat die hof kan verklaar dat ’n sakereddingsplan soos gewysig deur die hof geag aanvaar te wees?

Daar word ook sydelings na moontlike grondwetlike kwessies verwys wat ter sprake kan kom by die regsmiddel. Terwyl verskeie van die leemtes wat deur die wetgewing gelaat is, gevul is deur die regspraak, was die wyse waarop dit gebeur het, in verskeie opsigte verrassend. Dit is veral ’n probleem dat benewens die drie faktore wat uitdruklik in die wet genoem word wat in ag geneem moet word wanneer die hof die regsmiddel oorweeg, die hoogste hof van appèl beslis het dat daarbenewens verdere faktore oorweeg moet word wat insluit dat die belange van alle belanghebbendes teen mekaar opgeweeg moet word. Dit behels potensieel die belange van ’n groot groep persone, insluitend die klante van die besigheid.

Dit is moeilik om te dink dat dit werkbaar by gebruik van die regsmiddel is om die belange van al hierdie persone in gedagte te hou. Daar bly ook ’n vraagteken hang oor die vraag of goeie trou oorweeg word wanneer die regsmiddel ter sprake kom, alhoewel daar sterk aanduidings is dat dit wel die geval is. Die bydrae moet saamgelees word met dié van ander kommentators wat uitwys hoe slordig hoofstuk 6 van die wet opgestel is en hoeveel leemtes dit het. Sakeredding is so ’n belangrike aangeleentheid dat hierdie hoofstuk van die wet die sosio-ekonomiese welstand van ons land in gedrang kan bring.