The Labour Relations Act at 30: Navigating challenges and opportunities in the age of artificial intelligence

The Labour Relations Act at 30: Navigating challenges and opportunities in the age of artificial intelligence

Author Letlhokwa George Mpedi

ISSN: 1996-2088
Affiliations: B Juris LLB (Vista) LLM (Rand Afrikaans) LLD (Johannesburg); Vice-Chancellor and Principal, Professor of Labour and Social Security Law, Faculty of Law, University of Johannesburg; Visiting Professor, Faculty of Law, University of Cape Coast, Cape Coast, Ghana; Visiting Professor, Norman Paterson School of International Affairs, Carleton University, Ottawa, Canada
Source: Acta Juridica, 2025, p. 357-381
https://doi.org/10.47348/ACTA/2025/a11

Abstract

Reflecting on the 30 years since the Labour Relations Act 66 of 1995 (LRA) was passed in South Africa raises important questions about the progress made in promoting fair labour practices, and the challenges that remain. The creation of the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration was a key achievement in making workplace relations more democratic, and providing accessible conflict resolution for both workers and employers. However, with the rapid advancements in technology, particularly the rise of artificial intelligence (AI), the following question arises: are current labour laws adapting to these swift changes? This contribution highlights some of the successes and ongoing difficulties of the LRA, by examining its role in regulating employment relations and raising critical issues: Are workers sufficiently protected in an age of automation? How might innovative approaches, such as online dispute resolution, enhance access to justice? Furthermore, how can South Africa’s labour framework remain robust and inclusive amidst technological disruptions? The conclusion is that the vision for the future should be one that balances the potential of AI with the essential need to protect workers’ rights in an ever-evolving economic landscape.

Climate-responsive regulation for heat stress in South African workplaces

Climate-responsive regulation for heat stress in South African workplaces

Author Cecile de Villiers

ISSN: 1996-2088
Affiliations: LLB LLM LLD (Stellenbosch). Lecturer, Department of Commercial Law, University of Cape Town
Source: Acta Juridica, 2025, p. 382-423
https://doi.org/10.47348/ACTA/2025/a12

Abstract

Rising temperatures caused by climate change increase the risk of heat stress for employees. In South Africa, heat exposure is expected to be the most common climate impact on occupational health and safety (OHS), and it requires an urgent and targeted legislative response. While the Climate Change Act 22 of 2024 promotes a coordinated and cooperative legal response to climate adaptation, its interaction with labour legislation in advancing adaptation objectives remains to be seen, as the Act is yet to be fully implemented. This article highlights that existing labour legislation offers insufficient protection against climate-related heat stress risks in the workplace, and that the fragmented legislative framework hampers climate adaptation. This is illustrated through a discussion of the legislative regulation of heat stress risks by the Occupational Health and Safety Act 85 of 1993 and the Physical Agents Regulations, which were introduced in 2025. OHS measures interact with minimum employment conditions under the Basic Conditions of Employment Act 75 of 1997, and regulatory examples from Spain offer guidance for reform in the context of extreme heat. The article also suggests that collective bargaining under the Labour Relations Act 66 of 1995 offers a valuable supplementary response to protect the heat health of employees. Drawing on OHS guidance by the International Labour Organization and the experience of Australia, the article argues that climate-responsive regulations under OHS legislation are required to respond to climate impacts. Such regulations would better integrate the above labour legislation with climate adaptation measures that protect employees against increasing heat stress risks.

The silent revolution: Professional sport and the irrelevance of employment law? Two decades since Matfield

The silent revolution: Professional sport and the irrelevance of employment law? Two decades since Matfield

Author Andrew Breetzke

ISSN: 1996-2088
Affiliations: BA LLB (Stellenbosch), PG Dip (Employment Law and Social Security) (Cape Town); CEO of the South African Cricketers’ Association; Director of the World Cricketers’ Association
Source: Acta Juridica, 2025, p. 424-450
https://doi.org/10.47348/ACTA/2025/a13

Abstract

This article provides an overview of the significant changes in the power dynamic between athletes and governing bodies and how these changes impact the contracting of professional athletes in South Africa, specifically in rugby and cricket. The article examines the initial embracing of standard employment law contracting models in professional team sport and how these are being replaced by atypical employment relationships and free agency, at the instance of the athletes. This change has occurred at a time when South African professional teams have enjoyed unparalleled success, making it possible to argue that success for a business entity may be achievable without there being employment contracts in place with the key individuals responsible for that success.

