‘Just and Equitable’ Grounds for Review in Section 158(1B) of the LRA

‘Just and Equitable’ Grounds for Review in Section 158(1B) of the LRA

Author Andrea Joy Zitzke

ISSN: 2413-9874
Affiliations: BA Law (Pretoria), LLB (Pretoria), LLM (Stellenbosch), LLD candidate (Free State)
Source: Industrial Law Journal, Volume 46 Issue 3, 2025, p. 1550 – 1573

Abstract

When will a court find it ‘just and equitable’ to intervene during incomplete proceedings in terms of s 158(1B) of the Labour Relations Act 66 of 1995 (LRA)? It is becoming more and more commonplace, contrary to the purpose of the LRA, to bring reviews during incomplete Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA) and bargaining council proceedings. It is therefore necessary to clarify when a court will exercise its discretion to review proceedings before their finalisation. Since determining what is ‘just and equitable’ has been a ‘difficult horse to ride’ for the court and litigants alike, it is necessary for principles to be extracted from previous decisions in order to produce concrete rules that will assist with establishing when a court may intervene during incomplete proceedings in terms of s 158(1B) in accordance with legal certainty and stare decisis. In this contribution, the history of case law is traced in an attempt to distil relevant concrete principles that can assist practitioners and courts in this determination.

Unfounded Accusations of Racism as Workplace Discrimination: Solidarity on behalf of K v Western Cape Education Department & others [2024] ZALCCT 59

Unfounded Accusations of Racism as Workplace Discrimination: Solidarity on behalf of K v Western Cape Education Department & others [2024] ZALCCT 59

Author Marius van Staden

ISSN: 2413-9874
Affiliations: Associate Professor, School of Law, Wits University
Source: Industrial Law Journal, Volume 46 Issue 3, 2025, p. 1573 – 1589

Abstract

This case note examines a Labour Court judgment concerning unfounded accusations of racism in the workplace, focusing on the intersection between misconduct and discrimination. The case raises important questions about the interpretation of the Employment Equity Act 55 of 1998 and employer liability for discriminatory conduct. Through analysis of the court’s reasoning, this note identifies three significant problematic elements: the failure to recognise unfounded accusations of racism as inherently discriminatory, an overly technical approach to employer liability under s 60, and a questionable treatment of the severity threshold for harassment. Drawing on established jurisprudence, the analysis demonstrates how the judgment diverges from existing legal principles regarding workplace discrimination. The note argues that the court’s approach potentially undermines the protective purpose of anti-discrimination legislation and may set concerning precedents for future cases involving unfounded allegations of racism in workplace disputes. It concludes that a more purposive interpretation of anti-discrimination provisions is necessary to balance addressing genuine racial discrimination effectively and preventing the weaponisation of racial allegations.

Parental Leave for All: Van Wyk & others v Minister of Employment & Labour (Centre for Human Rights, University of Pretoria & others as Amici Curiae) (2024) 45 ILJ 194 (GJ)

Parental Leave for All: Van Wyk & others v Minister of Employment & Labour (Centre for Human Rights, University of Pretoria & others as Amici Curiae) (2024) 45 ILJ 194 (GJ)

Author Asheelia Behari

ISSN: 2413-9874
Affiliations: Lecturer, Department of Public Management, Law & Economics, Durban University of Technology; LLB LLM PhD (UKZN)
Source: Industrial Law Journal, Volume 46 Issue 3, 2025, p. 1589 – 1606

Abstract

This case note examines the court decision to declare the various provisions of leave from work for the purpose of caregiving in the Basic Conditions of Employment Act unconstitutional on the basis of a violation of the rights to equality and dignity because it differentiates between categories of parents. The resulting order made by the High Court was to award four months of parental leave to be shared between the mother and father of a newborn baby. The case note discusses the implications of this decision in light of the awaiting Constitutional Court judgment, which will make a final determination as to the constitutionality of maternity leave.

