Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric

Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric

Author: S Karjiker

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Anton Mostert Chair of Intellectual Property Law, Professor in the Department of Mercantile Law, Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2021, p. 240 – 255
https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i2a2

Abstract

Die wetgewer poog om met die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg ingrypende veranderinge in die Wet op Outeursreg aan te bring, waarby die instelling van billike gebruik (“fair use”) ingesluit word. Hierdie voorgestelde wysiging blyk nie die resultaat te wees van enige erkende hersieningsproses nie, en vereis ’n deeglike ontleding van die gevolge daarvan. Hierdie radikale afwyking van ons huidige benadering ten opsigte van die uitsonderings in outeursreg is deur sommige bekende tegnologie maatskappye ondersteun, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in ander regsgebiede soos die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland. Die artikel spreek ernstige kommer uit oor die implikasies van die instelling van billike gebruik in die Suid-Afrikaanse reg. Sodra verby die retoriek van die beweerde meerderwaardigheid van billike gebruik beweeg word, is die prentjie wat ontstaan verontrustend. Alhoewel daar entoesiastiese ondersteuning blyk te wees vir die instelling van billike gebruik vanuit sekere oorde, is die geskiedenis daarvan om regsekerheid te vestig in die regsgebied van sy statutêre oorsprong, die Verenigde State, minder bemoedigend. Billike gebruik vereis ’n litigasieproses tussen die verskillende partye om die toelaatbare uitsonderings op outeursreg te bepaal. Daar is geen noodwendige rede waarom billike gebruik meer responsief is op tegnologiese verandering as wetgewende hervorming nie.

Daar is beduidende verskille in ons regstelsel en die litigasieproses wanneer dit vergelyk word met dié van die Verenigde State. Versuim om die verskille te erken, kan tot onvoorspelbare en onbedoelde gevolge lei. Uitsonderings op die outeursreg behels aspekte van openbare beleid. Dit moet nie deur regters beslis word ooreenkomstig ’n agenda wat daargestel is deur private litigante nie. In ’n demokratiese samelewing moet openbare beleidskwessies deur die parlement bepaal word en dit mag openbare deelname insluit.

Billike gebruik, of enige vorm van oop uitsonderings, kan daartoe lei dat Suid-Afrika sy verdragsverpligtinge kragtens die Bernkonvensie, die TRIPs-ooreenkoms en in die besonder die sogenaamde “drie-stap-toets” mag oortree. Dit is ook duidelik dat die houding van die Europese Unie en die Verenigde State teenoor die groot tegnologie maatskappye minder uiteenlopend is, en dat wetgewende maatreëls ingestel word, of oorweeg word, om die uitbuiting van die regte van outeursreghebbendes te beperk. Voorstanders vir die instelling van billike gebruik het nog geen regverdiging verskaf waarom Suid-Afrika dit só moet gedra oor sy internasionale verpligtinge nie.

    The third branch of the legal profession

    The third branch of the legal profession

    Author: Michele Van Eck

    ISSN: 1996-2207
    Affiliations: Senior Lecturer in Private Law, University of Johannesburg
    Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2021, p. 256 – 278
    https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i2a3

    Abstract

    Die Suid-Afrikaanse regsberoep is tradisioneel opgedeel in twee verskillende takke van die praktyk, naamlik die van prokureurs en van advokate. Elk van hierdie takke fokus op spesifieke praktykareas en benodig unieke vaardighede om die spesifieke deel van die regsberoep suksesvol te kan navigeer. Tog het ’n derde tak van die regsberoep ontstaan uit die behoeftes van moderne kliënte, waarin regspraktisyns in diens geneem word om binne hul kliënte se organisasiestrukture hul eie regsrolle te vervul en regsdienste te lewer. Sulke interne rolle kan vervul word deur regspraktisyns wat nie praktiserend is nie, maar tog ’n mate van regsdienste lewer vir ’n werkgewerskliënt (salaris-regspraktisyns). Die interne rol kan ook vervul word deur individue wat ’n regsgraad het, maar nie toegelaat of geregistreer is as ’n prokureur of advokaat nie, maar wat nogtans in diens geneem is deur ’n werkgewerskliënt om regsdienste te lewer (ongereguleerde salaris-regspraktisyns).

