Rationality standards of constitutional judicial review and the risk of judicial overreach

Authors IM Rautenbach

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2018, p. 1 – 17

Abstract

RASIONALITEITSMAATSTAWWE VAN GRONDWETLIK GEREGTELIKE BEHEER EN DIE RISIKO VAN GEREGTELIKE OORDAAD In hierdie artikel word die moontlikheid ondersoek dat die rasionaliteitsmaatstawwe wat die konstitusionele hof vir geregtelike beheer ontwikkel het daartoe aanleiding kan gee dat indrukke ontstaan dat die howe inbreuk maak op die gesagsterreine van die wetgewende en uitvoerende gesag. Om dit te kan vasstel, word ‘n oorsig van die ontwikkeling van rasionaliteitsmaatstawwe sedert 1994 gegee. Uit die oorsig blyk dat rasionaliteitsmaatstawwe ‘n belangrike rol speel in die geregtelike hersiening van owerheidsoptrede. Dit word nie alleen binne die raamwerk van die beperking van handvesregte en die administratiefreg gebruik nie, maar dit word ook toegepas op alle wetgewing, insluitende grondwetwysigings, wat aan alle ander grondwetlike vereistes voldoen. Substantiewe en prosedurele rasionaliteit vorm ook die sentrale tema van die afsonderlike administratiefregstelsel wat die konstitusionele hof ontwikkel vir uitvoerende handelinge wat die hof nie as administratiewe handelinge vir die doeleindes van die grondwetlike reg op administratiewe geregtigheid beskou nie. In Electronic Media Network Ltd v E.tv (Pty) Ltd (2017 9 BCLR 1108 (KH) par 1) het die hof die moontlikheid erken dat daar verkeerde opvattings oor die aanwending van rasionaliteitsmaatstawwe kan ontwikkel en as oplossing voorgestel dat die maatstawwe behoorlik met die grondwet ge\xc3\xafntegreer word. Dit is inderdaad die oplossing. Dit gaan inspanning verg, want daar is heelwat wat gedoen moet word. Die hof moet as uitgangspunt aanvaar dat die rule of law-waarde in artikel 1 van die grondwet slegs as grondslag van rasionaliteitsmaatstawwe gebruik mag word indien g\xc3\xa9\xc3\xa9n ander bepaling van die grondwet van toepassing is nie. In die verlede het die hof soms rasionaliteitsmaatstawwe op gevalle toegepas na aanleiding van misverstande oor die betekenis en samehang van bepalings van die grondwet. Hierdie gevalle word in die artikel ge\xc3\xafdentifiseer en daar word aanbeveel dat die hof sy standpunte daaroor hersien. Dit sal help om bedenkinge oor die aanwending van rasionaliteitsmaatstawwe uit die weg te ruim.