Fundamental procedural rights of civil litigants in Australia and South Africa: is there cause for concern? (part 2)

Fundamental procedural rights of civil litigants in Australia and South Africa: is there cause for concern? (part 2)

Authors Wouter Le R De Vos and Theo Broodryk

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Associate Professor of Law, Curtin University, Western Australia; Visiting Professor, University of Johannesburg; Associate Professor and Manager: Legal Aid Clinic, University of Stellenbosch.
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2019, p. 627 – 639

Abstract

Die artikel oorweeg die verskillende wyses waarop fundamentele prosedurele regte van siviele litigante in beide Australië en Suid-Afrika erken word. Die artikel oorweeg verder die mate waartoe modern hervormings wat tot die siviele prosesregsisteme van voorafgaande jurisdiksies aangebring is hierdie regte beïnvloed. Die moderne hervormings wat in die artikel bespreek word hou primêr verband met die toenemende behoefte in hedendaagse gemeenregtelike sisteme aan prosedures wat daarop gemik is om siviele dispute op ’n goedkoper, vinniger en meer effektiewe wyse op te los. Die artikel oorweeg gevolglik of die Australiese- en Suid-Afrikaanse prosesregtelike sisteme op die regte pad is betreffende die beskerming van partye se fundamentele regte en of daar rede tot kommer behoort te wees. In beide Australië en Suid-Afrika speel geregtelike saakbestuur ’n toenemende belangrike rol gedurende litigasie, met die gevolg dat geregtelike saakbestuurders se magte voortdurend aan die uitbrei is. Daar bestaan ook voortdurende meedoënlose druk om weg te beweeg van verhore en om van alternatiewe geskilbeslegting, veral bemiddeling, gebruik te maak om siviele dispute op te los. In die artikel argumenteer die outeurs dat hierdie hervormings om verskeie redes ’n ontkenning van siviele litigante se fundamentele regte tot gevolg kan hê.

Die breë spektrum van magte wat aan geregtelike saakbestuurders verleen word om prosedurele beslissings te maak kan ’n nadelige effek hê op die wyse waarop ’n party sy of haar saak pleit en voorlê vir geskilbeslegting. In die artikel argumenteer die outeurs dat dit ’n onregverdigbare beperking op ’n party se reg om gehoor te word tot gevolg kan hê. Die outeurs argumenteer verder dat die toenemende beweging weg van verhore en meer na alternatiewe geskilbeslegting die belangrike grondwetlike rol van die howe in siviele geskilbeslegting en die ontwikkeling van die reg kan benadeel. Dit maak verder ook inbreuk op ’n persoon se reg op toegang tot die howe.

The South African human rights commission: a last lifebuoy or pulling the plug?

The South African human rights commission: a last lifebuoy or pulling the plug?

Author Judith Geldenhuys

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Associate Professor, Department of Mercantile Law, Unisa.
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2019, p. 640 – 666

Abstract

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (die menseregtekommissie), ’n hoofstuk 9-instelling met ’n belangrike grondwetlike doel, is in 2018 versoek om ondersoek in te stel nadat verskeie ernstige bewerings van haatspraak, rassediskriminasie en treitering by Unisa aan die lig gekom het. Die doel van die outeur met hierdie artikel is om die prosedure wat die menseregtekommissie gevolg het teen die toepaslike wetsbepalings en die riglyne vir die hantering van klagtes sowel as die bepalings in die menseregtekommissie se eie werknemershandleiding, krities te ondersoek en af te weeg. Die analise dui daarop dat daar verskeie tekortkominge in die proses was wat die uitkoms van die ondersoek negatief beïnvloed het, te wete: (a) die paneel van kommissarisse was nie verteenwoordigend nie; (b) belangrike definisies van die gewraakte gedrag wat die onderwerp van die ondersoek was, is nie verstrek nie; (c) die bestek van die ondersoek was te breed en is gedurende die ondersoek lukraak gewysig sonder om aan die belanghebbendes ’n gewysigde raamwerk te verskaf; (d) die paneel het geblyk bevooroordeeld te wees; (e) die wyse waarop getuienis afgeneem is, was nie konsekwent nie; (f) die getuienis wat gelewer was, was nie onder eed afgeneem of gedurende die ondersoek op juistheid getoets ten einde te bepaal of dit korrek is nie; (g) sekere getuies is op ’n onvanpaste, vyandige wyse ondervra; (h) die kommissarisse het nie vir slagoffers wat tydens die ondersoek gespot is in die bresse getree nie; (i) daar is nie aan die beginsels van natuurlike geregtigheid voldoen nie en (j) daar is nie by die tydskedule gehou nie.

Enige waarde van die voorstelle wat deur die menseregtekommissie gemaak word in die finale verslag, is grotendeels genegeer. Die verslag wat uiteindelik aan belanghebbendes uitgereik is, is selektief geredigeer en is nie volledig nie.

Daar is ook gebreke in die verslag self. Nie al die kwessies wat die menseregtekommissie moes ondersoek, is aangespreek nie. Die menseregtekommissie was nie die slagoffers van rassisme, haatspraak en treitering behulpsaam nie, en van die klagtes wat selektief in die verslag verskyn, is gemanipuleer of onakkuraat weergegee. Vir die outeur is dit duidelik dat in dié geval die menseregtekommissie nie aan sy konstitusionele mandaat voldoen het nie.

