A judicial review of “any other arbitrary ground” as a ground of unfair discrimination under section 6(1) of the Employment Equity Act 55 of 1998

ARTIKEL

A judicial review of “any other arbitrary ground” as a ground of unfair discrimination under section 6(1) of the Employment Equity Act 55 of 1998

Author: Elsabé Huysamen

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Lecturer in Mercantile and Labour Law, University of the Western Cape
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 70-93
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a5

Abstract

Binne die oorkoepelende reg op gelykheid soos gewaarborg deur artikel 9 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, word differensiële behandeling op ontoelaatbare gronde, of om ontoelaatbare redes, spesifiek verbied ingevolge die grondwet se bepalings oor onbillike diskriminasie (a 9(3) en (4)). In die arbeidskonteks word hierdie grondwetlike beskerming teen onbillike diskriminasie grotendeels gereguleer deur die Wet op Gelyke Indiensneming 55 van 1998. Dit was eers ingevolge die Gelyke Indiensneming Wysigingswet 47 van 2013 dat die frase “enige ander arbitrêre grond” in 2014 geïnkorporeer is in artikel 6(1) van die Wet op Gelyke Indiensneming. Alhoewel hierdie frase, en die betekenis daarvan, met eerste oogopslag eenvoudig gelyk het, het die ontleding en toepassing daarvan aanvanklik tot wydverspreide debat gelei.
Teen die voorafgaande agtergrond bied hierdie artikel ’n oorsig van hoe die kommissie vir versoening bemiddeling en arbitrasie (KVBA) en arbeidshowe die frase “enige ander arbitrêre grond” binne die bestek van eise gebaseer op onbillike diskriminasie ingevolge die gewysigde artikel 6(1) geïnterpreteer het. Die bespreking begin met ’n oorsig van ’n tydperk van relatiewe onsekerheid wat onmiddellik gevolg het na die 2014 wysigings tot die Wet op Gelyke Indiensneming. Gedurende hierdie tydperk het die KVBA en arbeidshowe uiteenlopende benaderings gevolg rakende die vraag of “enige ander arbitrêre grond” eng of breed geïnterpreteer behoort te word. Ingevolge ’n eng benadering word die frase vertolk as ’n ongespesifiseerde, maar analoë grond tot die lys van gronde wat reeds in artikel 6(1) vervat is. Gevolglik, en soortgelyk aan die posisie voor die 2014 wysiging van artikel 6(1), bestaan daar steeds net twee kategorieë van verbode gronde: gelyste en ongelyste (of arbitrêre) gronde. Daarteenoor, ingevolge ’n breë benadering, moet “arbitrêr” geïnterpreteer word as irrasionele of wispelturige optrede. Ingevolge ’n breë benadering het die uitdruklike toevoeging van die frase “enige ander arbitrêre grond” dus die bestaan van drie duidelike kategorieë van verbode gronde aangedui: gelyste, ongelyste én arbitrêre gronde.
Vervolgens val die klem op die arbeidshof se uitspraak in Ndudula v Metrorail, gevolg deur die arbeidsappèlhof se beslissings in Naidoo v Parliament of the Republic of South Africa en Minister of Justice and Correctional Services v Ramaila, wat gesamentlik ’n waardigheid-gefokusde (eng) benadering tot die interpretasie van die frase bevestig het.
Ten slotte bespreek die artikel belangrike lesse wat geneem kan word uit regspraak tot op datum en belig dit die beginsels en oorwegings wat die KVBA en arbeidshowe se huidige benadering tot eise van onbillike diskriminasie op ’n arbitrêre grond gevorm het.

Paraphilia and criminal responsibility – a South African criminal justice perspective

ARTIKEL

Paraphilia and criminal responsibility – a South African criminal justice perspective

Authors: Pieter Carstens, Llewelyn Curlewis and Philip Stevens

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Emeritus Professor, Department of Public Law, University of Pretoria; Senior Lecturer, Department of Procedural Law, University of Pretoria; Professor, Department of Public Law, University of Pretoria
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 94-116
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a6

