Managerial judging and alternative dispute resolution in Australia

Authors Wouter LE R de Vos, Theo Broodryk

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg; Affiliated with the University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2018, p. 18 – 35

Abstract

GEREGTELIKE SAAKBESTUUR IN AUSTRALI\xc3\x8b AS MOONTLIK NAVOLGINGSWAARDIGE VOORBEELD VIR SUID-AFRIKA Die artikel oorweeg, as uitgangspunt, die Australiese geregtelike saakbestuur-sisteem. Oorweging word spesifiek gegee aan die posisie in Engeland ten einde die agtergrond vir die hervorming van die Australiese sisteem te kontekstualiseer. Die artikel fokus op Victoria en Wes-Australi\xc3\xab as tipiese voorbeelde van Australiese state wat twee verskillende benaderinge tot geregtelike saakbestuur binne die konteks van die Australiese federale sisteem volg. Die artikel oorweeg verder die interaksie tussen geregtelike saakbestuur en die howe se benadering tot alternatiewe geskilbeslegting. In hierdie verband word die rol wat howe op die gebied van alternatiewe geskilbeslegting behoort te vervul, bespreek. Daarna, in die konteks van beide geregtelike saakbestuur en alternatiewe geskilbeslegting, word oorweging gegee aan die impak hiervan op die fundamentele regte of waarborge van partye tot siviele verrigtinge. Die outeurs bespreek die hof se staatsregtelike rol binne die konteks van geskilbeslegting en argumenteer dat die hof dit nie sonder meer behoort te versaak ten behoewe van alternatiewe geskilbeslegting, soos mediasie nie. Dit is volgens die outeurs kontra-produktief. Die outeurs maak melding van die partye se fundamentele regte, soos die reg op ‘n billike verhoor, wat insluit die reg van ‘n party om sy of haar saak aan ‘n hof te stel vir ‘n regterlike beslissing. ‘n Stelsel wat ‘n uitermate verhewe prioriteit aan geregtelike saakbestuur verleen en in die proses ‘n party se reg inperk om sy of haar saak na behore aan te bied of alternatiewe geskilbeslegting te hoog aanslaan en ‘n party van sy of haar dag in die hof ontneem, loop volgens die outeurs die gevaar om kwaliteit in te boet. Uiteindelik word die posisie in Suid-Afrika betreffende geregtelike saakbestuur en alternatiewe geskilbeslegting bespreek ten einde te bepaal of daar enige lesse vanuit die Australiese model geneem kan word ter bevoordeling van die Suid-Afrikaanse posisie. Daar word bevind dat Suid-Afrika nie blindelings die posisie in Australi\xc3\xab moet nastreef nie en dat ‘n gebalanseerde en genuanseerde benadering verkieslik is. Dit beteken egter nie dat Suid-Afrika nie by oorweging van die Australiese model kan baat nie.