The structure of parking in sectional titles schemes

ARTIKEL

The structure of parking in sectional titles schemes

Author: CG Van der Merwe

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Research Fellow, Department of Private Law, University of Stellenbosch, Emeritus Professor in Civil Law, University of Aberdeen and the Law Faculty, University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2025, p. 439-453
https://doi.org/10.47348/TSAR/2025/i3a1

Abstract

Parkering in deelskemas is dikwels ’n omstrede, netelige en verwarrende saak. Die aanhou van twee of meer motors en dikwels groter voertuie, veroorsaak dat huidige deeltitelskemas nie voldoende ruimte het om die aanvraag na parkeerplekke te bevredig nie. Dit veroorsaak chaos en dwing trustees om informele parkeerreëlings te tref sonder inagneming van toepaslike wetgewing en die ooreenstemmende regulasies.
Parkeerplekke en gemeenskaplike motorhuise kan slegs op nege maniere wettig gestruktureer word. Parkering vir motors op parkeerstaanplekke of in motorhuise kan as gedeeltes van dele, individuele dele of as geregistreerde uitsluitlike gebruiksgebiede gestruktureer word deur dieselfde nommer, individuele nommers of unieke nommers soos P1 en P2 op die deelplan aan te toon. Verder kan dit gestruktureer word as geverfde parkeerplekke op die gemeenskaplike eiendom waar die stelreël eerste kom, eerste maal geld, of as uitsluitlike gebruiksgebiede wat op gedragsreëls gebaseer is. Nog verder kan staanplekke vir voertuie ingevolge ’n spesiale besluit of ingevolge ’n eenparige besluit én toewysing deur die eienaars as huurkontrakte van tot tien jaar of langtermynhuurkontrakte van meer as tien jaar gestruktureer word. Nogeens kan parkering gestruktureer word as grondserwitute ten gunste van buureienaars as vergoeding vir die verslapping van soneringsvereistes. Ten slotte kan parkering deur skriftelike trusteegoedkeuring, gewoonlik in noodgevalle, ingevolge skemagedragsreëls gestruktureer word as tydelike parkering.
Voorbeelde van meer omvattende regulering van parkering in die skemagedragsreëls is die vasklamping en wegsleep van voertuie wat onwettiglik geparkeer is en die verbod op die drup van olie op ’n parkeerplek of die aftakeling van voertuie in ’n motorhuis. Verder reguleer verskeie gedragsreëls die spoedgrens, en die hinderlike gebruik van toeters en die speel van harde musiek in staande voertuie op die perseel wat ’n oorlas daarstel. Ten slotte bepaal die gedragsreëls dat geen persoon in enige voertuig, of in ’n motorhuis of parkeerplek mag woon of slaap nie of dat ’n motorhuis as ’n slaapplek vir huispersoneel gebruik mag word nie.
Behalwe Kaapstad se Munisipale Beplanningsverordening van 2015 wat die minimum aantal besoekerparkeerplekke in deeltitelskemas bepaal, bepaal slegs een skemagedragsreël dat ’n eienaar of okkupeerder behalwe in ’n noodgeval, geen besoeker mag toelaat om ’n ander parkeerplek as ’n besoekerparkeerplek vir ’n bepaalde tyd te gebruik nie, sonder om besoekerparkeerplekke verder te reguleer.
Daarom word besoekerparkeerplekke dikwels meer omvattend in die skemagedragreëls vervat. Voorbeelde is dat die aangewese besoekerparkeerplekke uitsluitlik vir die korttermyn gebruik van bona fide besoekers is en dat eienaars of inwoners nie daarop mag parkeer of onpadwaardige voertuie daar mag berg nie; dat besoekerparkeerplekke nie vir langer as vier uur sonder vooraf bespreking beset mag word nie en dat identiteitskyfplakkers op alle besoekervoertuie aangebring moet word.
Laastens, moet parkeerplekke slegs vir parkeerdoeleindes gebruik word en nie vir enige ander doeleindes nie. Indien dit gebeur, mag die regspersoon die CSOS (ombud ingevolge Wet 9 van 2011) nader vir die verwydering van enigiets wat onregmatig op die parkeerplek geplaas is. Hierdie beginsel word verder uitgebrei in bykomstige skemagedragsreëls wat onder andere kan bepaal dat motorhuise primêr vir parkering gebruik moet word en nie vir residensiële doeleindes of as stoorruimte nie en dat geen sleepwaens, karavane of bote op die toegewese besoekerparkeerplekke of enige ander deel van die gemeenskaplike eiendom geparkeer of gestoor mag word nie.
My slotsom is dat kopers van eenhede in ’n deeltitelskema eerstens moet verseker dat die parkeerrregte wat hulle verkry fisies identifiseerbaar is en duidelik aangedui word in die koopooreenkoms. Daarvoor moet die deelplan, die geregistreerde skemareëls of die betrokke notariële sessie van die parkeerregte in die eienaar se naam noukeurig geraadpleeg word. Tweedens is die inhoud van addisionele gedragsreëls nou verbonde aan die karakter en fisiese eienskappe van die spesifieke skema.
In die praktyk word motorafdakke en veral motorhuise in die vorm van ’n tussenvloer aan die agterkant van die motorhuis dikwels gebruik om tuingereedskap en oortollige besittings te stoor. Ek stel voor dat hierdie populêre gebruik gelegitimeer word in die vorm van geregistreerde motorhuis cum bergings-uitsluitlike gebruikareas.

