Obstacles to the prevention of gross human rights violations

Authors Mispa Roux

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2018, p. 106 – 133

Abstract

STRUIKELBLOKKE IN DIE VOORKOMING VAN GROWWE MENSEREGTESKENDINGS State in die internasionale gemeenskap is genoodsaak om ingevolge die erga omnes verpligting growwe menseregteskendings soos volksmoord en misdade teen die mensdom te voorkom sodra waarskuwingstekens daarvan bespeur word. Verskeie maatre\xc3\xabls is tot die beskikking van state om hierdie streng morele verpligting na te kom. Die internasionale gemeenskap het egter telkemale bewys dat daar ‘n huiwering bestaan om die maatre\xc3\xabls ten volle te benut \xc3\xb3f dat pogings blatant misluk. Verskeie redes het na vore gekom vir hierdie huiwering en mislukking om die internasionale misdade te voorkom, wat as struikelblokke beskryf kan word. Vyf struikelblokke word in die artikel ge\xc3\xafdentifiseer en bespreek. Die eerste struikelblok wat bespreek word, is die impak op die voorkoming van een van die belangrikste beginsels van die internasionale publiekreg, naamlik die beginsel van staatsoewereiniteit. Ander beginsels wat ook bespreek word en wat hieruit voortvloei, is die beginsel van die gelykheid van state en die beginsel van nie-inmenging in aangeleenthede van ander state. Die invloed van politieke betrekkinge, hetsy op internasionale, regionale of nasionale vlak, is die tweede struikelblok wat bespreek word. Politieke betrekkinge as struikelblok bestaan daarin dat state \xc3\xb3f nie oor die morele oortuiging beskik om voorkomingsmaatre\xc3\xabls in te stel nie, \xc3\xb3f totaal onverskillig staan teenoor die lot van slagoffers. State in die internasionale gemeenskap skuil ook geriefshalwe agter die gebrek aan finansi\xc3\xable hulpbronne om voorkomingsmaatre\xc3\xabls te implementeer, veral in ag genome dat sulke maatre\xc3\xabls ‘n groot ekonomiese las op state plaas. Die ontkenning van die gebeure waarin die heel eerste waarskuwingsteken bespeur kan word, stel die derde struikelblok daar wat bydra tot volksmoord en misdade teen die mensdom. Dit teister die objektiewe omgang met die misdrywe tot lank nadat die laaste slagoffers oorlede is. Politieke betrekkinge speel ook ‘n groot rol in ontkenning, juis omdat die internasionale gemeenskap daarin misluk om enigheid te bereik oor die ware aard van gruweldade. Die onstuimige situasie in die verantwoordelike staat is nog ‘n struikelblok wat bespreek word. State waar volksmoord en misdade teen die mensdom gepleeg word span elke staatsorgaan tot sy beskikking in om die misdade te pleeg: slagoffers kan dus glad nie op hul eie regering steun vir beskerming teen growwe menseregteskendings nie. Die artikel sluit af met ‘n bespreking van inherente probleme wat kenmerkend is van kollektiewe milit\xc3\xaare optrede wat deur derde state teen die verantwoordelike staat ingestel word. Die fokus val op humanit\xc3\xaare inmenging en die beginsel van die verantwoordelikheid om te beskerm, asook voorkomingsmaatre\xc3\xabls tot die beskikking van die Verenigde Nasies en regionale organisasies. Die struikelblokke wat in die artikel bespreek word, is onlosmaaklik aan mekaar gekoppel. Dit veroorsaak ‘n bose kringloop van ledigheid. Die hoofbestanddeel van hierdie ledigheid is egter die versuim van state om die morele en etiese waardes na te kom wat onderliggend is aan die erga omnes-verpligting om growwe menseregteskendings te voorkom. State word dus gekonfronteer met die keuse om ‘n morele verpligting na te kom of om ingevolge politieke oorwegings op te tree.