Copyright owners, performers and streaming: a South African perspective on addressing the value gap

Author: G Jansen

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Lecturer, Department of Mercantile Law, Stellenbosch University
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 3, 2022, p. 477-495
https://doi.org/10.47348/TSAR/2022/i3a4

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die bedryf van aanlyn musiekstroomdienste, en in die besonder tot watter mate outeursreghebbendes en kunstenaars vergoed word vir die gebruik van hul beskermde werk deur musiekstroomdienste. Soos tegnologie ontwikkel, het die gebruik van musiekstroomdienste die oorwegende manier geword waarop luisteraars omgaan met musiek. Hoewel die aantal musiekstroomdiensgebruikers beduidend toeneem, is daar nie ’n ooreenstemmende toename in die tantieme wat outeursreghebbendes en kunstenaars ontvang vir die gebruik van hul werke deur musiekstroomdienste nie. Daar is ’n wêreldwye poging om hierdie waardeverskil aan te spreek. Die artikel ontleed die Suid-Afrikaanse wetgewing rakende die verhouding tussen outeursreghebbendes en kunstenaars, en die tantieme waarop hul geregtig is. Daar word ondersoek of hierdie partye effektief beskerm word in die lig van hoe aanlyn musiekstroomdienste bedryf word. Die outeur voer aan dat daar ’n duidelike verskil is in die mate waartoe outeursreghebbendes en kunstenaars beskerm word in terme van die Wet op Outeursreg en die Wet op die Beskerming van Kunstenaars. Kunstenaars het slegs ’n reg op vergoeding vir die gebruik van hul optredes, waar outeursreghebbendes eksklusiewe regte het tot die gebruik en uitbuiting van hul werk. Gebaseer op die voorstelle en wysigings van die Wêreld Intellektuele Goedere Organisasie en die Europese Unie, voer die outeur aan dat ʼn addisionele reg tot vergoeding vir die gebruik van hul werk in die geval van die interaktiewe manier waarop musiekstroomdienste bedryf word, ingesluit moet word in die raamwerk van outeursregwetgewing. Hierdie voorgestelde wysiging verseker dat Suid- Afrikaanse musikante billike vergoeding ontvang vir die gebruik van hul werk in die bedryf van aanlyn musiekstroomdienste en verseker ook datdie Suid-Afrikaanse wetgewende raamwerk op gelyke voet met internasionale standaarde kan wees.