Regspraak: The court’s power to appoint a liquidator in terms of section 163 of the Companies Act 71 of 2008

Regspraak: The court’s power to appoint a liquidator in terms of section 163 of the Companies Act 71 of 2008

Authors: WJC Swart and Andre Boraine

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Pretoria
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2024, p. 812-822
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i4a10

Abstract

In Berlein v Salisburg Landy (Pty) Ltd ((3330/20) 2023 ZAMPMBHC 52 (26 Sept 2023)) het die hof ’n likwidateur kragtens artikel 163(2)(b) van die Maatskappywet 71 van 2008 aangestel. Die beslissing word gekritiseer eerstens omdat regshulp kragtens artikel 163(2) toegestaan is sonder dat ’n aansoek op grond van artikel 163 voor die hof gedien het. ’n Hof het geen diskresie om regshulp kragtens artikel 163(2) uit te oefen alvorens die gronde in artikel 163(1) bewys is nie. Tweedens het die hof ten spyte van die wye diskresie wat dit ingevolge artikel 163(2) geniet, ’n likwidateur aangestel terwyl daar verskeie alternatiewe en meer gepaste vorms van regshulp tot die hof se beskikking was wat minder drastiese gevolge vir die maatskappy en ander belanghebbendes sou inhou. Die feite en beslissing in hierdie saak lig sekere probleme en potensiële probleme met betrekking tot die formulering van artikel 163(2)(b) van die wet toe. Artikel 163(2)(b) van die wet wat die hof magtig om ’n likwidateur aan te stel, word vergelyk met artikel 241(3)(b) van die Kanadese Corporations Act (RSC 1985 c C-44) en artikel 233(2) van die Australiese Corporations Act 2001. Die regsposisie in Engeland word ook oorweeg. Die gevolgtrekking word gemaak dat alhoewel die regshulp in die laasgenoemde bepalings in die Kanadese en Australiese reg oënskynlik soortgelyk is aan die regshulp wat in artikel 163(2)(b) vervat is, is daar belangrike verskille in die formulering daarvan. Die bewoording van artikel 163(2)(b) van die wet is boonop uit pas met ander bestaande Suid-Afrikaanse regsbeginsels en statutêre bepalings in die volgende opsig: In Suid-Afrika word ’n likwidateur aangestel deur die meester van die hooggeregshof en nie deur ’n hof nie. Kragtens artikel 163(2)(b) kan ’n likwidateur aangestel word wanneer dit vir die hof voorkom dat die betrokke maatskappy insolvent is. Die bewoording van hierdie artikel is problematies, aangesien die hof blykbaar nou die likwidasie van ’n maatskappy kan beveel sonder enige konkrete gronde of bewyse dat die maatskappy insolvent is. Daar word gevolglik geargumenteer dat die hof se vertolking van artikel 163(2)(b) foutief is aangesien die hof nagelaat het om artikel 163(2)(b) saam met die gronde vermeld in artikel 163 te lees. Die hof se bevinding dat blote bewerings van wanbestuur aanduidend is van ’n maatskappy se insolvensie wat ’n bevel kragtens artikel 163(2)(b) regverdig, word ook krities onder die loep geneem. Die outeurs beveel enkele wysigings tot artikel 163(2)(b) aan.

Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness

Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness

Author: Sadulla Karjiker

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2024, p. 823-841
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i4a11