An ethical framework for the use of artificial intelligence in the legal profession

ARTIKEL

An ethical framework for the use of artificial intelligence in the legal profession

Author: M Van Eck

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Associate Professor, School of Law, University of Witwatersrand
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2025, p. 454-471
https://doi.org/10.47348/TSAR/2025/i3a2

Abstract

In 2024 het Van Eck “Error 404 or an error in judgment? An ethical framework for the use of ChatGPT in the legal profession” 2024 TSAR 469-490 ’n basiese etiese raamwerk vir die gebruik van ChatGPT vir regspraktisyns voorgestel. Sedertdien het meer etiese gebreke in die gebruik van kunsmatige intelligensie tegnologieë binne die regsberoep na vore gekom, insluitend foutiewe saakaanhalings, valse gefabriseerde saakverwysings, sowel as vals inligting in deskundige getuienis in die hof. In al die gevalle is die foutiewe en vals inligting verkry met die gebruik van kunsmatige intelligensie tegnologie. In die lig hiervan het verskeie internasionale regsregulerende liggame in die Verenigde State van Amerika, Kanada, Australië, Nieu-Seeland en Nigerië etiese riglyne ontwikkel vir regspraktisyns se gebruik van kunsmatige intelligensie tegnologie. Die regspraktykraad in Suid-Afrika of die prokureursorde van Suid-Afrika het nog geen sodanige riglyne verskaf nie. Sonder duidelike riglyne bly daar onsekerheid oor presies die verwagte optrede van regspraktisyns en ’n etiese raamwerk in die gebruik van kunsmatige intelligensie tegnologie.
Teen die bogenoemde agtergrond brei die outeur met hierdie artikel die aanvanklike etiese en professionele raamwerk vir die gebruik van kunsmatige intelligensie tegnologie uit wat in bogemelde publikasie voorkom, deur die onlangse ontwikkelings in die Verenigde State van Amerika, Kanada, Australië, Nieu-Seeland en Nigerië te ondersoek. Fokus word geplaas op die mees algemene etiese temas wat uit hierdie jurisdiksies na vore gekom het, naamlik die (i) bevoegdheid en vaardighede van ’n regspraktisyn, (ii) vertroulikheid en datasekuriteit van ’n kliënt se informasie, (iii) toesig verantwoordelikheid van ’n regspraktisyn, (iv) eerlikheid en integriteit van ’n regspraktisyn in die verskaf van regsdienste, asook (v) die hef van redelike fooie in die gebruik van die tegnologie van kunsmatige intelligensie. Binne hierdie etiese temas en internasionale verwikkelinge word die Suid-Afrikaanse Gedragskode vir regspraktisyns ondersoek en wysigings voorgestel. Die argument word dus gemaak dat ’n versuim om die Suid-Afrikaanse Gedragskode op te dateer en die nodige wysigings by te werk nie net regspraktisyns in die algemeen negatief sal beïnvloed nie, maar ook indirek die publiek se vertroue in die regsberoep sal verminder.

