Lessons from the New South Wales Strata Schemes Legislation Amendment Act 14 of 2025

ARTIKEL

Lessons from the New South Wales Strata Schemes Legislation Amendment Act 14 of 2025

Author: CG van der Merwe

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Research Fellow and Emeritus Professor, Department of Private Law, University of Stellenbosch and Emeritus Professor of Civil Law, University of Aberdeen
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 21-39
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a2

Abstract

Die Suid-Afrikaanse deeltitelwet en regulasies is gebaseer op ’n vorige weergawe van die Nieu-Suid-Wallis wetgewing en regulasies wat ’n ingrypende transformasie ondergaan het in 2025 met die inwerkingtreding van die Strata Scheme Legislation Amendment Act, waaruit Suid-Afrika die volgende lesse kan leer.
(1) Die wysigingswet werk met die innoverende begrippe toeganklikheids – (accessibility) infrastruktuur en volhoubaarheids – (sustainability) infrastruktuur. Toeganklikheidsinfrastruktuur dui op die aanleg, verwydering, of aanpassing van bepaalde gedeeltes van die gemeenskaplike eiendom ten gunste van ’n deeleienaar of om ’n gestremde persoon se toegang tot die gemeenskaplike eiendom of sy of haar strata-eenheid te vergemaklik. Vir ’n toeganklikheidsinfrastruktuurbesluit om sodanige struktuur te befonds, by die gemeenskaplike eiendom te voeg, die gemeenskaplike eiendom te verander of ’n nuwe struktuur op die gemeenskaplike eiendom op te rig sowel as om die voorgeskrewe bestuursreëls te wysig, vereis die wysigingswet nou ’n gewone besluit in plaas van ‘n spesiale besluit. Vir sodanige besluit moet die algemene vergadering onder andere die kostes en finansiering van die infrastruktuur, voortdurende onderhoudsverpligtinge, en, belangrik, die nadeel wat die persoon wat die installasie aanvra sou ly as dit geweier word, oorweeg. Hierdie gebalanseerde benadering fasiliteer nodige veranderinge terwyl die praktiese aspekte behoorlik in ag geneem word.
Die wysigingswet stipuleer duideliker regulasies vir die goedkeuring en onderhoud van volhoubare (sustainability) infrastruktuur in die vorm van sonpanele, elektriese voertuiglaaistasies en ander omgewingsinisiatiewe. Voorgeskrewe bestuursreëls mag nie die aanleg van volhoubare infrastruktuur uitsluit net om die eksterne voorkoms van ’n gebou te behou nie, behalwe in geboue wat as erfenis geboue gelys is. Regspersone moet beramings vir die aanleg, vervanging of herstel van volhoubare infrastruktuur in hul kapitaalwerke (reserwe) fonds beramings insluit en die agenda van elke algemene jaarvergadering moet spesifieke items insluit oor die skema se omgewingsvolhoubaarheid, insluitend sy jaarlikse energie- en waterverbruik en uitgawes.
(2) Die wysigingswet verbied ontwikkelaars om onrealistiese lae aanvanklike heffings te vereis om deeltiteleenhede meer aantreklik vir kopers te maak. Dit veroorsaak dat nuwe eienaars met ernstig ondergefinansierde administratiewe- en kapitaalwerke fondse gelaat word. Die ontwikkelaar word verplig om planne, spesifikasies, sertifikate en finansiële rekords aan die regspersoon ten minste veertien dae voor die eerste jaarvergadering te oorhandig. Verder moet die eerste jaarlikse begroting en heffings gebaseer wees op ’n redelike beraming van die verwagte skema uitgawes, gesertifiseer deur ‘n verslag van ‘n onafhanklike en gekwalifiseerde bourekenaar. Daarbenewens moet die oorspronklike onderhoudsplan van die ontwikkelaar aandui watter gedeeltes van die gebou onderhoud, herstel of vervanging benodig, die koste daarvan en die tydstip waarop dit moet geskied. Boonop moet die ontwikkelaar die nuwe regspersoon toelaat om hul eie bestuursagente aan te stel en ‘n konflik van belange te vermy deur nie sy eie medewerkers in diens te neem nie. Ernstige boetes word vir die oortreding van hierdie nuwe verpligtinge voorgeskryf.
