Assessment of the South African parole system (part 2)

Authors Murdoch Watney

ISSN: 1996-2207
Affiliations: Affiliated with the University of Johannesburg
Source: Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, Issue 1, 2018, p. 88 – 105

Abstract

EVALUERING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE PAROOLSISTEEM In hierdie bydrae word teen die agtergrond van ‘n inleidende ondersoek na die ontwikkeling en plek van parool in die internasionale samelewing, ‘n vergelykende studie onderneem tussen die Suid-Afrikaanse paroolsisteem en die toepaslike stelsels in Belgi\xc3\xab, Engeland en Wallis en Kanada. Die skrywer identifiseer tekortkominge in die plaaslike paroolsisteem en maak aanbevelings ter verbetering daarvan. Parool is ‘n internasionaal erkende metode waardeur gevangenes deur middel van vrylating uit aanhouding v\xc3\xb3\xc3\xb3r afloop van ‘n van regswe\xc3\xab opgelegde periode van gevangenisstraf instaat gestel word om die oorblywende gedeelte van hul vonnis voorwaardelik en onder monitering in die gemeenskap uit te dien om daardeur geleidelik weer integraal deel van en as gerehabiliteerde positief bydraend tot die samelewing te word. Benewens die voordeel wat vroe\xc3\xab vrylating op parool inhou vir die gevangene hou di\xc3\xa9 vergunning — want ‘n reg is dit nou eenmaal nie — daarmee die samelopende voordele in dat die veroordeelde met die oog op moontlike vroe\xc3\xab vrylating homself meer inskiklik sal onderwerp aan die interne dissiplin\xc3\xaare bestel van die betrokke korrektiewe inrigting asook ‘n afwaartse dwing van die ewig groeiende oorbevolkingsyfer van gevangenisse. Die re\xc3\xabls onderliggend aan parool word deur sommige skrywers beskou as deel van ‘n versameling gespesialiseerde regsre\xc3\xabls wat as gevangenisreg (prison law) bekend staan. In ander jurisdiksies is die omskrywing minder formeel en word die benadering gevolg dat die relevante beginsels van die staatsreg, administratiefreg, strafreg of strafprosesreg waar toepaslik aanwending moet vind op die betrokke feite. Ongeag welke indeling of versamelnaam daaraan gekoppel word, word algemene erkenning verleen aan die bestaan van ‘n versameling regsre\xc3\xabls gemik op die regulering van die staatsgesag in die oprig van en beheer oor aanhoudingsfasiliteite vir gevonnisde oortreders asook die omskrywing van die regte van gevangenes teenoor die gevangenisowerheid. Verskeie internasionale verklarings en verdrae sowel as nasionale menseregte- handveste met bepalings wat direk verband hou met die regte van aangehoudenes het oor die jare en veral n\xc3\xa1 afloop van die Tweede W\xc3\xaareldoorlog die lig gesien. Hierdie dokumente is deur howe vertolk en het bygedra tot die ontwikkeling en uitbreiding van die vermelde versameling regsre\xc3\xabls. Die Suid-Afrikaanse paroolsisteem word gekenmerk deur die oorheersende betrokkenheid van die uitvoerende gesag wat deur middel van die minister van justisie en korrektiewe dienste alle lede van die korrektiewe toesig- en paroolrade aanstel asook beskik oor die finale beslissingsbevoegdheid oor vrylating van oortreders wat lewenslange gevangenisstraf uitdien. Die persepsie van moontlike politieke be\xc3\xafnvloeding in die minister se besluitneming is in hierdie tipe bestel altyd ‘n faktor wat negatief inwerk op die geloofwaardigheid van die sisteem. Verder bestaan paroolrade uit voorsitters en lede wat in hoofsaak gewerf word met die prim\xc3\xaare oogmerk om aan die gemeenskap inspraak te verleen in die paroolproses met weinig indien enige werklike klem op ‘n toepaslike regsagtergrond wat logieserwys onontbeerlik is in die beoordeling van getuies, oorweging van getuienis, interpretasie van regsre\xc3\xabls en uiteindelike besluitneming oor paroolaansoeke. Geloofwaardigheid en effektiwiteit word teen daardie agtergrond ingeboet en spreek die hofverslae boekdele ter bevestiging daarvan. Die posisie in Belgi\xc3\xab is heel anders met strafuitvoeringsrechtbanken bestaande uit regters wat oor alle gevalle waar gevangenisstraf van meer as drie jaar opgel\xc3\xaa is paroolvrylating oorweeg. Die bevoegdheid is dus in daardie spesifieke gevalle in geheel van die uitvoerende gesag ontneem. Daar word in die vooruitsig gestel om die betrokke re\xc3\xabling uit te brei na gevalle waar minder as drie jaar gevangenisstraf opgel\xc3\xaa is en die nodige statut\xc3\xaare bepalings is reeds in plek gestel daarvoor. Ten spyte van die feit dat die paroolraad van Engeland en Wallis direk deur die parlement befonds word en ook beskryf word as onafhanklik van die uitvoerende gesag, bestaan daar knaende aspekte wat vraagtekens laat of d\xc3\xa1\xc3\xa1rdie instelling tog wel werklik volkome onafhanklik funksioneer. Die onafhanklike posisie van die Kanadese paroolraad is potensieel selfs meer in gedrang gedagtig daaraan dat dit deel vorm van ‘n ministeri\xc3\xable portefeulje onder politieke beheer van ‘n federale minister. Heftige protes deur skrywers van daardie geweste teen enige bewering van direkte politieke inmenging in die werksaamhede van die paroolraad oortuig nie. Persepsie weeg immers swaar. Na oorweging van die verskillende stelsels beveel die skrywer aan dat kers opgesteek word by die Belgiese paroolsisteem ten einde ‘n noodsaaklike en diepgaande wysiging aan die Suid-Afrikaanse paroolsisteem teweeg te bring. Alhoewel dit ‘n drastiese stap sal wees mag dit uiteindelik meer voordeel inhou om ‘n volkome onafhanklike paroolhof daar te stel as om voort te gaan met die huidige disfunksionele sisteem \xc3\xb3f om andersins ‘n halfhartige poging aan te wend en op te eindig met ‘n sisteem waarvan die geloofwaardigheid geensins vasstaan nie. Alhoewel die presiese praktiese implementering en effek van sodanige wysiging behoorlike oorweging verdien en nie deel vorm van hierdie bespreking nie, doen die skrywer aan die hand dat anders as in Belgi\xc3\xab ‘n grondwetwysiging onnodig blyk te wees en beveel aan dat ‘n paroolhof op die vlak van ‘n streekhof tot stand gebring word. Op praktiese vlak kan die aanpassing moontlik geskied soortgelyk aan die onlangse uitbreiding van die siviele jurisdiksie van die streekhof en dus teweeg gebring word met enkele wysigings aan die Wet op Landdroshowe 32 van 1944.