The expansion of the state’s liability for harm arising from medical malpractice

Authors AB Wessels

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2019, p. 1 – 24

Abstract

DIE UITDYENDE STAATSAANSPREEKLIKHEID VIR SKADE VOORTSPRUITEND UIT MEDIESE WANPRAKTYKE: ONDERLIGGENDE REDES, NADELIGE GEVOLGE EN POTENSI\xc3\x8bLE HERVORMING Suid-Afrika het nie ‘n statut\xc3\xaare vergoedingskema vir skade wat voorspruit uit mediese wanpraktyke nie. Slagoffers wat in hierdie konteks skade ly, moet gemeenregtelike deliktuele of kontraktuele eise in ‘n siviele hof instel in ‘n poging om vergoeding te verkry. Hulle word nie bygestaan deur ‘n omkering van die bewyslas nie en dus moet hulle alle elemente van aanspreeklikheid op ‘n oorwig van waarskynlikheid bewys. Hulle kan die eis instel teen die persoon wat verantwoordelik is vir hul skade, of hulle kan probeer om laasgenoemde se werkgewer middellik aanspreeklik te hou. Dit blyk dat die meeste slagoffers deliktuele verrigtinge instel teen die werkgewer van die persoon wat hul skade op skuldige en onregmatige wyse veroorsaak het. Ten spyte daarvan dat die eiser deur besondere uitdagings in die gesig gestaar word in sover dit die bewys van feitelike kousaliteit en nalatigheid aangaan, sien ons in die afgelope dekade ‘n beduidende toename in mediese wanpraktyk-litigasie. Daarmee saam kan ‘n merkwaardige uitbreiding van staatsaanspreeklikheid waargeneem word vir skade wat voortspruit uit mediese wanpraktyke in die openbare gesondheidsorgsektor. Teen hierdie agtergrond is die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie aangewys om moontlike hervormingsmoontlikhede te ondersoek. Die kommissie het ‘n reeks moontlike hervormingsopsies ge\xc3\xafdentifiseer, maar het nie ‘n finale, afsluitende aanbeveling in hierdie verband gemaak nie. Die tussentydse voorstel vir die wysiging van die Wet op Staatsaanspreeklikheid, wat hoofsaaklik daarop gemik is om gestruktureerde skikkings moontlik te maak, is aan die nasionale vergadering voorgel\xc3\xaa, maar dit is nog nie bekragtig nie. Hierdie artikel evalueer hierdie hervormingsopsies, asook die moontlikheid van geregtelike hervorming van die reg aangaande aanspreeklikheid voortvloeiend uit mediese wanpraktyke.