Corroboration of confessions: a comparative view of the approaches in Australia, South Africa and other common-law jurisdictions

ARTIKEL

Corroboration of confessions: a comparative view of the approaches in Australia, South Africa and other common-law jurisdictions

Author: Wouter le R de Vos

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Visiting professor, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 1-20
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a1

Abstract

’n Bekentenis kan omskryf word as ’n omvattende erkenning buite die hof gedoen deur ’n beskuldigde in ’n strafsaak waarin hy of sy onomwonde skuld beken ten opsigte van die ten laste gelegde misdaad. Aangesien ’n bekentenis al die elemente van die misdaad dek, word dit oor die algemeen as ’n voldoende grondslag vir ’n skuldigbevinding beskou. Daar is egter sekere voorbehoude wat in ag geneem moet word. Westerse demokratiese regstelsels verg eerstens dat ’n bekentenis op ’n behoorlike wyse bekom moes wees, wat meebring dat dit minstens vrywilliglik afgelê moes wees, ten einde toelaatbaar te wees. Tweedens vereis sommige jurisdiksies dat ’n bekentenis wat toelaatbaar bevind is, slegs as grondslag van ’n skuldigbevinding kan dien mits die inhoud daarvan andersins gestaaf word of, so nie, indien daar getuienis buite die bekentenis is wat bewys dat die ten laste gelegde misdaad só gepleeg is. Laasgenoemde vereiste staan bekend as die corpus delicti-reël, wat letterlik beteken die “liggaam van die misdaad”.
Die oogmerk met hierdie vereistes is om die gevaar uit te skakel of minstens te verminder dat ’n vals bekentenis as grondslag vir ’n skuldigbevinding gebruik word. Regspraak in Engeland en die Verenigde State van Amerika (VSA) het sedert die sewentiende eeu aangetoon dat mense soms vals bekentenisse maak. Daar is verskeie redes hiervoor, onder andere ’n verdagte wat verdere aggressiewe ondervraging deur die polisie wil vermy of wat ’n familielid of geliefde wil beskerm deur die aanspreeklikheid op hom of haar te neem en ’n persoon wat geestesonstabiel is en wat sodoende publisiteit soek. In hierdie artikel word ’n regsvergelykende studie gedoen van die posisie in Engeland, Skotland, die VSA, Australië en Suid-Afrika met betrekking tot die stawing van bekentenisse, insluitende die corpus delicti-reël.
Die stawingsvereiste en die corpus delicti-reël behoort ter sprake te kom tydens die evaluering van getuienis aan die einde van die verhoor, wanneer die hof oorweeg of die beskuldigde se bekentenis ’n voldoende grondslag vir ’n skuldigbevinding bied. Teen daardie tyd is die bekentenis reeds toelaatbaar bevind en is die toelatingsvereistes nie meer ter sake nie. Hierdie onderskeid tussen die toelaatbaarheid en evaluering van ’n bekentenis word in die Suid-Afrikaanse reg gehandhaaf, maar dit is nie die posisie in die ander jurisdiksies onder bespreking nie. Die konsepte “toelaatbaarheid” en “evaluering van bekentenisse” word dikwels saamgesmelt en die stawingskonsep word ook in die betekenis van die toelaatbaarheid van bekentenisse gebruik.
In Engeland is die fokus hoofsaaklik op die toelaatbaarheid van bekentenisse, wat informele erkennings insluit. In wese gaan dit oor die vrywilligheidsvereiste, maar die betroubaarheid van ’n verklaring speel ook ’n rol. Dit lei tot verwarring want betroubaarheid kom eintlik ter sprake by evaluering van bekentenisse.
In Skotland geld ’n algemene stawingsvereiste ten opsigte van misdade in die algemeen. Dit beteken dat die feite in geskil deur twee onafhanklike bronne van getuienis bewys moet word. Die vervolgingsgesag moet dus bewys dat die betrokke misdaad gepleeg is én dat die beskuldigde die oortreder was. Beide elemente moet dan deur twee onafhanklike bronne van getuienis gestaaf word. Indien die vervolging op ’n bekentenis steun, moet die bekentenis deur onafhanklike getuienis gestaaf word. Getuienis van die corpus delicti is nie opsigself voldoende om aan die stawingsvereiste te voldoen nie.
In die Verenigde State van Amerika is die posisie baie verwarrend. Sommige bronne behandel die corpus delicti-beginsel in die konteks van sowel die toelaatbaarheid as die evaluering van bekentenisse. Ander bronne verwys daarna as uitsluitlik ’n toelaatbaarheidsvereiste. Enkele bronne behandel dit as ’n vereiste rakende die evaluering van bekentenisse. Na my mening is daar weinig leiding te vind in die Amerikaanse bronne.
Die fokus in al die verskillende jurisdiksies in Australië val op die toelaatbaarheid van informele erkennings, wat bekentenisse insluit. Sedert die uitspraak van die hoë hof in McKinney v R is wetgewing in al die jurisdiksies aangeneem wat in die algemeen vereis dat erkennings en bekentenisse afgelê in polisie-aanhouding gestaaf moet word deur ’n audio-visuele of elektroniese opname. Die begrip stawing word dus hier in die betekenis van die toelaatbaarheid van bekentenisse gebruik. Nie een van die Australiese jurisdiksies vereis stawing van die inhoud van ’n bekentenis om as grondslag van ’n skuldigbevinding te kan dien nie. Die stawingsvereiste is dus gefokus op die omstandighede met die maak van ’n bekentenis en nie op die inhoud daarvan nie.
Teen die voorgaande agtergrond meen ek dat die Suid-Afrikaanse posisie op ’n goeie grondslag gevestig is. Daar word ’n duidelike onderskeid getref tussen enersyds die vereistes betreffende die toelaatbaarheid van bekentenisse en die stawing van sodanige verklarings andersyds. Wat laasgenoemde betref, word vereis dat ’n bekentenis in ’n wesenlike opsig bevestig moet word of, so nie, dat getuienis buite die bekentenis moet bewys dat die betrokke misdaad só gepleeg is. Die enigste kritiek daarteen is dat die onderskeid tussen informele erkennings en bekentenisse kunsmatig en onnodig is. Beide is inkriminerende verklarings en, met inagneming van die grondwetlike bepalings, behoort dieselfde vereistes betreffende toelaatbaarheid ten opsigte van albei te geld.