Unlawful and illegal mining in South Africa: primum est leges imponere deinde remedia

ARTIKEL

Unlawful and illegal mining in South Africa: primum est leges imponere deinde remedia

Author: PJ Badenhorst

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Associate Professor of Law, Deakin University, Australia; Honorary Professor of Law, NNMU
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2025, p. 472-485
https://doi.org/10.47348/TSAR/2025/i3a3

Abstract

Sedert die ontdekking van minerale in Suidelike Afrika het prospektering en mynbou meestal kragtens wetgewing en die gemenereg plaasgevind. Onregmatige en onwettige mynbou het natuurlik ook voorgekom, maar dit is veral gedurende die laaste twee dekades dat die verskynsel aansienlik toegeneem het. Die oorsake van onregmatige en onwettige mynbou kan toegeskryf word aan ’n verskeidenheid van faktore, onder andere die sluiting en afstanddoening van myne deur mynmaatskappye, gebrek aan nuwe beleggings, armoede, ekonomiese en sosiale probleme, wanadministrasie van die wet en georganiseerde misdaad. Die ekonomie, sosiale strukture en veral die omgewing word uiters nadelig geraak deur onwettige mynbou. Die redes vir onwettige mynbou en die nadelige oorsake daarvan val buite die omvang van hierdie artikel.
Die artikel poog eerder om die juridiese betekenis van die begrippe onregmatige en onwettige prospektering en mynbou te bepaal. Die Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 van 2002 (die wet) reguleer prospektering en mynbou. Die beskouing bestaan dat wetstoepassing ingevolge ’n sogenaamde publieke of openbare eiendomsreguleringsregime (“public property regulatory regime”) plaasvind. In die algemeen is prospektering en mynbou wat buite die parameters van die wet plaasvind, onregmatig. Byvoorbeeld, om te prospekteer of te myn sonder ’n (a) prospekteerreg, mynpermit of mynreg; (b) omgewingsmagtiging; of (c) voorgeskrewe kennisgewing binne die voorgeskrewe tyd aan die eienaar of okkupeerder van die grond, word as onregmatig aangemerk (a 5A van die wet). Die tekortkominge van die wet rondom eiendomsreg van geskeide en ongeskeide minerale word uitgelig. Die artikel toon aan in welke mate die gemenereg die tekortkominge van die publieke eiendomsreguleringsregime aanvul. Voorbeelde van bepalings in die Mineral Resources (Sustainable Development) Act 1990 (V) van die Australiese staat, Victoria, word voorgehou as moontlike oplossings vir sommige gebrekkige bepalings van die wet. Die teorie van subjektiewe regte ten aansien van minerale word ook ingespan ten einde gemeenregtelike bevindinge omtrent eiendomsreg van onafgeskeide en geskeide minerale te staaf. Die persoon wat onregmatig prospekteer of myn tree egter nie op namens die persoon wat die houer is van die bevoegdheid om te prospekteer en te myn nie want die persoon is nie gemagtig om sodanig op te tree nie. Die remedies vir onregmatige prospektering en mynbou word ook kortliks bespreek. Optrede in stryd met die bepalings van artikel 5A van die wet is ’n misdaad. Die artikel toon dat, anders as tevore, prospektering en mynbou in stryd met artikel 5A nie behoorlik verbind is met die misdaad as sulks en strafbepalings van die wet nie. Die ooglopende teenstrydigheid is te wyte aan die ondeurdagte wetswysigings deur die wetgewer gedurende 2013.
Die slotsom is dat oplossing van die probleme rondom onregmatige en onwettige prospektering en mynbou nie te vinde is in die publieke eiendomsreguleringsregime van die wet nie maar eerder aangetref word in die gemeenregtelike beginsels en remedies wat die wet aanvul. Daar word aanbeveel dat regsekerheid omtrent eiendomsreg van minerale voor en na skeiding van die grond deur prospekteerders en mynbouers wat onregmatig optree, eers in die wet bereik moet word, alvorens die probleme van onregmatige en onwettige prospektering en mynbou behoorlik aangespreek kan word. Die regering behoort regstelling van die gewraakte bepalings in die wet en die alledaagse probleme rondom onregmatige prospektering en mynbou ernstig op te neem.

