Regspraak: Reflecting on a judgment – an outlier, or just a standard eviction case?

Regspraak: Reflecting on a judgment – an outlier, or just a standard eviction case?

Author: ZT Boggenpoel

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2024, p. 580-590
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i3a10

Abstract

Die uitspraak in Trustees for the Time Being of the PG W Family Trust v N W (87/2023) 2024 ZAWCHC 57 (31 Jan 2024) vorm die fokus van hierdie vonnisbespreking. Hier is ’n beroep op die hof gedoen om te besluit of dit regverdig en billik is om ’n bejaarde vrou en haar seun, wat albei verskeie gesondheids- en sielkundige uitdagings gehad het, uit te sit vanuit eiendom waarvan die eerste tot derde applikante mede-eienaars is. Die hof het bevind dat dit wel regverdig en billik sou wees om die respondente uit te sit, maar het die bevel onderhewig aan verskeie voorwaardes gemaak.
Hierdie saak toon dat nieteenstaande die feit dat die nuwe uitsettingsbedeling merkwaardig meer sensitief is vir marginaliteit, swakheid en kwesbaarheid, uitsetting van onregmatige okkupeerders beslis moontlik is, ongeag of die onregmatige okkupeerders in ’n paar kategorieë van kwesbaarheid val in terme van faktore wat in die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond 19 van 1998 gelys word.
Hierdie bydrae daag ons uit om na te dink of ’n saak soos die PG W-saak die pendulum weggeskuif het van (of na) eksklusiewe fokus op die gemeenregtelike reg om uit te sluit (gebaseer op die grondeienaar se sterker reg tot besit), wat die fokus van uitsettingsregspraak in die voor-grondwetlike era was. In die konteks van geskikte alternatiewe behuising toon die PG W-saak aan dat ’n hof dit vir die plaaslike owerheid los om te bepaal watter behuising geskik is. Die hof sal egter in sy bevel probeer om die verwoestende gevolge van uitsetting en hervestiging te versag deur soms selfs positiewe verpligtinge op grondeienaars te plaas om die hervestiging draagliker te maak.
Oor die algemeen het die vonnisbespreking gepoog om gedagtes te gee oor die druk-trek-elemente van die balansering van die diskresie om ’n uitsetting toe te staan al dan nie. En hoewel ’n mens nie kan voorspel hoe ’n ander uitsettingsaak in die toekoms beslis sal word nie, gegewe die uniekheid van die feite en omstandighede in ’n bepaalde geval, kan ’n mens beslis begin om sleutelaanwysers aan te toon van ’n tendens in uitsettingsgevalle. Daar word gehoop dat hierdie vonnisbespreking sal bydra tot die bespreking van hoe so ’n tendens moontlik lyk – en wat die slaggate daarvan kan wees.

Regspraak: Court acting mero motu in making findings against a party on issues not raised with the parties and without having heard them thereon

Regspraak: Court acting mero motu in making findings against a party on issues not raised with the parties and without having heard them thereon

Author: W Le R De Vos

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Visiting Professor, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2024, p. 590-600
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i3a11