(3) Die wysigingswet beoog om deursigtigheid, billikheid en doeltreffendheid van strata bestuur te verbeter. Strata komitees het soos maatskappydirekteure duideliker verpligtinge en moet enige botsing van belange in ’n saak wat oorweeg word, openbaar. Die reg van eienaars om belangrike skemastate te inspekteer word versterk deur die vermoë van ’n komitee of die bestuursagent om wettige versoeke om inligting te verhoed, te verminder. Inmiddels word die lede van die strata komitee verplig om ’n voorgeskrewe opleidingskursus te voltooi en ’n lid wat versuim om die opleiding binne die voorgeskrewe tyd te voltooi, is outomaties sy amp kwyt. Ten slotte kan komiteelede wat onderpresteer verwyder word deur ’n gewone meerderheidsbesluit in plaas van ’n spesiale besluit. Die nuwe regsverpligtinge en verpligte opleidingsvereistes behoort die dikwels amateuragtige gehalte van beheer oor komiteelede te verhoog tot ’n meer professionele standaard.
(4) Die wysigingswet maak algemene vergaderings meer demokraties. Elektroniese deelname aan en stemming op algemene vergaderings verbeter die deelname van nie-aanwesiges en moderniseer skema-aangeleenthede. Nuwe beperkings op die gebruik van volmagte verhoed dat ’n enkele individu genoeg volmagstemme kan vergader om die uitslag van vergaderings te beheer tot die nadeel van breër eienaarsgroepe.
(5) Die wysigingswet bepaal dat elke kommissie of voordeel wat deur ’n strata bestuursagent ontvang word, goedgekeur moet word op ’n algemene vergadering. Dit beteken dat bestuursagente nie mag kontrakteer om vrygestel te word van aanspreeklikheid vir hul eie nalatigheid nie. Dit is ’n kragtige middel om hoër professionele standaarde en voldoende versekeringsdekking te verseker. Die feit dat ’n bestuursagent hom of haar ingevolge die wysigingswet kan verdedig teen vervolging vir ’n oortreding veroorsaak deur die regspersoon indien die bestuursagent redelike stappe neem om dit te voorkom, beskerm die professionele agent wat disfunksionele komitees korrigeer. Dit beteken dat bestuursagente en bestuursfirmas wat op ’n deursigtige fooi-vir-diens basis werk en toegevoegde waarde aan deeltitelskemas verskaf in die toekoms sal floreer. Ten slotte verleen die wysigingswet aan die sekretaris die bevoegdheid om standaard agentskapsooreenkomste goed te keur en moet die bestuursagent ’n relaas van hul werksaamhede aan die regspersoon verskaf.
(6) Die wysigingswet onderskei duideliker tussen kosmetiese werke (wat geen goedkeuring vereis nie), klein verbouings (wat goedkeuring deur die strata komitee of deur ‘n gewone besluit vereis), en groot werke wat gemeenskaplike eiendom of die struktuur van geboue drasties verander (wat ’n spesiale besluit vereis).
(7) Die wysigingswet bepaal ten slotte dat die ontwikkelaar van ’n multiverdieping deeltitelgebou voor die eerste jaarvergadering ’n onafhanklike landmeter moet aanstel om die oorpronklike onderhoudsplan te hersien en te bevestig dat die plan die uitgawes vir die daaropvolgende jaar korrek uiteensit and dat die plan voorberei is in ooreenstemming met die voorgeskrewe vorm. Om integriteit te verseker, mag die ontwikkelaar nie ‘n deelgenoot aanstel om die syfers goed te keur nie.

