Aantekeninge: Three cases on jurisdiction

Author: FR Malan

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2024, p. 343-351
https://doi.org/10.47348/TSAR/2024/i2a9

Abstract

Hierdie bespreking handel oor die vereistes om jurisdiksie oor ’n peregrinus te vestig, naamlik arres en beslaglegging, en die ontwikkeling daarvan in die Suid-Afrikaanse regspraak. In sy uitspraak hieroor het die hoogste hof van appèl beslis dat dit onkonstitusioneel is om arres as ’n vereiste vir jurisdiksie te stel en as vervanging daarvoor is die gemenereg ontwikkel. Daar is bepaal dat jurisdiksie oor ’n peregrinus gevestig kan word deur betekening van die dagvaarding op hom of haar in Suid-Afrika en daarby die bestaan van gerieflike en toepaslike faktore wat die hof met die geskil verbind. Regspersone kan natuurlik nie gearresteer word nie en die hof het hom ook nie hieroor uitgespreek nie. Gerieflikheid alleen is dus nie ’n bron van jurisdiksie nie.
In twee beslissings van die mededingingsappèlhof is die gemenereg egter nóg verder ontwikkel en is beslis dat jurisdiksie oor peregrini-banke wat geen verbintenis met Suid-Afrika het nie, wel gevestig word indien hulle deel is van ’n sogenaamd omvattende sameswering met plaaslike en ander banke om die rand-dollar wisselkoers te manipuleer. Hierdie twee beslissings word krities vergelyk met die uitspraak van die tribunaal van die finansiële dienste-sektor wat gehandel het oor twee individue, beide peregrini, wat beboet is terwyl hulle nie in Suid-Afrika gewoon, gedomisilieer óf teenwoordig was nie. Daar word aan die hand gedoen dat laasgenoemde uitspraak korrek is en dat die verdere ontwikkeling van die gemenereg in die twee eerder gemelde uitsprake van die mededingingsappèlhof nie oortuigend is nie.