Parole power play: the correctional services minister’s power to revoke parole unilaterally

ARTIKEL

Parole power play: the correctional services minister’s power to revoke parole unilaterally

Authors: LG Curlewis and KM Carter

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior lecturer in Public Law, University of Pretoria; LLM graduate and research assistant under supervision of Dr Curlewis, Law Faculty, University of Pretoria
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2025, p. 486-502
https://doi.org/10.47348/TSAR/2025/i3a4

Abstract

In hierdie artikel ondersoek die outeurs die besluit van Suid-Afrika se minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, om die parool van twee misdadigers wat elk tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is, te herroep. Frans du Toit en Theuns Kruger is in 1994 skuldig bevind aan die grusame aanval op Alison Botha. Die besluit om parool toe te staan en later weer te herroep, wat onlangs geneem is, was die eerste in sy soort. In Suid-Afrika, wat tans gebuk gaan onder geweldige hoë statistieke van geslagsgebaseerde geweld, het hierdie debat dus hernieude belangstelling ontketen. Hierdie artikel ondersoek die Suid-Afrikaanse wetlike raamwerk ten aansien van wat presies parool sou beteken, insluitend die ingewikkelde prosedurele aspekte daarvan, asook die diskresionêre bevoegdhede wat aan die minister verleen word in hierdie verband. Die verskillende soorte parool word verduidelik, met inbegrip van die faktore wat in ag geneem word tydens oorweging daarvan, asook die instansies wat verantwoordelik is daarvoor.
’n Vergelykende ontleding met paroolstelsels in Engeland en Nederland dui aan dat beduidende verskille te bespeur is, wat veral betref aspekte soos: prosedurele duidelikheid, deursigtigheid en slagofferbetrokkenheid. Voor die hand liggende tekortkominge het aan die lig gekom.
Kritiek word gelewer op die potensiële misbruik van ministeriële magte in Suid-Afrika. Die daadwerklike invloed wat politieke invloed in paroolbesluite al in die verlede gespeel het, word beklemtoon. Dit wek uiteraard kommer oor die regverdigheid van paroolbesluite in die algemeen en rondom die stelsel as sulks. Met verwysing na judisiële ingrepe word gedemonstreer hoe die howe al in die verlede ministeriële besluite moes hersien het om prosedurele billikheid en grondwetlike rasionaliteit te bereik.
Uiteindelik bevraagteken die skrywers of die minister se eensydige bevoegdheid om soms lukraak parool te herroep toepaslik is, gegewe die moontlike vatbaarheid vir magsmisbruik in die afwesigheid van regterlike oorsig as pertinente vereiste. Daar word aan die hand gedoen dat dit hoog tyd is dat
die wetgewer moet ingryp en eens en vir altyd regsekerheid skep oor parool as sodanig. Die huidige toedrag van sake is te moeilik verstaanbaar vir beide die publiek sowel as wetstoepassers en bewerkstellig geensins eenvormigheid nie – vandaar, derhalwe die huidige gebrek in vertroue deur die samelewing jeens parool en alles daarmee saam.

About context, meaning, and statutory interpretation: exploring related concepts to understand contested terms

ARTIKEL

About context, meaning, and statutory interpretation: exploring related concepts to understand contested terms

Author: TR Carney

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Associate Professor of Afrikaans Linguistics, University of South Africa
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2025, p. 503-518
https://doi.org/10.47348/TSAR/2025/i3a5