Boundary extension and section 5(1)(h) of the Sectional Titles Schemes Management Act: does a body corporate have unlimited discretion to refuse consent?

ARTIKEL

Boundary extension and section 5(1)(h) of the Sectional Titles Schemes Management Act: does a body corporate have unlimited discretion to refuse consent?

Authors: WT du Toit and JG Horn

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Attorney, notary public, conveyancer and former Community Schemes Ombud Service adjudicator; Senior lecturer in Property Law and Sectional Titles, University of the Free State
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 40-53
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a3

Abstract

Daar bestaan heelwat misvattings oor die regspersoon se rol om tot uitbreidings van deelgrense toe te stem. Menige dooiepunt is al tussen regspersone en hulle individuele lede bereik as gevolg van die regspersoon se wanopvatting dat artikel 5(1)(h) van die Deeltitelskemabestuurswet aan dit onbeperkte bevoegdhede verleen om uitbreidings by deelgrense te weier. Dié situasie word vererger deur die algehele gebrek aan kruisverwysing tussen die wetgewing van die plaaslike regerings en deeltitelbedelings.
Wanneer ’n mens egter die rolle en prosedures van die plaaslike owerheid van dié van die regspersoon skei, word dit baie duidelik dat die twee wetsbedelings ontwerp is om ná mekaar toegepas te word, sonder enige wedywering tussen die bevoegdhede wat aan onderskeidelik die plaaslike owerheid en die regspersoon verleen word. Die plaaslike owerheid tree ingevolge plaaslike regeringswetgewing op om die gebruiksregte toe te ken en die bouplanne goed te keur wat nodig is om die fisiese uitbreiding van deelgrense te fasiliteer. Daarna tree die regspersoon kragtens deeltitelwetgewing op om die uitbreiding ingevolge artikel 5(1)(h) goed te keur en sodoende die deeltitelgedeelte van die proses aan die gang te sit, wat uitloop op die registrasie van die uitbreiding van die deelgrense in die deeltitelregister in die akteregistrasiekantoor.
Volgens so ’n beskouing is die bevoegdhede wat artikel 5(1)(h) aan die regspersoon verleen nie onbelemmerd of van ’n onbeperkte omvang nie, maar pas dit in by ’n groter wets- en prosedureraamwerk. Die regspersoon is nie by magte om bouplanne ter syde te stel of gebruiksregte tot niet te maak wat die plaaslike regering reeds goedgekeur en toegeken het nie. Ten einde ’n bydrae tot regsekerheid in hierdie omstandighede te maak, sal hierdie artikel eerstens die volledige statutêre vereistes, wat in die twee aparte statutêre regimes vervat word wat die uitbreiding van ’n individuele deel se grense of vloeroppervlakte tot gevolg het, beskryf. Vervolgens sal die individuele prosesse nie bloot geïdentifiseer word nie, maar die belang van die volgorde van die prosesse van die aanvang tot die voltooiing, sal ook uitgelig word.
’n Komplekse statutêre raamwerk wat uit ’n opeenvolging van prosesse bestaan, waartydens die een op die ander bou, en nie met mekaar meeding nie, sal uit die verduideliking blyk. Indien hierdie prosesse behoorlik deur regspersone verstaan word, sal mistastings uit die weg geruim kan word.

A critical assessment of the board neutrality principle in South African takeover regulation against the backdrop of a stakeholder-inclusive framework

ARTIKEL

A critical assessment of the board neutrality principle in South African takeover regulation against the backdrop of a stakeholder-inclusive framework

Authors: Justice Mudzamiri and Kathleen van der Linde

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Postdoctoral Research Fellow in the Faculty of Law, University of Johannesburg; Professor of Corporate Law, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 54-69
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a4

Abstract

Hierdie bydrae ondersoek die regverdigbaarheid van die direksieneutraliteitsbeginsel, ook bekend as die reël teen verydelende optrede, uit die perspektief van die beste belang van ’n maatskappy wat die teiken van ’n oorname is. Ingevolge Suid-Afrikaanse oornameregulering geld ’n verbod op optrede wat ’n oorname-aanbod kan verydel of aandeelhouers die geleentheid kan ontsê om oor die meriete van ’n aanbod te besluit. Daar is ’n lys van spesifieke aksies wat die direksie van die doelwitmaatskappy nie sonder die toestemming van die aandeelhouers mag onderneem sodra ’n aanbod ontvang is of die direkteure glo dat ’n aanbod op hande is nie. Deur hul effektiewe vetoreg op verydelende optrede geniet die betrokke aandeelhouers dus die eksklusiewe reg om oor die aanbod te besluit.
Ons beoordeel die Suid-Afrikaanse beginsel van direksieneutraliteit in samehang met die vergelykbare posisie in die Verenigde Koninkryk en vergelyk dit dan met die kontrasterende benadering in die Verenigde State van Amerika. In laasgenoemde regsbestel staan dit die direksie vry om stappe te neem wat ’n aanbod kan verydel indien die direkteure op redelike gronde glo dat die oorname ’n negatiewe invloed op korporatiewe beleid en effektiwiteit sal hê. In hierdie verband geld benewens hul gebruiklike vertrouens- en sorgsaamheidspligte ’n aangepaste, strenger, sake-oordeeltoets. Hierdie benadering maak sterk staat op die betrokkenheid van die howe om die optrede te toets.
Aangesien die huidige Suid-Afrikaanse benadering die belange van aandeelhouers vooropstel, oorweeg ons of die direksie nie ook hier toegelaat moet word om die uitkoms van ’n oorname-aanbod te beïnvloed in die beste belang van die maatskappy met inagneming van die belange van ander belanghebbendes nie.

