Kuwait Asia Bank EC v National Mutual Life Nominees Ltd revisited

Authors Richard Stevens

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2019, p. 78 – 90

Abstract

KUWAIT ASIA BANK EC v NATIONAL MUTUAL LIFE NOMINEES LTD HERBESOEK: DIE MOONTLIKE MIDDELLIKE AANSPREEKLIKHEID VAN ‘N HOUERMAATSKAPPY VIR DELIKTE VAN SY GENOMINEERDE DIREKTEUR OP DIE DIREKSIE VAN ‘N FILIAAL VAN DIE HOUER In Kuwait Asia Bank EC v National Mutual Life Nominees Ltd is beslis dat ‘n houermaatskappy nie middellik aanspreeklik gehou kan word vir die deliktuele skade, wat sy genomineerde direkteur (wat ‘n werknemer van die houer is) op die direksie van sy filiaal vir die filiaal veroorsaak nie. Die outeur ondersoek of hierdie saak nog hedendaags dieselfde beslis sal word. In Van der Berg v Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd skep die hoogste hof van app\xc3\xa8l die indruk dat daar wel sodanige aanspreeklikheid in die gegewe konteks mag wees. Die outeur toon dat die hof in hierdie geval slegs die arbeidsregtelike verhouding tussen die houer/werkgewer en die direkteur/werknemer oorweeg het om die vraag van middellike aanspreeklikheid te oorweeg sonder om die impak van ander regsnorme te oorweeg. In Public Investment Corporation Ltd v Bodigelo noem die hof dat ‘n direkteur in sy hoedanigheid as werknemer deur die aandeelhouer aangestel is en skep dus ook die indruk dat sou sodanige direkteur skade vir die maatskappy, waar hy as direkteur dien, veroorsaak, die aanstellende maatskappy middellik aanspreeklik sou wees. Die gevolgtrekking wat gemaak word, is dat ‘n hof nie die vraag van middellike aanspreeklikheid bloot op grond van die diensverhouding tussen die houer en die direkteur kan beantwoord nie. ‘n Hof behoort ook, soos in die Kuwait Bank-saak, die maatskappyregtelike werklikheid, naamlik dat die houer nie ‘n direkteur van die filiaal mag wees nie en dus genoop is om ‘n natuurlike persoon as direkteur aan te stel, te oorweeg. Die verhouding is egter dan nie een van werkgewer/werknemer nie, maar die unieke verhouding tussen ‘n aandeelhouer en ‘n direkteur wat deur die aandeelhouers verkies word. Die toets vir middellike aanspreeklikheid kan dus nie net vanuit ‘n arbeidsregtelike oogpunt beskou word nie, maar ook vanuit ‘n maatskappyregtelike oogpunt soos in die Kuwait Bank-saak.