Abstract

Die teorie van wetsuitleg in Suid-Afrika bepaal dat wetsuitleg beide kontekstueel en doelgerig moet wees. Waarnemende appèlregter Unterhalter verwys hierna as “die drietal van teks, konteks en doel”. Konteks word in ’n breë sin beskou as die relevante bepaling, die wet in sy geheel asook enige inligting wat tot die wet se produksie gelei het. Hierdie benadering is daarop gemik om die doel van die betwiste bepaling en die wet in die algemeen te verklaar. Taal, en die vereiste om taal in konteks te verstaan, speel ’n belangrike rol tydens die proses. Ten spyte van die oënskynlike belang van taal, sluit die kontekstuele benadering dikwels ekstrinsieke taalbronne of inligting uit wat verder as die betrokke bepaling en die produksie daarvan strek.
In hierdie konseptuele artikel argumenteer ek dat taalgebaseerde ekstrinsieke data, as deel van ’n breër semantiese konteks, wetsuitlêers kan help om ’n betwiste kwessie te verduidelik waar die woordomskrywingsklousule in ’n wet moontlik beperk kan wees. ’n “Breër semantiese konteks” fokus op die betekenis van woorde (en ander leksikale items) wat sentraal staan tot die kwessie wat geïnterpreteer word. Byvoorbeeld, in twee sake teen die minister van gesondheid en die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, moet die hof bepaal of gesondheidsaanvullings as medisyne geld en daarom gereguleer moet word. Daarvoor moet die hof bepaal of die begrippe “komplementêre medisyne” en “gesondheidsaanvullings” by die definisie van “medisyne” ingesluit mag word. Deur bykomstig daartoe die betekenis van die begrip “pasiënt” te verken, word die konseptuele reikwydte van “medisyne” uitgebrei. Om die semantiese raamwerk van “pasiënt” te verken, is data van twee databasisse onttrek, naamlik FrameNet en WordNet. Die data weerspieël dat medisyne iets is wat pasiënte gebruik en daarom doelgerig siektes of ander mediese kwale/defekte aanspreek, teenoor gesondheidsaanvullings wat eerder met verbruikers geassosieer en beter as hulpbronne beskou kan word. Dus, die gebruik van taalgebaseerde ekstrinsieke taalbronne, soos die konseptuele uiteensetting van relevante terme, kan vir wetsuitlêers van nut wees om betwiste terme se konteks te verbreed en binne die betrokke bepaling te verstaan.

Chapter 9 institutions and legislative oversight: navigating the challenges of executive accountability

ARTIKEL

Chapter 9 institutions and legislative oversight: navigating the challenges of executive accountability

Author: S Maganoe

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Lecturer, School of Law, University of the Witwatersrand
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2025, p. 519-533
https://doi.org/10.47348/TSAR/2025/i3a6

Abstract

In hierdie bydrae ondersoek die outeur die sleutelrol wat die openbare beskermer speel in die versterking van wetgewende oorsig in Suid-Afrika. Die kantoor van die openbare beskermer is opgerig ingevolge hoofstuk 9 van die grondwet met die opdrag om misdaad in die openbare sektor te ondersoek en aan te spreek. Daarmee word dit ’n belangrike meganisme vir die bevordering van aanspreeklikheid in die regering. Die klem word geplaas op die ontwikkeling van die openbare beskermer se gesag, veral die skuif na bindende aanbevelings en die implikasies daarvan vir wetgewende oorsig. Deur ’n analise van belangrike regspraak en die uitdagings wat verband hou met die instandhouding van onafhanklikheid, beklemtoon die outeur die impak wat die openbare beskermer het op die bevordering van deursigtigheid en verantwoordbaarheid in die Suid-Afrikaanse regering.
Benewens die belangrike werk wat die openbare beskermer uitvoer, word gefokus op die sistemiese struikelblokke wat die implementering van die instelling se aanbevelings in die praktyk belemmer. Uitsprake soos in die Nkandla-saga en die Phala Phala-saak het die omvang van die probleem duidelik gemaak. Daar word aangetoon dat die regering dikwels nie reageer op die openbare beskermer se bevindings nie. Dit onderstreep die dringende behoefte aan ’n sterker struktuur vir implementering binne die wetgewende proses, aangesien die parlement se onwilligheid om op aanbevelings van die instelling op te tree, die werk van die openbare beskermer belemmer.
Die outeur vergelyk die Suid-Afrikaanse benadering met dié van ander lande, soos Australië, wat betroubare meganismes van wetgewende toesig het. Dit bied insigte oor hoe Suid-Afrika sy bestaande stelsels kan verbeter en kan leer van internasionale beste praktyke. Daarbenewens word beklemtoon dat daar ’n behoefte is aan meer samewerking tussen die openbare beskermer, die wetgewer en ander belanghebbendes om die doeltreffendheid van wetgewende toesig te bevorder.
Laastens, word aanbeveel dat die parlementêre komitees wat spesifiek fokus op die implementering van die openbare beskermer se aanbevelings versterk moet word om die doeltreffendheid van oorsig en aanspreeklikheid in die regering te verseker. Dit is deurslaggewend vir die volhoubare sukses van demokratiese beginsels en die regstaat in Suid-Afrika.