A judicial review of “any other arbitrary ground” as a ground of unfair discrimination under section 6(1) of the Employment Equity Act 55 of 1998

ARTIKEL

A judicial review of “any other arbitrary ground” as a ground of unfair discrimination under section 6(1) of the Employment Equity Act 55 of 1998

Author: Elsabé Huysamen

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Lecturer in Mercantile and Labour Law, University of the Western Cape
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 70-93
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a5

Abstract

Binne die oorkoepelende reg op gelykheid soos gewaarborg deur artikel 9 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, word differensiële behandeling op ontoelaatbare gronde, of om ontoelaatbare redes, spesifiek verbied ingevolge die grondwet se bepalings oor onbillike diskriminasie (a 9(3) en (4)). In die arbeidskonteks word hierdie grondwetlike beskerming teen onbillike diskriminasie grotendeels gereguleer deur die Wet op Gelyke Indiensneming 55 van 1998. Dit was eers ingevolge die Gelyke Indiensneming Wysigingswet 47 van 2013 dat die frase “enige ander arbitrêre grond” in 2014 geïnkorporeer is in artikel 6(1) van die Wet op Gelyke Indiensneming. Alhoewel hierdie frase, en die betekenis daarvan, met eerste oogopslag eenvoudig gelyk het, het die ontleding en toepassing daarvan aanvanklik tot wydverspreide debat gelei.
Teen die voorafgaande agtergrond bied hierdie artikel ’n oorsig van hoe die kommissie vir versoening bemiddeling en arbitrasie (KVBA) en arbeidshowe die frase “enige ander arbitrêre grond” binne die bestek van eise gebaseer op onbillike diskriminasie ingevolge die gewysigde artikel 6(1) geïnterpreteer het. Die bespreking begin met ’n oorsig van ’n tydperk van relatiewe onsekerheid wat onmiddellik gevolg het na die 2014 wysigings tot die Wet op Gelyke Indiensneming. Gedurende hierdie tydperk het die KVBA en arbeidshowe uiteenlopende benaderings gevolg rakende die vraag of “enige ander arbitrêre grond” eng of breed geïnterpreteer behoort te word. Ingevolge ’n eng benadering word die frase vertolk as ’n ongespesifiseerde, maar analoë grond tot die lys van gronde wat reeds in artikel 6(1) vervat is. Gevolglik, en soortgelyk aan die posisie voor die 2014 wysiging van artikel 6(1), bestaan daar steeds net twee kategorieë van verbode gronde: gelyste en ongelyste (of arbitrêre) gronde. Daarteenoor, ingevolge ’n breë benadering, moet “arbitrêr” geïnterpreteer word as irrasionele of wispelturige optrede. Ingevolge ’n breë benadering het die uitdruklike toevoeging van die frase “enige ander arbitrêre grond” dus die bestaan van drie duidelike kategorieë van verbode gronde aangedui: gelyste, ongelyste én arbitrêre gronde.
Vervolgens val die klem op die arbeidshof se uitspraak in Ndudula v Metrorail, gevolg deur die arbeidsappèlhof se beslissings in Naidoo v Parliament of the Republic of South Africa en Minister of Justice and Correctional Services v Ramaila, wat gesamentlik ’n waardigheid-gefokusde (eng) benadering tot die interpretasie van die frase bevestig het.
Ten slotte bespreek die artikel belangrike lesse wat geneem kan word uit regspraak tot op datum en belig dit die beginsels en oorwegings wat die KVBA en arbeidshowe se huidige benadering tot eise van onbillike diskriminasie op ’n arbitrêre grond gevorm het.

Paraphilia and criminal responsibility – a South African criminal justice perspective

ARTIKEL

Paraphilia and criminal responsibility – a South African criminal justice perspective

Authors: Pieter Carstens, Llewelyn Curlewis and Philip Stevens

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Emeritus Professor, Department of Public Law, University of Pretoria; Senior Lecturer, Department of Procedural Law, University of Pretoria; Professor, Department of Public Law, University of Pretoria
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 94-116
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a6

