Regspraak: International law and diplomatic immunity: a window into the Ugandan courts

Author: S Nkosi

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2024, p. 158-166
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i1a12

Abstract

Die begrip diplomatieke immuniteit en die gepaardgaande voordele wat dit aan die state, hul regerings en amptenare bied, lê aan die wortel van die bespreking. In die saak wat bespreek word, is die hooggeregshof van Uganda besig met die vraag of die regering van die Verenigde Koninkryk geregtig was op immuniteit in die omstandighede van die saak. Die saak is aan die hof voorgelê in ’n aansoek om verlof om te appelleer. As die aansoeker (die verweerder voor regter Mugambe), het die Verenigde Koninkryk se regering geargumenteer dat die uitspraak van daardie hof – wat beslis het dat die regering aanspreeklik was teenoor die respondent (in die hof van eerste instansie) in onregmatige daad – verkeerd was in beide feite en die reg; en dat daar vrae was wat deur ’n appèlhof aangespreek moes word.
Verlof tot appèl is toegestaan. Die beginsels van die internasionale reg, soos dit uit verskeie bronne afgelei kan word; insluitend regspraak, die Weense Konvensie oor Diplomatiese Betrekkinge, en die Ugandese en Suid-Afrikaanse weergawes daarvan, word bespreek. Daar word voorgestel dat die uitspraak van regter Mugambe in die hof van eerste instansie verkeerd was. Die regering van die Verenigde Koninkryk was geregtig op immuniteit. Daar word geargumenteer dat ’n diplomaat en sy private woning nie in die uitsonderings ingesluit word nie, soos per die Ugandese plaaslike, statutêre bepalings – wat in pari materia is met die Weense Konvensie.
Bowendien is die opinio juris in hierdie verband dat die aard of vorm van die betrokke transaksie of goedere wat gekoop word, ondersoek moet word, sodat aanspreeklikheid in elke saak bepaal word. Dit is moelik om te bepaal hoe bepaalde koopsake uiteindelik deur die regering of staatsdepartment gebruik sal word. Die hoop word uitgespreek dat regsgeleerdes regdeur die wêreld sal baat by die uitspraak van die hof.