Die afdwingbaarheid en aanvegbaarheid van die voorstelle wat deur die menseregtekommissie gemaak is in die finale verslag, word ook ondersoek. Die outeur kom tot die slotsom dat voorstelle soos dié wat die menseregtekommissie in hierdie geval maak, nie finale bevindings is wat vatbaar is vir hersiening nie. Daar is tans ook geen wetsbepaling in die Suid-Afrikaanse reg wat aan die menseregtekommissie enige bevoegdheid verleen om regtens of by wyse van direktiewe hul voorstelle ter bereddering van die wantoestande geopenbaar in hul ondersoek af te dwing nie. Aangesien Unisa ’n afsonderlike ooreenkoms met die menseregtekommissie aangegaan het oor die implementering van die voorstelle, bespiegel die outeur oor die noodsaak om wél van die voorstelle op hersiening te neem. Dit blyk op verskillende gronde moontlik te wees. Ten einde aan die internasionale voorskrifte vir geakkrediteerde menseregte instellings te voldoen én publieke vertroue in die instelling te herwin, is dit noodsaaklik dat die menseregtekommissie sy mandaat en rol waarneembaar heroorweeg.

Onterwing van ’n bloedverwant en tog ’n regterlike diskresie om die testateur se laaste wilsuiting te minag?

Onterwing van ’n bloedverwant en tog ’n regterlike diskresie om die testateur se laaste wilsuiting te minag?

Author JC Sonnekus

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Professor in Privaatreg, Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2019, p. 667 – 687

Abstract

Since Roman law the entitlement of a testator to dispose of his estate freely has been recognised and safeguarded in the same manner that a fully capacitated legal subject may dispose of his assets during his lifetime – ius abutendi is part of the entitlements of the holder of the property right and includes the entitlement to dispose of even all his assets by way of an endowment to another. The default norms of intestate succession function merely as a fall-back position in case the testator’s last will was found to be invalid, but the rule nemo pro parte testatus pro parte intestatus decedere potest ensured that prominence was always given to the validly executed last will of the deceased. Even where the last will did not dispose of all the assets contained in the estate, the residue was deemed to accede to the dispositions made, to the absolute exclusion of the norms of intestate succession that do not reflect the last will of the deceased. The nemo pro parte rule was not received in Roman-Dutch law and it may happen that the norms of intestate succession are applied alongside a testamentary disposition, but as far as possible priority will always be given to the testamentary disposition. The principle of testamentary freedom also underlies the premise in modern English and South African law. This freedom of testation is seen as a logical consequence of the freedom of every legal subject to dispose of his assets during his lifetime provided that he does not deliberately act to the prejudice of another with a vested right as his creditor when the actio Pauliana may apply. Freedom of testation not merely entails the freedom to appoint legatees or heirs but also entails the freedom to disinherit.

Notwithstanding the so-called presumptions to help interpret the will of the deceased to determine the true intention of the testator whenever the words used in the last will leave room for some uncertainty in this regard, nobody derives any personal right to inherit from any deceased from eg the presumption that the testator probably meant to treat all his descendants equally. If the testator clearly formulated his last will and indicated that he does mean to differentiate between his children, no court may interfere with that determination under the pretext of the equality principle contained in the constitution or with reference to reasonable fairness. This is the position even where the differentiation is along sexual or religious lines or where the testator clearly indicated that his estate is only to be divided amongst his legitimate offspring to the exclusion of any illegitimate offspring or adopted offspring, be they of himself or any of his descendants. Although for the sake of intestate succession those norms of the objective law exclude discrimination based on the legitimacy or sexual orientation of claimants and adopted children are treated on par with blood related children, these norms of objective law do not override the apex principle of freedom of testation.

In this contribution some attention is devoted to the indications observed in English law lately where the courts have shown an inclination to tamper with the clear intention of the testator to disinherit some blood relations. In these cases, the courts used their powers to allocate part of the estate to disinherited descendants because of the pleaded harsh circumstances that had befallen the claimants as descendants or so-called dependants of the deceased. It is submitted that this tendency in English decisions lately is not to be seen as an example that should be followed by South African courts to disregard the unambiguous last will of the testator. In contrast to English common law, under South African common law all dependants of the deceased have a personal right for maintenance against the estate if proven dependent. This is not to be confused with a right to an inheritance.

Courts should not be enticed to deem all examples of perceived unreasonable differentiation between descendants or potential beneficiaries in the last will of the deceased as an indication that the testator lost his/her capacity to testate and consequently deem the court empowered to rewrite a new last will for the deceased that is deemed to be more in line with the current flavour of the day as far as the social norms of the day are concerned. Unpopular differentiation by the deceased as testator between potential beneficiaries that results in the disinheritance of some does not equal loss of sound will to dispose freely of his/her assets.