Abstract

Die komplekse verhouding tussen parafilieë en die reg is al lank ’n bron van kommer, met historiese wortels in die waarneembare verband tussen seksuele afwyking en kriminaliteit. Hierdie verwantskap is al breedvoerig gedokumenteer en geopper in die sfeer van die psigiatrie, wat opsigself wetgewing beïnvloed wat seksuele gedrag reguleer. Terme soos “seksuele afwyking” en “seksuele perversie” is in wetgewing gebruik, terwyl argaïese morele terme, soos “onnatuurlike dade” en “onuitspreeklike misdade teen die natuur”, die ontwikkelende aard van maatskaplike houdings teenoor parafilieë beklemtoon en dit veral as taboe en onwaardig vir wetlike oorweging klassifiseer.
Parafilie verwys na intense, volgehoue seksuele belangstellings wat afwyk van die tipiese opwekkingspatrone, met die potensiaal om skadelik te wees vir die persoon self óf om skade en/of nadeel vir iemand anders te veroorsaak. Voorbeelde sluit onder andere in: ekshibisionisme, voyeurisme, pedofilie en seksuele sadisme. Die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesversteurings, (vyfde uitgawe – DSM-V) onderskei tussen parafilieë en parafiliese afwykings en beklemtoon dat nie alle parafilieë psigiatriese behandeling benodig nie.
Om parafilie te verstaan, is noodsaaklik vir die ontwikkeling van effektiewe wetgewende en terapeutiese benaderings en intervensies. In die Suid-Afrikaanse strafreg het parafilie ’n belangrike rol gespeel in verskeie sake. Howe moet gereeld die rol van parafilie oorweeg in die bepaling van strafregtelike aanspreeklikheid en vonnisoplegging. Die kompleksiteit van parafilie bied uitdagings vir die regstelsel, wat ’n genuanseerde begrip van die wisselwerking tussen geestesgesondheid en kriminele gedrag vereis. Deur die kruispunt van parafilieë en die reg te verken, kan ons die kompleksiteit van die bestuur van hierdie afwykings en die bevordering van openbare veiligheid beter verstaan. ’n Omvattende benadering, wat insig vereis vanuit die oogpunt van die psigiatrie, asook van die reg en etiek is noodsaaklik om die uitdagings aan te spreek wat parafilieë bied.
Hierdie bydrae ondersoek die verskynsel van parafilie met spesifieke verwysing na die definisie, diagnostiese klassifikasie en eienskappe daarvan, sowel as ’n paar gevalle van parafilie in Suid-Afrikaanse strafreg. ’n Kort assessering word gemaak van hoe Suid-Afrikaanse strafhowe parafilie hanteer het in die verlede. In hierdie verband word ’n analise gemaak van die strafregtelike aanspreeklikheid van die parafilienaar. Die moontlike rol van neurowetenskap in die verklaring van parafiliese neigings en gedrag sal beoordeel word teen die agtergrond van vooruitgang in neurowetenskap in terme van die verklaring van kriminele gedrag. Die koppelvlak tussen die strafreg en mediese etiek binne die konteks van hierdie tema word ondersoek. Ten slotte word aanbevelings vir moontlike hervorming bespreek.

Collective bargaining in the gig economy: a comparative analysis

ARTIKEL

Collective bargaining in the gig economy: a comparative analysis

Authors: Betina Fleming and Marthinus van Staden

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Director: Employee Relations; University of the Witwatersrand; Associate Professor; Wits School of Law
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 117-142
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a7

Abstract

In hierdie artikel ondersoek die outeurs die evolusie en toepassing van kollektiewe bedingingsregte binne die gig-ekonomie deur middel van ’n vergelykende analise van vyf jurisdiksies: Brasilië, China, Indië, Kenia en Suid-Afrika. Die studie ondersoek hoe tradisionele arbeidsregsraamwerke, histories ontwerp rondom standaard diensverhoudinge, nie pas hou met die realiteite van platformgebaseerde werk en die uitdagings wat dit vir werkers wat kollektiewe verteenwoordiging soek, inhou.
Die studie begin deur die Internasionale Arbeidsorganisasie se normatiewe raamwerk te ondersoek, wat kollektiewe bedinging as fundamenteel vir die bereiking van ordentlike werk vestig. Ten spyte van die organisasie se inklusiewe visie wat hierdie regte uitbrei na alle werkers ongeag hul indiensnemingstatus, toon die analise beduidende implementeringsgapings in die ondersoekte jurisdiksies. Die sentrale struikelblok wat geïdentifiseer is, is die sistematiese wanklassifikasie van platformwerkers as onafhanklike kontrakteurs eerder as werknemers, wat hulle effektief uitsluit van tradisionele kollektiewe bedingingsmeganismes. Die artikel identifiseer verskeie algemene hindernisse vir kollektiewe organisering in die gig-ekonomie. Dit sluit in regsuitsluitings wat voortspruit uit verouderde indiensnemingsdefinisies, strukturele fragmentasie van die werksmag wat solidariteit belemmer, algoritmiese beheerstelsels wat toesig en werksonsekerheid skep en platformweerstand teen werkersorganisasie. Die gedesentraliseerde aard van platformwerk, gekombineer met werkers se vrese vir vergelding deur rekeningdeaktivering of verminderde werktoewysing, skep afskrikwekkende effekte op kollektiewe optrede. In al vyf lande, het platformwerkers merkwaardige innovasie getoon in die organisering van pogings, die gebruik van sosiale medianetwerke, die vorming van werkerskoöperasies en die deelname aan spontane kollektiewe aksies. Hierdie grondvlak-inisiatiewe bly egter regsonerkenbaar en struktureel kwesbaar. Dit funksioneer buite formele raamwerke vir arbeidsverhoudinge.
Die vergelykende analise toon dat, ten spyte van verskillende regs- en politieke kontekste, alle jurisdiksies nie daarin slaag om kollektiewe bedingingsregte voldoende uit te brei na platformwerkers nie. Dit skep ’n groeiende groep ekonomies afhanklike werkers wat regsonsigbaar bly en uitgesluit word van fundamentele arbeidsbeskerming. Daar word bevind dat die bereiking van betekenisvolle kollektiewe bedinging in die digitale ekonomie fundamentele regshervorming vereis. Arbeidsreg moet verder as tradisionele indiensnemingsbinariteite ontwikkel om funksionele benaderings te omhels wat diverse arbeidsreëlings erken. Sonder sodanige transformasie sal die fundamentele beginsels van vryheid van assosiasie en ordentlike werk vir platformwerkers onverwesenlik bly, wat demokratiese arbeidsverhoudinge in die digitale era ondermyn.

