Enhancing the environmental rule of law and the interplay between the disclosure of incriminating information and enforcement

Author: J Hall

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Senior Lecturer, University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 4, 2021, p. 631-655
https://doi.org/10.47348/TSAR/2021/i4a1

Abstract

Om gevolg te gee aan die oppergesag van die reg met betrekking tot omgewingswetgewing, wat noodsaaklik is om die talle wêreldwye omgewingskrisisse die hoof te bied, moet regerings nakoming monitor en handhawing verseker. Voor 1994 het Suid-Afrika dit nie gedoen nie. Plaaslike wetgewing het nie tred gehou met internasionale tendense nie, en selfs waar daar regulering was, het die regering om ’n aantal redes min belangstelling daarin getoon om afdwinging ernstig op te neem. Die huidige Suid-Afrikaanse regsraamwerk verteenwoordig dus ’n drastiese verandering van ’n historiese benadering tot omgewingsmonitering en –handhawing wat veel te wense oorgelaat het. Hierdie nuwe regsraamwerk bied ’n goeie basis vir die uitvoering van die nakomings- en handhawingsfunksies. Bekendmaking van inligting vorm ’n integrale deel van die nakomings- en handhawingstelsel. Dit is ’n waardevolle hulpmiddel, aangesien dit die potensiaal het om nie net die nakomings- en handhawingspogings van die regering meer doeltreffend te maak nie, maar ook om die onvermydelike beperkings op die regering se vermoëns te bekamp. Dit is veral belangrik in die konteks van omgewingsoortredings, aangesien inligting van besondere belang is in die konteks van omgewingsbestuur. In teenstelling met baie ander misdade kan omgewingsoortredings potensieel ’n negatiewe impak hê op ’n wye verskeidenheid mense, soos werknemers en gemeenskappe, ver verby die fabrieksheining. Bekendmakings wat inkriminerend is, kan egter potensieel teenstrydig wees met die grondwetlike regte van beskuldigdes, veral die reg teen self-inkriminasie. Met hierdie bydrae ontleed die outeur die dryfvere agter die hervormde benadering van die regering ten opsigte van die afdwinging van omgewingswetgewing. Die outeur ondersoek ook die rol wat die bekendmaking van inkriminerende of potensieel inkriminerende inligting kan speel in verbeterde en geoptimaliseerde handhawing van omgewingswetgewing ten opsigte van besoedeling asook afvalbestuur-verwante oortredings deur maatskappye. Sommige van die vrae wat ontstaan uit die wisselwerking tussen die omgewingsreg, die reg op inligting en die regte van beskuldigdes, word ook oorweeg en bespreek veral ten opsigte van die reg teen selfinkriminering. Suid Afrikaanse howe het tot dusver nog nie die geleentheid gehad om uitspraak te lewer op verskeie van hierdie vrae nie. Die artikel sluit af met die opmerking dat die benadering tot die bekendmaking van inligting waarde het, maar dat daar ook struikelblokke is wanneer omgewingsregte en strafprosesregtelike waarborge almal ter sprake is, wat die mate waartoe daarop staatgemaak kan word effens beperk. Daar word voorgestel om met die daarstelling van ’n administratiewe boetestelsel sommige van hierdie knelpunte aan te spreek.