Regspraak: Contracts of insurance and the objective approach to interpretation of contracts

Authors: MFB Reinecke & GF Lubbe

ISSN: 1996-2207
Affiliations: University of Johannesburg; Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2021, p. 346 – 355
https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i2a8

Abstract

Café Chameleon se Guardrisk polis het besigheidsverlies gedek as dit die gevolg is van ’n aanmeldbare siekte wat voorgekom het binne ’n radius van 50 kilometer vanaf sy restourant in Kaapstad. So ’n siekte, Covid-19, het voorgeval. ’n Epidemie het ontwikkel en die regering het ’n staat van algemene inperking afgekondig. Ten gevolge van die inperking het Café Chameleon wesenlike dog ongekwantifiseerde besigheidsverliese gely.

’n Verklarende bevel is ten gunste van Café Chameleon in die Kaap uitgereik. Guardrisk Insurance het appelleer maar die hoogste hof van appèl het die appèl eenparig van die hand gewys. Die hof het die kontraktuele risikobepalings aan die hand van die sogenaamde objektiewe benadering uitgelê en bevind dat die gebeurtenis waarteen verseker is, verlies as gevolg van ’n inperking insluit. Ingevolge die tans geldende objektiewe benadering word daar nie gepoog om die kontraktante se werklike bedoeling vas te stel nie. Die vraag is bloot hoe ’n redelike man in die skoene van die kontraktante hul woorde en gedrag sou verstaan het. Volgens sommige beslissings gaan dit wel nog om ’n konstruktiewe bedoeling. Die aard, ooreenkomste en verskille tussen die objektiewe benadering en die tradisionele subjektiewe benadering word in die bespreking uitgelig. Daar word aan die hand gedoen dat die huidige interpretasie benadering eintlik ’n hibriede benadering is. Die objektiewe benadering hang in werklikheid saam met die vertrouensteorie vir kontraktuele aanspreeklikheid en word getemper deur byvoorbeeld die verweer van redelike dwaling. Wat vasstaan, is dat interpretasie ’n fyn kuns is en dat selfs die meer objektiewe benadering nie noodwendig feilloos is nie. Trouens, die hof se uitleg van die versekerde gebeurtenis aan die hand van die objektiewe benadering word bevraagteken.

’n Alternatiewe voorstel is dat die voorkoms van Covid-19 binne ’n sekere radius van die versekerde se besigheid aanvaar word as die versekerde gebeurtenis omdat so ’n uitleg in die algemeen meer betroubare resultate lewer. In die betrokke omstandighede sou dit egter nie ’n verskil aan die uitkoms van die geding gemaak het nie.