Making family law judgments more accessible to the affected children through judicial letters

AANTEKENINGE

Making family law judgments more accessible to the affected children through judicial letters

Author: M Carnelley

ISSN: 1996-2207
Affiliations: North-West University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 143-156
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a8

Abstract

Waarnemende regter Du Plessis het in IG v JV (30290 /21) 2023 ZAGPPHC 691 (8 Julie 2023), vir die eerste keer in die Suid-Afrikaanse reg, ʼn brief aan die betrokke kinders geskryf om te verduidelik waarom sy bevind het dat dit in hul beste belang is om nie in Suid-Afrika by hulle vader te bly nie maar om saam met hulle moeder te verhuis na België, al was dit teen hulle uitdruklike wense. In die aantekening word die potensiële opsie bespreek van direkte terugvoer deur die regter aan kinders in familieregtelike geskille en veral met betrekking tot ouerlike sorg- en kontakbesluite, selfs waar die kinders nie ’n party tot die geding is nie. Die bespreking word deur die vereistes van onder meer die Verenigde Nasies se Konvensie vir die Regte van die Kind gelei soos dit toepassing gevind het in die nasionale wetgewing en uitsprake in Suid-Afrika, Nederland, Engeland, Skotland en Nieu-Seeland.
Hierdie aantekening fokus nie op die reg van die kind om gehoor te word nie, maar in die besonder op die reg van die kind tot kommunikering van die besluit van die besluitnemer self. Die toepassing van hierdie aspek is nog onderontwikkeld en die outeur bespreek die beskikbare uitsprake ten einde ’n grondslag te lê vir toekomstige oorweging van die uitbreiding van hierdie ontwikkeling. Direkte kommunikasie met kinders is belangrik ten einde hulle aanvaarding van hofbesluite te bevorder veral as dit gepaard gaan met ’n empatiese verduideliking daarvan in ’n breër regs- en feitekonteks en in ’n taal wat die kind verstaan. Hoewel hierdie moontlikheid nie toepaslik sal wees in alle geskille nie, word dit onder meer aanbeveel waar daar nie aan die uitdruklike wense soos duidelik gekommunikeer deur die kind toegegee word nie of waar die kind ’n ongesonde mate van ouerlike druk ondervind of waar die verhouding van die ouers só bitter is dat hulle ongeskik is om die uitspraak aan die kind op ’n gebalanseerde manier oor te dra.
’n Paar riglyne word aan die hand gedoen vir regters wanneer hulle oorweeg om ’n brief aan die belanghebbende kinders te skryf. Die aantekening sluit af met regter Du Plessis se brief as ’n voorbeeld van ’n kinder-vriendelike uitspraak.

Is ’n eksekuteur van ’n bestorwe boedel gevrywaar teen ’n mandament van spolie?

AANTEKENINGE

Is ’n eksekuteur van ’n bestorwe boedel gevrywaar teen ’n mandament van spolie?

Author: JC Sonnekus

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 157-172
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a9