Lessons from the New South Wales Strata Schemes Legislation Amendment Act 14 of 2025

ARTIKEL

Lessons from the New South Wales Strata Schemes Legislation Amendment Act 14 of 2025

Author: CG van der Merwe

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Research Fellow and Emeritus Professor, Department of Private Law, University of Stellenbosch and Emeritus Professor of Civil Law, University of Aberdeen
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 21-39
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a2

Abstract

Die Suid-Afrikaanse deeltitelwet en regulasies is gebaseer op ’n vorige weergawe van die Nieu-Suid-Wallis wetgewing en regulasies wat ’n ingrypende transformasie ondergaan het in 2025 met die inwerkingtreding van die Strata Scheme Legislation Amendment Act, waaruit Suid-Afrika die volgende lesse kan leer.
(1) Die wysigingswet werk met die innoverende begrippe toeganklikheids – (accessibility) infrastruktuur en volhoubaarheids – (sustainability) infrastruktuur. Toeganklikheidsinfrastruktuur dui op die aanleg, verwydering, of aanpassing van bepaalde gedeeltes van die gemeenskaplike eiendom ten gunste van ’n deeleienaar of om ’n gestremde persoon se toegang tot die gemeenskaplike eiendom of sy of haar strata-eenheid te vergemaklik. Vir ’n toeganklikheidsinfrastruktuurbesluit om sodanige struktuur te befonds, by die gemeenskaplike eiendom te voeg, die gemeenskaplike eiendom te verander of ’n nuwe struktuur op die gemeenskaplike eiendom op te rig sowel as om die voorgeskrewe bestuursreëls te wysig, vereis die wysigingswet nou ’n gewone besluit in plaas van ‘n spesiale besluit. Vir sodanige besluit moet die algemene vergadering onder andere die kostes en finansiering van die infrastruktuur, voortdurende onderhoudsverpligtinge, en, belangrik, die nadeel wat die persoon wat die installasie aanvra sou ly as dit geweier word, oorweeg. Hierdie gebalanseerde benadering fasiliteer nodige veranderinge terwyl die praktiese aspekte behoorlik in ag geneem word.
Die wysigingswet stipuleer duideliker regulasies vir die goedkeuring en onderhoud van volhoubare (sustainability) infrastruktuur in die vorm van sonpanele, elektriese voertuiglaaistasies en ander omgewingsinisiatiewe. Voorgeskrewe bestuursreëls mag nie die aanleg van volhoubare infrastruktuur uitsluit net om die eksterne voorkoms van ’n gebou te behou nie, behalwe in geboue wat as erfenis geboue gelys is. Regspersone moet beramings vir die aanleg, vervanging of herstel van volhoubare infrastruktuur in hul kapitaalwerke (reserwe) fonds beramings insluit en die agenda van elke algemene jaarvergadering moet spesifieke items insluit oor die skema se omgewingsvolhoubaarheid, insluitend sy jaarlikse energie- en waterverbruik en uitgawes.
(2) Die wysigingswet verbied ontwikkelaars om onrealistiese lae aanvanklike heffings te vereis om deeltiteleenhede meer aantreklik vir kopers te maak. Dit veroorsaak dat nuwe eienaars met ernstig ondergefinansierde administratiewe- en kapitaalwerke fondse gelaat word. Die ontwikkelaar word verplig om planne, spesifikasies, sertifikate en finansiële rekords aan die regspersoon ten minste veertien dae voor die eerste jaarvergadering te oorhandig. Verder moet die eerste jaarlikse begroting en heffings gebaseer wees op ’n redelike beraming van die verwagte skema uitgawes, gesertifiseer deur ‘n verslag van ‘n onafhanklike en gekwalifiseerde bourekenaar. Daarbenewens moet die oorspronklike onderhoudsplan van die ontwikkelaar aandui watter gedeeltes van die gebou onderhoud, herstel of vervanging benodig, die koste daarvan en die tydstip waarop dit moet geskied. Boonop moet die ontwikkelaar die nuwe regspersoon toelaat om hul eie bestuursagente aan te stel en ‘n konflik van belange te vermy deur nie sy eie medewerkers in diens te neem nie. Ernstige boetes word vir die oortreding van hierdie nuwe verpligtinge voorgeskryf.