Abstract

Die komplekse verhouding tussen parafilieë en die reg is al lank ’n bron van kommer, met historiese wortels in die waarneembare verband tussen seksuele afwyking en kriminaliteit. Hierdie verwantskap is al breedvoerig gedokumenteer en geopper in die sfeer van die psigiatrie, wat opsigself wetgewing beïnvloed wat seksuele gedrag reguleer. Terme soos “seksuele afwyking” en “seksuele perversie” is in wetgewing gebruik, terwyl argaïese morele terme, soos “onnatuurlike dade” en “onuitspreeklike misdade teen die natuur”, die ontwikkelende aard van maatskaplike houdings teenoor parafilieë beklemtoon en dit veral as taboe en onwaardig vir wetlike oorweging klassifiseer.
Parafilie verwys na intense, volgehoue seksuele belangstellings wat afwyk van die tipiese opwekkingspatrone, met die potensiaal om skadelik te wees vir die persoon self óf om skade en/of nadeel vir iemand anders te veroorsaak. Voorbeelde sluit onder andere in: ekshibisionisme, voyeurisme, pedofilie en seksuele sadisme. Die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesversteurings, (vyfde uitgawe – DSM-V) onderskei tussen parafilieë en parafiliese afwykings en beklemtoon dat nie alle parafilieë psigiatriese behandeling benodig nie.
Om parafilie te verstaan, is noodsaaklik vir die ontwikkeling van effektiewe wetgewende en terapeutiese benaderings en intervensies. In die Suid-Afrikaanse strafreg het parafilie ’n belangrike rol gespeel in verskeie sake. Howe moet gereeld die rol van parafilie oorweeg in die bepaling van strafregtelike aanspreeklikheid en vonnisoplegging. Die kompleksiteit van parafilie bied uitdagings vir die regstelsel, wat ’n genuanseerde begrip van die wisselwerking tussen geestesgesondheid en kriminele gedrag vereis. Deur die kruispunt van parafilieë en die reg te verken, kan ons die kompleksiteit van die bestuur van hierdie afwykings en die bevordering van openbare veiligheid beter verstaan. ’n Omvattende benadering, wat insig vereis vanuit die oogpunt van die psigiatrie, asook van die reg en etiek is noodsaaklik om die uitdagings aan te spreek wat parafilieë bied.
Hierdie bydrae ondersoek die verskynsel van parafilie met spesifieke verwysing na die definisie, diagnostiese klassifikasie en eienskappe daarvan, sowel as ’n paar gevalle van parafilie in Suid-Afrikaanse strafreg. ’n Kort assessering word gemaak van hoe Suid-Afrikaanse strafhowe parafilie hanteer het in die verlede. In hierdie verband word ’n analise gemaak van die strafregtelike aanspreeklikheid van die parafilienaar. Die moontlike rol van neurowetenskap in die verklaring van parafiliese neigings en gedrag sal beoordeel word teen die agtergrond van vooruitgang in neurowetenskap in terme van die verklaring van kriminele gedrag. Die koppelvlak tussen die strafreg en mediese etiek binne die konteks van hierdie tema word ondersoek. Ten slotte word aanbevelings vir moontlike hervorming bespreek.

Collective bargaining in the gig economy: a comparative analysis

ARTIKEL

Collective bargaining in the gig economy: a comparative analysis

Authors: Betina Fleming and Marthinus van Staden

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Director: Employee Relations; University of the Witwatersrand; Associate Professor; Wits School of Law
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 117-142
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a7