Abstract

Onderskeibaarheid is ’n noodsaaklike vereiste vir die registrasie van ’n handelsmerk, maar daar is nie duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid nie. In stede daarvan dat die hoogste hof van appèl met die uitspraak in Dart Industries Inc v Botle Buhle Brands (Pty) Ltd duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid meebring, het die hof slegs verdere onsekerheid en verwarring geskep. Nie alleenlik is die verkeerde standaard (’n toets gebaseer op waarneming (“perception”)) vir onderskeibaarheid deur vorige gebruik aangewend nie, maar daar is ook ’n standaard wat verkil (’n toets gebaseer op vertroue (“reliance”)) wat gebruik word om inherente onderskeibaarheid te bepaal. Daar word aangevoer dat die korrekte toets wel die een is wat op vertroue gebaseer is. Om die vereiste van reputasie vir doeleindes van aanklamping te bewys, is ’n verdere standaard, dit wil sê ’n toets gebaseer op erkenning-enassosiasie gebruik. Daar word aangevoer dat daar ’n koherensie (of samehangendheid) moet wees tussen die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid wat gebruik word vir handelsmerke en dié wat gebruik word vir aanklamping. As daar nie so ’n koherensie is nie, sal dit lei tot die soort onreëlmatige situasie wat duidelik is in die Eco Botle-saak, waar die hof – met inagneming van dieselfde kenmerke van ’n produk – bevind het dat die vorm van die bottel nie die nodige onderskeibaarheid vir handelsmerkdoeleindes verkry het vir registrasie as handelsmerk nie, maar het die nodige reputasie (of onderskeibaarheid) gehad vir doeleindes van aanklamping. Daarbenewens het die hof in National Brands Ltd v Cape Cookies CC nie bevredigende leiding gegee nie oor die effek wat die betwiste handelsmerk op die betrokke verbruikers moet hê vir doeleindes van inbreukmaking op ’n handelsmerk, byvoorbeeld deur verwatering – veral as die onderskeie goedere verskil en daar geen waarskynlikheid van misleiding of verwarring is nie. ’n Beginselvaste en koherente benadering tot die kwessie van die onderskeibaarheid van handelsmerke moet gevolg word. Die standaard vir die onderskeibaarheid van handelsmerke moet verband hou met vrae oor (moontlike) skending van ’n erkende handelsmerk, byvoorbeeld, moontlike verwatering van handelsmerke, en aanklamping. As daar verskille is, moet daar grondige redes wees om enige verskille te steun. ’n Toets, gebaseer op vertroue, word as die gepaste standaard vir die bepaling van onderskeibaarheid voorgehou.

Beneficial Ownership Disclosure and Trusts

Beneficial Ownership Disclosure and Trusts

Author: Aneria Bouwer

ISSN: 2219-1585
Affiliations: Senior Consultant, Bowmans Attorneys
Source: Business Tax & Company Law Quarterly, Volume 15 Issue 3, 2024, p. 1 – 8

Abstract

This article deals with the obligation of trustees to submit an electronic register of the beneficial owners of a trust to the Master of the High Court. The article explores the aim of these disclosure requirements and considers the application of the beneficial ownership definition in the Trust Property Control Act to employee share ownership plan trusts. The writer laments the fact that share ownership plans are not excluded from these disclosure obligations, taking into account the comprehensive tax reporting obligations of a share ownership plan.

 

The Companies Second Amendment Act 17 of 2024: Ameliorating the Timebarring Regime under Sections 77 and 162 of the Companies Act

The Companies Second Amendment Act 17 of 2024: Ameliorating the Timebarring Regime under Sections 77 and 162 of the Companies Act

Author: Milton Seligson SC and Matthew Blumberg SC

ISSN: 2219-1585
Affiliations: Honorary Member, Cape Bar; Member, Cape Bar
Source: Business Tax & Company Law Quarterly, Volume 15 Issue 3, 2024, p. 9 – 22

Abstract

A director owes duties to the company of which he or she is director. These include, in the main, a fiduciary duty and a duty to exercise reasonable care, skill and diligence. This is the position at common law, as well as under the Companies Act. Sections 77 and 162 of the Companies Act contain the two principal remedies for breach of these duties. Section 77 provides for the director concerned to be liable for loss sustained by the company as a consequence of the breach. Section 162 provides for the director to be declared delinquent or under probation. Both sections have time-barring provisions. In terms of the existing section 77(7), proceedings by the company concerned to recover loss from the director may not be commenced more than three years after the act or omission that gave rise to the liability — i e irrespective of when the company did, or could have, acquired knowledge of the act or omission in question. In terms of the existing section 162(2)(a), stakeholders in a particular company wishing to bring delinquency proceedings against an individual who was, but no longer is, a director of the company, are required to do so within 24 months of the date on which the individual ceased to be a director — i e, even if the stakeholder concerned did not have knowledge of the delinquent conduct, and could not reasonably have acquired it, within the stipulated 24-month period. These time-barring provisions have the potential to operate harshly — and so it has been contended, unconstitutionally. In light thereof, and following recommendations by the Zondo Commission, the time-periods have been revisited, and substantially ameliorated, in the recently enacted Companies Second Amendment Act. As part of these amendments, a discretion is now conferred on the court, in the context of both remedies, to extend the relevant time-period on good cause shown. The article analyses the existing time-barring regime (i e, that are currently in place and which will remain in place until the Companies Second Amendment Act comes into operation); identifies the deficiencies in that regime and the likely rationale for amendment thereof; and explores the pros and cons of the more flexible time-barring regime introduced by the Companies Second Amendment Act.