Third-party governance in plurilateral trade-related agreements in Southern Africa – overlapping jurisdictions and applicable law

Authors EC Schlemmer

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of the Witwatersrand, Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2019, p. 226 – 251

Abstract

DERDE-PARTY AFDWINGING IN PLURILATERALE HANDELSVERWANTE OOREENKOMSTE IN SUIDELIKE AFRIKA — OORVLEUELENDE JURISDIKSIE EN DIE TOEPASLIKE REG Daar is ‘n merkbare toename in die sluit van handels- en meer omvangryke internasionale verdrae wat soms gesien word as ‘n teenvoeter vir die feit dat die W\xc3\xaareldhandelsorganisasie sedert sy vorming nog nie werklik daarin kon slaag om enige addisionele ooreenkomste te finaliseer nie. Elkeen van die nuwe sogenaamde plurilaterale ooreenkomste (vir doeleindes van die onderhawige bespreking verwys dit na ooreenkomste wat tussen meer as twee state gesluit word) veral binne die Afrika-konteks bevat geskilbeslegtingsmeganismes wat ten doel het om te verseker dat daar behoorlike nakoming van die verdragsverpligtinge is. In ‘n veeltal van gevalle is daar selfs meerdere geskilbeslegtingsmeganismes binne een stel verdrae en aangesien verskeie van hierdie geskilbeslegtingsmeganismes ten doel het om handelsverwante geskille te besleg, is daar ook sprake van oorvleuelende jurisdiksies. Dit is die geval binne die betrokke stel verdrae (soos onder andere die stel verdrae van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap) maar ook met verwysing na die geskilbeslegtingsliggaam van die W\xc3\xaareldhandelsorganisasie. Hoewel die meerderheid state lede van die W\xc3\xaareldhandelsorganisasie is, gebeur dit ook dat sowel lede as nie-lede van die W\xc3\xaareldhandelsorganisasie hulself in ‘n streeksorganisasie saamvoeg of ‘n plurilaterale ooreenkoms sluit waarin daar onder andere ag geslaan word op die verpligtinge wat sommige van die partye het uit hoofde van hulle lidmaatskap van hierdie multilaterale organisasie. In die geval van geskille wat onder die jurisdiksie van sowel die multilaterale as die plurilaterale ooreenkoms kan val, word die vraag geopper na die toepaslike regsre\xc3\xabls wat aangewend moet word by die beslegting van die geskil en die uitleg van die verdrag. In hierdie bydrae word aangevoer dat indien die vertrekpunt sou wees dat die W\xc3\xaareldhandels-organisasie die sogenaamde konstitusionele raamwerk van internasionale handel daarstel, sou ‘n mens wou sien dat daar ook ‘n hi\xc3\xabrargie van die verskillende tribunale moet wees wat internasionale handelsgeskille bereg met die geskilbeslegtingsliggaam van die W\xc3\xaareldhandelsorganisasie as die finale arbiter in alle geskille. Dit kan egter nie sonder meer so aanvaar word nie aangesien daar nog state is wat nie lede van die W\xc3\xaareldhandelsorganisasie is nie. Ten einde sodanige standpunt te kan inneem, moet die partye as sodanig daarop ooreenkom. Dit is egter geykte reg dat geen staat of persoon aan verpligtinge onderworpe kan wees waarop hy nie ooreengekom het nie. Die reg erken slegs bedinge ten behoewe van derdes, maar nie ten laste van derdes nie. Slegs in daardie gevalle waar die partye by ‘n geskil ook partye by dieselfde internasionale ooreenkomste is, kan die betrokke tribunaal dit verlaat op die uitleg en toepassing van regsbeginsels deur byvoorbeeld die geskilbeslegtingsliggaam van die W\xc3\xaareldhandelsorganisasie of daardie regsre\xc3\xabls toepas. Indien dit nie die geval is nie, behoort die tribunaal dit hoegenaamd nie daaraan te steur nie. Die omgekeerde is egter ook waar. Indien die gedingspartye voor die geskilbeslegtingsliggaam van die W\xc3\xaareldhandelsorganisasie ook kontrakspartye tot ander internasionale ooreenkomste is, moet die geskilbeslegtingsliggaam van die W\xc3\xaareldhandelsorganisasie daardie re\xc3\xabls in ag neem by die beslegting van daardie geskil. Dit is boonop in ooreenstemming met artikel 31(3)(c) van die Weense Konvensie oor die Uitleg van Verdrae. In hierdie bydrae bespreek die outeur die toepassing van hierdie beginsels met verwysing na die geskilbeslegtingsliggame wat in Suidelike Afrika bestaan en die knelpunte daaromheen word uitgelig.