Abstract

In hierdie artikel ondersoek die outeurs die evolusie en toepassing van kollektiewe bedingingsregte binne die gig-ekonomie deur middel van ’n vergelykende analise van vyf jurisdiksies: Brasilië, China, Indië, Kenia en Suid-Afrika. Die studie ondersoek hoe tradisionele arbeidsregsraamwerke, histories ontwerp rondom standaard diensverhoudinge, nie pas hou met die realiteite van platformgebaseerde werk en die uitdagings wat dit vir werkers wat kollektiewe verteenwoordiging soek, inhou.
Die studie begin deur die Internasionale Arbeidsorganisasie se normatiewe raamwerk te ondersoek, wat kollektiewe bedinging as fundamenteel vir die bereiking van ordentlike werk vestig. Ten spyte van die organisasie se inklusiewe visie wat hierdie regte uitbrei na alle werkers ongeag hul indiensnemingstatus, toon die analise beduidende implementeringsgapings in die ondersoekte jurisdiksies. Die sentrale struikelblok wat geïdentifiseer is, is die sistematiese wanklassifikasie van platformwerkers as onafhanklike kontrakteurs eerder as werknemers, wat hulle effektief uitsluit van tradisionele kollektiewe bedingingsmeganismes. Die artikel identifiseer verskeie algemene hindernisse vir kollektiewe organisering in die gig-ekonomie. Dit sluit in regsuitsluitings wat voortspruit uit verouderde indiensnemingsdefinisies, strukturele fragmentasie van die werksmag wat solidariteit belemmer, algoritmiese beheerstelsels wat toesig en werksonsekerheid skep en platformweerstand teen werkersorganisasie. Die gedesentraliseerde aard van platformwerk, gekombineer met werkers se vrese vir vergelding deur rekeningdeaktivering of verminderde werktoewysing, skep afskrikwekkende effekte op kollektiewe optrede. In al vyf lande, het platformwerkers merkwaardige innovasie getoon in die organisering van pogings, die gebruik van sosiale medianetwerke, die vorming van werkerskoöperasies en die deelname aan spontane kollektiewe aksies. Hierdie grondvlak-inisiatiewe bly egter regsonerkenbaar en struktureel kwesbaar. Dit funksioneer buite formele raamwerke vir arbeidsverhoudinge.
Die vergelykende analise toon dat, ten spyte van verskillende regs- en politieke kontekste, alle jurisdiksies nie daarin slaag om kollektiewe bedingingsregte voldoende uit te brei na platformwerkers nie. Dit skep ’n groeiende groep ekonomies afhanklike werkers wat regsonsigbaar bly en uitgesluit word van fundamentele arbeidsbeskerming. Daar word bevind dat die bereiking van betekenisvolle kollektiewe bedinging in die digitale ekonomie fundamentele regshervorming vereis. Arbeidsreg moet verder as tradisionele indiensnemingsbinariteite ontwikkel om funksionele benaderings te omhels wat diverse arbeidsreëlings erken. Sonder sodanige transformasie sal die fundamentele beginsels van vryheid van assosiasie en ordentlike werk vir platformwerkers onverwesenlik bly, wat demokratiese arbeidsverhoudinge in die digitale era ondermyn.

Making family law judgments more accessible to the affected children through judicial letters

AANTEKENINGE

Making family law judgments more accessible to the affected children through judicial letters

Author: M Carnelley

ISSN: 1996-2207
Affiliations: North-West University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 143-156
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a8

Abstract

Waarnemende regter Du Plessis het in IG v JV (30290 /21) 2023 ZAGPPHC 691 (8 Julie 2023), vir die eerste keer in die Suid-Afrikaanse reg, ʼn brief aan die betrokke kinders geskryf om te verduidelik waarom sy bevind het dat dit in hul beste belang is om nie in Suid-Afrika by hulle vader te bly nie maar om saam met hulle moeder te verhuis na België, al was dit teen hulle uitdruklike wense. In die aantekening word die potensiële opsie bespreek van direkte terugvoer deur die regter aan kinders in familieregtelike geskille en veral met betrekking tot ouerlike sorg- en kontakbesluite, selfs waar die kinders nie ’n party tot die geding is nie. Die bespreking word deur die vereistes van onder meer die Verenigde Nasies se Konvensie vir die Regte van die Kind gelei soos dit toepassing gevind het in die nasionale wetgewing en uitsprake in Suid-Afrika, Nederland, Engeland, Skotland en Nieu-Seeland.
Hierdie aantekening fokus nie op die reg van die kind om gehoor te word nie, maar in die besonder op die reg van die kind tot kommunikering van die besluit van die besluitnemer self. Die toepassing van hierdie aspek is nog onderontwikkeld en die outeur bespreek die beskikbare uitsprake ten einde ’n grondslag te lê vir toekomstige oorweging van die uitbreiding van hierdie ontwikkeling. Direkte kommunikasie met kinders is belangrik ten einde hulle aanvaarding van hofbesluite te bevorder veral as dit gepaard gaan met ’n empatiese verduideliking daarvan in ’n breër regs- en feitekonteks en in ’n taal wat die kind verstaan. Hoewel hierdie moontlikheid nie toepaslik sal wees in alle geskille nie, word dit onder meer aanbeveel waar daar nie aan die uitdruklike wense soos duidelik gekommunikeer deur die kind toegegee word nie of waar die kind ’n ongesonde mate van ouerlike druk ondervind of waar die verhouding van die ouers só bitter is dat hulle ongeskik is om die uitspraak aan die kind op ’n gebalanseerde manier oor te dra.
’n Paar riglyne word aan die hand gedoen vir regters wanneer hulle oorweeg om ’n brief aan die belanghebbende kinders te skryf. Die aantekening sluit af met regter Du Plessis se brief as ’n voorbeeld van ’n kinder-vriendelike uitspraak.

