Regspraak: Insolence, insubordination and employer authority: lessons from South Africa and the Netherlands

Author: MJ Van Staden

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of the Witwatersrand
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2023, p. 564 – 577
https://doi.org/10.47348/TSAR/2023/i3a11

Abstract

Die outeur oorweeg in die aantekening lesse wat uit beslissings in Suid-Afrika en Nederland te leer is oor die hantering van weerspannigheid en ongehoorsaamheid in die werkplek en die grense van die werkgewer se gesag. In Suid-Afrika en Nederland word weerspannigheid en ongehoorsaamheid geag ’n skending van die werknemer se plig daar te stel. Werknemers is verplig om hul persoonlike dienste tot die werkgewer se beskikking te stel en dit met omsigtigheid en bekwaamheid binne die konteks van die gesagsverhouding te doen. Werknemers moet respekvol teenoor hul werkgewers optree en werkgewers se redelike instruksies uitvoer. Met die bydrae word gepoog om te demonstreer hoe die Suid-Afrikaanse en Nederlandse regbanke onlangse gevalle van weerspanningheid en ongehoorsaamheid hanteer het. Onlangse uitsprake in hierdie jurisdiksies het nuwe toepassings van bestaande beginsels van die arbeidsreg weerspanningheid wat verband hou met weerspannigheid, ongehoorsaamheid en die grense van ’n werkgewer se gesag waarvan werkgewers bewus moet wees. Eerstens word bevind dat, terwyl die onderskeid tussen parmantigheid en ongehoorsaamheid nuttig is, is albei konsepte ’n inbreukmaking op die werkgewer se gesag. Tweedens word bevind dat werkgewers gewoonlik nie arrogante of ongehoorsame werknemers summier kan ontslaan nie. Derdens word bevind dat ’n werkgewer se gesag ernstig uitgedaag moet word om ontslag te regverdig. Die gewraakte gedrag moet aanhoudend en opsetlik wees. Vierdens word bevind dat ’n werknemer slegs ontslaan kan word indien hy ’n werkgewer se gesag teëgestaan of verontagsaam het en indien die opdrag redelik en wettig was. Laastens moet die werknemer se reg op vrye uitdrukking afgeweeg word teen die werkgewer se reg om billik deur werknemers behandel te word en om werknemers opdrag te gee. Gevalle van weerspannigheid en ongehoorsaamheid is algemeen tot alle werkplekke en, as sodanig, is dit noodsaaklik dat werkgewers in staat moet wees om sulke gevalle op ’n regtens gepaste wyse te hanteer. Wanneer werknemers die grense van hul werkgewer se gesag uitdaag, kan dit lei tot nadelige gevolge vir beide werknemers en werkgewers. Werkgewers moet derhalwe bewus wees van die beginsels van die arbeidsreg wat verband hou met die dissiplinering en uiteindelike afdanking van weerspannige werknemers. Die gevallestudies hierin bespreek, asook die regsbeginsels wat daaruit afgelei word, kan derhalwe daartoe bydra om die negatiewe gevolge van weerspannigheid en ongehoorsaamheid in die werkplek te beperk.