Comparative survey of the legal challenges faced by mixed-use sectional title (condominium) developments

Authors CG van der Merwe

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Stellenbosch
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2018, p. 36 – 51

Abstract

REGSVERGELYKENDE STUDIE VAN SOMMIGE VAN DIE UITDAGINGS VERBONDE AAN DEELTITELONTWIKKELING WAT VIR GEMENGDE GEBRUIK VOORSIENING MAAK Die toenemende skaarsheid van bekostigbare boupersele in middestede, en die vernuwing van middestede dwarsoor die w\xc3\xaareld, maak gemengde deeltitelontwikkeling ‘n aantreklike opsie vir voornemende kopers. Die kopers van besigheids- en kantooreenhede, verkry ‘n gesogte lokaliteit in die middestad sowel as ‘n aantal potensi\xc3\xable klante in dieselfde gebou. Buiten ‘n gesogte middestad-lokaliteit, bekom die kopers van residensi\xc3\xable eenhede ook die gerief om moeiteloos inkopies in dieselfde gebou te kan doen en aldaar van professionele dienste gebruik te kan maak. Die ontwikkelaar moet die bestuursdokumente van die skema sorgvuldig met die nodige regsadvies voorberei ten einde die belange van die eienaars van die verskillende samestellende dele van die skema so goed as moontlik te probeer balanseer en ook voorsiening te maak vir aanpassings by toekomstige veranderende ekonomiese en sosiale omstandighede. In hierdie bydrae word aangetoon dat die uitdagings wat gemengde deeltitelontwikkelings in Suid-Afrika in die gesig staar, dieselfde is as wat ontwikkelaars in Australi\xc3\xab en die Verenigde State van Amerika ondervind. Die bydrae wys die verskillende kwessies uit waaraan aandag gegee moet word by die opstel van die bestuursdokumente van ‘n gemengde deeltitelskema. Daar sal oorweeg moet word of die besondere skema deur ‘n sentrale bestuursliggaam bestuur moet word en of daar voorsiening gemaak moet word vir afsonderlike subsidi\xc3\xaare bestuursliggame vir elkeen van die samestellende komponente van die gemengde deeltitelskema. Verdere sake wat aandag verdien, is onder andere hoe die koste vir die gesamentlike gebruik van sekere fasiliteite tussen die komponente verdeel moet word; hoe spesiale feestelikhede in die besigheidskomponent gereguleer moet word; die verlening van uitsluitlike voordele aan sommige komponente, byvoorbeeld die reg om mededinging te verbied; watter gebruiksbeperkings ingevoer moet word; die beskikbaarheid van parkeerplekke vir eienaars, hul besoekers, klante en kli\xc3\xabnte; universele onderhoudsvereistes vir die hele gebou; versekeringskwessies; en die aanvaarding van geskikte gedragsre\xc3\xabls vir die onderskeie komponente van die betrokke deeltitelskema.