Is ’n eksekuteur van ’n bestorwe boedel gevrywaar teen ’n mandament van spolie?

AANTEKENINGE

Is ’n eksekuteur van ’n bestorwe boedel gevrywaar teen ’n mandament van spolie?

Author: JC Sonnekus

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Universiteit van Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2026, p. 157-172
https://doi.org/10.47348/TSAR/2026/i1a9

Abstract

Shortly after the demise of the deceased on 13 June 2025 the first respondent in Tlou v Mtsweni (2025/182777) 2025 ZALMPPHC 198 (20 October 2025) as designated executor presented the applicant T, a sister of the deceased, with a handwritten note commissioned by the fourth respondent as police officer purporting to be the last will and testament of the deceased. In terms of the said document, the first respondent stood to inherit the tavern of the deceased as well as all the furniture in the said tavern. Part of the furniture that was used in the tavern included fridges that belonged to SA Breweries. Against the will of the applicant and notwithstanding her protest, the first respondent removed such furniture from the possession of the applicant. She had kept the belongings of her deceased brother in safekeeping at her (their) parents’ premises until significant uncertainties regarding the validity of the handwritten note as the alleged last will of the deceased could be clarified in court.
The court dismissed the application by T for the spoliation order against M with costs because, according to the court, an executor is entitled to remove any property that forms part of the estate of the deceased on authority of the Administration of Estates Act 66 of 1965. The court held that of relevance to these proceedings, is the averment by the first respondent that he is empowered to collect the assets of the estate by virtue of his appointment as executor. According to the first respondent it is therefore his duty to collect assets belonging to the deceased estate and any alleged dispossession is thus lawful and justified. The acting judge submitted that, insofar as the refrigerators were in the control of the deceased and held at the tavern premises, nobody had the right to simply remove these refrigerators without the knowledge and consent of the executor – notwithstanding the fact that they never belonged to the deceased. The court held that the applicant removed the furniture from the tavern unlawfully and without the executor’s consent and retained the refrigerators at her or her parents’ premises.
The judgment does not disclose whether the said removal by the applicant took place before or after the respondent was issued with the letters of executorship by the master of the high court. It would seem to be problematic to await the issuing of the letters of executorship to acquire the executor’s consent if in the meantime the property may be prone to pilfering by thieves from the abandoned tavern. T acted exemplarily, as a negotiorum gestor may be expected to act in preservation of the assets of the deceased. An agent of necessity holds the things as possessor and not as a mere detentor, because per definition she was not mandated by another as principal to act as the latter’s detentor.
The court held that the applicant was incorrect in her submission that the executor must have some form of court order or authority before assets can be forcefully removed or collected by him. The authority of the executor is according to the court “cemented” in the provisions of section 26. That section, however, does not empower the executor to spoliate anything covered by the emphasised qualification governing the executor’s powers: “Immediately after letters of executorship have been granted to him an executor shall take into his custody or under his control all the property, books and documents in the estate and not in the possession of any person who claims to be entitled to retain it under any contract, right of retention or attachment” (s 26(1) – emphasis added).
The applicant’s contention is that the first respondent’s appointment as executor does not empower him to take the law into his own hands without recourse to the court or the master. Not even an owner can hide behind his ownership as justification for an act of spoliation, and an executor is at most acting as the personal representative of the deceased and is not clothed with more powers than the deceased as owner had. The court held that this contention is rebutted by the purported trite provisions of the Administration of Estates Act, which direct that the executor must take immediate possession of such property belonging to the deceased estate or in the possession or under the control of the deceased [sic].
It is submitted that, because the refrigerators belonged to SA Breweries, the executor had no entitlement to lay claim to the possession of such assets, as they had never formed part of the estate of the deceased. It is further submitted that no executor is clothed with the power to spoliate assets from the peaceful possession of a third party as possessor. Notwithstanding the conviction of the acting judge in this case, the Administration of Estates Act does not entitle the executor to self-righteously dispossess anybody. This judgment should not be elevated as a unique precedent on the perceived newfound limitations to a spoliation order under the principle of stare decisis.
It is doubtful whether it was justified to award a cost order against the applicant considering that she was relying on the judicial order to protect her against a spoliator after she took the assets of her deceased brother into her safekeeping as agent of necessity to prevent his estate being pilfered until the clarification of the validity of the will and the appointment of the executor. Not protecting the negotiorum gestor in this instance and burdening her with a cost order including the costs of counsel on scale B does not strengthen reliance on the rule of law.