    Voor die inwerkingtreding van die Wet op die Regspraktyk 28 van 2014 was die posisie van die derde tak van die regsberoep grotendeels ongereguleerd. Hierdie posisie het verander deurdat die Wet op die Regspraktyk, met die bekendstelling van deel 7 van die gedragskode, die eerste stap geneem het om die regspraktisyns in diens van hul werkgewerskliënte te erken en in beperkte mate te reguleer. Desondanks kan die interne rol uiteraard die professionele onafhanklikheid van die salaris-regspraktisyns en die ongereguleerde salaris-regspraktisyns in gevaar stel.

    In hierdie artikel word die verskille en ooreenkomste ondersoek van die regsdienste wat deur al drie die takke van die regsberoep verrig word om vas te stel of die professionele onafhanklikheid van sulke interne rolle binne die derde tak van die regsberoep nadelig kan wees en wat daaraan gedoen kan word. Sodoende word die huidige wetgewende landskap van die Wet op die Regspraktyk ondersoek en tekortkominge uitgelig in verband met die regulering van die derde tak van die regsberoep. Die gevolgtrekking word bereik dat geen gedeelte van die regsberoep aan private organisasies oorgelaat behoort te word om te reguleer soos tans die geval is met die derde tak van die regsberoep nie. Die versuim om alle takke van die regsberoep volledig te reguleer, kan die reputasie en openbare persepsie van die regsberoep nadelig beïnvloed omdat die regsberoep dan slegs gedeeltelik gereguleer word.

      Promoting fair individual labour dispute resolution for South African educators accused of sexual misconduct (part 2)

      Promoting fair individual labour dispute resolution for South African educators accused of sexual misconduct (part 2)

      Author: SA Coetzee

      ISSN: 1996-2207
      Affiliations: Professor, Department of Educational Leadership and Management, College of Education, UNISA
      Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2021, p. 279 – 293
      https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i2a4

      Abstract

      None.

        Analysis of legal professional privilege in the Tax Administration Act.

        Analysis of legal professional privilege in the Tax Administration Act

        Author: Fareed Moosa

        ISSN: 1996-2207
        Affiliations: Associate Professor in the Department of Mercantile and Labour Law, University of the Western Cape
        Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2021, p. 294 – 310
        https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i2a5

        Abstract

        In hierdie artikel toon die outeur dat vir doeleindes van belastingadministrasie onder die Wet op Belastingadministrasie 28 van 2011, ’n belastingbetaler, afhangende van die besondere omstandighede, aanspraak kan maak op die gemeenregtelike voordele wat verband hou met die vertrouensverhouding tussen ’n kliënt en sy/haar regsverteenwoordiger. Verder toon die toepassing van die reëls van uitleg dat, in die Wet op Belastingadministrasie, die wetgewer by implikasie die konsep “regsprofessionele privilegie” breër geformuleer het as in die gemenereg. Daarom, in hierdie konteks, is die konsep nie beperk tot lede van die regsgemeenskap wie se beroep gewoonlik betrokke is by die regspraktyk en gee van regsadvies nie. Ingevolge die Wet op Belastingadministrasie is hierdie voorreg van toepassing op alle vertroulike kommunikasie tussen ’n belastingpligtige en ’n adviseur of diensverskaffer wat in ’n professionele hoedanigheid optree wat wettiglik belastingadvies of ander regsdienste lewer wat deur die Wet op Belastingadministrasie in die vooruitsig gestel word, ongeag of sodanige derde party ’n prokureur, rekenmeester of ander professionele persoon is.