(3) Die wysigingswet beoog om deursigtigheid, billikheid en doeltreffendheid van strata bestuur te verbeter. Strata komitees het soos maatskappydirekteure duideliker verpligtinge en moet enige botsing van belange in ’n saak wat oorweeg word, openbaar. Die reg van eienaars om belangrike skemastate te inspekteer word versterk deur die vermoë van ’n komitee of die bestuursagent om wettige versoeke om inligting te verhoed, te verminder. Inmiddels word die lede van die strata komitee verplig om ’n voorgeskrewe opleidingskursus te voltooi en ’n lid wat versuim om die opleiding binne die voorgeskrewe tyd te voltooi, is outomaties sy amp kwyt. Ten slotte kan komiteelede wat onderpresteer verwyder word deur ’n gewone meerderheidsbesluit in plaas van ’n spesiale besluit. Die nuwe regsverpligtinge en verpligte opleidingsvereistes behoort die dikwels amateuragtige gehalte van beheer oor komiteelede te verhoog tot ’n meer professionele standaard.
(4) Die wysigingswet maak algemene vergaderings meer demokraties. Elektroniese deelname aan en stemming op algemene vergaderings verbeter die deelname van nie-aanwesiges en moderniseer skema-aangeleenthede. Nuwe beperkings op die gebruik van volmagte verhoed dat ’n enkele individu genoeg volmagstemme kan vergader om die uitslag van vergaderings te beheer tot die nadeel van breër eienaarsgroepe.
(5) Die wysigingswet bepaal dat elke kommissie of voordeel wat deur ’n strata bestuursagent ontvang word, goedgekeur moet word op ’n algemene vergadering. Dit beteken dat bestuursagente nie mag kontrakteer om vrygestel te word van aanspreeklikheid vir hul eie nalatigheid nie. Dit is ’n kragtige middel om hoër professionele standaarde en voldoende versekeringsdekking te verseker. Die feit dat ’n bestuursagent hom of haar ingevolge die wysigingswet kan verdedig teen vervolging vir ’n oortreding veroorsaak deur die regspersoon indien die bestuursagent redelike stappe neem om dit te voorkom, beskerm die professionele agent wat disfunksionele komitees korrigeer. Dit beteken dat bestuursagente en bestuursfirmas wat op ’n deursigtige fooi-vir-diens basis werk en toegevoegde waarde aan deeltitelskemas verskaf in die toekoms sal floreer. Ten slotte verleen die wysigingswet aan die sekretaris die bevoegdheid om standaard agentskapsooreenkomste goed te keur en moet die bestuursagent ’n relaas van hul werksaamhede aan die regspersoon verskaf.
(6) Die wysigingswet onderskei duideliker tussen kosmetiese werke (wat geen goedkeuring vereis nie), klein verbouings (wat goedkeuring deur die strata komitee of deur ‘n gewone besluit vereis), en groot werke wat gemeenskaplike eiendom of die struktuur van geboue drasties verander (wat ’n spesiale besluit vereis).
(7) Die wysigingswet bepaal ten slotte dat die ontwikkelaar van ’n multiverdieping deeltitelgebou voor die eerste jaarvergadering ’n onafhanklike landmeter moet aanstel om die oorpronklike onderhoudsplan te hersien en te bevestig dat die plan die uitgawes vir die daaropvolgende jaar korrek uiteensit and dat die plan voorberei is in ooreenstemming met die voorgeskrewe vorm. Om integriteit te verseker, mag die ontwikkelaar nie ‘n deelgenoot aanstel om die syfers goed te keur nie.