Justifying the limitations on the landowner’s right to exclude

Authors P Dhliwayo

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Limpopo
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 2, 2019, p. 252 – 284

Abstract

REGVERDIGING VAN DIE BEPERKINGS OP DIE GRONDEIENAAR SE UITSLUITINGSREG Die grondeienaar se uitsluitingsbevoegdheid word beperk deur wesenlike beperkings om nie-eienaars se nie-eiendomsregtelike regte wat beliggaam is in die grondwet te beskerm. Hierdie beperkings spruit direk voort uit nie-eiendomsregtelike grondwetlike regte, sonder tussentredende wetgewing, wetgewing wat effek gee aan nie-eiendomsregtelike grondwetlike regte, wetgewing wat nie effek gee aan nie-eiendomsregtelike grondwetlike regte nie en gemeenregtelike beginsels wat van toepassing is op nie-konsensuele toegangsregte. In alle gevalle waar die uitsluitingsreg beperk word, is dit belangrik om die regverdiging vir sodanige beperkings te oorweeg. In hierdie artikel word bepaal of die beperkings op die uitsluitingsreg geregverdig is. Die regverdigingsanalise mag twee tipes regverdiging behels. Die eerste tipe regverdigingsanalise oorweeg die regverdiging van ‘n spesifieke beperking op die grondeienaar se uitsluitingsreg. Met verwysing na die eerste tipe regverdigingsanalise word ondersoek wat die redes (statut\xc3\xaar of beleidsmatig) en gesag is vir die oplegging van ‘n spesifieke beperking op die uitsluitingsreg. Gewoonlik sluit die regverdigingsgronde in hierdie sin direkte verpligtings in wat spruit uit nie-eiendomsregtelike grondwetlike regte asook wetgewing en gemeenregtelike beginsels wat van toepassing is op nie-konsensuele toegangsregte. Dit is belangrik om te oorweeg hoe goed die regverdiging vir die beperking ‘n spesifieke doel dien. Die tweede tipe regverdiging is gebaseer op artikel 25(1) van die grondwet as uitgangspunt. Hierdie artikel bepaal of die effek wat die beperking het op ‘n individuele grondeienaar geregverdig is. Dit is dus noodsaaklik om te oorweeg of die uitkoms wat volg wanneer toegangsregte toegeken word aan nie-eienaars deur regswerking neerkom op ‘n arbitr\xc3\xaare ontneming van die uitsluitingsreg ingevolge artikel 25(1) van die grondwet. Indien die ontneming nie arbitr\xc3\xaar is nie, vereis dit nie artikel 25(1)-regverdiging nie. Indien die uitkoms wel geld as ‘n arbitr\xc3\xaare ontneming, is die vraag of die ontneming in ‘n bepaalde geval geregverdig kan word. Die outeur oorweeg ook of die ontneming neerkom op ‘n onteiening wat moet voldoen aan artikel 25(2) van die grondwet. Gevolglik onderneem hierdie artikel ‘n grondwetlike analise van die regverdigings vir die beperking van die grondeienaar se reg om nie-eienaars uit te sluit van die grond, met ‘n fokus op die gesag vir en die effekte van die beperking van die grondeienaar se uitsluitingsreg.