        Artikel 42A(1) van die Wet op Belastingadministrasie 28 van 2011 bepaal dat enige “persoon” protes tydens ’n navraag ingevolge artikel 52 mag aanteken en tydens ’n soek- en beslagleggingsoperasie wat deur artikel 61 in die vooruitsig gestel word eweneens daarteen kan protesteer. Die voorreg, wat bestaan uit regsprofessionele privilegie en litigasievoorreg, is daarop gemik om die privaatheid van belastingpligtige inligting vervat in enige vertroulike kommunikasie te beskerm en te bewaar. Aangesien hierdie bepalings geen gewag maak oor die omvang en reikwydte van regslui se voorreg in hierdie verband nie, interpreteer die outeur in hierdie artikel die formulering in die wetsartikels ooreenkomstig die gevestigde uitlegreëls. Deur ’n tekstuele modusinterpretasie te gebruik, toon die outeur dat artikels 42A en 64 nie die reg op bevoorregting skep nie. Dit erken eerder ’n voorafbestaande substantiewe reg om openbaarmaking van inligting wat uit die gemenereg afgelei word, te weier. Hierdie gemeenregtelike norm is, soos vereis deur artikel 39(3) van die Grondwet van die Republiek van Suid- Afrika, 1996 in ooreenstemming met die handves van regte wat in hoofstuk 2 daarvan verskans is. Die aanvaarding van ’n doelmatige uitlegnorm toon dat ’n belastingpligtige geregtig is op die voordele wat voortspruit uit regslui se privilegie. Dit is die geval nie slegs in die eng omskrewe omstandighede genoem in artikel 42A(1) van die Wet op Belastingadministrasie nie, maar ook tydens enige ander inligtingsindeksionele proses wat deur hierdie wet gereguleer word (soos tydens ’n oudit, inspeksie, strafregtelike ondersoek en tydens ’n appèl in die belastingraad en belastinghof).

        Deur kontekstuele en waardegebaseerde uitlegmetodes te gebruik, voer die outeur in hierdie artikel aan dat die wetgewer by die nodige implikasie die begrip van regslui se privilegie in artikel 42A met artikel 64 van die Belastingadministrasiewet ruimer as by die gemenereg gemaak het. Gevolglik word beweer dat, vir doeleindes van hierdie statuut, regslui se voorreg nie net geëis kan word om vertroulike kommunikasie tussen ’n belastingpligtige, as kliënt, en ’n gekwalifiseerde “regspraktisyn” (naamlik ’n prokureur of advokaat) behoorlik toegelaat en ingeskryf ingevolge die Wet op Regspraktyk 28 van 2014 nie, maar ook om ’n skild te verskaf met betrekking tot vertroulike kommunikasie tussen ’n belastingpligtige en enige rekenmeester, geoktrooieerde rekenmeester, ouditeur, belastingkonsultant en ander persoon wat in ’n professionele hoedanigheid optree as ’n geregistreerde belastingpraktisyn wat voldoen aan artikel 240(1)(i) en (ii) van die Wet op Belastingadministrasie wat advies verskaf oor enige aangeleentheid wat deur artikel 240(1)(a) daarvan gedek word.

          Aantekeninge: Overview of constitutional court judgments on the bill of rights – 2020

          Aantekeninge: Overview of constitutional court judgments on the bill of rights – 2020

          Author: Roxan Laubscher

          ISSN: 1996-2207
          Affiliations: University of Johannesburg
          Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2021, p. 311 – 327
          https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i2a6

          Abstract

          This overview covers the following:

          1. Equality
          2. Dignity
          3. Personal freedom and security
          4. Freedom of expression
          5. Freedom of association
          6. Political rights
          7. Citizenship
          8. Labour relations
          9. Property
          10. Social security
          11. Children’s rights
          12. Education
          13. Access to courts
          14. General provisions regarding the bill of rights