Abstract

Shortly after the demise of the deceased on 13 June 2025 the first respondent in Tlou v Mtsweni (2025/182777) 2025 ZALMPPHC 198 (20 October 2025) as designated executor presented the applicant T, a sister of the deceased, with a handwritten note commissioned by the fourth respondent as police officer purporting to be the last will and testament of the deceased. In terms of the said document, the first respondent stood to inherit the tavern of the deceased as well as all the furniture in the said tavern. Part of the furniture that was used in the tavern included fridges that belonged to SA Breweries. Against the will of the applicant and notwithstanding her protest, the first respondent removed such furniture from the possession of the applicant. She had kept the belongings of her deceased brother in safekeeping at her (their) parents’ premises until significant uncertainties regarding the validity of the handwritten note as the alleged last will of the deceased could be clarified in court.
The court dismissed the application by T for the spoliation order against M with costs because, according to the court, an executor is entitled to remove any property that forms part of the estate of the deceased on authority of the Administration of Estates Act 66 of 1965. The court held that of relevance to these proceedings, is the averment by the first respondent that he is empowered to collect the assets of the estate by virtue of his appointment as executor. According to the first respondent it is therefore his duty to collect assets belonging to the deceased estate and any alleged dispossession is thus lawful and justified. The acting judge submitted that, insofar as the refrigerators were in the control of the deceased and held at the tavern premises, nobody had the right to simply remove these refrigerators without the knowledge and consent of the executor – notwithstanding the fact that they never belonged to the deceased. The court held that the applicant removed the furniture from the tavern unlawfully and without the executor’s consent and retained the refrigerators at her or her parents’ premises.
The judgment does not disclose whether the said removal by the applicant took place before or after the respondent was issued with the letters of executorship by the master of the high court. It would seem to be problematic to await the issuing of the letters of executorship to acquire the executor’s consent if in the meantime the property may be prone to pilfering by thieves from the abandoned tavern. T acted exemplarily, as a negotiorum gestor may be expected to act in preservation of the assets of the deceased. An agent of necessity holds the things as possessor and not as a mere detentor, because per definition she was not mandated by another as principal to act as the latter’s detentor.
The court held that the applicant was incorrect in her submission that the executor must have some form of court order or authority before assets can be forcefully removed or collected by him. The authority of the executor is according to the court “cemented” in the provisions of section 26. That section, however, does not empower the executor to spoliate anything covered by the emphasised qualification governing the executor’s powers: “Immediately after letters of executorship have been granted to him an executor shall take into his custody or under his control all the property, books and documents in the estate and not in the possession of any person who claims to be entitled to retain it under any contract, right of retention or attachment” (s 26(1) – emphasis added).
The applicant’s contention is that the first respondent’s appointment as executor does not empower him to take the law into his own hands without recourse to the court or the master. Not even an owner can hide behind his ownership as justification for an act of spoliation, and an executor is at most acting as the personal representative of the deceased and is not clothed with more powers than the deceased as owner had. The court held that this contention is rebutted by the purported trite provisions of the Administration of Estates Act, which direct that the executor must take immediate possession of such property belonging to the deceased estate or in the possession or under the control of the deceased [sic].
It is submitted that, because the refrigerators belonged to SA Breweries, the executor had no entitlement to lay claim to the possession of such assets, as they had never formed part of the estate of the deceased. It is further submitted that no executor is clothed with the power to spoliate assets from the peaceful possession of a third party as possessor. Notwithstanding the conviction of the acting judge in this case, the Administration of Estates Act does not entitle the executor to self-righteously dispossess anybody. This judgment should not be elevated as a unique precedent on the perceived newfound limitations to a spoliation order under the principle of stare decisis.
It is doubtful whether it was justified to award a cost order against the applicant considering that she was relying on the judicial order to protect her against a spoliator after she took the assets of her deceased brother into her safekeeping as agent of necessity to prevent his estate being pilfered until the clarification of the validity of the will and the appointment of the executor. Not protecting the negotiorum gestor in this instance and burdening her with a cost order including the costs of counsel on scale B does not strengthen reliance on the rule of law.

Perfektering van ’n algemene notariële verband verleen géén vervreemdingsbevoegdhede aan die verbandreghebbende hetsy in daardie hoedanigheid óf as pandreghebbende nie – behalwe in dié hof

REGSPRAAK

Perfektering van ’n algemene notariële verband verleen géén vervreemdingsbevoegdhede aan die verbandreghebbende hetsy in daardie hoedanigheid óf as pandreghebbende nie – behalwe in dié hof

Authors: JC Sonnekus en EC Schlemmer

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Universiteit van Johannesburg; Universiteit van Pretoria
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 173-185
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a10