Testamentsverlyding in twyfelagtige omstandighede en oorvol hofrolle

AANTEKENINGE

Testamentsverlyding in twyfelagtige omstandighede en oorvol hofrolle

Author: JC Sonnekus

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2025, p. 534-554
https://doi.org/10.47348/TSAR/2025/i3a7

Abstract

Since the benefits of a will only materialise for a beneficiary after the testator’s death – when the testator can no longer clarify any doubts about his/her intentions – the law has traditionally imposed strict formalities for the valid execution of wills. One such requirement is that the testator must have had the mental capacity to appreciate the nature and consequences of making a will. However, the burden of proof lies with anyone asserting that the testator lacked this capacity, as the law presumes that anyone over the age of sixteen has the requisite capacity (in accordance with section 4 of the Wills Act 7 of 1953).
When there is doubt about a will’s validity, the master of the high court – or the court itself – will first assess whether the formal requirements for executing a will have been met. If the document fails to meet these requirements and does not qualify as a will, then any inquiry into the testator’s mental capacity becomes irrelevant. As stated in Samuels v Juries: “In the light of this finding, it is not necessary for me to deal with the first respondent’s further argument that the deceased lacked testamentary capacity” (2023 JOL 60384 (WCC) par 41).
The testator’s age must clearly meet the minimum legal requirement, and evidence of mental capacity at the time of execution is critical. While the law fixes the minimum age for making a will at sixteen, it does not prescribe any maximum age after which a person is automatically deemed incapable. This creates the potential for abuse, particularly involving elderly individuals who may be vulnerable and dependent on others. Nevertheless, advanced age alone does not justify doubts about capacity if prima facie a will has been properly executed. As confirmed in Genlloud v Van der Merwe NO: “Once it is clear that documents are a person’s Wills and Codicils, the person who attacks them on any ground must prove it. The law honours the deceased’s wishes, even if they result in envy among the next of kin” (2024 JOL 65688 (GJ) par 135).
In Ebeling v Koch (A 169/2024) 2025 ZAWCHC 59 (21 Feb 2025), the appellant – adopted daughter and sole surviving descendant of the testatrix – raised doubts about the testatrix’s mental capacity, alleging she suffered from advanced dementia at the time the will was allegedly executed. Suspicion deepened when it emerged that the sole beneficiary was the husband of one of the witnesses to that will. Further allegations included the sine causa depletion of nearly the entire bank account (over R1,5 million) of the perceived testatrix shortly after the will’s execution but more than eighteen months before the testatrix’s demise in 2015. The witness and her husband were allegedly involved as beneficiaries in these transactions, leaving a residue of only R1 200 in the bank account.
Regardless of whether the master accepted the prima facie will or the executor contested it before his death, the context in which the will was executed warrants careful examination. This remains necessary even if the remaining estate after the plundering of the bank account appeared too small to raise concern about unfounded delayed administration, given that more than nine years have passed since the testatrix’s death.
To date, at least three court cases have been initiated due to the questionable circumstances surrounding the 2013 will, and litigation concerning unjustified enrichment may still continue. Given the current backlog in South African courts – with some cases waiting up to seven years for a court date – it may be time for the legislature to consider a registration system for wills, similar to the one in the Netherlands. There, for the past century, it is enacted that a will must be registered in the national register for wills the first working day after execution. This enables early scrutiny of all surrounding circumstances and minimises uncertainties before the testator’s death, relieving courts from revisiting these issues years later.
Such a system could significantly reduce the strain on the judiciary. (The escalation in the number of unreported cases focussing on this aspect of the administration of an estate – some of which are discussed in this contribution – should also be noted.) This can be done without needing to rely solely on the recently introduced requirement for compulsory mediation before court enrolment. The lengthy delays currently experienced contradict the constitutional right to effective access to justice.
Even if Ebeling’s claim as the testatrix’s adopted daughter ultimately succeeds, the amount by which the respondents may have been enriched sine causa – especially given the acquisition of real estate in Mossel Bay funded with the misappropriated estate funds – could exceed the original R1,5 million, due to inflation and rising property values. Nevertheless, enrichment claims are limited to the lesser of the amount of unjustified enrichment or the claimant’s actual impoverishment, unless otherwise qualified.