Abstract

In hierdie saak het drie applikante aansoek gedoen om die uitsetting van twee respondente van ’n perseel wat aan die eerste applikant behoort het. Daar was ook ’n derde respondent maar die het geen rol in die verrigtinge gespeel nie. Aangesien alternatiewe akkommodasie oorweeg sou moes word, is die stad Kaapstad as ’n vierde respondent gevoeg. Die eerste applikant was “The Trustees for the Time being of the PG Williams Family Trust”. Die trust is gestig deur Peter G Williams (Peter), ’n prokureur, en hy en sy vrou, Annastasia, was die enigste trustees. Peter het te sterwe gekom, wat beteken het dat Annastasia die enigste oorblywende trustee was. Dit het ook meegebring dat sy effektiewelik die eerste applikant was. Peter het drie eiendomme gehad ten tye van sy dood. Annastasia en haar kinders het een eiendom bewoon, ’n ander een is verhuur, terwyl die derde woning deur Annastasia aan die tweede en derde applikante verkoop is. Ingevolge die koopkontrak was laasgenoemde geregtig op ongestoorde besit (vacua possessio). Die probleem was egter dat die eerste en tweede respondente reeds vir jare die perseel bewoon het. Dit het blykbaar met Peter se stilswyende goedkeuring geskied, maar niks is op skrif geplaas nie. Die eerste respondent was Neil, 60 jaar oud en werkloos. Hy was Peter se broer. Die tweede respondent was Gladys, 87 jaar oud, swak en sorgbehoewend. Sy was beide Neil en Peter se moeder.
Namens die applikante is betoog dat, self al het die twee respondente ’n reg van okkupasie bekom, kon dit met kennisgewing aan hulle beëindig word. Sodanige skriftelike kennisgewing is inderdaad driemaal aan die respondente gegee. Volgens die applikante was die respondente se okkupasie daarna onregmatig. Die respondente het aangevoer dat hulle ’n lewenslange reg van okkupasie van Peter ontvang het, wat deur Annastasia ontken is. Hulle het egter toegegee dat sodanige reg deur kennisgewing beëindig kon word. Die respondente het dus eintlik nie ’n geldige verweer gehad nie. Gevolglik het waarnemende regter Holderness bevind dat hulle onregmatiglik in besit van die perseel was.
In die lig van artikel 26(3) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 en artikel 4(7) van Wet 19 van 1998 moes die hof vervolgens oorweeg, na inagneming van alle relevante omstandighede, of dit regverdig en billik (“just and equitable”) sou wees om die respondente uit te sit. In die verband moes die regter ook oorweeg of die stad Kaapstad alternatiewe akkommodasie aan die respondente sou kon verskaf. ’n Verontrustende faktor wat die hof ook in ag geneem het, was die feit dat die eerste applikant (Annastasia) aangebied het om die tweede respondent (Gladys) in haar (Annastasia se) huis te laat woon met die hulp van ’n versorger, welke aanbod summier deur Gladys van die hand gewys is. Na oorweging van alle relevante omstandighede het die regter tot die slotsom gekom dat dit wel regverdig en billik sou wees om ’n uitsettingsbevel toe te staan. Maar ten einde die ongunstige gevolge van sodanige bevel te temper het sy sekere onderhoudsverpligtinge op die eerste applikant geplaas, wat onder andere ingehou het dat laasgenoemde ’n gekwalifiseerde en ervare versorger in diens moes neem wat die tweede respondent vir agt ure elke dag moes bystaan.
Die vraag of die hof ’n onderhoudsverpligting op ’n party kon plaas, wat nie ’n bloedverwant van die tweede respondent was nie, is nie ten aanvang as een van geskilpunte deur die regter geïdentifiseer nie. Dit is ook nie teenoor die partye se regsverteenwoordigers geopper sodat hulle betoë daaroor kon aanbied nie. Die regter het dus heeltemal mero motu opgetree toe sy tot die bevinding gekom het en die onderhoudsbevele uitgereik het.
Die vonnisbespreking gee kritiese oorweging aan die genoemde bevinding en bevele van die hof, met inagneming van die fundamentele prosesregtelike waarborge van siviele litigante. Veral van belang in die verband is die reg om aangehoor te word (audi alteram partem) en die gelykheidsbeginsel. Deur nie die oplegging van onderhoudsbevele as ’n geskilpunt te identifiseer en geleentheid aan die regsverteenwoordigers te bied om betoë daaroor aan te bied nie, het die regter versuim om die partye se reg om hulle onderskeie sake by die verhoor aan te bied en hulle opponente se sake te betwis, te eerbiedig. Sy het haarself ook van die geleentheid ontneem om die partye se argumente in ag te neem by oorweging van haar bevinding en gepaste bevele.

Regspraak: Delictual liability and the stowaway plaintiff

Regspraak: Delictual liability and the stowaway plaintiff

Authors: L Boonzaier and C Le Roith

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Cape Town; Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2024, p. 600-611
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i3a12

