The dispute concerning compliance of the sectional plan of extension with the site development plan in phased sectional title developments and the possibility of deviating from the site development plan if changed circumstances make compliance impracticable

Authors CG van der Merwe

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2019, p. 209 – 225

Abstract

DIE GESKIL BETREFFENDE DIE OOREENSTEMMING VAN DIE DEELPLANUIT-BREIDINGSKEMA MET DIE OORSPRONKLIKE ONTWIKKELINGSPLAN IN DEELTITELONTWIKKELINGS IN FASES, EN DIE MOONTLIKHEID OM VAN DIE OORSPRONKLIKE ONTWIKKELINGSPLAN AF TE WYK INDIEN VERANDERDE OMSTANDIGHEDE DIT PRAKTIES ONDOENLIK MAAK Die eerste gedeelte van hierdie bydrae handel oor die vraag of die registrateur van aktes in ‘n fase-ontwikkeling mag weier om ‘n deelplan van uitbreiding te registreer omdat die ontwikkelaar nie kon bewys dat veranderde omstandighede aanwesig was wat voldoening aan die oorspronklike ontwikkelingsplan prakties ondoenlik gemaak het nie. Die Dolphin Whisper-saak het hierdie warboel veroorsaak deur te beslis dat die registrateur van aktes geregtig is om te weier om ‘n deelplan van uitbreiding te registreer wat afwyk van die oorspronklike ontwikkelingsplan. Dit het onder andere tot gevolg gehad dat die ontwikkelaar by die geringste afwyking van die oorspronklike ontwikkelingsplan, die hof moes nader om te bewys dat veranderde omstandighede voldoening aan die oorspronklike plan prakties ondoenlik gemaak het. Hierdie onhoudbare posisie is verander deur die uitsprake in PCL Trust, Roseparkadmin CC, Hartenbos Woonwapark CC en twee wysigings van die Deeltitelregulasies. Die enigste verpligting wat die landmeter-generaal en die registrateur van aktes tans het, is om toe te sien dat geboue van die verdere fases nie die bepaalde gedeelte van die algemene gemeenskaplike eiendom soos aangedui op die ontwikkelingsplan, oorskry nie. N\xc3\xb3g die landmeter-generaal n\xc3\xb3g die registrateur van aktes hoef die ontwikkelingsplan te ondersoek en die registrateur mag nie weier om die deelplan van uitbreiding te registreer nie. Aangesien ontwikkelingsplanne in die praktyk dikwels swak opgestel word, behoort die landmeter-generaal met behulp van die betrokke landmeter of argitek myns insiens verplig te word om toe te sien dat die ontwikkelingsplan behoorlik opgestel word. In die tweede gedeelte dui ek aan dat die Suid-Afrikaanse wetgewer die voorstel verwerp het dat afwyking van die ontwikkelingsplan deur slegs ? eenparige besluit gemagtig kan word. Ons reg bepaal steeds dat daar slegs van die ontwikkelingsplan afgewyk kan word indien veranderde omstandighede voldoening prakties ondoenlik maak. ‘n Oorsig van die regspraak dui daarop dat veral bewese veranderde huismarkomstandighede afwyking van die ontwikkelingsplan kan regverdig. Die derde gedeelte ontleed die remedies tot beskikking van deeleienaars van eenhede in die vroe\xc3\xabre fases. Di\xc3\xa9 eienaars kan die hof nader om behoorlike voldoening van die ontwikkelingsplan, of sodanige ander regshulp, insluitende skadevergoeding wat die hof gepas ag. Dit blyk dat daar ? swaar bewyslas op sodanige eienaars rus, wat die skaal laat oorslaan na die ontwikkelaar in die afweging van die belange van daardie deeleienaars en die ontwikkelaar.