In contrast to the troublesome tendency in some English decisions lately, in some continental legal systems where formally some offspring are still entitled to claim their so-called legitimate portion of the estate of a forebear, the legislature lately opened the door slightly by way of an amendment to the civil code to enable a testator the opportunity to disinherit expressly even a descendant from the applicable legitimate portion where the claimant misbehaved in a manner that is against public policy. Behaviour of a claimant in conflict with the expected reverence to be displayed towards the testator suffices to uphold the expressly formulated will of the testator to disinherit the descendant who acted disrespectfully. This is the trend to be followed by South African courts in future, and courts should not be enticed under the presumed all-surpassing principles of the bill of rights contained in the constitution to allow inroads into the fundamental principle of absolute freedom of testation.

The protection of fictional characters with specific reference to the Rapid Phase case

The protection of fictional characters with specific reference to the Rapid Phase case

Authors S Karjiker and L Mc Loud

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Anton Mostert Chair of Intellectual Property Law, Professor in Department of Mercantile Law, Stellenbosch University; LLB student, Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2019, p. 688 – 712

Abstract

Die outeurs bespreek die beskerming van fiktiewe karakters binne die konteks van die Suid-Afrikaanse kopiereg. Die enigste Suid-Afrikaanse saak wat handel oor die beskerming van fiktiewe karakters is Rapid Phase Entertainment CC v SABC. In hierdie saak het die eiser (die skeppers van die strokiesprent “Madam and Eve”) ’n saak vir kopieregskending teen die verweerder, die SAUK, ingestel. Die eiser het beweer dat die verweerder die karakters van sy strokiesprent onregmatig in een van die verweerder se televisie advertensies gebruik het. Hierdie uitspraak het heelwat kritiek ontlok en derhalwe is die Suid-Afrikaanse posisie rakende die beskerming van fiktiewe karakters onseker en onderontwikkeld. In hierdie artikel formuleer die outeurs ’n benadering wat deur die Suid-Afrikaanse howe in die toekoms toegepas kan word wanneer hulle gekonfronteer word met ’n saak wat handel oor die kopieregskending van ’n fiktiewe karakter. Omdat die Suid-Afrikaanse howe tot op datum nog nie die kwessie voldoende aangespreek het nie, is die Amerikaanse reg geraadpleeg om die benadering te formuleer. Die Amerikaanse standpunt was oorspronklik dat fiktiewe karakters nie onafhanklik van die werk waarin hulle oorspronklik voorgekom het, beskerm kon word nie. Hierdie benadering was egter aangepas in Walt Disney Productions v Air Pirates waarin die hof bevind het dat dit wel moontlik is vir ’n fiktiewe karakter om onafhanklik van die oorspronklike werk beskerm te word. Die vraag wat egter ontstaan is: Wanneer word hierdie onafhanklike beskerming deur die karakters geniet? Hierdie vraag vorm die sentrale ondersoek van die artikel.

Hierdie artikel bevat ’n omvattende ontleding van die Rapid Phase-saak. Die outeurs verwys na ’n alternatiewe gevolgtrekking waartoe die hof moontlik kon kom indien dit die korrekte benadering in die konteks van die Suid-Afrikaanse reg toegepas het. Die outeurs stel voor dat hierdie nuut geformuleerde benadering in die toekoms deur die Suid-Afrikaanse howe toegepas word om ’n uitspraak soos dié in die Rapid Phase-saak te vermy en te verseker dat die hof ’n moderne benadering toepas wanneer dit kom by die beskerming van fiktiewe karakters.

Testamentêre trusts en die Nederlandse testamentair bewind – ’n regsvergelykende ondersoek

Testamentêre trusts en die Nederlandse testamentair bewind – ’n regsvergelykende ondersoek

Authors Eben Nel

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Navorsingsgenoot, Nelson Mandela Universiteit, Port Elizabeth.
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2019, p. 713 – 727

Abstract

The writer investigates, within the historical contexts, the tangent points as well as differences between   the testamentary trust in South Africa and the testamentair bewind in Dutch law; first-mentioned as a common law sui generis figure, operating within a mixed-law jurisdiction, and the other a creation of statute in a civil law environment.

The trust manifests in both a discretionary and bewind fashion and is therefore a versatile and comprehensive testamentary instrument, while the Dutch testamentair bewind serves specific welldefined purposes. The vesting of assets is the core differentiator between the ownership trust and the bewind and allows the testator to dictate the control over the bequest long after his or her demise. At the heart of such control by the testator is the principle of freedom of testation, which has been limited by statutory intervention in many European jurisdictions. The testamentair bewind allows the testator to place the bequest under administrative control and limits the powers and rights of the heir, protecting minors, spendthrifts, persons with limited intellectual capacity, and limited rights over property. The similarities in application between the testamentary trust and the testamentair bewind, and in particular the protective nature thereof, indicate the need for a trust-like figure in the estate and fiduciary environment. It is submitted that the ownership aspect can be accommodated by the Dutch legal system and an introduction of the testamentary trust figure in the Netherlands shall not only enrich the legal dispensation, but also empower both the testator and the fiduciary practitioner. It is submitted that the introduction of an ownership trust figure in the Netherlands shall contribute to the planning, protection, preservation and successful transfer of assets from one generation to the next.