Money laundering, terrorist financing and financial sanctions

Authors Charl Hugo, Wynand Spruyt

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2018, p. 227 – 255

Abstract

GELDWASSERY, DIE FINANSIERING VAN TERRORISME EN FINANSI\xc3\x8bLE SANKSIES: SUID-AFRIKA SE ANTWOORD BY WYSE VAN DIE WYSIGINGSWET OP DIE FINANSI\xc3\x8bLE INTELLIGENSIESENTRUM 1 VAN 2017 In hierdie artikel word die ingrypende impak van die Wysigingswet op die Finansi\xc3\xable Intelligensiesentrum 1 van 2017 op die stryd teen geldwassery en finansiering van terrorisme aan die orde gestel. Die outeurs skets in die eerste plek die geskiedenis (en toekoms) van die inwerkingstelling van die verskillende aspekte van die wet (en gepaardgaande regulasies) asook die internasionale agtergrond daarvan (die aanbevelings van die sogenaamde "Financial Action Task Force"). Die belangrikste veranderings wat ingevoer is, en staan te word, word bespreek. Die kern hiervan is die verskuiwing vanaf ‘n re\xc3\xablgebaseerde na ‘n risiko-gebaseerde benadering tot die identifikasie en verifi\xc3\xabring van kli\xc3\xabnte in die stryd teen geldwassery en die finansiering van terrorisme (wat ‘n beter verspreiding van die beperkte middele beskikbaar vir hierdie stryd bemagtig). Hierdie benadering vereis onder andere verhoogde kli\xc3\xabnt-omsigtigheidsmaatre\xc3\xabls ten opsigte van persone in vooraanstaande posisies (sowel binnelands as buitelands), asook ten opsigte van regspersone en trusts veral met betrekking tot die uiteindelik geregtigde natuurlike persoon agter die betrokke entiteit, asook die opstel van ‘n risikobestuurs- en nakomingsprogram deur alle verantwoordingspligtige instellings. Aan die ander kant magtig die risiko-gebaseerde benadering ligter maatre\xc3\xabls ten opsigte van lae risiko kli\xc3\xabnte — wat die belangrike nasionale strewe na finansi\xc3\xable insluiting ondersteun. Ten slotte word aandag geskenk aan die bepalings van die wet wat die administrasie van finansi\xc3\xable sanksies wat in die konteks van die stryd teen terrorisme deur die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies opgel\xc3\xaa is, op die intelligensiesentrum afwentel. Die outeurs beklemtoon deurgaans die waarde daarvan om kennis te neem van soortgelyke regulering in ander lande wat, soos hier te lande, ook effek probeer gee aan die aanbevelings van die "Financial Action Task Force".