Abstract

The discussion examines the legal consequences of the perfection of a general notarial bond within South African law and critically assesses the judgment of Du Plessis AJ in Spar Group Ltd v Volemo Trading Enterprise (Pty) Ltd t/a Njhaka Njhaka Build It (2025 ZALMPPHC 194). South African authority, notably Cooper NO v Die Meester and Contract Forwarding (Pty) Ltd v Chesterfin (Pty) Ltd, firmly establishes that a general notarial bond does not confer a real right in the property described in the bond until it is perfected. Upon perfection – whether through consensual delivery or an order compelling specific performance – the bondholder acquires the status of a pledgee, with a limited real security right over the specific movable property of the debtor that has come into its possession.
Before perfection, the bondholder is merely a preferent creditor in respect of the debtor’s free residue as contemplated in section 102 of the Insolvency Act, and not a secured creditor. Perfection does not, however, vest in the pledgee any powers of ownership, management, or unilateral realisation. South African law prohibits parate executie in respect of notarial bonds and disallows any arrangement amounting to a pactum commissorium. A pledgee may therefore neither appropriate the pledged assets nor dispose of them for its own account without the intervention of a court. The only functionary legally empowered to realise and distribute an insolvent’s assets is the liquidator or trustee, acting in the interests of the body of creditors and subject to the concursus creditorum.
The focus then turns to the Spar Group’s credit arrangements with Volemo (in casu), secured by several general notarial “covering” bonds. It is doubted whether these instruments complied with section 51 of the Deeds Registries Act, particularly the requirement of a stated maximum amount where future indebtedness is to be secured.
The discussion of the court’s perfection order describes it as “unprecedented”. The order authorised the Spar Group not merely to take possession of Volemo’s movable assets, but to take control of the business, regulate the movement of stock (including stock possibly owned by third-party suppliers), operate the debtor’s bank accounts, collect book debts, transfer licences and permits, and dispose of assets while purportedly passing “valid title”. These powers far exceed those of a pledgee and directly conflict with the nemo plus iuris principle. No authority was cited for such far-reaching relief, (because none exists). The court appeared to rely on the fact that the debtor did not oppose the application, but it is contended that a failure to oppose cannot enlarge a creditor’s substantive rights nor derogate from the protections afforded to other creditors under the Insolvency Act, including the statutory provisions on impeachable dispositions.
The judgment is regarded as fundamentally flawed in doctrine and dangerously out of step with established principles of South African real security law. Yet, unless overturned on appeal, it remains binding on lower courts – a disquieting outcome given the serious legal errors it contains.

Expanding consequences for ethical mishaps in the use of artificial intelligence in legal practice

REGSPRAAK

Expanding consequences for ethical mishaps in the use of artificial intelligence in legal practice

Author: MM Van Eck

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Witwatersrand
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 185-197
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a11

Abstract

Die etiese gebruik van kunsmatige intelligensie in die regspraktyk bly ’n uitdaging. Dit word geïllustreer deur die groot aantal sake wat in 2025 oor etiese mislukking in die regsberoep aangemeld is in jurisdiksies soos die van die Verenigde State van Amerika, Kanada, Australië, Suid-Afrika, Engeland en Wallis. Hierdie bespreking fokus dus op die mees onlangse Engelse uitspraak, Ayinde v London Borough of Haringey en Al-Haroun v Qatar National Bank (2025 EWHC 1383 (Admin)), met die klem op hoe die gedrag van regspraktisyns in hul gebruik van kunsmatige intelligensie-instrumente die regspleging negatief kan beïnvloed. Alhoewel verskeie moontlike gevolge bestaan waar regspraktisyns hul etiese en professionele standaarde verontagsaam in die gebruik van kunsmatige intelligensieinstrumente, is die impak van sodanige gedrag op die regspleging ’n meer onlangse ontwikkeling van die howe se uitkyk op sodanige etiese en professionele standaarde van regspraktisyns. As hierdie beginsels in die Suid-Afrikaanse konteks uitgebrei word, kan die regspleging gevind word in een van drie gevalle, naamlik meineed volgens die gemenereg, minagting van die hof, en regsverydeling. Die outeur argumenteer in hierdie bespreking dat regspraktisyns nie bloot kan voortgaan om kunsmatige intelligensie vir navorsing te gebruik sonder die behoorlike nakoming van eties en professionele pligte nie, want dit sou nie net ’n negatiewe impak op hulself, hul kliënte en die howe hê nie – maar het ook ’n wyer en verreikende impak op die regspleging asook die regsberoep. In hierdie verband word geargumenteer dat die behoorlike gebruik van kunsmatige intelligensie-instrumente een van die etiese dilemmas in die hedendaagse regsomgewing geword het, en dringende en onmiddellike aandag vereis, insluitend regulasies van die Regspraktyksraad om leiding aan regspraktisyns te bied, maar ook dat die howe ’n duidelike uiteensetting van riglyne vir die voorlegging van dokumente waarvoor kunsmatige intelligensie gebruik is, moet verskaf. Dit is slegs deur so ’n gekombineerde poging, en deur opleiding, leierskap en konsekwente gevolge vir die versaking van etiese en professionele pligte, dat die huidige etiese mislukkings wat verband hou met die misbruik van kunsmatige intelligensie-instrumente in die regsberoep reggestel kan word.