Abstract

Hierdie bespreking handel oor die vraag hoe dit die toekenning van deliktuele aanspreeklikheid beïnvloed as die eiser self onregmatig opgetree het tydens die beweerde delik. Histories het die Suid-Afrikaanse reg hierdie probleem van “eiser-oortreding” hanteer deur gebruik te maak van die bestaande elemente van deliktuele aanspreeklikheid, veral die voorsienbaarheidsvereiste soos dit verskyn in die leerstuk van culpa of skuld. Die howe het dus die probleem aangespreek sonder om vaste reëls of ’n verweer te ontwikkel. Dit lei tot ’n relatief permissiewe benadering, waarvolgens eiser-boosdoeners dikwels in hul eise kan slaag.
Suid-Afrika se benadering is egter nou skynbaar verander deur Bhiya v Passenger Rail Agency of South Africa, waarin die Gautengse hooggeregshof in Pretoria ’n deliktuele eis verwerp het van ’n passasier wat sonder ’n geldige vervoerbewys onwettig gereis het, maar wat deur die nalatige optrede van die verweerder se personeel betrokke by die bedryf van die pendeltrein tydens daardie reis beseer is. Die hof verskaf twee redes vir die beslissing. Eerstens regverdig die hof die besluit deur die bestaande, voorsienbaarheid-gebaseerde benadering te gebruik. Tweedens het die hof bevind dat dit strydig met openbare beleid sou wees om die eis toe te laat. Daardeur skep die hof ’n bykomende en meer robuuste grond waarop sulke eise geweier kan word, geleë binne die element van onregmatigheid.
Hierdie nota kritiseer beide hierdie aspekte van die uitspraak. Die eerste grond van die besluit verdraai vorige gesag en is ondeursigtig oor die evaluerende uitsprake wat die hof maak. In besonders verdraai die hof die uitspraak van Innes HR in Farmer v Robinson Gold Mining Co Ltd, wat in 1917 die skuld-gesentreerde benadering gegrond het en steeds ons leidende gesag oor die probleem van eiser-oortreders is. Die Bhiya-saak teiken sulke eisers vir spesiale behandeling, net soos die Farmer-saak dit verwerp. Die hof se tweede grond, gebaseer op onregmatigheid, is hardhandig en versuim om belangrike kompleksiteite te bespreek. Dit is waar dat die onregmatigheidselement draai op oorwegings van openbare beleid soos dié wat deur die regter in die Bhiya-saak bespreek is. Haar redenasie het ook antesedente, beide in Suid-Afrika en op internasionale gebied. Nietemin voer die outeurs aan dat dit onregverdig teen die eiser in die Bhiya-saak inwerk. Die uitspraak slaag ook nie daarin om die grondslag te identifiseer waarop tussen waardige en onwaardige eise onderskei kan word nie. Ons voer aan dat die appèlhof ’n meer omsigtige benadering behoort te volg.

Boekbesprekings: M Dendy and C Loots: Herbstein and Van Winsen – The Civil Practice of the Superior Courts of South Africa

Boekbesprekings: M Dendy and C Loots: Herbstein and Van Winsen – The Civil Practice of the Superior Courts of South Africa

Author: ML Du Preez

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2024, p. 612-615
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i3a13

Abstract

None

PRASA’s open-door commuter trains remain a reliable source of income for legal practitioners: a survey of recent case law

PRASA’s open-door commuter trains remain a reliable source of income for legal practitioners: a survey of recent case law

Author: TJ Scott

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Professor Extraordinarius in Private Law, University of South Africa
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2024, p. 189-221
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i2a1

Abstract

Ofskoon die spoorwegstelsel in Suid-Afrika reeds vroeg ontwikkel het en tydens die vorige eeu ’n hoogtepunt van effektiwiteit én diensbaarheid bereik het, het dit oor die laaste dekades erg verval, in die besonder wat pendeldienste deur voorstedelike treine betref. Hierdie toestand het aanleiding gegee tot die stigting van die Rail Commuters Action Group wat in 2005 in Rail Commuters Action Group v Transnet t/a Metrorail daarin geslaag het om die konstitusionele hof daarvan te oortuig dat die Passenger Rail Agency of South Africa (PRASA) wat vir pendeldienste verantwoordelik is, ’n publiekregtelike verpligting het om pendelaars veilig te vervoer. Dieselfde hof het in 2016 in Mashongwa v Passenger Rail Agency of South Africa beslis dat PRASA se verpligting teenoor pendelaars ook privaatregtelik van aard is en dat verbreking daarvan die grondslag van ’n deliktuele vordering kan vorm.
In 2023 is daar verskeie uitsprake in die SAFLII hofverslae gerapporteer, waarvan die volgende vyf gehandel het oor beserings opgedoen deur pendelaars wat tydens hul reis by oop treindeure uitgeval het en ernstig beseer is: Mthethwa v Passenger Rail Agency of South Africa (PRASA), Maphela v Passenger Rail Agency of South Africa, Mathekga v Passenger Rail Agency of South Africa, Mavhungu v Passenger Rail Agency of South Africa en Davids v The Passenger Rail Agency of South Africa. In hierdie bydrae word elk van hierdie uitsprake krities ontleed om te bepaal hoe die howe die geykte beginsels van die deliktereg probeer toepas om die toenemende aantal sake van dié aard te besleg.
Slegs een van die uitsprake is as rapporteerbaar aangemerk (die Maphela-saak), wat aanduidend is van die feit dat die regters (met die uitsondering van die voorsittende beampte in die Davids-uitspraak almal waarnemend) nie van oordeel was dat hulle oorspronklike bydraes tot die regspleging gemaak het nie. Ofskoon dit die geval blyk te wees, bied hul uitsprake waardevolle voorbeelde vir die praktyk van hoe veral die onregmatigheids- en nalatigheidselement van die onregmatige daad in dié soort geval benader en toegepas word. Ongelukkig skiet meeste van hierdie uitsprake in ’n mindere of meerdere mate tekort ten aansien van die hantering van die regsteorie, byvoorbeeld wat die uiteensetting en toepassing van die toets vir nalatigheid betref. Dit kom ook voor of daar nie deurgaans duidelikheid heers oor die grense van die onregmatigheids- en nalatigheidselemente nie. Verder blyk dit dat die meerderheid regters tevrede was om die kousaliteitsvraag slegs met verwysing na feitelike kousaliteitsbeginsels te besleg, sonder om juridiese kousaliteit uitdruklik te oorweeg.
Dit blyk duidelik dat dringende stappe nodig is om die infrastruktuur van ons pendel-spoorverkeer te verbeter ten einde te verhoed dat die soort ongeval wat in hierdie bydrae onder die loep geneem word, voortduur, of selfs vererger. Tot tyd en wyl dit geskied, sal PRASA se treine met oop deure ’n betroubare inkomstebron vir regpraktisyns verseker.

’n Perdepaspoort, logboek, mantel of die invecta et illata in huureiendom is geen objekte van ’n retensiereg van die besitter nie

’n Perdepaspoort, logboek, mantel of die invecta et illata in huureiendom is geen objekte van ’n retensiereg van die besitter nie

Author: JC Sonnekus

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Professor in Privaatreg, Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2024, p. 222-246
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i2a2

Abstract

A retentor derives no real security right from either an obligatory agreement or a real agreement with the owner of the thing he is retaining under his lien. Therefore he is not on the same footing as the holder of a right of hypothec, mortgage or pledge who is in possession of the thing of another as holder of a limited right of real security. With the exception of the pledgee with an additional entitlement agreed to by the pledgor to use the object of the pledge (pactum antichreseos), it is common to all the said limited real security figures that the retainer derives no entitlement to take advantage of the property of another in his possession. However, notwithstanding the fact that he may derive no benefit from his withholding of the object, he is responsible for preserving the object against damage or risk at his own expense as the de facto custodian of the object, although no agreement of bailment came about.
It would be wrong to assume randomly that all examples of rightful retention of another’s goods are examples of liens. It may also be the entitlement of a limited real security right such as the tacit hypothec of a landlord or patron of a restaurant. The ius retentionis of the holder of a lien is merely the limited entitlement of the creditor without any preceding agreement between the owner of the object being retained and the creditor entitling the latter to retain it as long as the owner as debtor is in default of paying his dues to the holder of the lien for costs incurred by the latter regarding the object of the lien.
No lien comes into play unless the required nexus exists regarding the parties involved and the object retained. In contrast, in the cases of a tacit hypothec of a landlord or innkeeper, there is no question of any coherence or nexus between the claim of the landlord to the invecta et illata or hotel-keeper to the coat of the guest as creditor and the object being retained.
Subject to special statutory regulation, no limited real security right can be established on an integral part of a thing. Only a thing that meets all the requirements as an object of a real right can be the object of a real right and this also applies to a limited real right. Possession of a thing requires exclusive control over it and not simply possession of an integral part or symbol of the object of the debtor’s real right of ownership if the object is classified as a movable. Possession is, however, no requirement for a derivative mode of acquisition of a real right on immovable property. It is submitted that mere possession of the passport of a horse or the logbook of an aeroplane does not suffice as symbolic possession of the horse or the aeroplane.
Withholding part of the due performance under a reciprocal agreement until the counterparty has fully performed or because by agreement the debtor wishes eg to occupy the new house for three months to see what defects in the construction comes to light before delivering the agreed retention money to the builder, is no example of a lien. The retaining of the agreed portion of the final performance by the mandator is neither an entitlement of a limited real right nor a lien. This is part of the agreed terms of the building contract and any attempt by the creditor to compel performance before the condition had been met can be averted with the exceptio non adimpleti contractus.